RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 26.09.2017 2:19
'n Vrou wat haarself as 'n prokureur voorgedoen het, het vandag in die handelsmisdaadhof in Port Elizabeth verskyn. Brenda Wardle word aangekla van bedrog, diefstal en oortreding van Artikel 83 van die Prokureurswet. Justin Kennerley het met 'n strafregkenner, Dr. Llewellyn Curlewis gepraat oor die erns van die tipe oortreding...
Spektrum 26.09.2017 2:17
Suid-Afrikaners kan nie erfenismaand vier as ons nie die omgewing ook in ag neem nie. Dit is die mening van 'n botanis van Cape Nature, Rupert Koopman. Koopman sê die nasie se boustene lê eintlik onder ons voete.
Spektrum 25.09.2017 2:08
Kunsliefhebbers kan nou die grootste museum in die suidelike halfrond, wat geskoei is op eietydse, of kontemporêre kuns, in Kaapstad besoek. Die Zeits Museum van kontemporêre Afrika-kuns het pas sy deure by die V&A Waterfront geopen.
Spektrum 25.09.2017 2:49
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Spektrum 25.09.2017 1:34
September is doofheid-bewustheidsmaand. Daar is ongeveer 'n miljoen dowe en hardhorende mense in Suid-Afrika. Meneer, Mevrou en Mejuffrou Dowe SA 2017 is die afgelope maand aangewys. Mej Dowe SA, Chantelle Pretoruis van Barkley-Oos in die Oos -Kaap, is op 11 maande met breinvliesontsteking gediagnoseer en was daarna byna heeltemal doof. Maar met 'n kogleêre inplanting kon sy haar skoolloopbaan in...
Spektrum 21.09.2017 2:34
President Jacob Zuma sê die wêreld se ekonomiese struktuur kan slegs verander word om volhoubare ontwikkeling en gesamentlike groei te bevorder, met die nodige politieke wil. Hy het gepraat tydens die VN se 72ste sessie van die Algemene Vergadering in New York, Amerika. Marlinee Fouche berig hy het ook gevra dat lidlande hulle kernwapens uitmekaar haal, en dit eerder te gebruik vir vreedsame doele...
Spektrum 21.09.2017 2:18
Geweldsmisdaad wat gepaard gaan met misdaad in landelike gebiede is uniek tot Suid-Afrika. Die voorsitter van die Nasionale Veediefsal Voorkomings Forum, Willie Clack, sê hy doen reeds tien jaar lank navorsing in die verband en dit is ook in die lig hiervan dat die forum 'n internasionale landelike misdaad konferenisie gaan hou.
Spektrum 21.09.2017 3:06
Alzheimer se siekte , sal by 10 miljoen mense in die wêreld in die jaar alleen gediagnoseer word. Vandag is Wêreld Azheimer bewusmakingsdag en die tema is ONTHOU MY. Die uitvoerende direkteur van Alzheimer SA, Petra du Toit, sê dit is belangrik dat die Suid-Afrikaanse regering baie vinnig 'n plan kry om die siekte te beheer en bestuur. Sy sê meer as 760 000 mense in Suid-Afrika ly aan Alzheimer se...
Spektrum 20.09.2017 2:37
Die publiek kan nou kommentaar lewer op die konsepwet oor politieke party befondsing, wat in die staatskoerant gepubliseer is. Die parlement het vroeër vanjaar 'n ad hoc komitee gestig om 'n nuwe befondsingsmodel te skep, en riglyne vir die regulering van politieke party befondsing. Jean Esterhuizen berig.
Spektrum 20.09.2017 2:50
Rekordeksamens by Klipspruit Wes Sekondêre Skool in Eldorado Park in Gauteng is weens protes-aksie ontwrig. Die gemeenskap betoog oor rassisme by skole in bruin gemeenskappe en wat hulle noem die marginalisering van die bruin gemeenskap. Verlede maand het die Gautengse regering met inwoners oreengekom om hulle protesoptrede te staak. Jean Esterhuizen berig.
Spektrum 20.09.2017 3:12
Verskeie nie-regerings organisasies het kragte saamgesnoer om 'n Ekonomiese Misdaad Tribunaal te stig. Die tribunaal sal kyk na ekonomiese misdade wat nie na behore ondersoek is nie. Die tribunaal beoog om hulle eerste sitting in die verband reeds teen November te hou. Carina Conradie van die Right2Know veldtog, wat deel is van die Tribunaal, sê ander rolspelers is Corruption Watch, die Stigting v...
Spektrum 20.09.2017 3:47
Waarheen is die post apartheidsera-debat op pad? Dit is die vraag na 'n bekgeveg tussen Afriforum en Jacaranda FM uitgebreek het oor 'n uitlating deur een van hulle omroepers rakende swart en wit mense. Die debat het al so warm geraak dat adverteerders onttrek van die stasie, en mense weier dat werknemers van die stasie by hulle optree. 'n Professor in Openbare Leierskap aan die Universiteit Stell...
Spektrum 19.09.2017 3:41
'n Bekende stem op RSG, die ekonoom Cees Bruggemans, is in die ouderdom van 64 jaar oorlede. Hy het 'n lang stryd teen kanker gevoer. Bruggemans was vir 28 jaar die hoof-ekonoom van Eerste Nasionale Bank. Sy vriend, Prof. Willie Esterhuizen van die Universiteit Stellenbosch, sê Bruggemans was meer as net 'n ekonoom.
Spektrum 19.09.2017 3:36
Die mynwerkersvakbond, NUM, sê hy hoop die regering sal ingryp voor Impala Platinum meer as 2000 werkers aflê. Impala Platinum het vroeer aangekondig dat hy eenvoudig nie kan herstel van skade wat deur arbeidsonrus aangerig is nie. Die arbeidsontleder van OIM, Chris Jacobs, sê die Suid-Afrikaanse mynbousektor trek swaar.
Spektrum 19.09.2017 2:26
Die burgerregte organisasie Right To Know het vandag teen die hoë koste van data buite die hoofkantore van die land se vier grootste selfoondiensverskaffers betoog. Die organisasie sê die reg van toegang tot inligting is 'n basiese reg, maar duur selfoon- en datakoste maak inbraak op die reg.
Spektrum 18.09.2017 3:37
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê hy beplan regstappe teen KPMG en gaan alle werk wat die ouditeursfirma vir die inkomstediens doen, staak. KPMG het verlede week sy verslag oor 'n sogenaamde geheime eenheid by die inkomstediens onttrek. Die inkomstediens gaan ook die Minister van Finansies nader oor die saak. Jean Esterhuizen berig.
Spektrum 18.09.2017 3:43
Renosterhoringsmokkel-sindikate se patroon is besig om te verander. Die Wildlewe Handels Moniteringsnetwerk, TRAFFIC, het pas 'n verslag bekend gemaak oor renosterhoringsmokkelhandel in Suid-Afrika. Julian Rademeyer wat saam met Traffic aan die verslag gewerk het, sê dit raak al moeiliker om horings die land uit te smokkel. Sindikate sny dus die horing in kleiner stukke op, onder owerhede se neuse...
Spektrum 18.09.2017 4:01
Die kragvoorsiener Eskom, het 'n aansoek aan die Nasionale Energie Reguleerder, NERSA, gerig om kragtariewe met 19-komma-9 persent te verhoog. Die Energiekenner, Chris Yelland sê die kragverbruik in die land neem af, en omdat Eskom sukkel om kop bo water te hou, vra hulle vir die verhoging.
Spektrum 15.09.2017 1:51
'n Ma van 'n student by die Filmskool AFDA in Johannesburg beweer dat beursgeld van 'n SETA nie ten volle uitbetaal word nie. Sy sê die staatsinstansie het 'n volle beurs aan haar dogter toegestaan, 'n ruim agt-en-sestig-duisend rand. Dit was egter onder die voorwaarde dat sy eers vyftig persent daarvan aan die skool betaal, waarna die SETA daardie bedrag aan haar sal terugbetaal. Joan-Marie Verho...
Spektrum 14.09.2017 2:57
Die Cassini-ruimtetuig gaan Vrydag 15 September 2017 in die planeet Saturnus vasvlieg, en so sy sending van dertien jaar lank afsluit. Die belangrikste van sy ontdekking sluit in dat daar op twee van Saturnus se mane, Enceladus en Titan, moontlik vorms van lewe kan wees. 'n Senior navorsingsgenoot van SANSA, Dr Pieter Kotze beskryf dit as een van die mees opwindende periodes vir navorsing van plan...
Spektrum 14.09.2017 4:02
Meer as 2000 mense sterf jaarliks weens lugbesoedeling wat veroorsaak word deur steenkoolkragstasies in Suid-Afrika. Dit kos ook die land 30 miljard Rand per jaar aan siekverlof, mediese behandeling en hospitaalkostes, weens siektes wat mense kry van die lugbesoedeling. Die statistiek is vervat in 'n verslag van 'n Britse lugbesoedling en lug-gehalte kenner, Dr Mike Holland. Die direkteur van die...
Spektrum 13.09.2017 1:50
Die voormalige adjunk-minister van Hoër Onderwys, Mduduzi Manana het vanoggend skuldig gepleit op twee aanklagte van aanranding teen hom. Dit volg nadat hy verlede maand glo twee vroue by 'n kuierplek in Johannesburg geslaan het. Die DA se studente organisasie sowel as die party se vroue-netwerk het vanoggend voor die Landdroshof in Randburg betoog, waar Manana vir 'n tweede keer verskyn het. Joan...
Spektrum 13.09.2017 3:32
Die kanse dat die staat, BTW sal verhoog om die staatskoffers te kan vul, is onwaarskynlik. Dit is die mening van 'n afgetrede vennoot van die LDP Groep in Stellenbosch en voltydse LLD Navorser, Fran du Plessis. Dit volg na die minister van finansies vroeër by die 2017 belasting Indaba, wat in Sandton gehou word, gesê het maatskappye moet harder werk om die ekonomie te help stabiliseer en dat die...
Spektrum 13.09.2017 2:39
Die sterker rand en laer inflasiesyfers het daartoe gelei dat handelstoestande bestendig voorgekom het in Augustus. Die jongste Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid handelsaktiwiteite indeks het toegeneem met een persentasie punt in Augustus en staan op 48.
Spektrum 13.09.2017 3:03
Die ANC in die Vrystaat moet verduidelik hoekom eenhonderd-en-twintig miljoen rand spoorloos verdwyn het, nadat 'n projek, wat in 2010 begin is, nooit gerealiseer het nie. Dit is die mening van opposisie partye in die provinsie wat sê die planne vir die bou van 'n nuwe wetgewende kompleks by die ou Ramkraal Gevangenis, net 'n dekmantel vir korrupsie was.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.