RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 07.09.2017 2:26
Guernsey se finansiële dienstekommissie het 'n 30 maande lange ondersoek teen die sakeman Cobus Kellerman en sy vennoot David Cosgrove gestaak. Die kommissie gaan ook nie teen hulle optree nie. Dit volg na die twee se sakebedrywighede deur die Amerikaanse blog Offshore Alert in 2015 as 'n ponzi-skema beskryf is. Alec Hogg van Biznews het die storie in Suid-Afrika gebreek. Spektrum het aan Kellerma...
Spektrum 07.09.2017 10:27
'n Kaapse fondsbestuurder is uitgewys as die beweerde baasbrein van 'n reuse internasionale sogenaamde Ponzi-skema wat miljarde rand beloop. Cobus Kellerman is die uitvoerende hoof van Clarus Capital. Dit gons in finansiële kringe na 'n Amerikaanse maatskappy, Offshore Alert, 'n waarskuwing uitgestuur het oor wat na bewering dalk een van die grootste Ponzi-skemas nog is. So het Monitor en Spektrum...
Spektrum 06.09.2017 3:32
Daar is al hoe meer druk op die politieke leier, Aung San Sui Kyi om die diskriminasie, en gepaardgaande geweld, teen die Rohingya Moslems minderheidsgroep in Mianmar te veroordeel. Minstens 30 duisend mense het al 'n internasionale petisie onderteken, dat Aung San Sui Kyi haar Nobelprys vir Vrede moet teruggee. Melissa Tighy het met Roelf Meyer van die In Transformation Initiative oor die saak ge...
Spektrum 05.09.2017 2:52
Vandag is Internasionale Rugstringbesering Dag - en die tema vanjaar is "YES WE CAN". Raven Benny van die QuadPara Vereniging van Suid-Afrika sê die belangrikste raad wat hy het aan ander het, is om iemand met so 'n besering nie anders te behandel as die res van die samelewing nie.
Spektrum 05.09.2017 3:20
Bitcoin en ander krypto-geldeenhede se waarde het dramaties gedaal sedert die afgelope Vrydag. Twee ekonome is dit eens dat dit 'n wisselvallige belegging is - veral na die 21-komma-8 persent waardeverlies.
Spektrum 05.09.2017 2:44
Die Britse Vereniging vir Skakelwese en Kommunikasie, die PRCA, se skorsing van die Britse skakelmaatskappy, Bell Pottinger is die eerste van sy soort in die Vereniging se geskiedenis. Bell Pottinger se lidmaatskap is vir vyf jaar opgehef. Die hoof van etieke prosesse by die PRCA, Nichloas Dunn-McAfee sê Bell Pottinger se optrede kan beteken dat maatskappy sy deure sluit.
Spektrum 04.09.2017 3:01
Die Tesourie word dalk gekaap deur diegene wat die Gupta's goedgesind is. Dit is die vrees wat die hoof ekonoom van Economist punt co punt za, Mike Schussler uitgespreek het kort na die aankondiging dat daar groot persooneel skommelinge in die tesourie plaasgevind het. Die minister van finansies, Malusi Gigaba het Schalk Human die trekpas gegee, Vrydag. Human was die hoof aankope- beampte, wat ook...
Spektrum 04.09.2017 4:12
Boerbok-boerdery in Suid-Afrika is besig om te groei en 'n kenner skryf dit toe aan die gesondheidsvoordele wat die diere se vleis inhou. Die voorsitter van die Bosveldboerbok-klub, Joubert Fourie sê die vleis is nog laer in vet as volstruisvleis. Fourie het by die jaarliks Pretoria Boerbokskou gesê dat die aanvraag na die vleis van boerbokke van so aard is dat hulle dit in slaghuise kan begin bem...
Spektrum 31.08.2017 4:03
Amerikaanse boere het nie soveel onsekerheid waarmee hulle daagliks moet rekening hou soos byvoorbeeld die Suid-Afrikaanse boer nie. Theo Voster ekonoom van Galileo Capital is tans in Illinois in die VSA saam met 'n groep boere en Monsanto om die Amerikaanse weergawe van Nampo by te woon. Voster sê dit is duidelik dat Suid-Afrika in die landbou sektor maar nog 'n klein rolspeler is.
Spektrum 31.08.2017 3:47
Die Vryheidsfront Plus, sê die Minister van Polisie, Fikile Mbalula moet onmiddelik die hoof van die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat, Robert Mcbride, skors, hangende die afhandeling van 'n saak teen hom. Dit volg na Mcbride R10 000 borgtog toegestaan is, nadat hy in die Pretoria Landdroshof verskyn het op aanklagte van aanranding. Sy dogter het die klagte gelê en voer aan hy het haar aa...
Spektrum 31.08.2017 4:58
Die tweede dag van onderhoude vir die aanstelling van 'n permanente sauk-raad het vanoggend in die Parlement hervat. Die portefeulje komitee oor kommunikasie sal vandag 9 van die 35 mense op die kortlys ondervra, insluitend twee voormalige SAUK-raadslede. Justin Kennerley berig.
Spektrum 31.08.2017 2:44
Die Verkiesingshof het die Verkiesingskommissie tot einde November tyd verskaf om tussen-verkiesings in die Metsimaholo Munisipaliteit in die Vrystaat te hou. Die Senior Bestuurder vir Verkiesings aangeleenthede, Granville Abrahams het aan Metzi van der Merwe gesê, hy skat die verkiesing sal in middel November gebeur. Die munisipaliteit moes ontbind omdat dit nie die begroting kon goedkeur nie.
Spektrum 30.08.2017 1:50
Die tyd raak min om vir oulaas die bekende Cobra-tuimeltrein in Kaapstad aan te durf. Die stad se gewilde pretpark, Ratanga Junction, sluit amptelik op 1 Mei 2018. Die bestuurder van Rantanga Junction, Bill Taylor het aan Dianke Nel gesê hulle nooi Suid-Afrikaners uit om die volgende agt maande vir oulaas nuwe herinneringe by die pretpark te maak.
Spektrum 30.08.2017 2:26
Die Automobiel Assosiasie voorspel nog 'n petrolprys verhoging in Septemeber. Die AA voorspel 'n styging van 61 sent per litre petrol en 46 sent per litre vir diesel. Die Sentrale Energiefonds sal teen Vrydag die finale pryse bekend maak. Die woordvoerder van die AA, Layton Beard sê die stygings is nie noodwendig as gevolg van 'n swak rand nie
Spektrum 30.08.2017 2:01
n Ongeluk by 'n verkeerslig in Bangkok, Thailand, het tot die redding van 88 itermago's gelei. Die bestuurder van die voertuig het onmiddelik op die vlug geslaan na die botsing, waarna die polisie op die diere afgekom het in sy voertuig. Al die sitplekke in die voertuig behalwe die bestuurder sin is verwyder en die itermagos is in mandjies en sakke vervoer. Hier op eie bodem sê die voorsitter van...
Spektrum 24.08.2017 3:02
Die Gauteng metropolisie het tydens 'n veldtog teen voetganger-sterftes op die paaie, 237 voetgangers wat oor die deurpaaie loop in die provinsie, gearresteer. Die voetgangers is op die N3 tussen Marlboro en London weg gearresteer vanaf die 14de Augustus tot en met gister. Die voetgangers is elkeen R300 beboet en sewe en negentig van hulle moet binnekort in die hof verskyn. John Jonck van Arrive A...
Spektrum 23.08.2017 2:24
Die eerste aanlyn-renosterhoring veiling, wat die land die afgelope week aan die gons het, begin omstreek twee uur vanmiddag. Die veiling sou reeds Maandag plaasgevind het, maar is uitgestel sodat mense wat wil bie op die horings kon registreer. Die registrasie proses is vertraag nadat die departement eers die permit om die veiling te hou, Maandag aan die renoster- teler, wat die veiling hou, John...
Spektrum 23.08.2017 2:24
Die eerste aanlyn-renosterhoring veiling, wat die land die afgelope week aan die gons het, begin omstreek twee uur vanmiddag. Die veiling sou reeds Maandag plaasgevind het, maar is uitgestel sodat mense wat wil bie op die horings kon registreer. Die registrasie proses is vertraag nadat die departement eers die permit om die veiling te hou, Maandag aan die renoster- teler, wat die veiling hou, John...
Spektrum 23.08.2017 2:27
Intussen is bewaringsorganisasies steeds bekommerd oor wie die horings gaan koop en of dit op die swartmark sal verdwyn. Die direkteur van die Skool vir Toerisme Navorsing aan die Noordwes Universiteit, Prof Melville Saaiman sê boonop toon nuwe navorsing dat die gebruikers van renoster horing nie die horing van geteelde renosters wil gebruik nie, maar juis die wat in die NATUUR, vry rondloop. Hy s...
Spektrum 22.08.2017 2:11
Daar is reeds sedert die begin van die jaar 30 olifante in die Nasionale Kruger Wildtuin gestroop. Die woordvoerder van SANPARKE, Ike Phaala sê die diere word gewoonlik in die blad geskiet sodat die koeël die long tref. Die olifant vlug, maar sak dan later inmekaar weens sy beserings. Die stropers wag gewoonlik nie tot die diere vrek voordat hulle die tande uitkap nie...
Spektrum 22.08.2017 4:11
Hou jy van meerkatte of soos hulle ook in die volksmond bekend staan, graatjies? Wil jy graag een aanhou of beplan jy om een aan te skaf as 'n troeteldier vir 'n familielid? Dan moet jy nou jou ore spits... Dit is onwettig om enige inheemse dier in Suid-Afrika aan te hou sonder 'n permit. Dit sluit 'n meerkat in. Alma Celest Stafford van die Solid-Earth Meerkat redding en rehabilitasie sentrum net...
Spektrum 21.08.2017 4:00
Die polisie in Tanzanië soek steeds na die moordenaars van die geliefde natuurbewaarder, Wayne Lotter wat verlede week Woensdagaand in Dar es Salaam doodgeskiet is. Dianke Nel berig huldeblyke stroom intussen steeds vanaf regoor die wêreld vir Lotter in.
Spektrum 17.08.2017 1:49
Die Afrika Streeksentrum van die Nuwe Ontwikkelingsbank word vandag bekendgestel. Die BRICS-lande het 'n ooreenkoms vir die stigting van die Nuwe Ontwikkelingsbank in 2014 by die sesde BRICS-beraad in Julie 2014 onderteken. Die bank se hoofkwartier is amptelik in Februarie 2016 in Shanghai, China geopen. President Jacob Zuma is vandag by die bank se bekendstelling in Johannesburg. 'n Ekonoom van M...
Spektrum 16.08.2017 2:13
Die rol van vroue in terruer-groepe is in die soeklig nadat 4 vroue in Nigerië 'n selfmoordbomaanval uitgevoer het. Boonop het Amerikaanse teen-terreur-navorsers bevind dat Boko Haram baie meer van vroue gebruik maak in aanvalle as enige ander soortgelyke groepe. Jasmine Opperman, die Afrika-direkteur van die Terreur Navorsings- en Ontledingskonsortium het die kwessie met Hanri Wondergem bespreek.
Spektrum 10.08.2017 3:25
Aanlyn wiskunde-assessering kan help om die Wiskundepunte van dowe leerlinge in Suid-Afrika te verbeter. Dít is een van die belangrikste bevindinge van ʼn nuwe studie by die Universiteit Stellenbosch. Dr. Nolan Damon het as deel van sy navorsing ʼn aanlyn-wiskunde-assessering vir Graad 8-leerlinge by ʼn skool vir dowes in die Wes-Kaap ontwerp. Hanri Wondergem het met hom gepraat
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.