RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 19.09.2017 2:26
Die burgerregte organisasie Right To Know het vandag teen die hoë koste van data buite die hoofkantore van die land se vier grootste selfoondiensverskaffers betoog. Die organisasie sê die reg van toegang tot inligting is 'n basiese reg, maar duur selfoon- en datakoste maak inbraak op die reg.
Spektrum 18.09.2017 3:37
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê hy beplan regstappe teen KPMG en gaan alle werk wat die ouditeursfirma vir die inkomstediens doen, staak. KPMG het verlede week sy verslag oor 'n sogenaamde geheime eenheid by die inkomstediens onttrek. Die inkomstediens gaan ook die Minister van Finansies nader oor die saak. Jean Esterhuizen berig.
Spektrum 18.09.2017 3:43
Renosterhoringsmokkel-sindikate se patroon is besig om te verander. Die Wildlewe Handels Moniteringsnetwerk, TRAFFIC, het pas 'n verslag bekend gemaak oor renosterhoringsmokkelhandel in Suid-Afrika. Julian Rademeyer wat saam met Traffic aan die verslag gewerk het, sê dit raak al moeiliker om horings die land uit te smokkel. Sindikate sny dus die horing in kleiner stukke op, onder owerhede se neuse...
Spektrum 18.09.2017 4:01
Die kragvoorsiener Eskom, het 'n aansoek aan die Nasionale Energie Reguleerder, NERSA, gerig om kragtariewe met 19-komma-9 persent te verhoog. Die Energiekenner, Chris Yelland sê die kragverbruik in die land neem af, en omdat Eskom sukkel om kop bo water te hou, vra hulle vir die verhoging.
Spektrum 15.09.2017 1:51
'n Ma van 'n student by die Filmskool AFDA in Johannesburg beweer dat beursgeld van 'n SETA nie ten volle uitbetaal word nie. Sy sê die staatsinstansie het 'n volle beurs aan haar dogter toegestaan, 'n ruim agt-en-sestig-duisend rand. Dit was egter onder die voorwaarde dat sy eers vyftig persent daarvan aan die skool betaal, waarna die SETA daardie bedrag aan haar sal terugbetaal. Joan-Marie Verho...
Spektrum 14.09.2017 2:57
Die Cassini-ruimtetuig gaan Vrydag 15 September 2017 in die planeet Saturnus vasvlieg, en so sy sending van dertien jaar lank afsluit. Die belangrikste van sy ontdekking sluit in dat daar op twee van Saturnus se mane, Enceladus en Titan, moontlik vorms van lewe kan wees. 'n Senior navorsingsgenoot van SANSA, Dr Pieter Kotze beskryf dit as een van die mees opwindende periodes vir navorsing van plan...
Spektrum 14.09.2017 4:02
Meer as 2000 mense sterf jaarliks weens lugbesoedeling wat veroorsaak word deur steenkoolkragstasies in Suid-Afrika. Dit kos ook die land 30 miljard Rand per jaar aan siekverlof, mediese behandeling en hospitaalkostes, weens siektes wat mense kry van die lugbesoedeling. Die statistiek is vervat in 'n verslag van 'n Britse lugbesoedling en lug-gehalte kenner, Dr Mike Holland. Die direkteur van die...
Spektrum 13.09.2017 1:50
Die voormalige adjunk-minister van Hoër Onderwys, Mduduzi Manana het vanoggend skuldig gepleit op twee aanklagte van aanranding teen hom. Dit volg nadat hy verlede maand glo twee vroue by 'n kuierplek in Johannesburg geslaan het. Die DA se studente organisasie sowel as die party se vroue-netwerk het vanoggend voor die Landdroshof in Randburg betoog, waar Manana vir 'n tweede keer verskyn het. Joan...
Spektrum 13.09.2017 3:32
Die kanse dat die staat, BTW sal verhoog om die staatskoffers te kan vul, is onwaarskynlik. Dit is die mening van 'n afgetrede vennoot van die LDP Groep in Stellenbosch en voltydse LLD Navorser, Fran du Plessis. Dit volg na die minister van finansies vroeër by die 2017 belasting Indaba, wat in Sandton gehou word, gesê het maatskappye moet harder werk om die ekonomie te help stabiliseer en dat die...
Spektrum 13.09.2017 2:39
Die sterker rand en laer inflasiesyfers het daartoe gelei dat handelstoestande bestendig voorgekom het in Augustus. Die jongste Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid handelsaktiwiteite indeks het toegeneem met een persentasie punt in Augustus en staan op 48.
Spektrum 13.09.2017 3:03
Die ANC in die Vrystaat moet verduidelik hoekom eenhonderd-en-twintig miljoen rand spoorloos verdwyn het, nadat 'n projek, wat in 2010 begin is, nooit gerealiseer het nie. Dit is die mening van opposisie partye in die provinsie wat sê die planne vir die bou van 'n nuwe wetgewende kompleks by die ou Ramkraal Gevangenis, net 'n dekmantel vir korrupsie was.
Spektrum 13.09.2017 2:46
Suid-Afrikaners het hul harte en beursies oopgemaak vir 'n Oos-Kaapse vrou wat haar dogter se vermeende verkragter vermoor en nog twee mans beseer het. Die 55-jarige vrou van Komani is op borgtog van R500 vrygelaat nadat sy op 'n klag van moord in hegtenis geneem is.
Spektrum 13.09.2017 3:45
Die verskillende provinsiale -omgewingsbewaringswetgewing in die land, wat nie heeltemal inskakel by nasionale omgewingsbewaringswetgewing nie, kan die land se natuurlewe bedreig. Verskeie bewarings organisasies is ook van mening dat die Departement van Omgewingsake nie oor behoorlike mannekrag beskik om hulle werk te doen nie, en daarom gebeur dit dat 'n trop leeus ontsnap sonder dat enigeen weet...
Spektrum 12.09.2017 2:55
Suid-Afrikaanse Roofdier Vereening het by monde van sy voorsitter, Carla van der Vyfer bevestig dat hy more by die soektog na leeus in Fochville gaan aansluit. Die leeus is nie deur enige iemand as vermis aangemeld nie, maar is op vrye voet op kamera vasgevang.
Spektrum 12.09.2017 3:34
Die sakesektor moet verseker dat daar ekonomiese groei in die land is en Suid-Afrikaners moet aanhou om hulle belasting te betaal. Dit is die boodskap van die finansiesminister, Malusi Gigaba tydens die opening van die 2017 Belasting Indaba wat tans in Sandton gehou word. Gigaba sê fiskale en monetere beleid moet verbruikers aanmoedig om te bestee. Die ekonoom Ulrich Joubert sê verbruikers vertrou...
Spektrum 12.09.2017 2:22
Die voorsitter van die Wildtelers Verening van Suid Afrika, Wian Van der Linde sê die vrae rondom die oorsprong van die leeus behoort rooiligte vir die departement van omgewinsake te laat flikker. 'n Soektog is aan die gang na leeus wat in die Fochville-gebied op vrye voet gewaar is. Suzanne Paxton berig.
Spektrum 12.09.2017 2:42
Beeldmateriaal wat wys hoe 'n onderwyser by die Umdlamfe Sekondêreskool in Richardsbaai in KwaZulu-Natal, twee graad nege leerlinge aanrand, word tans ondersoek. In die video kan gesien word hoe die onderwyser twee meisies met 'n rottang, ten aanskoue van hul klasmaats, slaan. Joan-Marie Verhoef berig.
Spektrum 12.09.2017 2:48
Kaapstad Metro sê hy gaan strenger optree teen inwoners wat nie gehoor gee aan vlak 5 waterbeperkings nie. Die Metro sukkel om sy gesamentlike waterverbruik-mikpunt van 500 miljoen liter water per dag te bereik. Intussen beplan die Wes-Kaapse regering om strenger waterbeperkings vir munisipaliteite in die provinsie in te stel. Jean Esterhuizen berig.
Spektrum 11.09.2017 2:55
Berigte dat Nkosazana Dlamini-Zuma weer 'n parlementslid gaan word, het bespiegelings laat ontstaan oor 'n grootskaalse kabinetskommeling. Spektrum het aan die politieke ontleder Coenraad Bezuidenhout gevra om die moontlikheid te ontleed.
Spektrum 11.09.2017 2:26
Sestien jaar gelede is die wêreld tot stilstand geruk toe vliegtuie in die Amerikaanse Wêreld Handelsentrum vasgevlieg het. Byna drie duiend mense het in die voorval omgekom, minstens ses duisend mense is beseer en skade het sowat tien miljard Amerikaanse Dollar beloop. Intussen meen Jasmine Opperman, die Afrika direkteur van die Terreur Navorsings- en Ontledingskonsortium, Amerika het nie geleer...
Spektrum 08.09.2017 2:26
Die sogenaamde Aarto-wet is vandeesweek deur die nasionale vergadering goedgekeur. Ingevolge die wet sal verkeersoortreders punte teen hulle lisensies kry. En indien daar genoeg punte teen jou naam is, kan jou rybewys opgeskort word. Die besturende direkteur van driving.co.za, Rob Handfield-Jones sê die vraag bly: Sal dit help on padveiligheid in Suid-Afrika te verbeter?
Spektrum 08.09.2017 2:45
Die Noord-Kaap en die Wes-Kaap is die twee provinsies met die meeste voorvalle van Fetale Alkohol Sindroom. Maar die omvang van die probleem in Suid-Afrika as 'n geheel, is ongeken. So sê die uitvoerende hoof van die Stigting vir Alkoholverwante Navorsing, Leana Olivier. Joan-Marie Verhoef het met die oog op Internasionale Fetale Alkohol Sindroom Dag gaan uitvind wat die stigting op fokus.
Spektrum 08.09.2017 3:42
Politieke moorde is weer onder die soeklig na die dood van twee ANC-lede. Mandisi Xakaxa, 'n takleier in Port Elizabeth, is Woensdagaand in die oprit van sy huis doodgeskiet. Volgens inligting hou sy dood verband met die toekenning van tenders. In 'n ander voorval is Sindiso Magaqa, 'n wyksraadslid van Umzimkulu, Maandag dood aan beserings wat hy opgedoen het in Julie toe hy in lokval gelei en ges...
Spektrum 08.09.2017 3:20
Die ouditeursfirma KPMG het nog 'n terugslag gekry. Die Instituut vir Direkteure het aangekondig dat hulle alle samewerking met die firma verbreek. Dit volg na verdoemende getuienis in die Gupta-eposse in Junie dat die firma betrokke was by die gebruik van staatsgeld om die Gupta-troue in 2013 by Sun City te betaal. Boonop was die firma glo ook betrokke by die sogenaamde klandestiene ondersoekeenh...
Spektrum 07.09.2017 3:10
Die Organisasie vir Godsdienstige-Onderrig en Demokrasie teiken hoofsaaklik Christen-skole deur dreigende briewe aan hulle te rig. So sê die VF Plus se woordvoerder vir Basiese Onderwys, Anton Alberts. Hy sê verder dat skole nie deur die organisasie geintimideer moet word nie en dat godsdiens steeds in skole beoeffen mag word, mits dit niemand uitsluit of dwing om deel te neem nie. Joan-Marie Verh...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.