RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 14 Augustus 2025 14.08.2025

Die polisie is op soek na verdagtes in verband met die aanval op e-taxi-bestuurders in Soweto. Die weermaghoof, Rudzani Maphwanya, is in die sop oor sy uitlatings oor die verhouding tussen Iran en Suid-Afrika. Action SA sal slegs waarnemers stuur om die Nasionale Dialoog by te woon. OUTA wil die direkteur van die Johannesburg Eiendomsmaatskappy, Helen Botes, tot 'n misdadige direkteur laat verklaa...

Spektrum 13 Augustus 2025 13.08.2025

Al hoe meer organisasies stap weg van die Nasionale Dialoog af. Navorsing deur die Mapungubwe-instituut wys koalisies en die Regering van Nasionale Eenheid wy meer aandag aan politiekery eerder as dienslewering. Europese leiers hou 'n reeks gesprekke oor Oekraïne, onder andere met die Amerikaanse president, Donald Trump.

Spektrum 12 Augustus 2025 12.08.2025

'n Handelsooreenkoms met Amerika ontwyk Suid-Afrika steeds. Inwoners van Eldoradopark in Johannesburg eis geregtigheid ná die dood van 'n vierjarige meisie. Suid-Afrika kan nou as 'n mafiastaat getipeer word, sê 'n prominente politieke ontleder.

Spektrum 11 Augustus 2025 11.08.2025

Die presidensie sê die presiese koste van die Nasionale Dialoog is vir eers onbekend. Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur probeer sy gebruik van die k-woord jare gelede verduidelik. Die debat oor kernkrag vir Suid-Afrika vlam weer op.

Spektrum 8 Augustus 2025 08.08.2025

Action SA kritiseer die polisie vir sy trae reaksietyd op klagtes van kindermishandeling in Eldorado Park. Kommer oor die uitwerking van Amerika se handelstariewe op die landboubedryf in KwaZulu-Natal. ‘n Paar gevalle van die Chikungunya-virus is in Suid-Afrika aangemeld.

Spektrum 7 Augustus 2025 07.08.2025

Die eerste deel van die BELA-regulasies word vir kommentaar gepubliseer. Solidariteit vertrek binnekort weer na Amerika om die kwessie van handelstariewe te bespreek. 'n Vrou van KwaZulu-Natal druk haar stempel af op die heuningbedryf.

Spektrum 6 Augustus 2025 06.08.2025

Presies 80 jaar ná die atoombom op Hiroshima, bespreek ons Suid-Afrika se voormalige kernwapenprogram. Kitsbanke word op groot skaal gesluit. 'n Formele appèl word ingedien téén die besluit om Shell se Noord-Kaap olie- en gasprojek toe te laat.

Spektrum 5 Augustus 2025 05.08.2025

Kommer oor die moorde op ouditeure van die Ekurhuleni Metro, wat tenders van miljarde rand ondersoek. Nasionale ingryping in die bestuur van die Johannesburg-metro. Trek maar die verwarmers, musse, jasse en sambrele nader...

Spektrum 4 Augustus 2025 04.08.2025

Kommer oor die verreikende impak van Amerika se handelstariewe op die Oos-Kaap se ekonomie, maar, die regering sê hy is hoopvol om 'n beter handelsraamwerk te beding. Professor Debra Meyer praat oor haar aanstelling by die Sol Plaatje Universiteit as eerste vroue vise-kanselier.

Spektrum 1 Augustus 2025 01.08.2025

Die nuwe minister van polisie, prof. Firoz Cachalia, sê hy is verbind daartoe om korrupsie binne die polisie uit te roei. Suid-Afrika het nog sewe dae tyd om 'n gunstige handelsooreenkoms met Amerika te sluit. Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee begin vanmiddag vergader om oor sake soos die regering van nasionale eenheid te besin.

Spektrum 31 Julie 2025 31.07.2025

Drie mense wat in 'n video 'n vierjarige aanmoedig om mandrax te rook, in die hof. Eskom sê daar sal nie vir die volgende ses maande beurtkrag wees nie. Suid-Afrika wag in spanning vir die VSA se tariefverhogings wat môre in werking tree.

Spektrum 30 Julie 2025 30.07.2025

Die Tesourie weerhou voorwaardelike toedelings aan ses munisipaliteite in Noordwes. Teenkanting teen die Tshwane-metro se plan om die Pretoriastadsaal aan die Iranse ambassade te verhuur. Amerika se president, Donald Trump, sal waarskynlik nie die G20-beraad in Suid-Afrika bywoon nie. Hoë seegolwe tref Hawaii ná 'n massiewe aardbewing in Rusland.

Spektrum 29 Julie 2025 29.07.2025

Die president sê groot vordering word gemaak om die Zondo-kommissie se aanbevelings toe te pas. Die moordbeskuldigde, Tiffany Meek, is borgtog geweier. 'n Versoek dat munisipale werkers 'n minimumkwalifikasie moet hê. Die stand van Suid-Afrika se buitelandse betrekkinge is onder die vegrootglas. Inwoners van Welverdiend in Gauteng is raadop omdat hulle al 'n maand lank sonder krag is. Die parlemen...

Spektrum 28 Julie 2025 28.07.2025

Slotbetoë word aangehoor in Tiffany Meek se borgaansoek. 'n Wysigingswetsontwerp wat die afskaffing van adjunkministersposte voorstel, is in die Staatskoerant gepubliseer. Ons bekyk die handelsooreenkoms tussen Amerika en die Europese Unie. 'n Studie deur Wits wys dat klimaatsverandering die verwoestende storms in 2022 vererger het.

Spektrum 25 Julie 2025 25.07.2025

Meer as 'n miljoen kinders in die Gasastrook lei aan hongersnood en wanvoeding. Die staat sluit sy saak in die Senzo Meyiwa-verhoor ná 3 jaar af. Nóg 'n rentekoersverlaging is in die vooruitsig.

Spektrum 24 Julie 2025 24.07.2025

Reaksie op Amerika se plan om sanksies teen korrupte ANC-leiers in te stel, wat momentum kry. Die ontwikkeling van TB-entstowwe is onder die vergrootglas by 'n konferensie in Johannesburg. Die regering word versoek om die Padongelukke-voordeleskema te laat vaar.

Spektrum 23 Julie 2025 23.07.2025

Die BT Soccer Academy vra om verskoning vir die getrande sokkerspelers in Portugal. Verbruikersinflasie neig opwaarts na drie persent. Amerikaanse sanksies teen top Suid-Afrikaanse politici beweeg 'n treetjie vorentoe.

Spektrum 22 Julie 2025 22.07.2025

Die parlement aanvaar riglyne vir die ondersoek na bewerings deur die Kwazulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, van politieke inmenging in die polisiediens. Reëlings word gefinaliseer om die groep gestrande sokkerspelers in Portugal terug te bring. Antiretrovirale middels in die drinkwater is nie 'n onmiddelike probleem nie, sê die die adjunkminister van Water en Sanitasie, Sello Sei...

Spektrum 21 Julie 2025 21.07.2025

Talle mense is gestrand as gevolg van FlySafair-vlugte wat gekanselleer is weens 'n vlieënierstaking. Kanada verstewig handelsbande met die Wes-Kaap te midde van hoër Amerikaanse tariewe. Israel waarsku Palestyne om Sentraal-Gasa te ontruim.

Spektrum 18 Julie 2025 18.07.2025

Jayden-Lee Meek se vermeende moordenaar gaan vandag om borgtog aansoek doen. Defend South Africa eis die president se bedanking. Ons praat met ‘n kenner oor nabygeleë ruimtevoorwerpe wat 'n gevaar vir die aarde kan inhou. 'n Teaterproduksie oor mensehandel en misdaadsindikate het feesgangers by die Vrystaat Kunstefees aan die praat.

Spektrum 17 Julie 2025 17.07.2025

Roelf Meyer en professor Tinyiko Maluleke is aangestel as die voorsitters van die beplande Nasionale Dialoog. Die Verenigde Nasies veroordeel Israel se lugaanvalle op Sirië. Ons praat met Vrystaat Landbou oor veiligheid aan die Lesotho-grens. Kaderontplooiing kom onder die soeklig. 'n Nuusveteraan praat oor SABC NUUS se 75ste herdenking.

Spektrum 16 Julie 2025 16.07.2025

Die DA sê hulle inligting oor Mcebisi Jonas se swak ontvangs as saakgelastigde in Amerika is onberispelik. Suid-Afrika se motoruitvoere na Amerika daal met tot soveel as 85-persent. Navorsing wys dat 10 ton kos jaarliks vermors word, terwyl Suid-Afrikaners verhonger.

Spektrum 15 Julie 2025 15.07.2025

Verskeie onganisasies, waaronder die MK-party, betoog teen president Cyril Ramaphosa se kommissie van ondersoek na bewerings van polisiekorrupsie. Die G20-lidlande vergader oor omgewingsake in die Nasionale Kruger Wildtuin. By die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein praat die span oor die jongste uitbreking van bek-en-klouseer in Kroonstad, en 'n politieke ontleder werp lig op die toekoms van die...

Spektrum 14 Julie 2025 14.07.2025

President Cyril Ramaphosa se komissie van ondersoek na korrupsie in die polisie, nasionale vervolgingsgesag en regsbank ontlok uiteenlopende reaksie. Onsekerheid oor Johannesburg se planne met 'n sportklub en die botaniese tuin. Besoekers stroom na die nuwe dinosourusmuseum in die Golden Gate Nasionale Park.

Spektrum 11 Julie 2025 11.07.2025

Die Suid-Afrikaanse Polisie-unie eis die bedanking van die polisieminister te midde van ernstige bewerings van korrupsie. Die eerste vergadering word vandag gehou oor die komende Nasionale Dialoog. Kommer heers oor ouer mense wat deesdae toenemend die teiken van kuberkrakers word.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.