RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 02.08.2017 3:30
Die Gupta-gesin bevraagteken die egtheid van die sogenaamde Gupta Leaks e-posse. In 'n onderhoud met BBC Radio 4 het een van die Gupta broers, Atul, ook beweer die konsep van witmonopoliekapitaal was deel van die Suid-Afrikaanse politieke klimaat lank voor die Britse skakelmaatskappy, Bell Pottinger, se betrokkenheid met die Gupta-gesin. Joan-Marie Verhoef berig dat Atul Gupta tydens die onderhoud...
Spektrum 02.08.2017 1:59
Die tussentydse SAUK-raad het gister in die parlement bevestig dat hulle regstappe sal doen om die pensioenuitbetalings aan Hlaudi Motsoeneng en James Aguma te keer. Die vraag is egter, kan hulle dit doen? Die hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, Anton van der Bijl, sê daar is arbeidwetgewing en regulasies wat in gedagte gehou moet word.
Spektrum 02.08.2017 1:35
Die Suid-Afrikaanse Inkonstediens begin vandag met 'n uitreikprojek om dowe en blinde belastingbetalers by te staan. Joan-Marie Verhoef berig die doel hiervan is om dowes en blindes in te lig, en vaardighede oor belastingsprosedures aan hulle te verskaf.
Spektrum 02.08.2017 3:07
SANPARKE se baba, die Mokala Nasionale Wildtuin naby Kimberley, het tien jaar oud geword! Die wildtuin word sedert 2015 deur die droogte geraak, en van die diere het gevrek. Maar die wildtuin herstel nadat die natuur besluit het om saam te speel. Reginald Witbooi was by die wildtuin.
Spektrum 02.08.2017 2:58
Die polisie in Malawi sê hulle het genoegsame bewyse ingesamel om die voormalige president, Joyce Banda, in hegtenis te neem op aanklagte van korrupsie. Banda word glo positief verbind met die Cashgate-korrupsieskandaal. Dit behels dat die staatskoffers byna leeg gesteel is deur senior regeringslui, sê Liesl Louw Vaudran, 'n senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies.
Spektrum 25.07.2017 4:09
'n Mediareg-prokureur van Johannesburg, Willem de Klerk, sê die belangrike kwessie in die saak, is die reg tot privaatheid. Hy het met Marlinee Fouche gepraat.
Spektrum 25.07.2017 3:16
Formele aanklagte gaan teen die skrywer van MANDELA'S LAST DAYS, dr. Vejay Ramlakan, aanhangig gemaak word. Die inligting wat bekend gemaak is, is glo nie deur die regte partye goedgekeur nie. Was Ramlakan se optrede korrek om hierdie inligting bekend te maak? Marlinee Fouche het met Adele van der Walt, 'n prokureur by Adele van der Walt Prokureurs, hieroor gepraat. Van der Walt sepsialiseer in me...
Spektrum 25.07.2017 2:47
Voormalige president Nelson Mandela se mediese dokter, Vejay Ramlakan, kan gedagvaar word ná die publikasie van sy boek MANDELA'S LAST WALK. Die voormalige geneesheergeneraal van die Weermag, ontbloot hierin besonderhede van Madiba se laaste dae. Die eksekuteurs van sy boedel, adjunkhoofregter Dikgang Moseneke, en Mandela se weduwee, Graca Machel, glo Ramlakan het die vertrouensooreenkoms tussen d...
Spektrum 25.07.2017 3:39
Die Universiteit van Witwatersrand sê meer navorsing moet gedoen word om te bepaal of 'n Suid-Afrikaanse MIV-positiewe kind, wat nou amper nege jaar lank in remissie is, besonderse genetiese kenmerke het. Die kind is op die ouderdom van 32 dae positief vir MIV getoets. Die kind is daarna tien maande lank met antiretroviralemiddels behandel, en toe die kind ongeveer een jaar oud was, is die medikas...
Spektrum 21.07.2017 2:49
MTN het sy netwerkgebruikers gewaarsku om nie terug te bel wanneer hulle 'n oproep van 'n onbekende internasionale nommer gemis het nie. Die oproep is waarskynlik deel van 'n nuwe skelmstreek genaamd Wangiri Fraud, wat sy oorsprong in Japan het. Die skelmstreek is 'n soort foonbedrog waar die oortreder lukraak selfoonnommers bel en dan ná een lui neersit. Op die ontvanger se foon lyk dit dan of hy...
Spektrum 19.07.2017 5:01
Monitor het vanoggend berig dat die parlement ingestem het om beskerming te bied aan die LP, dr. Makhosi Khoza. Sy word reeds sedert April met onder meer die dood gedreig. Die dreigemente kom in verskeie vorme, en daar is ook sprake van intimidasietegnieke. Izak du Plessis het aan die oud-veiligheidspolisieman, Paul Erasmus, gevra hoe sulke tegnieke ingespan word om iemand te probeer stilmaak. Hy...
Spektrum 14.07.2017 2:43
Die Openbare Beskermer, Nelson Mandela-dag en natuurlik Donald Trump, was die week van die gewildste onderwerpe wat op sosiale media bespreek is. Die bestuurshoof van ROi Africa, Tonya Khoury het aan Dianke Nel gesê dat Bell Pottinger ook 'n groot nuusmaker was.
Spektrum 13.07.2017 2:00
Daar is honderde duisende meisies in Suid-Afrika wat nie sanitêre doekies kan bekostig nie. As deel van Nelson Mandela se 99ste verjaarsdag gaan 23 Suid-Afrikaners Berg Kilimanjaro klim om geld in te samel, sodat meisies sanitêre doekies kan kry. Gillian Pillay wat deel is van die sesde Trek-VIR-Mandela tog, het met leerlinge oor die probleem gepraat.
Spektrum 13.07.2017 2:23
Die burgemeester van Umdoni in KwaZulu-Natal neem stappe om gedenkmure in begrafplase in Scottburgh te bekerm. Dit volg na bewerings dat die sogenaamde Whoonga-verslaafdes, mense se as steel om met hulle dwelms te meng. Weens 'n tekort aan grond vir begrafplase is inwoners van Durban gevra om alternatiewe metodes te gebruik, as gevolg hiervan het verassing toegeneem. Joan-Marie Verhoef doen versla...
Spektrum 13.07.2017 2:09
Lede van die vakbond vir Gesondheids- en ander Dienste Personeel van Suid-Afrika, oftewel Hospersa, maak gereed vir 'n nasionale staking by SANParke. Die vakbond vra vir 'n salarisverhogings van 9%, maar onderhandelinge met die SANParke het 'n dooiepunt bereik, nadat hulle slegs 6% aangebied is. Joan-Marie Verhoef doen verslag.
Spektrum 13.07.2017 2:44
Lede van die publiek word gevra om voorstelle aan die ad hoc-komitee te stuur, wat ondersoek instel na 'n nuwe model van befondsing van politieke partye. Marlinee Fouche berig die komitee beoog om saam met die res van die land, deursigtigheid te verseker, oor presies waar partye hulle geld vandaan kry.
Spektrum 11.07.2017 2:30
Die Duitse sagtewaremaatskappy, SAP, is in die kollig met berigte van bande met die Gupta-familie. Die sentrum vir ondersoekende joernalistiek, amaBhungane, berig op sy webwerf dat die SAP die invloedryke Guptas ingespan het om 'n kontrak, wat sowat 100 miljoen rand werd is, met Transnet te verseker. Ons praat met Sam Sole van amaBhungane hieroor.
Spektrum 11.07.2017 5:53
Die ANC werk aan 'n plan om Suid-Afrika se munisipale landskap drasties te verander deur die afskaffing van sommige provinsies. Die besluit is by die ANC se beleidskonferensie geneem. Ons praat met Professor Fanie Cloete, vir Openbare Bestuur en Plaaslike Regering by die Universiteit van Johannesburg en die Universiteit van Stellenbosch, oor die moontlike impak hiervan.
Spektrum 11.07.2017 1:35
Die SA Jagters en Bewaringsorganisasie waarsku die publiek om steeds by die wetgewing, rakende vuurwapens en vuurwapenlisensies te hou, soos dit in die wetboekke opgeteken is. Die voorsitter van die organisasie, Fred Camphor, verduidelik dat die polisie teen die hooggeregshof-uitspraak, rakende die ongrondwetlikheid van die Vuurwapen Beheer wetgewing verlede week, geappelleer het.
Spektrum 16.06.2017 2:57
Jeugdag word jaarliks gevier as 'n herdenking van die gebeure in 1976 toe leerlinge van Soweto in opstand gekom het teen gedwonge onderrig in Afrikaans. Heindrich Wyngaard het teen die agtergrond die vraag gevra: Waar staan sake met Afrikaans vandag, 41 jaar ná Soweto?
Spektrum 16.06.2017 1:55
Gift of The Givers sê sowat 18 miljoen bye is in die verwoestende brande in die Knysna omgewing dood. Die organisasie gaan help om die Kaapse Heuningby in díe omgewing te rehabiliteer en het R250 000 aan die projek geskenk. Jean Esterhuizen doen verslag.
Spektrum 16.06.2017 6:43
Elf lidmate van die NG Kerk het die hooggeregshof in Pretoria gevra om die kerk se besluite oor gayverbintenisse onwettig te verklaar en tersyde te stel. 'n Kennisgewing van die mosie is gister op verskeie ampsdraers in die kerk, asook die Nederduitse Gereformeerde Kerk, as geheel beteken. Izak Du Plessis het met Laurie Gaum gepraat.
Spektrum 13.06.2017 3:05
Dit is vandag internasionale naaimasjiendag. Die industriële wonderwerk het die kleremaakbedryf onherroeplik verander. Izak du Plessis berig.
Spektrum 06.06.2017 10:40
Suid-Afrika is in 'n tegniese resessie volgens die jongste Bruto Binnelandse Produk wat deur Statistieke Suid-Afrika bekend gemaak is. Suid-Afrika se ekonomie het in die eerste kwartaal van 2017 met 0,7% gekrimp. Op 'n jaar tot jaar basis het die syfer met 1,1 persentasiepunt gestyg. Dit is die eerste keer sedert 2009 dat die land weer in 'n resessie is. Ons praat nou met 'n ekonomiese raadgewer v...
Spektrum 29.05.2017 3:58
Volgens die werkgewersorganisasie, COFESA is daar reeds sedert die 1970's planne in plek wat 'n waterkrisis in Suid-Afrika kon voorkom. Nou moet daar dringend stappe gedoen word om Kaapstad se waterkrisis te probeer verlig. Die voorsitter van COFESA, dr. Lawrence McCrystal, het met Dianke Nel hieroor gesels.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.