RSG

Spektrum

News AF ↓ 2533 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 2, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 20.11.2017

Brian Molefe is nie deel van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag nie, hy is deel van die reserwemag. Dit is die minister van verdediging Nosiviwe Mapisa-Nqakula se reaksie op berigte in Sondagkoerante dat Molefe as 'n ere-kolonel aangestel is om die Ouditeur-Generaal van die Weermag te help. Hy sou glo R57 000 per maand verdien vir die diens.

Spektrum 20.11.2017

Een van Zimbabwe se bekendste grondwetkenners, Lovemore Madhuku, sê dis nie so maklik om n president in 'n Staat van Beskuldiging te plaas nie.

Spektrum 20.11.2017

'n Onsekere toekoms wag vir Zimbabwe. So meen Dr Martin Rupiya, van die Instituut vir Afrika Renaissance Studies by UNISA. Hy is 'n afgetrede Luitenant-Generaal van Zimbabwe.

Spektrum 20.11.2017

Die politieke onsekerheid in Zimbabwe het nie nou 'n impak op Suid-Afrika of die Rand nie. Maar daar kan moontlik langtermyn effekte wees, sê 'n portefeulje bestuurder by CapiCraft Investments, Drikus Combrinck.

Spektrum 17.11.2017

Die Universiteit Stellenbosch se universiteitskoor is vandeesweek aangewys as die nommer 1 koor in die wêreld deur 'n Duitse maatskappy. Die koorleier, Andre van der Merwe het aan Melissa Tighy gesê dat die maatskappy die wêreld koorspele reël.

Spektrum 16.11.2017

Empatie is die eerste stap om boelies te stop. Dit is die boodskap van twee broers, wat self geboelie is, en nou bewustheid oor die kwessie skep. Die 11-jarige Timeon en die 15-jarige Reuben Jansen van Rensburg het in 2014 strokiesprente begin maak om die kwessie uit te lig. Die Avonture van Boelie en Boo is in Afrikaans, Engels, Xhosa, Spaans en Frans beskikbaar. En tot en met die 19de November,...

Spektrum 16.11.2017

Die 11-jarige Amr Salie het onlangs sy heel eerste boek, "Blameless", bekendgestel en hy is reeds besig met sy tweede ene. Melissa Tighy het met hom en sy ma, Maryam gepraat.

Spektrum 15.11.2017

'n Afrika-kenner, Professor Willie Breytenbach van die Universiteit Stellenbosch het 'n oorsig van Mugabe se leierskap aan Spektrum gegee.

Spektrum 15.11.2017

Die Russiese regering het bevestig dat daar steeds gesprekke met Suid-Afrika gevoer word oor die omstrede kernooreenkoms. Die kernkragplan sal Suid-Afrika na verwagting ongeveer een miljard rand kos.

Spektrum 15.11.2017

Die politieke ontleder verbonde aan die Universiteit van Pretoria, Roland Henwood praat oor Zimbabwe se magsverandering en hoe dit Suid-Afrika kan raak.

Spektrum 14.11.2017

Die Verenigde Nasies vergader die week in Geneve in Switserland met kenners oor die gebruik van outonome wapens, ook bekend as sogenaamde "killer robots". Die wapenstelsels kan self besluit om te skiet op 'n teiken wat die stelsel self gekies het.

Spektrum 14.11.2017

Die Davis Belastingkomitee se verslag oor die Suid-Afrikaanse belastingstelsel bevat verskeie aanbevelings oor die befondsing van studiegeld, Nasionale Gesondheidsplan en die algemene bestuur van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Spektrum het met regter Dennis Davis hieroor gepraat.

Spektrum 14.11.2017

Adjunk president Cyril Ramaphosa het sy visie vir die land se ekonomie, tydens 'n byeenkoms in Soweto in Johannesburg, uit een gesit. Hy meen hy is daartoe instaat om die ekonomie met drie persent teen einde volgende jaar te laat styg. Bykomend sê Ramaphosa, sal hy ook een-miljoen werksgeleenthede skep. Hy het beleggingsvertroue as een van sy sleutelprioriteite beklemtoon.

Spektrum 14.11.2017

Suid-Afrikaners sal die ontmoeting van Mercurius en Saturnus aan die einde van November kan sien.

Spektrum 14.11.2017

Die ANC ontken dat daar planne is om die party se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, te skors. Mantashe het vanoggend 'n nuuskonferensie oor die naweek se spesiale vergadering van die uitvoerende komitee toegespreek. Die politieke ontleder, Dr Piet Croukamp iis in ons ateljee.

Spektrum 13.11.2017

'n Korrupsievoos burgery kan volgens kenners binnekort hul belasting van die staat weerhou. Daar gaan nie meer 'n dag verby dat senior staatsamptenare en regeringslui aan die kaak gestel word nie. Dit lei tot 'n burgery wat al hoe meer gefrustreerd raak en dreig om tot 'n belastingboikot oor te gaan.

Spektrum 13.11.2017

Die voormalige minister van finansies en ANC-LP Pravin Gordhan ontken bewerings dat hy die skrywer is agter Jacques Pauw se boek, The President's Keepers. Dit volg na 'n filiaal van die drukgroep Black First Land First, Black Opinion, 'n artikel daaroor gepubliseer het.

Spektrum 13.11.2017

Die Suid-Afrikaansgebore atleet, Irmgard Bensusan is onlangs as Paralimpiese Sportvrou van die Jaar in Duitsland benoem. Bensusan sê hoewel sy vir Duitsland deelneem, is Suid-Afrika altyd in haar hart.

Spektrum 08.11.2017

Die minister van finansies, Malusi Gigaba, se besluit om 'n kommissie van ondersoek na die Inkomstediens in te stel, is baie vreemd. Dit is die reaksie van ontleders na die aankondiging deur die minister. Boonop is dit die soveelste kommissie wat ondersoek moet instel na 'n staatsinstelling. Izak du Plessis het aan die politieke ontleder Theo Venter gevra hoekom daar so baie kommissies van onderso...

Spektrum 08.11.2017

Die nuwe minister van Energie, David Mahlobo, het verlede week opdrag gegee dat die geintegreerde Hulpbronne-plan afgehandel moet word. Dit is die bloudruk wat die land se toekomstige energiebehoeftes en -oplossings sal bepaal. Die energiekenner, Ted Blom, sê egter die plan wat elke jaar hersien moet word, is laas in 2010 behoorlik gedoen.

Spektrum 08.11.2017

Die VSA gaan op die eerste Junie onttrek aan die Parys Klimaats-ooreenkoms. Die aankondiging is deur President Donald Trump gemaak. Die ooreenkoms se doel is om te keer dat temperature wereldwyd met twee grade celsuis styg. CITES sê dat dit die VSA se besluit is om deel te neem aan die ooreenkoms. Prof Melville Saayman, die direkteur van die departement toerisme navorsing by die Noordwes Universit...

Spektrum 08.11.2017

Aktiviste en burgelike organisasies is die week in Duitsland vir die begin van die 2017 internasionale klimaatsberaad. Klimaatkenners sê Afrika gaan die meeste geraak word deur klimaatverandering.

Spektrum 08.11.2017

'n Nuwe soort dwelm, bekend as Flakka, met gebruikers hoofsaaklik in Amerika en Australië, het nou ook in Suid-Afrika opgeduik. 'n Aantal gevalle van histerie en selfs geweld in Durban in KwaZulu-Natal is aangemeld weens die gebruik van Flakka

Spektrum 07.11.2017

Die SAUK-stigting, in samewerking met die Patrice Motsepe-stigting, het vandag 'n mediakonferensie gehou oor 'n beplande intergeloof-handevataksie vir Suid-Afrika. Vir 'n voorskou oor die bekendstelling van die gebedsbyeenkoms wat op 26 November sal plaasvind, skakel ons oor na Fritz Klaaste by die Sandton Konvensiesentrum...

Spektrum 06.11.2017

Moet die gebruik van die ou Suid-Afrikaanse vlag gekriminaliseer word? So vra die Nelson Mandela Stigting, na aanleiding van die gebruik van die ou vlag tydens die Swart Maandag optog verlede week. Die optog het ten doel gehad om bewusmaking te skep, oor plaasaanvalle. Maar die Stigting meen die optog se doelwit is belemmer, deur die gebruik van die ou vlag deur individue.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.