RSG

Spektrum

News AF ↓ 2533 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 2, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 23.10.2017

Die tugverhoor van die geskorste Eskom-hoof, Matshela Koko, het nie vanoggend hervat nie. Dit volg na die kragreus die getuienisleier van die verhoor afgedank het. Sebatja Matsaung is afgedank na 'n video van 'n argument tussen hom en die adjunk-redakteur van publikasie Financial Mail, Sikonathi Mantshantsha, die lig gesien het. Matsaung het uitgevaar teen Mantshantsha en gese sy beriggewing oor h...

Spektrum 23.10.2017

As jy beplan om binnekort strand toe te gaan, pak sonskerm, 'n hoed, 'n strandhanddoek en 'n sif. Dit is die raad van die direkteur opvoeding by uShaka, Joan Potter. Dit na die groot storm wat in KwaZulu-Natal gewoed het, 'n vrag rou plastiek in die see laat beland het en spoel nou op strande daar uit. Potter sê die plastiekballetjies wat bekend staan as "noodles", is dalk nie nou toksies nie maar...

Spektrum 18.10.2017

'n ANC raadslid en 'n werknemer van die Johannesburg Metroraad verskyn vandag in te hof vir die onwettige verkoop van erwe in Midrand. Die erwe behoort aan die metro en is verkoop vir 210-duisend rand. Die ANC het ook tugstappe teen die raadslid ingestel en hom geskors.

Spektrum 18.10.2017

'n Australiese navorser, Troy Hunt beweer persoonlike inligting van minstens 30 miljoen Suid-Afrikaners, is aanlyn uitgelek. Melissa Tighy het met die direkteur van die Sentrum vir Kubersekerheid by die Universiteit van Johannesburg, Professor Basie von Solms oor die kuberkraak-aanval gepraat.

Spektrum 18.10.2017

Die Hooggeregshof in Grahamstad het die regering se regulasies oor hidrobreking ter syde gestel. 400 grondeienaars het die hof genader, nadat die Minister van Minerale Bronne, Mosebenzi Zwane, regulasies vir die bestuur van hidrobreking in die Karoo bekendgemaak het. Die grondeienaars se regsverteenwoordiger, Derek Light, sê die regering sal nou die proses van vooraf moet begin.

Spektrum 18.10.2017

Die Wes-Kaapse Gesondheidsdepartement sê forensiese patologiese dienste in Kaapstad sukkel met die groot werkslas van outopsie gevalle. Die departement sê daar mag dalk vertragings van nadoodse ondersoeke wees.

Spektrum 18.10.2017

Die jongste kabinetskommeling beteken dat president Jacob Zuma 133 ministers heen en weer geskuif het sedert 2009. Sommige politici en ontleders meen dit is 'n resep vir onstabiliteit.

Spektrum 17.10.2017

Ruimtekenners is gaande oor die waarneming van twee neutronsterre wat in 'n nabygeleë sterrestelsel gebots het. Dit is glo 'n gebeurtenis wat gaan sorg vir talle wetenskaplike ontledings in die toekoms. Izak du Plessis berig.

Spektrum 16.10.2017

Die vakbond wat 95% van stakende vlieëniers by die Mango-lugdiens verteenwoordig, sê sy lede sal staak solank dit nodig is om hulle salarisse markverwant aangepas te kry. Die Adjunk hoofsekretaris van Solidariteit, Deon Reyneke, sê die ontwrigting by die goedkoop lugrederye wat deel is van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, sal vererger, omdat die plan om die stakende vlieëniers te vervang, onvolhoubaa...

Spektrum 16.10.2017

Die tesourie het R40 miljoen aan die Departement van Landbou bewillig om boere in die stryd teen die verspreiding van die aansteeklike voëlgriep te help. Die berekening op die verliese is slegs tot September vanjaar. Miljoene hoenders is al sedert die uitbreek van die siekte in die land van kant gemaak. Die waarnemende direkteur-generaal van die Department van Landbou, Bosbou en Visserye, Mooketsa...

Spektrum 13.10.2017

Die dodetal van die Life Esidimeni-tragedie het oor die afgelope 8 maande van honderd en agtien tot honderd een en veertig gestyg. Dit het aan die lig gekom tydens getuienis wat gelewer is tydens die alternatiewe geskil-beslegtings-proses vir families wat deur die tragedie geraak is. Die finale dodetal kan moontlik nog verander. Hanri Wondergem berig.

Spektrum 13.10.2017

Fokofpolisiekar stel die naweek sy eerste album in 11 jaar bekend - en die album is gemaak deur skarebefondsing, beter bekend as "crowdfunding". Die gewilde rock-groep se teiken was om R500 000 in te samel. Dit is binne net 9 dae gedoen en uiteindelik is 'n miljoen rand ingesamel. Die eindproduk is getiteld "Self Medikasie" en is vervaardig en opgeneem deur Fokofpolisiekar self. Een van die lede v...

Spektrum 12.10.2017

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat 'n kouefront oor dele van die Oos-Kaap beweeg. Dit sal ook gepaardgaan met swaar reënneerslae langs die kusgebiede. 'n Voorspeller by die weerdiens, Henning Grobbler sê dele van KwaZulu-Natal kan ook reën verwag.

Spektrum 12.10.2017

In Namibië het 110 seekoeie reeds gevrek weens miltsiekte. Die permanente sekretaris van die Namibiese ministerie van die Omgewing en Toerisme, Dr Malan Lindeque sê die vrektes kan toeneem.

Spektrum 12.10.2017

Ahmed Timol is vermoor en het nie na sy eie dood gespring nie. Dit is die uitspraak wat Regter Billy Motlhe vanoggend in die hooggeregshof in Pretoria. Dit volg 'n tweede geregtelike doodsondersoek na Timol se dood in polisieaanhouding in 1971.

Spektrum 12.10.2017

Is voedselpryse werklik goedkoper, soos wat sommige verbruikers dit ervaar? Die vraag het ontstaan na 'n debat op sosiale media uitgebreek het rakende die kwessie. Spektrum praat met Dr Flippie Cloete, landbouekonoom van die Universiteit van die Vrystaat oor die saak.

Spektrum 11.10.2017

Die Vakbond Fedusa sê, hy vertrou nie die regering nie en glo vas dat daar politieke inmenging is by die Openbare Beleggings Korporasie. Fedusa het intussen aangekondig dat hy reeds met 'n konsultasie proses begin het om die moontlikheid te ondersoek om hulle beleggings by die Staatsdienspensioenfonds te onttrek. Die hoofsekretaris van Fedusa, Dennis George sê Fedusa tree nou dringend op in belang...

Spektrum 11.10.2017

Die hoof ekonoom van Economists.co.za, Mike Schussler sê die vakbond Fedusa se wantroue in die regering dra water. Schussler sê wat tans met die Transnetpensioenarisse gebeur is 'n goeie voorbeeld van die regering se misbruik van pensioenfondse.

Spektrum 11.10.2017

Sowat 300 Transnet pensionarisse het vandag by Kerkplein in Pretoria betoog teen die regering en Transnet weens hulle swak pensioen uitbetalings. 'n Woordvoerder van die VF+ advokaat Anton Alberts sê, die pensionarisse het besluit hulle gaan al meer begin betoog sodat die regering hulle nie meer kan ignoreer nie.

Spektrum 10.10.2017

Die bekroonde skrywer, Ryk Hattingh is gister aan 'n hartaanval in Nieu-Seeland dood. Hattingh is pas bekroon met een van die belangrikste fiksie toekennings in die land, naamlik die Kyknet-Rapport prys vir Afrikaanse romans. Die skrywer en literator, John Miles, het Hattingh ontmoet toe hy in die vroeg tagtiger jare na die uitgewer, Taurus gekom het met sy werk, "Die Tonnel". Miles het sy herinne...

Spektrum 09.10.2017

As deel van 'n biodiversiteit bewaringsooreenkoms tussen Suid-Afrika en Tsjad, sal ses swart renosters, volgende jaar, na Tsjad geskuif word. Die woordvoerder van die departement, Albi Modise, sê hierdie inisiatief se einddoelwit, is om renosters weer in die land te hervestig.

Spektrum 09.10.2017

Die Aardklopfeesdireksie sê, hoewel daar nog nie finale getalle op papier is oor die bywoning van die fees nie, wil dit voorkom asof die reën nie 'n demper op bywoning geplaas het nie. Aardklop vind jaarliks in Potchefstroom in Noordwes plaas. Intussen was daar gemengde gevoelens oor of die kaartjiepryse by Aardklop bekostigbaar was of nie..

Spektrum 09.10.2017

Die Minister van Finansies, Malusi Gigaba se eerste Medium Termyn Begrotingsraamwerk Toespraak word oor net meer as twee weke gelewer. Alle oë is op hom met betrekking tot sy 16-punt plan, asook die hantering van die krisis by staats-beheerde instellings. Spektrum het met ekonome oor die saak gepraat.

Spektrum 05.10.2017

Die leier van die DA, Mmusi Maimane het die woning van die Gupta-familie beskryf as die plek waar president Jacob Zuma in werklikheid gevange geneem is. Maimane was aan die voorpunt van 'n optog na die Gupta-woning in Saxonworld, Johannesburg. Hy het aan die betogers gesê dit is teleurstellend dat bykans 'n jaar nadat die verslag oor staatskaping bekendgemaak is, nog niks daaraan gedoen is nie.......

Spektrum 04.10.2017

Die Spektrum-span by Aardklop plaas boelie-gedrag onder die soeklig. Verteenwoordigers van FAMSA, 'n organisasie wat hom beywer vir gesonde familie-verhoudings, lewer insette oor hoe om afknouery aan te spreek. 'n Onderwyskenner, Professor Elda de Waal neem deel aan die gesprek en vertel ook meer van uitdagings in die onderwys. Dan maak 'n vierpotige vriend met die naam "skottels" 'n draai. En Jak...

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.