RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 23 Oktober 2025 23.10.2025

Oud-polisieminister Bheki Cele begin sy getuienis voor die Parlement se ad hoc-komitee, met plofbare getuienis én 'n stekie na Korrektiewe Dienste. Dit gons oor die ontbinding van die Gautengse Misdaadvoorkoming-bewaardersprogram, ook bekend as die AmaPanyaza. Oudpresident Jacob Zuma het 60 dae om meer as R28-miljoen rand aan die staat terug te betaal, of hy is sy pensioen kwyt.

Spektrum 22 Oktober 2025 22.10.2025

Die jongste inflasiedata wys 'n geringe styging. Die polisie se topbestuur besoek die geweldgeteisterde Westbury in Johannesburg waar twee jeugdiges gister doodgeskiet is. Ons praat met Action Society oor die veroordeelde seksoortreder, Jeffrey Donson, wat steeds burgemeester van Kannaland is.

Spektrum 21 Oktober 2025 21.10.2025

'n Speurder het vanoggend sy getuienis in-camera voortgesit voor die Madlanga-kommissie, terwyl Senzo Mchunu in die Parlement wéér ontken dat hy vir Brown Mogotsi ken. Ons praat met die Kaapse Vlakte Veiligheidsforum oor geweld en skietery in gebiede waar matrieks vandag eksamen skryf. Japan het vir die eerste keer ’n vrou as eerste minister

Spektrum 20 Oktober 2025 20.10.2025

'n Speurder, Getuie A, het vanoggend met sy getuienis voor die Madlanga-kommissie begin. Die omstrede sakeman, Vusimuzi "Cat" Matlala, wat vroeër borgtog geweier is, appelleer in die hooggeregshof in Johannesburg teen die vonnis. Gauteng se waterkrisis verdiep - ons praat met 'n waterkenner oor die benarde situasie.

Spektrum 17 Oktober 2025 17.10.2025

Senzo Mchunu staan by sy besluit om die KwaZulu-Natalse taakspan oor politieke moorde te ontbind. Wetenskaplikes by die Universiteit Stellenbosch vat hande met die mediese sektor om nuwe medikasie te ontwikkel om TB en malaria in Afrika te help bestry.

Spektrum 16 Oktober 2025 16.10.2025

Die geskorste minister van polisie, Senzo Mchunu, getuig voor die parlement se ad hoc-komitee. Die Gautengse Onderwysdepartement sê alle voornemende graad 1- en 8-leerlinge sal vóٕór die nuwe skooljaar geplaas word. Is vuurvliegies 'n bedreigde spesie? Die verhaal van die bierbrouer, Charles Glass, word in 'n produksie omskep.

Spektrum 15 Oktober 2025 15.10.2025

Umalusi sê alles is gereed vir vanjaar se matriekeindeksamen. 'n Belastingkenner meen dis dalk tyd om die BTW-registrasiekerf vir klein besighede te verander. Die ontwikkeling van kernkrag in Suid-Afrika sal hoog op die agenda van die G20-beraad wees. Die voormalige Eerste Minister van Kenia, Raila Odinga, sterf.

Spektrum 14 Oktober 2025 14.10.2025

Die geskorste adjunkpolisiekommisaris, Shadrack Sibiya, ontken dat hy bande met misdaadsindikate het. Sakevertroue is aan die toeneem. Navorsing word gedoen oor hoe rooibosekstrak moontlik help om borskanker te beveg. Ons praat met die persoon agter Tollie Parton.

Spektrum 13 Oktober 2025 13.10.2025

Die geskorste adjunk-polisiekommisaris, Shadrack Sibiya, getuig voor die parlementere ad hoc-komitee oor korupsie in die polisiediens. Die beenmurgregister rig 'n pleidooi aan jong mans om stamselle te skenk. Al die oorlewende Israeliese gyselaars is vrygelaat.

Spektrum 10 Oktober 2025 10.10.2025

Die vliegtuig met die kis van Suid-Afrika se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa, land in Johannesburg. Die skade by die Fort Hare Universiteit kan tot 'n halfmiljoen rand beloop weens studente-betogings. Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se jaarlikse nuutskeppingskompetisie word amptelik bekendgestel.

Spektrum 9 Oktober 2025 09.10.2025

Die nasionale kommissaris van polisie, Fannie Masemola, begin met sy voorlegging voor die parlementêre ad hoc-komitee wat polisiekorrupsie ondersoek. Swak berekeninge deur die Padongelukkefonds is blykbaar die rede vir sy geldelike probleme. Kenners bespreek kiesers in geweldgeteisterde gebiede se onbereidwilligheid om aan verkiesings deel te neem.

Spektrum 8 Oktober 2025 08.10.2025

Suid-Afrikaanse aktiviste van die Global Sumud-flottielje het vroeër op die OR Tambo Internasionale lughawe vanuit Jordanië aangekom. Dis Dag 2 van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se getuienis voor die Parlement se ad hoc-komitee, wat bewerings van inmenging in die strafregstelsel ondersoek. Ons praat met die organisasie, WATERCAN, oor die sogenaamde Watermafia in Johan...

Spektrum 7 Oktober 2025 07.10.2025

Die eerste sitting van die Parlement se ad hoc-komitee wat bewerings van korrupsie en politieke inmenging in die strafregstelsel ondersoek, begin op 'n wankelrige noot. Ons praat met die minister van samewerkende regering en tradisionele sake oor die sukkelende Ditsobotla-munisipaliteit. 'n Hofgeding dreig oor regeringsdepartemente wat die Nasionale Kindersbeskermingsregister ignoreer.

Spektrum 6 Oktober 2025 06.10.2025

Leiers van die nuwe UNITE FOR CHANGE1-party sê hulle deure is oop vir ander partye. Gesprekke om die liggaam van die ontslape oudambassadeur, Nathi Mthetwa, na Suid-Afrika te repatrieer, word deur sy familie in Frankryk gevoer. Die parlementêre ad hoc-komitee wat ondersoek moet doen na inmenging by die polisie, begin môre met sy werksaamhede.

Spektrum 3 Oktober 2025 03.10.2025

Die aanstelling van munisipale amptenare op meriete is onder die vergrootglas by 'n indaba in Midrand. Die ANC sê partylede wat deur die Madlanga-kommissie geïmpliseer word, sal voor sy integriteitskomitee verskyn. Daar is groot druk op Israel om aktiviste van die Global Sumud-flottielje vry te laat. Generasie Z-betogings in Madagaskar woed voort.

Spektrum 2 Oktober 2025 02.10.2025

President Cyril Ramaphosa eis die vrylating van Suid-Afrikaners aan boord van die Gasa-flotielje in die Middelandse See, wat glo deur Israeli's ontvoer is. Ons praat met die EFF oor die skuldigbevinding van sy leier aan wapenverwante oortredings. Die Tembisa-korrupsieskandaal kan die ANC se steun onder kiesers verder benadeel.

Spektrum 1 Oktober 2025 01.10.2025

Afriforum verwelkom die skuldigbevinding van Julius Malema weens die onverskillige afvuur van 'n vuurwapen. Huldeblyke stroom steeds in ná die dood van Suid-Afrika se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa. Onmin heers in Vredendal aan die Weskus waar skoolseuns KI-gemanipuleerde foto’s van skoolmeisies versprei het.

Spektrum 30 September 2025 30.09.2025

Statistieke SA se jongste data wys dat werksgeleenthede in die formele nie-landbousektor met 80 000 afgeneem het. Die hoof van misdaadintelligensie getuig vir 'n tweede dag voor die Madlanga-kommissie in Pretoria. NEHAWU verwelkom die Spesiale Ondersoekeenheid se tussentydse verslag oor die Tembisa-hospitaal in die Ekurhuleni-metro in Gauteng, Klimaatsaktiviste betoog by die Afrika Energieweek in...

Spektrum 29 September 2025 29.09.2025

Die misdaadinligtingsbaas, generaal Dumisani Khumalo, sê die ontbinding van die politieke moorde-taakspan is deur 'n georganiseerde misdaadsindikaat beïnvloed. Welkome reën val oor groot dele van die land. 'n Erfenisnavorser van Tukkies glo daar is potensiaal om Suid-Afrika se 'donker toerisme' te ontwikkel.

Spektrum 26 September 2025 26.09.2025

President Ramaphosa sinspeel daarop dat Suid-Afrika gasheer kan speel vir vredesgesprekke tussen Oekraïne en Rusland. Ons praat met 'n psigiater oor die tekens van iemand wat selfdood beplan. Die Bokke pak die Poemas môre in Durban.

Spektrum 25 September 2025 25.09.2025

'n Derde getuie verskyn voor die Madlanga-kommissie. Die stryd teen korrupsie eis al hoe meer lewens. 'n Hoogsbedreigde swartaasvoël broei in die Oos-Kaap uit. EFF-leier Julius Malema het 'n konsepresolusie in die parlement ingedien teen sogenaamde apartheidsera standbeelde.

Spektrum 24 September 2025 24.09.2025

Die eerste saak van grondonteiening sonder vergoeding vir 'n staatsbehuisingsprojek is op pad hof toe. Die Mpumalanga Wetgewer gee die groenlig vir die hernoeming van die Nasionale Kruger Wildtuin. Die Amerikaanse president, Donald Trump, glo Oekraïne kan sy geannekseerde grondgebied van Rusland terugkry.

Spektrum 23 September 2025 23.09.2025

Die Nasionale Polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, hervat sy getuienis voor die Madlanga Kommissie van Ondersoek. Gauteng se onderwysdepartement sê burgerskap of immigrasiestatus is nie 'n bepalende faktor vir skoolplasings nie. Veranderinge aan die paroolstelsel is onder bespreking by 'n beraad in Pretoria.

Spektrum 22 September 2025 22.09.2025

Daar is kommer dat Suid-Afrika se steun vir die Palestyne, handelsgesprekke met Washington kan kelder op die vooraand van 'n hoëvlakbesoek aan Amerika. Afriforum maak beswaar teen 'n sogenaamde rykmantariefheffing in Kaapstad. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, 'verduidelik' Cyril Ramaphosa se DA-aanmerking.

Spektrum 19 September 2025 19.09.2025

Dag 3 se getuienis deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, voor die Madlanga-kommissie het die tonge los. Die Minister van Landbou, John Steenhuisen, sê Suid-Afrika sal daadwerklik moet ingryp om voedselonsekerheid in die land te bekamp. Die Protea-netbalspan se visier bly op sy eie doelwitte, ondanks die ontwrigting binne die groep van hulle volgende teenstanders, Nieu-Se...

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.