RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 21.11.2017 3:06
Die Gautengse Departement van Infrastruktuur span kragte saam met die Moral Regeneration Movement om vas te stel hoekom openbare eiendom gereeld tydens diensleweringsbetogings beskadig word. Die LUR vir Infrastruktuur Ontwikkeling, Jacob Mamabolo sê hulle navorsing sal help om die optrede in die toekoms te verhoed.
Spektrum 21.11.2017 3:06
Die Rhino 8 reaksiemag het meer as 50 mense inhegtenis geneem in verband met stropery in gebiede in en rondom die Nasionale Kruger Wildtuin. Die polisie woordvoerder Brigadier Generaal Vishnu Naidoo sê in meeste van die inhegtenisnemings is daar beslag gelê op toerusting wat gebruik word in stropery.
Spektrum 21.11.2017 3:38
Die Esidimeni-verhoor is vanoggend weer vertraag deur die geskorste Gautengse direkteur vir Geestesgesondheid van die Departement van Gesondheid, Dr Makgabo Manamela. Haar regsverteenwoordiger, Lerato Mashilane het weer vir uitgestel gevra nadat Manamela laat weet het dat sy siek is en 'n dokter gaan spreek het. Sy is gedagvaar om haar rol te verduidelik in die dood van 143 pasiente wat uit Life E...
Spektrum 21.11.2017 4:54
ANC takke wat nie hulle nominasie proses teen Sondag wat nou verby is, voltooi het nie sal nie kan stem vir die volgende ANC president nie. Dit was die waarskuwing van die ANC sekretaris generaal, Gwede Mantashe voor hy die takke uitstel gegee het om die proses die afgelope naweek te voltooi. Verskeie provinsies soos Noordwes en die Vrystaat kon nie hulle nominasie proses betyds voltooi nie. Profe...
Spektrum 21.11.2017 2:56
Die verwikkelinge rakende die Zimbabwese regering die afgelope ruk, herinner volgens sommige kommentators sterk aan die kleur rewolusies wat van 2003 tot 2005 in Oos-blok lande plaasgevind het. Die lande het weggebreek van die Sowjet-unie na dit tot niet verklaar is.
Spektrum 21.11.2017 1:24
Die Poskantoor en SASSA het uiteindelik 'n ooreenkoms geteken vir die betaling van maatskaplike toelaes. Die minister in die presidensie, Jeff Radebe, het dit vanoggend aan 'n gesamentlike komitee van SKOOR en maatskaplike ontwikkeling bekendgemaak.
Spektrum 21.11.2017 1:01
Die impak van 'n moontlike kredietafgradering na rommelstatus op die ekonomie, is dalk nie so groot soos almal vrees nie. Dit is die mening van 'n beleggingsstrateeg van Old Mutual Multi Bestuurder, Izak Odendaal. Odendaal sê ten spyte van onstuimge internasionale politieke omstandighede en selfs onsekere politieke omstandighede op eie bodem, het markte nie drasties gereageer nie
Spektrum 21.11.2017 1:44
Goeie nuus vir die Wes-Kaap. Die afgelope 24-uur het 'n kouefront gesorg vir noemenswaardige reën in groot dele van die provinsie. 'n Senior Weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, Henning Grobbler het aan Joan-Marie Verhoef gesê dat dit verskeie opvangsgebiede insluit.
Spektrum 21.11.2017 3:20
Die verpolitisering van Swart Maandag het die stem van boere oor plaasveiligheid baie skade berokken. Dit is die gevoel van die landbou-unie, Agri SA wat homself distansieer van 'n protesoptog teen plaasmoorde na die Uniegebou wat vir eerskomende Saterdag beplan word. Dan Kriek, president van Agri SA, sê kommersiële boere is deur Afriforum genader om aan die optog deel te neem, maar dat hulle eerd...
Spektrum 21.11.2017 2:24
Die Parlement sal na verwagting vandag 'n debat hou oor die jaarlikse 16 dae veldtog van aktivisme teen vroue- en kindergeweld. Die veldtog begin Saterdag en eindig op Internasionale Mensregtedag.
Spektrum 20.11.2017 2:24
'n Konsultant by die Instituut vir Sekerheidstudies, Liesl Louw-Vaudran, oor die jongste verwikkelinge in Zimbabwe
Spektrum 20.11.2017 1:48
As daar nie dringend plan gesien word met uitheemse spesies in die Wes Kaap nie, is dit neusie verby vir fynbos. Dit is die mening van Alistair Galloway, 'n nagraadse student aan die Universiteit Stellenbosch se Departement Bewaringsekologie en Entomologie. Hy sê daar is grondeienaars wat byvoorbeeld denneplantasie wil verwyder met die hoop dat fynbos weer sal teruggroei.
Spektrum 20.11.2017 4:54
'n Internasionale beraad om kwaksalwery, pseudo-wetenskap en valse nuus oor gesondheidsorg teen te werk, het vandag by die Universiteit Stellenbosch begin. 180 wetenskaplikes van regoor die wereld woon dit by. Een van die sprekers is Dr. Harris Steinman, 'n mediese dokter en stigter van CAMcheck, 'n gids wat Suid-Afrikaners teen pseudo-wetenskap beskerm.
Spektrum 20.11.2017 4:09
'n Stelsel om vinnig DNS toetse op diere-produkte by Suid-Afrikaanse grense te doen, is vandag in die Nasionale Kruger Wildtuin bekendgestel. Meeste doane beamptes weet gewoonlik nie waarna hulle kyk nie en die toestel gaan dit verander. Die projek word in samewerking met die International Barcode of Life projek of IBOL, die universiteit van Johannesburg en die departement van omgewingsake bekendg...
Spektrum 20.11.2017 2:54
Brian Molefe is nie deel van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag nie, hy is deel van die reserwemag. Dit is die minister van verdediging Nosiviwe Mapisa-Nqakula se reaksie op berigte in Sondagkoerante dat Molefe as 'n ere-kolonel aangestel is om die Ouditeur-Generaal van die Weermag te help. Hy sou glo R57 000 per maand verdien vir die diens.
Spektrum 20.11.2017 1:51
Een van Zimbabwe se bekendste grondwetkenners, Lovemore Madhuku, sê dis nie so maklik om n president in 'n Staat van Beskuldiging te plaas nie.
Spektrum 20.11.2017 2:36
'n Onsekere toekoms wag vir Zimbabwe. So meen Dr Martin Rupiya, van die Instituut vir Afrika Renaissance Studies by UNISA. Hy is 'n afgetrede Luitenant-Generaal van Zimbabwe.
Spektrum 20.11.2017 2:00
Die politieke onsekerheid in Zimbabwe het nie nou 'n impak op Suid-Afrika of die Rand nie. Maar daar kan moontlik langtermyn effekte wees, sê 'n portefeulje bestuurder by CapiCraft Investments, Drikus Combrinck.
Spektrum 17.11.2017 1:14
Die Universiteit Stellenbosch se universiteitskoor is vandeesweek aangewys as die nommer 1 koor in die wêreld deur 'n Duitse maatskappy. Die koorleier, Andre van der Merwe het aan Melissa Tighy gesê dat die maatskappy die wêreld koorspele reël.
Spektrum 16.11.2017 1:40
Empatie is die eerste stap om boelies te stop. Dit is die boodskap van twee broers, wat self geboelie is, en nou bewustheid oor die kwessie skep. Die 11-jarige Timeon en die 15-jarige Reuben Jansen van Rensburg het in 2014 strokiesprente begin maak om die kwessie uit te lig. Die Avonture van Boelie en Boo is in Afrikaans, Engels, Xhosa, Spaans en Frans beskikbaar. En tot en met die 19de November,...
Spektrum 16.11.2017 2:33
Die 11-jarige Amr Salie het onlangs sy heel eerste boek, "Blameless", bekendgestel en hy is reeds besig met sy tweede ene. Melissa Tighy het met hom en sy ma, Maryam gepraat.
Spektrum 15.11.2017 3:22
'n Afrika-kenner, Professor Willie Breytenbach van die Universiteit Stellenbosch het 'n oorsig van Mugabe se leierskap aan Spektrum gegee.
Spektrum 15.11.2017 2:42
Die Russiese regering het bevestig dat daar steeds gesprekke met Suid-Afrika gevoer word oor die omstrede kernooreenkoms. Die kernkragplan sal Suid-Afrika na verwagting ongeveer een miljard rand kos.
Spektrum 15.11.2017 2:36
Die politieke ontleder verbonde aan die Universiteit van Pretoria, Roland Henwood praat oor Zimbabwe se magsverandering en hoe dit Suid-Afrika kan raak.
Spektrum 14.11.2017 4:31
Die Verenigde Nasies vergader die week in Geneve in Switserland met kenners oor die gebruik van outonome wapens, ook bekend as sogenaamde "killer robots". Die wapenstelsels kan self besluit om te skiet op 'n teiken wat die stelsel self gekies het.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.