RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 08.08.2019 5:11
Mynbouproduksie het in Junie, jaar op jaar met vier komma twee persentasiepunte verminder. Seisoenaal aangepaste syfers het toegeneem met drie komma drie persent in Junie teenoor Mei die jaar. Dr Chris Harmse van Rebalance fondsbestuurders sê goud was die grootste bydraer tot die jaar op jaar daling.
Spektrum 08.08.2019 5:59
Die minister van gesondheid, Dr Zweli Mkhize, sê die instelling van die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering sal die land 'n stap nader bring aan die implementering van die skema. Dr Mkhize het meer besonderhede oor die wetsontwerp in Pretoria bekendgemaak. Die direkteur van die Bhekisisa-sentrum vir gesondheidsjoernalistiek, Mia Malan gee haar indrukke oor die wetsontwerp.
Spektrum 06.08.2019 3:26
'n Plaaslike kunstenaar, David Scott (beter bekend as "The Kiffness"), het gister opslae op sosiale media gemaak met 'n inskrywing op sy Facebook blad. In die inskrywing sê Scott dat indien die SAUK nie die geld wat aan hom verskuldig is betaal nie, sal hy weier dat sy musiek op enige van die uitsaaier se radio stasies gespeel word. Scott het aan Annelu le Roux vertel dat hy onlangs daarvan bewus...
Spektrum 05.08.2019 3:28
Indië het vandag 'n beslissende stap geneem, om sy greep op die Kashmir-streek te versterk. Die land het vandag aangekondig dat hy Artikel 370 - wat 'n mate van onafhanklikheid aan Jammu en Kashmir verseker - terugtrek. Tien-duisende weermaglede is na die gebiedontplooi, en toegang tot die internet is beperk. Marlinee Fouche het meer
Spektrum 05.08.2019 3:35
Amerikaners is in rou gedompel nadat minstens 29 mense gister doodgeskiet is in onderskeidelik Ohio en Texas. Hoewel die motief in Ohio nog onduidelik is, is die aanvaller in Texas in hegtenis geneem vir plaaslike terreur. Hy't openlik erken dat sy aanval op Spaans-Amerikaanse inwoners gemik is. President Donald Trump word intussen uit verskeie oorde gekritiseer dat hy migrantehaat aanvuur, en sod...
Spektrum 01.08.2019 3:00
Nagenoeg 2000 mense het op 'n gewelddadige wyse oor die afgelope ses maande op die Kaapse Vlakte gesterf. Die weermag is verlede maand ontplooi om die polisie te ondersteun. Bykans elke naweek begrawe 'n ma haar kind, en die geweld ken geen einde nie. Annelene Moses berig.
Spektrum 01.08.2019 3:15
Die organisasie Moms Move for Justice hou 'n optog na die Parlement. Een van die moeders van Hanover Park op die Kaapse Vlakte, Avril Andrews, sê ma's kan nie afsluiting kry nie omdat hofsake jare lank sloer. Andrews se seun, Alcardo is in 2015 vermoor en die saak word vandeesmaand weer aangehoor. Sy het aan Annelene Moses gesê sy is nie alleen in haar stryd om geregtigheid nie.
Spektrum 31.07.2019 3:08
As jy gewonder het hoekom sommige sosiale media-gebruikers hulle profielfoto's na oranje verander het, hier is jou antwoord. Dit het alles begin by 'n jong sosiale media-aktivis, Sherazaad Liesering van Boksburg aan die Gautengse Oos-Rand. Liesering sê die oranje kleur en die hutsmerk Justice For The Cape Flats, is in solidariteit met die gemeenskappe van die geweldgeteisterde Kaapse Vlakte.
Spektrum 31.07.2019 3:09
54 Veldwagters is die afgelope jaar in Afrika dood terwyl hulle gewerk het. Vandag is Wêreld Veldwagter -dag en op die dag word daar hulde gebring aan die mense wat daagliks deel is van die stryd om die natuur te beskerm. Afgetrede Generaal- Majoor, Johan Jooste hoof van spesiale projekte by SANPARKE sê om 'n veldwagter te wees is nie maklik nie.
Spektrum 31.07.2019 3:24
In 'n hofsaak tussen Dunlop en die vakbond Numsa na 'n staking wat geweldadig geword het, het die hof bevind dat die werkgewer moet verseker dat werknemers wat wel oor inligting beskik wat wandade aan die lig kan bring, die werker se veiligheid moet verseker. Praktyksleier by die arbeidswetdepartement van Webber Wentzel, Jan Olivier sê dat die hele konsep van afgeleide wangedrag 'n baie moeilike g...
Spektrum 31.07.2019 3:49
'n Biokinetikus van Stellenbosch, Johanni Taljaard is pas aangewys as die tweede sterkste vrou op die kontinent. Sy het Suid-Afrika by die Statebond-gewigoptel kompetisie in Samoa verteenwoordig, waar sy 'n gewig van honderd-drie-en-tagtig kilogram opgetel het.
Spektrum 30.07.2019 4:28
Die burgerregte organisasie Afriforum en die Marloth -Park Belastingbetalers- Vereniging sê hulle gaan die beplande oprigting van 'n steenkoolmyn op die grens van die Nasionale Kruger Wildtuin teenstaan. Die Singo Consulting beperk en Manzolwandle steenkoolmyn sal sowat 18 000 hektaar groot wees. Die Afriforum Omgewingsbewaring hoof, Lambert de Klerk sê die regte konsultasie proses is nie deur die...
Spektrum 25.07.2019 4:03
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie wil die grondwetlikheid van munisipale verordeninge laat toets nadat die Kaapstad Metro begin het om boetes aan hawelose mense uit te reik. Volgens die verordeninge kan haweloses boetes opgelê word vir die maak van vure, rommelstrooiery en as hulle voetganger-verkeer belemmer. Die drie oortredings kan onderskeidelik boetes van duisend-500-rand, 500-rand of 3...
Spektrum 25.07.2019 2:58
Bouwerk aan Afrika se eerste plastiek-paaie het vroeër die week in die Oos-Kaap begin, nadat maande van toetse afgehandel is. Marlinee Fouche berig die samestelling van die pad is uniek aan die omgewing waarin dit gebou word, en kan in die toekoms 'n merkwaardige rol speel in die stryd teen palstiekbesoedeling. Sowat 3 ton plastiek gaan vir die projek gebruik word.
Spektrum 25.07.2019 2:54
Die onlangse bohaai oor die toepassing genaamd FACEAPP wat glo beslag sou lê op al jou fotos wat jy daarop laai en ander inligting, moet selfoon gebruikers laat regopsit. Die gebruik van die toepassing wat jou laat sien hoe jy gaan lyk as jy eendag oud is, het soos 'n veldbrand onder gebruikers op sosiale media versprei, tot dit aan die lig gekom het dat die fynskrif van die toepassing die vervaar...
Spektrum 24.07.2019 2:20
Veldwagters in die Nasionale Kruger Wildtuin het 'n soektog begin na 'n hond van die teen stropery eenheid wat tydens 'n teenstropery operasie in die wildtuin verlore geraak het. Boodskappe is oral op sosiale media versprei met die hoop dat die bloedhond, genaamd Duke, weer lewendig gevind word. Ike Phaahla woordvoerder van Sanparke sê Duke het verlore geraak terwyl 'n groep stropers vasgetrek is.
Spektrum 22.07.2019 3:21
Suid-Afrika is op die randjie om die oorlog teen renosterstropery te verloor. Dit is die mening van Lente Roode, die eienaar van die Hoedspruit Bedreigde Spesies sentrum. Roode het met Spektrum gepraat oor die vrylating van twee renosters, Gertjie en Matimba, wat wees gelaat is sewe jaar terug toe hulle ma's vir hulle horings gestroop is. Roode sê dit was 'n moeilike besluit om die diere weer in d...
Spektrum 22.07.2019 3:58
Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, sê sy sal die Konstitusionele Hofbeslissing teen haar bestudeer voordat sy volledig daarop reageer. Die Hooggeregshof in Pretoria het vroeër haar verslag oor die Reserwebank en Absa ter syde gestel en haar persoonlik aanspreeklik gehou vir die regskostes. Sy het teen die beslissing geappelleer, maar die Konstitusionele Hof het die hooggeregshof se beslis...
Spektrum 19.07.2019 3:18
Die Distrik Ses-werkskomitee het duisende handtekeninge ingesamel in hulle poging om Keizergrachtstraat in Zonnebloem terug na Hanoverstraat te verander. Die voorsitter van die komitee, Shahied Ajam, sê hulle is opgewonde by die vooruitsig en verduidelik dat Hanoverstraat 'n spesiale betekenis het onder mense van die Ses. Annelene Moses berig.
Spektrum 19.07.2019 3:14
Die vakverbond Fedusa en die United National Transport Union, kortweg UNTU, vra dat president Cyril Ramaphosa die weermag moet ontplooi om die land se spoorinfrastruktuur te beskerm. Fedusa en UNTU hou volgende Vrydag 'n landwye protesakie, om Metrorail se treindienste tot 'n stilstand te bring. UNTU se woordvoerder, Sonja Carstens, sê hulle wil ook hê die president moet die passasierspoordiens as...
Spektrum 19.07.2019 2:57
Die gemeenskap van Platfontein in die Noord-Kaap is ongelukkig oor gesondheidsdienste, en versoek dat daar 'n ambulans by die kliniek moet wees, om in 'n noodgeval te help. Hulle kla ook dat die kliniek vroeër op werksdae sluit. Die meeste van die mense op Platfontein is werkloos en maak staat op staattoelaes. Die !Xun en Khwe gemeenskap sê hoewel Kimberley net 15 kilometer ver is, kan die meeste...
Spektrum 19.07.2019 4:27
Die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie het 'n plasing op sosiale media, wat mense vra om twee jong seuns wat in 'n kinderhuis is, in hulle sorg te neem, veroordeel. Marieta Kemp van die SAVF sê nie net is dit teen die wet om kinders so bloot te stel nie, maar ook onsensitief om kinders soos troeteldiere te probeer weggee.
Spektrum 18.07.2019 2:48
Die gemeenskap van Centurion, het hande geneem met die nie-regeringsorganisasie FRESH en besighede in die gebied om vir hulle 67 minute vir Mandela Dag die Hennopsrivier skoonmaak projek verder te voer. Sowat 200 mense sal vandag 'n groot gedeelte in en om die rivier in Centurion skoonmaak. Maar hoe help die skoonmaak van die rivier jou medemens? Anton Bailey van BluSwirl verduidelik dat daar plas...
Spektrum 18.07.2019 4:29
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is op die rand van 'n ineenstorting weens sy benarde finansiele posisie. Dit was die boodskap van die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula tydens haar begrotingsrede in die parlement. Die militere kenner, Helmut Romer Heitman sê sy is doodreg met haar opsomming en die ergste van alles is, dat haar departement lankal reeds waarsku oor die toedrag v...
Spektrum 16.07.2019 3:05
Die klag van rampokkery teen oudgeneraal Johan Booysen, word teruggetrek, sewe jaar nadat 24 lede van die Valke in Durban gearresteer is. Dit volg na die direkteur van die nasionale vervolgingsgesag, Shamila Batohi, besluit het om nie verder in die saak te vervolg nie. Intussen sluit Booysen 'n stryd van sewe jaar af waarin hy en sy familie soms erg getraumatiseer is. Sy vrou, Letitia, wat meestal...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.