RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 25.01.2019

Die organisasie vir die beskerming en rehabilitasie van seevoëls, SANKUB moes vroeër die week inderhaas hulle gebou in die Recife-natuurreservaat in Port Elizabeth ontruim weens 'n veldbrand. Stacey Webb van die organisasie sê hulle geboue was in die pad van die vlamme en al wat hulle kon doen was om die voëls in voertuie te laai en te vlug.....

Spektrum 24.01.2019

Die arbeidshof in Johannesburg het die skorsing van die juffrou van Laerskool Schweizer Reneke opgehef. Die hof het ook beslis dat sy môre al kan terugkeer werk toe. Elana Barkhuizen is deur die LUR vir onderwys in Noordwes geskors nadat 'n foto op sosiale media versprei is wat toon hoe swart en wit kinders in 'n klas geskei is. 'n Ouer van een van die kinders het die foto op sosiale media verspre...

Spektrum 24.01.2019

Intussen word hofsake in die Palmridge Hooggeregshof in Johannesburg gereeld, onbepaald uitgestel weens 'n ernstige tekort aan snelskrywers in die hof. Prokureurs en advokate is gefrustreerd, en meen dis landwyd die geval. Marlinee Fouche berig daar is ook klagtes oor infrastruktuur wat nie in stand gehou word nie, en 'n onbeholpenheid onder werknemers by die howe...

Spektrum 14.12.2018

Een van die Lions se grootste ondersteuners gaan volgende jaar Engeland toe met die komplimente van Gloucester Rugbyklub. Dit volg na die klub fondse ingesamel het om Anton Momberg van Windsor in Johannesburg in staat te stel om een van die klub se wedstryde in April volgende jaar by te woon. Dit het alles begin by Momberg se bewondering vir die voormalige Lions-afrigter Johan Ackerman. Izak du Pl...

Spektrum 06.12.2018

Ondersoeke om vas te stel of 'n soort plastiek-etende swam die antwoord is tot die wêreld se plastiekbesoedelingsprobleem, is tans aan die gang. 'n Verslag wat deur die Londonse Kew Gardens gepubliseer is, beweer daar bestaan 'n soort swam wat plastiek binne weke, in plaas van jare, kan afbreek. Die swam genaamd "Aspergillus tubingensis" is die eerste keer in Pakistan opgemerk. 'n Omgewingskundige...

Spektrum 27.11.2018

Khoisan leiers en aktviste versoek die Minister van Polisie, Bheki Cele se ingryping in die bende-geteisterde noordelike voorstede van Port Elizabeth. Die groep kamp sedert Vrydag buite die Oos-Kaapse premier se kantoor uit totdat daar aan hul eise voldoen word. Die premier en die Khoisan leiers het vanoggend vergader oor die toename in bendegeweld in bruin woonbuurte.

Spektrum 09.11.2018

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, oftewel die SAOU, is onlangs betrek by 'n beweerde smeer-veldtog. 'n Ongelukkige mini-bus handelaar en vier van die SAOU se lede, het verskeie klagte teen die vakbond gemaak. Dis intussen ondersoek, en verkeerd bewys. Marlinee Fouche het meer...

Spektrum 18.10.2018

Navorsers by die Universiteit van die Vrystaat het pas 'n manier gevind om kameelperde moontlik van uitsterwing te red. Kameelperd getalle is besig om drasties te daal weens hulle habitat wat vernietig word en die genietiese poel wat al kleiner word. Francois Deacon van die Universiteit van die Vrystaat het by die pas afgelope Oppenheimer en De Beers navorsingskonferensie gepraat oor 'n metode om...

Spektrum 17.10.2018

Daar is reeds tekens dat verskeie luiperd-bevolkings in Mpumalanga op die rand van uitsterwing staan. Dit is van die bevindinge wat die hoof dierewetenskaplike van die Mpumalanga Toerisme en Omgewingsdepartement, Gerrie Camacho, bekend gemaak het by die 9de Oppenheimer-de Beers groep Navorsings konferensie in Johannesburg. Camacho sê dit is veral strikke wat deur gemeenskappe gestel word, wat luip...

Spektrum 17.10.2018

WP-ondersteuners gaan skouer aan die wiel moet sit om die Tafelbergprag- skoenlapper te bewaar, anders sal die Disa - die embleem van die rugbyspan is - dalk heeltemal verdwyn. Renier Terblanch, 'n navorser vir De Beers, sê skoenlappers speel 'n baie belangrike rol in die omgewing..

Spektrum 16.10.2018

Die tyd loop vinnig uit vir navorsers om maniere te vind om Koolstofdioksied vrystellings in die atmosfeer te verminder. Die jongste verslag oor klimaatsverandering van die Verenigde Nasies toon dat die aarde baie vinniger warm word en teen 2030 sal daar geen omdraai kans meer wees as die temperatuur styging nie onder een 'n half grade gehou word nie. 'n Klimaatsveranderings spesialis van De Beers...

Spektrum 15.10.2018

Graan SA het die afgelope naweek graanprodusente vereer vir hulle bydra tot voedselsekerheid in die land. Dirkie en Johan van As van die plaas Kinko in Swellendam in die Wes- Kaap is as die Graanprodusente van 2018 aangewys. Die Van As broers, boer al sedert 1985 op die plaas met kanola, gars, koring en lusern. Dirkie van As sê die politieke- en beleidsonsekerheid in die land gaan hulle nie laat o...

Spektrum 10.10.2018

'n Bykans onuitputlike bron van diamante kan groot welvaart aan Namakwaland en sy inwoners verskaf. Maar die oneffektiwiteit van die regering en die staatsbeheerde maatskappy Alexkor kniehalter kontrakteurs aan die Weskus van die Noord-Kaap. Dit is die versugting van delwer-kontrakteurs wat kla dat Alexkor hulle viktimiseer en nie betaal soos ooreengekom nie. Maar Alexkor ontken dit. Spektrum het...

Spektrum 08.10.2018

Hou asseblief by die spoedgrens! Dit is die beroep wat die Owl Rescue Sentrum op motoriste doen. Honderde uile word maandeliks by die sentrum behandel wat deur voertuie getref word. Brendon Murray van die sentrum sê hulle behandel maandeliks ten minste 'n honderd uile.

Spektrum 26.09.2018

Paaldans is lankal nie meer 'n aktiwiteit wat beperk is tot ontkleeklubs nie. Talle jonger vroue beoefen dit deesdae as deel van hul oefenroetine. Maar nou breek 'n 62-jarige vrou van Kleinmond die grense rondom paaldans verder af. Izak du Plessis berig.

Spektrum 26.09.2018

Die Afrikaanse sangeres, Karlien van Jaarsveld, is verbaas oor kritiek op die musiekvideo van haar liedjie "Rooilipsoene". Die video lyk byna op 'n druppel soos die Amerikaanse ster, Gwen Stefani, se musiekvideo vir die liedjie "Cool". Van Jaarsveld is, volgens haar bestuurder, versot op Stefani se musiek video, en wou dit so na as moontlik namaak. Volgens hulle, het hulle niks verkeerd gedoen nie...

Spektrum 25.09.2018

'n Buitelander wat glo bande met die onderwêreld het, is gistermiddag laat in Bedfordview doodgeskiet. Dit is die vierde soortgelyke voorval in minder as vier maande. Izak du Plessis berig.

Spektrum 21.09.2018

President Cyril Ramaphosa het 'n vyf punt plan aangekondig om die ekonomie in die land uit die resessie te lig waarin hy verkeer. Vyftig miljard rand sal ondermeer geher-prioritiseer word om werkskepping te bevorder. Ramaphosa het gesê Suid-Afrika kan nie spandeer wat hy nie het nie en niks meer kan geleen word nie. 'n 400 miljard rand infrastruktuur fonds sal ook op die been gebring word. Hy sê d...

Spektrum 21.09.2018

Betogers, van onder meer Boycott Divestment Sanction South Africa, of te wel BDS, het gister buite die Johannesburgse Dieretuin betoog. Hulle vra dat die dieretuin sy laaste oorlewende olifant, Lammie, na 'n wildreservaat moet verskuif. Lammie, wat byna vier dekades lank al in gevangenis leef, se enigste maat, Kinkel, is onlangs in die dieretuin dood. Dierebeskermings-verenigings vra nou dat die r...

Spektrum 20.09.2018

COSATU se voormalige Wes-Kaapse Sekretaris, Tony Ehrenreich, het in sy persoonlike kapasiteit, 'n ope brief aan president Cyril Ramaphosa geskryf, waarin hy vra dat die land se bruin gemeenskap voortaan bekend staan as die CAMISA. Volgens hom, is die sogenaamde beskrywings "kleurling" of "coloured" uit die Apartheid-era, en behoort die gemeenskap nie so genoem te word nie.

Spektrum 20.09.2018

Tony Ehrenreich se brief, het die debat oor rasse identiteit veral in die bruin gemeenskap, weer in die kollig geplaas. Volgens die skrywer van die boek RACE, Ryland Fisher, is briewe soos die, belangrik in die debat om identiteit in die land. Tog meen hy, die ouer generasie in die land, kan by die jonger generasie leer, hoe om die identiteits-kwessie te hanteer.

Spektrum 14.09.2018

Die gedragsowerheid van die finansiële sektor, FSCA, vra die polisie se handelsmisdaadeenheid om verskeie klagtes teen 'n vermeende swendelaar te ondersoek. Dit volg na 'n groepie ontevrede beleggers die diamanthandelaar Louis Liebenberg by die instelling aangekla het. Izak du Plessis berig.

Spektrum 12.09.2018

'n Verslag deur die Verenigde Nasies toon dat hongersnood oor die afgelope jaar toegeneem het. Volgens die verslag, ly een uit elke nege mense, wêreldwyd honger. Die verslag fokus veral op wanvoeding, en sê dat die verskynsel selfs voorkom onder mense wat oorgewig is. Marlinee Fouche berig dat veral Afrika, Asië en Suid-Amerika, kommerwekkende syfers toon...

Spektrum 12.09.2018

Die bestuurshoof van NEDBANK, Mike Brownstead, het voor die Konstitusionele hersienings kommissie getuig dat as artikel 25 van die grondwet verander word, dit tot 'n krisis in die banksektor sal lei. Brownstead sê die wetgewing maak reeds voorsiening vir grontonteiening sonder vergoeding. Nedbank het ook vroeër op 'n vraag deur 'n kliënt gesê dat die persoon steeds verantwoordelik sal wees vir die...

Spektrum 10.09.2018

Deur net drie knoppies op jou selfoon te druk, kan jou baie diep in die skuld laat. Dit is die waarskuwing van 'n skuldkenner van Debt Safe Mattheys Potgieter. Potgieter sê hoe swaarder die ekonomie die verbruiker druk, hoe groter word skuld bemarking wat gerig word op Suid-Afrikaners

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.