RSG

Spektrum

News AF ↓ 2533 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 2, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 21.12.2017

Deur die aandeelhouding van die Reserwebank na die staat te verskuif, gaan geen invloed op die monetêre-beleidsrigting van die bank hê nie. Dit is die reaksie van die hoof ekonoom van die Efficient Groep, Dawie Roodt. Sy reaksie volg op 'n aankondiging deur die ANC by sy afgelope verkiesings-konferensie, dat hy die regering opdrag gegee het om die Reserwebank te begin nasionaliseer. Roodt sê hy ka...

Spektrum 19.12.2017

Pasop dat jy nie die feesseisoen , "vakansie hart sindroom" op doen nie. Nicole Jenning die woordvoerder van Pharma Dynamics se die sindroom is nie so ongewoon nie en meeste mense het dit al oorgekom

Spektrum 18.12.2017

Die Voorsitter van die DA se Federale Raad, James Self, sê die Kaapstad metro burgermeester, Patricia de Lille, het uitstel gevra vir haar antwoorde op 'n ondersoek teen haar. 'n Ondersoek na haar gedrag is deur die DA uitgevoer, en die verslag is aan haar gestuur. De Lille is gevra om redes te verskaf hoekom sy nie moet bedank as burgermeester van Kaapstad op grond van die verslag se bevindinge n...

Spektrum 13.12.2017

President Jacob Zuma se ekonomiese nalatenskap vir Suid-Afrika, is net 'n sinkende skip. Dit is die mening van die hoof ekonoom van die Efficient Groep , Dawie Roodt. Die ANC verkiesings en beleidskonferensie sal die naweek plaasvind en na alle verwagting sal 'n nuwe ANC president verkies word. Roodt sê as mens dan terugkyk oor die tydperk waarin Zuma die president was, is daar min goeie dinge te...

Spektrum 07.12.2017

Na meer as vier dekades van gesamentlike gemeenskap sake het die !Xun en Khwe San op Platfontein besluit dat hulle paaie moet skei. Die gemeenskap het tydens die algemene jaarvergadering van hulle !Xun en Khwe Vereniging vir Gemeenskaplike Eiendom, 'n besluit aanvaar om hulle Eiendoms Vereniging te ontbind. Hulle het ook 'n besluit geneem om twee aparte Verenigings te stig. Tomsen Nore doen versla...

Spektrum 07.12.2017

Die Departement van Water en Sanitasie sê, hy gaan voort met sy planne om die watertoevoer na munisipaliteite, wat nog nie reëlings gemaak het oor uitstaande waterrekeninge nie, voor of op 8 Desember, af te sny. Die departement het vroeër 'n lys bekendgemaak van munisipaliteite wat nie hulle waterrekening betaal het nie. Sputnik Ratau sê, baie munisipaliteite het reeds reëlings getref met die depa...

Spektrum 07.12.2017

Die regsverteenwoordiger van Afriforum, Willie Spies sê, hulle oorweeg regstappe oor die kwessie. Spies sê dit is onregverdig dat inwoners, wie se rekening betaal is, gestraf word vir die munisipaliteit se swak finansiële bestuur.

Spektrum 01.12.2017

Die voormalige leier van die Vryheidsfront Plus, dr. Pieter Mulder het na byna dertig jaar in die parlement, as LP uitgetree. Mulder was een van die langsdienende Parlementslede. Mulder het vanoggend die parlementslid bekengemaak wat hom gaan vervang.

Spektrum 01.12.2017

Suid-Afrika sukkel om nuwe MIV-besmettings te beperk, veral onder jong vroue. Die res van die wêreld vier Internasionale Vigsdag, maar plaaslike burgerregte organisasies is van mening daar is niks om te vier nie. Vigsdag word amptelik in die Oos-Kaap herdenk met die tema "ek het die reg om my status te weet en die verantwoordelikheid om voorkomend op te tree".

Spektrum 01.12.2017

Dit is eerskomende Sondag vyftig jaar sedert Dr Chris Barnard die eerste hartoorplanting gedoen het. 'n Boek oor die merkwaardige gebeurtenis en die stories rondom dit, getiteld Hartebreker is onlangs bekendgestel. Ons praat met die skrywer, James Brent-Styan.

Spektrum 01.12.2017

Daar word te veel gepraat en te min gedoen by die 69 ste staande komitee vergadering van Cites wat vandag in Switserland ten einde loop. Dit is die mening van Adam Cruise, 'n Suid-Afrikaanse vryskut omgewingsjoernalis, wat die vergadering bywoon. Cruise sê dit is die lande met die grootste beursies wat die besluitnemingsproses oorheers.

Spektrum 01.12.2017

'n Kennisgewing van 'n mosie van wantroue teen die Kaapstadse Burgemeester, Patricia de Lille is vir eers verwerp. Die Speaker van die Kaapstad metroraad, Dirk Smit sê die kennisgewing was gebrekkig. Hy sê hy is wel bereid om die ANC te help, om die kennisgewing te verbeter vir 'n volgende vergadering.

Spektrum 30.11.2017

Die beeldhouer, Angus Taylor is aangewys as die wenner van die 2017 Helgaard Steyn-toekenning. Hanri Wondergem berig dat hierdie toekenning een van die grootste pryse vir die bevordering van kuns en kultuur in die land is.

Spektrum 30.11.2017

Suid-Afrikaners herwin die jaar effe meer as verlede jaar. Dit is egter glad nie genoeg om 'n impak te maak op die besoedeling in die land, weens rommel nie. Annebie Pretorius van die organisasie Plastiek Suid-Afrika sê Suid-Afrika moet ten minste 50 persent van dit wat verbruik word, herwin.

Spektrum 30.11.2017

Die Noord-Kaapse dorpie Orania is die eerste in die wêreld wat oor sy eie kripto-geldeenheid beskik. Die dorp het reeds sy eie geld-eenheid wat as die Ora bekendstaan.

Spektrum 30.11.2017

Vroeg in Desember sal Suid-Afrikaners 'n supermaan kan gewaar - die vierde een vanjaar. 'n Senior navorsingsgenoot by die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap, Dr Pieter Kotze sê egter dit is nie 'n ongewone verskynsel nie maar dit bly besonders.

Spektrum 29.11.2017

Daar is twee kampe wat die Mediese Innovasie-Wetsontwerp betref. Aan die een kant is diegene wat glo dit kan daartoe bydrae om innoverende denke oor medisyne en genesing aan te wakker. Aan die ander kant is daar diegene wat bevrees is dat, indien die regulasies nie nagevolg word nie, dit pseudowetenskap en kwaksalwery gaan aanmoedig.

Spektrum 29.11.2017

Goeie nuus vir toekomstige pa's is dat hulle moontlik in die toekoms geregtig sal wees op 10 dae verlof, as die ma van hulle kinders op kraamverlof is. Aanneemouers sal ook moontlik geregtig wees op verlof van 2 maande en 2 weke.

Spektrum 29.11.2017

Afrika lande het geen ander keuse as om nou saam te staan teen die storting van hoendervleis vanaf Europese Unie lande nie. Die praktyk is besig om die pluimveebedryf en alle bedrywe wat daaraan verbonde is dood te druk. Fairplay Suid-Afrika, te same met nog Afrika lande soos Ghana sê hierdie grens aan ekonomiese slawerny. Die stigter van die Fairplay Beweging, Francios Baird sê slegs 26 persent v...

Spektrum 29.11.2017

Slegs vyf persent van hoendervleis wat in Ghana verkoop word, kom van die plaaslike sektor daar. Die res word alles ingevoer. Victor Poji, die voorsitter van die Ghanese Nasionale Vereniging van Pluimvee boere sê die EU boelie Afrika regerings.

Spektrum 28.11.2017

Die Nasionale Dierebeskermings Vereniging is bekommerd oor vrektes en ernstige beserings van wilde diere wat in strikke gevang word. Die stel van strikke is veral nou 'n uitdaging in nasionale parke en natuurreservate. Hanri Wondergem het byKaren Tendler, die NDBV se bestuurder van handel in wildlewe gaan uitvind hoe wyd die probleem strek.

Spektrum 24.11.2017

Belastingvriendelike sones behaal internasionaal groot sukses, en die Johannesburg metro oorweeg nou die implementering hiervan, om ekonomiese groei in die stad aan te wakker. Maar wat behels die konsep en hoe, indien dit goedgekeur word, sal dit die stad kan bevoordeel?

Spektrum 24.11.2017

Reeva Steenkamp se ouers Barry en June Steenkamp sê hulle voel nou eers dat geregtigheid in die moord op hul dogter geskied.

Spektrum 24.11.2017

Aandeelhouers in genooteerde maatskappye, gaan binnekort moet verduidelik hoekom hulle maatskappy nie gehoor gee aan omgewingsbewaringswetgewing nie. Die Sentrum vir Omgewingsreg het pas 'n nie regerings-organisasie gestig, Just Share vir die doel. 'n Prokureur by die sentrum en programbestuurder vir deursigtigheid en verantwoordbaarheid in die sakesektor, Tracey Davies sê daar is 'n groot gaping...

Spektrum 24.11.2017

Die moordbeskuldigde, Oscar Pistorius se tronkstraf is tot 13 jaar en vyf maande verleng. Dit volg na die staat appèlleer het teen Regter Thokozile Masipa se vonnis van ses jaar. Hulle het gevra dat die minimum vonnis van 15 jaar ingestel word. Die staat het aangevoer dat Regter Masipa se uitspraak 'n oordeelsfout was.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.