RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 30.05.2019

Die VN het Luitenant Kolonel Stefan King van 19 Eskader van Hoedspruit,benoem vir die Captain Mbaye Diagne medalje vir uitsonderlike dapperheid. Dit nadat King 'n groep vredesmag soldate in die Kongo uit 'n lokval wat deur rebellegroepe opgestel is, gered het met sy slim en flinke optrede met die Oryx helikopter waarin hy gevlieg het. Die toekenning is die hoogste eer wat 'n vredesmaglid kan ontva...

Spektrum 29.05.2019

Die Universiteit van Kaapstad bied binnekort die inheemse Khoisan-taal, **Khoekhoegowab, as 'n kort kursus aan. Sowat 40 studente is reeds geregistreer vir die klasse wat op 10 Junie by die Sentrum vir Buitemuurse Studie begin. Die dosent en navorser aan die Universiteit se Departement van Afrika-studies, dr. June Bam-Hutchison, sê die VN het vanjaar verklaar as die "Jaar van die Wêreld se Inheems...

Spektrum 29.05.2019

Die land se eerste vroue vegvlieënier wat die naweek deelgeneem het aan die verbyvlug oor Loftus Versveld stadion tydens die president se inhuldiging, het mense se verbeelding op sosiale media aangegryp. Majoor Mandisa Mfeka het in die ouderdom van 15 jaar oud besluit dat sy 'n vegvlieënier wou word. Mfeka vertel dat sy en haar ouma langs die draad by die Virginia vliegveld gestaan en kyk het hoe...

Spektrum 28.05.2019

Die Hooggeregshof in Pretoria het beslis dat die uitsluiting van huiswerkers in die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes ongrondwetlik is. Die Sosio-Ekonomiese Regsinstituut het 'n aansoek ingedien om die Departement van Arbeid te verplig om Artikel 1 van die wet te wysig om huiswerkers in te sluit. Die instituut wil ook hê doeltreffende meganismes moet in plek gestel word, om te ver...

Spektrum 28.05.2019

Die Minister van Omgewingsake het wetgewing, wat dit moontlik sal maak vir maatskappye soos Eskom en Sasol om dubbel die hoeveelheid swaelsuurgas in die atmosfeer te kan vrylaat, teruggetrek. Die verandering in die wetgewing is ingestel op die 31 Oktober 2018 sonder dat daar insae van die publiek oor die kwessie gekry is. Bobby Peak van Groundworx SA sê die minister het die wetgewing teruggetrek n...

Spektrum 28.05.2019

'n Vervalle kloktoring wat sowat 'n eeu oud is, is die afgelope week deur 'n boer van die Boland gerestoureer. Pierre-Jeanne Gerber kon die onvermydelike verval van die kloktoring nie meer aanskou nie en het toe self 'n plan gemaak.

Spektrum 24.05.2019

Die vrugtebedryf in Suid-Afrika sal binne die volgende drie jaar produksie met 10 persent vermeerder. Die bestuurshoof van Fruit SA, Konanani Liphazi het by die afgelope Nampo Oesfees gesê die groei syfers word voorspel ten spyte van al die onsekerheid in die landboubedryf.

Spektrum 23.05.2019

Jy moet ten minste jou medisyne kabinet een keer per jaar skoonmaak. Dit is die waarskuwing van 'n farmaseutiese maatskappy wat in 'n twitter opname gevind het, dat baie Suid-Afrikaners nie dit nodig vind om hulle medisyne kaste reg te pak nie. Nicole Jennings, woordvoerder van Pharma Dinamics sê daar is verskeie gevare wat in jou hierdie kas skuil as van die produkte dalk al verval het.

Spektrum 16.05.2019

Die heersende droogte in die land het mense en veral die landbousektor twee keer laat dink oor water gebruik en hoe om water te bespaar, maar hoe gesond is die bron en kan ons water beskou as 'n kommoditeit? Kragvoorsiening is ook in die kollig, met verskeie boere wat soek na 'n plan om hulle plase onafhanklik te maak van die nasionale kragnetwerk, omdat hulle bloot nie meer Eskom se vermoee om kr...

Spektrum 15.05.2019

'n Strategie om samewerking tussen rolspelers op plase, ten opsigte van veiligheid en sekuriteit en voorvalle wat die landbougemeenskap beinvloed, glad en vinnig te laat verloop, is deur die landbou organisasie TLU SA aan die nasionale polisie kommissaris voorgelê. Kenners waarsku dat boere voorbereid moet wees om in droeë omstandighede te boer, en spreek grondhervormingkwessies wat net nie na 'n...

Spektrum 14.05.2019

'n 4-jarige Meisie is Sondag op die Weltevrede-leeuplaas naby Heilbron in die Vrystaat tydens 'n toer deur 'n leeuwyfie aangeval. Die kind en haar gesin het die plaas besoek. Volgens berigte het die leeuwyfie deur die heining haar kloue in die dogtertjie se kop ingeslaan en haar kopvel afgeruk. 'n Werknemer by die plaas, Danie Loretz, sê sy word in die hospitaal behandel en haar toestand is besten...

Spektrum 14.05.2019

'n 4-jarige Meisie is Sondag op die Weltevrede-leeuplaas naby Heilbron in die Vrystaat tydens 'n toer deur 'n leeuwyfie aangeval. Die kind en haar gesin het die plaas besoek. Volgens berigte het die leeuwyfie deur die heining haar kloue in die dogtertjie se kop ingeslaan en haar kopvel afgeruk. 'n Werknemer by die plaas, Danie Loretz, sê sy word in die hospitaal behandel en haar toestand is besten...

Spektrum 14.05.2019

Varkpes tref die land, ons hoor wat met grondhervorming gaan gebeur na die verkiesing en ons kyk na kwessies wat groei in die landbousektor verhoed.

Spektrum 13.05.2019

'n Langafstand vragmotorbestuurder van Time Link Cargo is gisteroggend op die N1 naby De Doorns in die Wes-Kaap dood, na 'n reuse klip deur die vragmotor se voorruit gegooi is. Beeldmateriaal is gistermiddag op sosiale media versprei waarop daar gesien kan word hoe die klip van 'n brug af deur die vragmotor se voorruit gegooi word, en hoe die klip die stuurwiel en dan die bestuurder tref. Annelu l...

Spektrum 05.04.2019

Die Seychelle het onlangs aangekondig dat hy uiteindelik onslae geraak het van die Ringnek parakiet, wat 'n indringer spesie op die eiland is. In Suid-Afrika is die Ringnek Parakiet ook 'n indringer spesies en moet jy 'n permit hê om hom te kan aanhou sê Ben Minnaar die voorsitter van die Pappagaaitelersvereniging van Suider Afrika, PVSA. Minnaar sê hulle is egter veel meer bekommerd oor die getal...

Spektrum 01.04.2019

'n Video van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat mense uit bome en van dakke af red in Mosambiek wat tans die ronte doen op sosiale media is 'n ou video en nie een wat tans weerspiëel wat in die land aangaan na die oorstroomings wat veroorsaak is deur sikloon Idai nie. Spektrum kon Kolonel Itel Zurick in Beira opspoor en vinnig met hom praat oor wat tans aan die gang is. Zurik vertel dat die...

Spektrum 27.03.2019

Die Reserwebank sal môre sy besluit oor rentekoerse aankondig. Meeste ekonome is dit eens dat rentekoerse onveranderd gelaat sal word. Ian Scott van Momentum beleggings sê sou die Reservebank egter rentekoerse verhoog sal die land se skuld duurder raak en dit sal 'n direkte impak op Suid-Afrikaners se sakke hê.

Spektrum 19.03.2019

Afrika perdesiekte is in 'n hele aantal provinsies aangemeld. Die hoogs aansteeklike siekte word deur 'n virus in vlieënde insekte soos muggies versprei, en tas perde, donkies en muile aan. Verlede jaar is minstens 110 voorvalle van Afrika perdesiekte in Suid-Afrika aangemeld. Boere word aangeraai om alle gevalle aan die staats-veearts te rapporteer om te verseker dat ingeligte besluite geneem kan...

Spektrum 15.03.2019

Jeffreysbaai in die Oos-Kaap gaan die eerste dorp op die vasteland word, wat 'n pad gaan bou van nie-herwinbare plastiek. Die fondasiewerk van die pad bly dieselfde as tradisionele paaie, maar die boonste laag gaan nou hoofsaaklik uit verwerkte plastiek bestaan. Marlinee Fouche berig die paaie hou glo langer as gewone teerpaaie, en is glo baie meer bestand teen die elemente.

Spektrum 12.03.2019

Die wenner van die Wes-Kaap se Groot Pampoenkompetisie in Heidelberg is die afgelope naweek gekroon. Jacob du Plessis van die Vyeboom-gebied in Villiersdorp se pampoen van 'n allemintige 601,8 kilogram het die titel van kampioen-pampoen by die kompetisie weggeraap. Annelu le Roux het meer...

Spektrum 22.02.2019

In 'n reddingspoging wat eerder klink soos 'n toneel uit die eerstydse Macgyver televisie reeks het 'n sjirurg en sy vrou 'n man se lewe gered. Die motorfietsryer was in 'n botsing betrokke. Dr Wimpie Odendaal 'n sjirurg by Netcare Blaauwberg en sy vrou dr Christa de Witt Odendaal van Intercare Blaauwberg was met vakansie in Port Elizabeth in Desember toe hulle op die ongelukstoneel afgekom het. D...

Spektrum 18.02.2019

289-DUISEND kinders onder die ouderdom van vyf sterf jaarliks weens diaree -verwante siektes. Dit is sowat 800 kinders per dag en as mens dit verder afbreek, een kind elke twee minute. 844-miljoen mense wereldwyd het nie toegang tot skoon lopende water nie. Dit is van die statistiek wat voorgelê is by die AfricaSan5 water, sanitasie en higiene konferensie in Kaapstad. Chilufya Chileshe, streeks be...

Spektrum 12.02.2019

'n Senior navorser by die Energie Navorsings-sentrum by die Universiteit van Kaapstad Hilton Trollip sê, hy kan nie verstaan hoekom die president sê hy is verras oor die beurtkrag wat nou ingestel is nie. Trollip sê Eskom betaal nou vir sy besluit om 'n destydse opdrag van oud-president Thabo Mbeki te ignoreer.

Spektrum 11.02.2019

Nog 'n onderwyseres bevind haar midde 'n sosiale media storm. Dit na fotos van haar by die skool op sosiale media versprei is. In die twiet sê die twitter gebruiker Lufuna Mathoni, aan die LUR vir onderwys in Gauteng, Lesufi Phanyaza dat sy departement dit moeilik maak vir kinders om skool deur te kom. Dit met die verwysing na die juffrou se kleredrag. Twitter gebruikers versprei dan die fotos ver...

Spektrum 05.02.2019

Voorvalle soos die ineenstorting van 'n loopvlak by Hoërskool Driehoek word gevolg deur skuldgevoelens, magteloosheid en geweldige pyn - so hoe beweeg mens aan? Marlinee Fouche het gaan kers opsteek by 'n kliniese sielkundige en dosent aan Noordwes Universiteit, Shanae Theunissen, asook die predikant van die NG Gemeente Collage in Vanderbijlpark, Phillip Potgieter. Hulle het aan haar gesê daar is...

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.