RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 12.07.2019 2:42
Die DA verwelkom die ontplooiing van die Weermag op die Kaapse Vlakte, maar wil weet wat die riglyne hiervoor is. Die DA skaduminister van polisie, Andrew Whitfield sê die parlement moet ingelig word oor die doel van die ontplooiing.
Spektrum 12.07.2019 3:33
Gemeenskapspolisiëringsforums in Mitchells Plain verwelkom op sy beurt die weermag se ontplooiing. Die voorsitter, Lucinda Evans, sê hulle gebede is beantwoord.
Spektrum 12.07.2019 2:45
Die EFF sê die ontplooiing van die weermag op die Kaapse Vlakte is nie 'n langtermynoplossing nie. 'n Lid van die EFF se sentrale uitvoerende komitee asook LP, Nazier Paulsen, sê dit kan vrede na die geweldgeteisterde gemeenskappe bring. Paulsen maan egter dat dit van korte duur sal wees, indien sosio-ekonomiese omstandighede nie verbeter nie.
Spektrum 12.07.2019 3:17
Die minister van grondhervorming, Thoko Didiza, beoog om 'n platform en riglyne te skep, om grondhervorming en toekomstige ontwikkeling in Distrik Ses in Kaapstad te bespoedig. Didiza het die week met leiers en grondeisers van die Distrik Ses-gemeenskap vergader. Die voorsitter van die Distrik Ses-werkskomitee, Shahied Ajam, sê die minister en grondeisers wag vir die hofuitspraak oor die grondherv...
Spektrum 09.07.2019 4:30
'n Video, van 'n ontstelde jong vrou wie se bloed by die Douglasdale polisiestasie in Johannesburg getrek moet word, ontlok wye reaksie op verskeie sosiale media platforms. Die jong vroue-bestuurder word deur polisiebeamptes op 'n tafel vasgedruk terwyl hulle haar arm stilhou om haar bloed te trek en haar alkoholvlakke te toets. Die voorval het verskeie Twitter-gebruikers tot so 'n mate ontstel, d...
Spektrum 09.07.2019 2:59
Transnet en Transnet-pensioenarisse het 'n skikking bereik oor die verhoging van pensioene. Die pensioenarisse se maandelikse pensioen, sal oor die volgende drie jaar met onderskeidelik dertien, nege en ses persent verhoog word. Advokaat Anton Alberts van die Vryheidsfront plus sê die regsspan beoog om die finale skikking binne die volgende maand af te handel....
Spektrum 08.07.2019 3:27
Daar is 'n volksmoord besig om plaas te vind in Phillipi sê die Wes-Kaapse Minister van Gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz. Dit volg na die skietdood van 13 mense in wat Fritz beskryf as bende geweld die afgelope naweek. Fritz sê verder hy verwag dat die dodetal sal styg omdat hulle nog wag vir statistieke van die lykshuise wag. Fritz sê ook verder dat die polisie nie hond haar af maak van die ge...
Spektrum 08.07.2019 2:36
Intussen dreig die Wes-Kaapse Gemeenskapspolisiëringsforum om die komende naweek se misdaadberaad te boikot, indien daar nie gehoor gegee word aan hulle eise nie. Die forum eis 'n dringende vergadering môre met onder andere die Minister van Polisie, Bheki Cele en die Wes-Kaapse minister vir Gemeenskapsveiligheid Albert Fritz. Die waarnemende voorsitter van die forum, Fransina Lukas, sê hulle is oo...
Spektrum 08.07.2019 2:57
Die hoof van staatsprotokol, Jerry Matjila, het vanoggend voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping in Johannesburg begin getuig. Izak du Plessis berig.
Spektrum 03.07.2019 2:36
'n Video van 'n gesin wat 'n noue ontkoming met 'n olifantbul langs die Nasionale Kruger Wildtuin gehad het, het soos 'n veldbrand op sosiale media versprei. Die olifant se slurp was op die voertuig se enjinkap en die spanning kon met 'n mes gesny word. Na 'n skietgebed deur een van die kinders, kan gesien word hoe die olifant wegloop. SANPARKE waarsku egter dat voorvalle soos die lewensgevaarlik...
Spektrum 03.07.2019 3:01
Die bevindinge van die 2018 Internasionale Onderwys en Opleiding Opname, TALIS, het NOG die minister van basiese onderwys, NOG die vakbonde verbaas. Altesaam 48 lande het aan die opname deelgeneem, en Suid-Afrika was die enigste Afrika-land. Luidens bevindinge het slegs een uit vyf onderwysers 'n graad. Gebrekkige infrastruktuur en sekuriteitsprobleme, word ook lank reeds deur die vakbonde uitgeli...
Spektrum 03.07.2019 5:21
Die Waarnemende Navorsingsdirekteur van Onderwys en Menseregte in Diversiteit, verbonde aan die Noordwes Universiteit, Elda de Waal sê beide die vakbonde en die departement van onderwys is laks.
Spektrum 20.06.2019 5:16
Die ANC gaan Maandag in Johannesburg 'n lastersaak teen die sanger, Steve Hofmeyer, open. Die party beskuldig hom daarvan dat hy doodsdreigemente gemaak het teen die DA se L.U.R. Phumzile van Damme, en die land se ambassadeur in Denemarke, Zindzi Mandela. Van Damme het intuSsen aangedui dat sy ook regstappe oorweeg, wat sy na die staatsrede sal hanteer. Hofmeyr se Tweet is in reaksie op rasse-opme...
Spektrum 18.06.2019 4:56
Elke jaar ondersteun RSG die Winterhoop projek. Winterhoop is 'n nie-winsgewende instansie komberse, wolmussies, klere, nie-bederfbare kos en selfs skuiling aan mense op straat verskaf. Die besturende direkteur van die Torings van Hoop-trust in Bloemfontein, De La Harpe Le Roux het aan Annelene Moses gesê die veldtog doen sy naam gestand...
Spektrum 18.06.2019 2:44
Facebook gaan vandag 'n kripto-geldeenheid bekendstel, wat reeds na bewering ondersteun word deur die maatskappye Mastercard en Visa. Daar's nog nie veel oor die eenheid wat aan minstens 2,4 miljard gebruikers beskikbaar gaan wees, bekend nie. Die Efficient-groep se hoof-ekonoom, Dawie Roodt, het aan Marlinee Fouche gesê dit kan bankwese fundamenteel verander.
Spektrum 17.06.2019 3:04
Afriforum vra die minister van buitelandse sake, Naledi Pandor, om Suid-Afrika se ambassadeur in Denemarke, Zindzi Mandela, terug te roep. Dit volg na 'n reeks twiets wat volgens Afriforum erg verdelend en rassisties is. Izak du Plessis berig.
Spektrum 17.06.2019 1:03
Spektrum kon intussen daarin slaag om kommentaar van Clayson Monyela, woordvoerder van Dirco te kry. Monyela sê hulle gaan eers amptelik op die voorval reageer sodra hulle sekere feite nagegaan het.
Spektrum 12.06.2019 3:39
Die omgewingsbewaringsgroep, Fresh sê hy oorweeg regstappe teen diegene wat die Hennops-rivier wat deur Centurion vloei besoedel. Die rivier vloei tot in Hartebeespoortdam. 'n Groep vrywilligers van FRESH en Impact Adventures het die afgelope week van die bron van die Kaalfontein begin stap en roei al langs die rivier om te bepaal hoe erg die besoedeling is en wie daarvoor verantwoordelik is. Mens...
Spektrum 12.06.2019 3:39
Die omgewingsbewaringsgroep, Fresh, sê hy oorweeg regstappe teen diegene wat die Hennops-rivier wat deur Centurion vloei besoedel. Die rivier vloei tot in Hartebeespoortdam. 'n Groep vrywilligers van Fresh en Impact Adventures het die afgelope week van die bron van die Kaalfontein begin stap en roei al langs die rivier om te bepaal hoe erg die besoedeling is en wie daarvoor verantwoordelik is. Men...
Spektrum 12.06.2019 8:40
Gauteng se LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi, sê die polisie sal Forest High, die skool waar 'n leerling onlangs doodgesteek is, monitor. Lesufi het by Daniël Bakwela se gedenkdiens in Turffontein, Johannesburg, gepraat en leerlinge gevra om nie wraak te soek vir sy dood nie. Die 16-jarige Bakwela is deur 'n medeleerling, Mohamed Mwela, buite die skool doodgesteek. Ons praat nou met Quinton Adams,...
Spektrum 11.06.2019 3:43
Die minister van Omgewingsake, Bosbou en Visserye, Barbara Creesy erken dat daar probleme met die gehalte van die lug in Mpumalanga is. Dit volg na 'n aansoek in die hooggeregshof deur verskeie nie -regeringsorganisasies oor die lugbesoedeling wat deur Eskom en SASOL in die hoëveld gebied veroorsaak word. Creesy sê dat die luggehalte bestuursplan tans hersien word. Bobby Peek van Groundworks, wat...
Spektrum 05.06.2019 2:23
5 Junie is Wêreld Omgewingsdag en die fokus is op lugbesoedeling. Dr Thuli Khumalo, direkteur van lugkwaliteit by die Departement van Omgewingsake sê daar is 'n paar plekke in Suid-Afrika waar die lug nie geskik is vir mense om in te asem nie....
Spektrum 05.06.2019 2:41
Dr Amanda Brand van die Universiteit van Stellenbosch se departement van Wêreldwye gesondheidstudies sê daar moet meer klem gelê word op die gesondheidsimpak van lugbesoedeling op mense in die Suid-Afrika
Spektrum 04.06.2019 3:25
'n Negentienjarige leerling van die Hoërskool Forest High in Turffontein sal môre in die Johannesburgse Landdroshof verskyn op 'n klag van moord op 'n mede-leerling. Die verdagte het na bewering ook tydens die aanval twee ander kinders met dieselfde skerp voorwerp aangeval. Hulle is na mediese behandeling ontslaan. Die waarnemende navorsingsdirekteur aan die Noordwes-universiteit se Potchefstroomk...
Spektrum 03.06.2019 4:11
Twintig nuwe mariene gebiede in Suid Afrikaanse waters is nou beskermde gebiede. Dit nadat die departement van omgewingsake as deel van Operasie Phakisa die gebiede onder die Eksklusiewe Ekonomiese Sones laat registreer en in die staatskoerant gepubliseer het. Gcobani Popose, die direkteur van Oseaan bewarings strategiee by die departement sê hierdie is deel van die regering se bewaringsdoelwitte....
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.