RSG

Spektrum

News AF ↓ 2533 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 2, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 15.03.2018

Waar kom die seekos op jou bord vandag? Dit is vanjaar die groot vraag tydens die Internasionale Volhoubare Seekosweek veldtog wat tans aan die gang is. 'n Derde van alle vis en ander seekos wat gevang word, word op 'n onwettige manier gedoen, en dit vind sy weg tot op jou bord. Pavitray Pillay die bestuurder van die Wêreld Natuurlewe Fonds se Suidelike Afrika Volhoubare Seekos Inisiatief of Sassi...

Spektrum 13.03.2018

Klein leerrug en karet-seeskilpadjies spoel oral op Wes-Kaapse strande uit. Die Twee Oseane Akwarium in Kaapstad sê as mense op die seeskilpaaie afkom, moet hulle eerder na die akwarium geneem word en NIE in die see gegooi word nie. Die jong seeskilpaaie is afkomstig van die KwaZulu-Natalse Noordkus waar hulle uitbroei tussen Januarie en einde April. Peter Jacobs van Ufudu Seeskilpadbewaring sê di...

Spektrum 01.03.2018

Op een van Suid-Afrika se besigste strande, vind een van die wêreld se natuurlike wonders daaglik plaas, sonder dat mense daarvan bewus is. Tussen Oktober en April lê duisende leerrûg- en karetskilpaaie hulle eiers in die sand by Sodwana aan die KwaZulu Natalse kus. Vanaf einde Januarie broei die neste uit en duisende seeskilpadjies skarrel oor die sand om in die see te kom voordat roofdiere hulle...

Spektrum 01.03.2018

Al die navorsing wat op die strande gedoen word oor Seeskilpaaie, beland uiteindelik by Suid-Afrika se voorste marine- navorser wat spesialiseer in seeskilpaaie, Prof Ronel Nel . Nel is verbonde aan die Nelson Mandela universiteit. Sy het ook pas 'n navorsingsbeurs van Pew Marine Navorsing instituut ontvang om die seeskilpaaie wat aan ons kus, nes maak, te bestudeer. Suid-Afrika is tans die leier...

Spektrum 28.02.2018

Die selfoon reuse Nokia en Vodafone, het planne voorgelê om 'n 4-G mobiele netwerk op die maan te loods teen 2019. Die doel hiermee is om inligting wat deur satelliete versamel word, vinniger op die aarde te kry.

Spektrum 22.02.2018

Die begrotingsrede het geen langtermyn ekonomiese groei oplossings gebied nie. Leonard Willemse, Senior belastings konsultant van Mazars sê, langtermyn ekonomiese groei planne sal daartoe lei dat die belastingbasis vergroot en dat werkskepping kan plaasvind.

Spektrum 19.02.2018

Die Itermago is die dier waarmee daar die meeste op die swartmark handel gedryf word. Al ses Itermago spesies is tans gelys op die Cites hoogsbedreigde spesielys....

Spektrum 14.02.2018

Die lang verwagte rolprent Black Panther wys binnekort in teaters. Dit is die rolprent maatskappy Marvel Studios se eerste film oor 'n held wat uit Afrika kom, en daar is 'n hele paar Suid-Afrikaanse akteurs ook ingespan. Die rolprent speel af in die denkbeeldige Afrika-land Wakanda, en in die rolprent is die gevorderde gemeenskap se amptelike taal isiXhosa. Marlinee Fouche berig.

Spektrum 12.02.2018

Plaas die soeklig op selfdood onder tieners en jong kinders. Dit is die pleidooI van die Suid-Afrikaanse Depressie en Angs Groep, bekend as SADAG. Sadag sien die week as 'n tyd vir bewusmaking oor die groeiende neiging onder kinders om hulle eie lewens te neem. Hanri Wondergem berig.

Spektrum 12.02.2018

Kan ligging die hoof dryfveer van haat wees? Dit is die vraag wat navorsing, wat deur die Universiteit van Utah in die VSA gedoen is, bekyk. En die antwoord op die vraag blyk "ja" te wees. Ons wetenskapkorrespondent, George Claassen, het aan Hanri Wondergem verduidelik dat geografie, en ander dryfvere soos geloofs- en politieke oortuigings, haat aanblaas.

Spektrum 08.02.2018

Die gemeenskap van Bethuli in die Vrystaat is baie opgewonde oor 'n geskiedkundige fonds op die dorp. Tydens die opknapping van 'n gedenk standbeeld oor die 1938 simboliese Groot Trek, het die restoureerder Quandeen Grindling afgekom op 'n glasbottel met briewe in. Die bottel was versteek agter 'n metaal plaat. Trudie Venter, 'n inwoner van Bethulie en plaaslike geskiedenis kenner sê almal brand v...

Spektrum 08.02.2018

Het jy al gehoor van Cheddar Man? Dis 'n tien-duisend jaar oue fossiel wat in Engeland ontdek is. Tot nou toe het almal aangeneem dat hy 'n wit vel en bruin oë gehad het - totdat die wetenskap die teendeel bewys het. Cheddarman het 'n donker vel gehad, met ligte blou- of groen oë, en is afkomstig van die midde-ooste. Marlinee Fouche berig dat wetenskaplikes die verwikkeling beskou as 'n bewys dat...

Spektrum 08.02.2018

Die visier van teen- stroperyeenhede in KwaZulu- Natal is nou behoorlik op renosterstropers in die gebied gerig. Ezemvelo KwaZulu-Natal natuurlewe het pas hulle nuwe teen-stropery operasionele hoofkwartier in die Hluhluwe-Imfolozi park geopen. Een duisend agt en twintig renosters is verlede jaar , in Suid Afrika vir hulle horings gestroop, waarvan daar 'n toename van 50 persent van stropery in Kwa...

Spektrum 06.02.2018

Vrugteprodusente van Grabouw en Elgin maak hul privaatdamme se sluise oop om water na die Steenbrasdam te voer. Die dam voorsien Kaapstad van water. Die uitvoerende hoof van Hortgro, Anton Rabe, sê die boere stel water beskikbaar wat hulle nie nou nodig het nie....

Spektrum 05.02.2018

Gerugte doen op sosiale media netwerke die rondte dat die Universiteit Stellenboch op dag zero sy deure gaan sluit en dat akademiese aktiwiteite opgeskort sal word tot dit weer reën. Volgens 'n woordvoerder van die universiteit, Martin Viljoen steek daar nie waarheid in die gerugte nie

Spektrum 05.02.2018

'n Aasvoël ,genaamd Rosie, het nie net 'n nuwe vlieg rekord opgestel nie, maar ook in die proses waardevolle navorsings inligting aan wetenskaplikes besorg. Rosie het in 'n kwessie van drie maande sowat 1100 myl, of sowast 1770 kilometer gevlieg tussen Tanzanië, Suid-Afrika en Zimbabwe. 'n Spesialis projek bestuurder by die Trust vir bedreigde natuurlewe in Suid-Afrika wat veral met Aasvoëls werk,...

Spektrum 02.02.2018

Die mensdom moet anders begin dink oor haaie om die voortbestaan van die spesie te verseker. Dit is die waarskuwing van die nie-regeringsorganisasie, Sharklife in Sodwana aan die Natalse Noord kus.

Spektrum 01.02.2018

Daar is te veel owerheidsliggame wat betrokke is by die ondersoek na die listeriose uitbreking in Suid-Afrika. Dit is die mening van Gareth Loyd Jones die direkteur van Ecowize. Loyd Jones voorspel dat hierdie uitbreking van listeriose die grootste nog ter wêreld gaan wees omdat die owerhede nie genoegsame wetgewing in plek het om voedselveilgheid van ingevoerde goedere te verseker nie. Hy sê ook...

Spektrum 01.02.2018

Daar is te veel owerheidsliggame wat betrokke is by die ondersoek na die listeriose uitbreking in Suid-Afrika. Dit is die mening van Gareth Loyd Jones die direkteur van Ecowize. Loyd Jones voorspel dat hierdie uitbreking van listeriose die grootste nog ter wêreld gaan wees omdat die owerhede nie genoegsame wetgewing in plek het om voedselveilgheid van ingevoerde goedere te verseker nie. Hy sê ook...

Spektrum 01.02.2018

Die president van Suid-Afrika sal die staatsrede op 8 Februarie lewer, aldus die speaker van die parlement, Baleka Mbete en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Thandi Modise. Volgens Modise sal die staatsrede soos beplan voortgaan.

Spektrum 01.02.2018

Die president van Suid-Afrika sal die staatsrede op 8 Februarie lewer, aldus die speaker van die parlement, Baleka Mbete en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Thandi Modise. Volgens Modise sal die staatsrede soos beplan voortgaan.

Spektrum 31.01.2018

Herwinning van vullis behoort nie 'n groot uitdaging vir Suid-Afrikaners te wees nie maar eerder iets wat deel is van hulle daaglikse lewe. Dit is die mening van Annabe Pretorius wat verbonde is aan die Plastiekherwinningsorganisasie, SAPPRO. Pretoruis sê meeste mense besef nie daar is 'n monetêre waarde aan die leë plastieksak of bottel wat jy weggooi nie. Maar sy sê om te herwin is baie duur in...

Spektrum 31.01.2018

Herwinning van vullis behoort nie 'n groot uitdaging vir Suid-Afrikaners te wees nie maar eerder iets wat deel is van hulle daaglikse lewe. Dit is die mening van Annabe Pretorius wat verbonde is aan die Plastiekherwinningsorganisasie, SAPPRO. Pretoruis sê meeste mense besef nie daar is 'n monetêre waarde aan die leë plastieksak of bottel wat jy weggooi nie. Maar sy sê om te herwin is baie duur in...

Spektrum 30.01.2018

'n Nie regeringsorganisasie, The Beach-Co Op, maak al die agelope drie jaar strande in die Muizenberg gebied skoon. Anayhaa Omadin van The Beach Co Op sê nie net het Suid-Afrika sy eie plastiekbesoedeling om skoon te maak nie, maar plastiek van ander wêreld dele spoel ook op ons strande uit.

Spektrum 30.01.2018

Vullis- en veral plastiek -besoedeling is besig om die land se finansies uit te put en om die land letterlik te verswelg. Dit is die waarskuwing van 'n kenners in die gebied. Prof Henk Bouwman van die departement van biologiese wetenskappe van die Noordwes Universiteit sê alhoewel mense al meer bewus raak van die impak van plastiek besoedeling is dit amper te laat om nou enige iets daaromtrent te...

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.