RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 04.10.2019

Die adjunk-president, David Mabuza, besoek vandag die Noord-Kaap, waar boere op die randjie van die afgrond staan te midde van 'n voortslepende, verwoestende droogte. Hy het ook deelgeneem aan 'n vraag- en antwoord sessie met die relevante rolspelers. Kort voor die sessie, het een van Gift of the Givers se droogtehulp koördineers in die provinsie, Hester Obermeyer, aan Marlinee Fouche gesê hulle i...

Spektrum 03.10.2019

Die organisasie Save the Sheep, sê boere en plaaswerkers in die Noord-Kaap, trek nou swaarder as ooit tevore, aan die kortste end van 'n voortslepende droogte. Marlinee Fouche berig dat minstens 200 plaaswerkers in die Sutherland-omgewing alleen reeds hulle werk verloor het, en dat daar hoegenaamd geen meer natuurlike weiding vir skape is nie...

Spektrum 02.10.2019

Los verkleurmannetjies net daar waar jy hulle kry. Moenie hulle in jou huis invat en op die gordyn los om motte te vang nie. Dit is die waarskuwing van Trevor O"Donoghue, 'n ekoloog by die 10de Oppenheimer Navorsings Konferensie wat in Midrand gehou word. Die konferensie bring jaarliks omgewingskenners en wetenskaplikes van reg oor die wêreld byeen om oor omgewingskwessies te debateer en hulle nav...

Spektrum 25.09.2019

Aardklop 2019

Spektrum 24.09.2019

Aardklop 2019

Spektrum 05.09.2019

Almal moet help om veiligheid en sekuriteit in hulle direkte omgewing te bewerkstellig. Dit is die boodskap van verskeie rolspelers in die landboubedryf by die Nasie in gesprek-reeks by Kaap Nampo wat tans aan die gang is. 'n Landlike veiligheids-spesialis Uys van der Westhuizen sê die ander groot probleem is die implementeering van goeie planne om veiligheid op plase en landelike gebied te verbet...

Spektrum 29.08.2019

Daar is 'n nuwe neiging onder Suid-Afrikaners om alkoholvrye drankies te drink. Dit is aldus die Navorsingsraad vir die Geesteswetenskappe. Sake ondernemings maak ook meer geld omdat hulle die tendens volg. Ons Noord-Kaapse korrespondent, Reginald Witbooi, het meer besonderhede....

Spektrum 29.08.2019

Nog geen grootwithaaie is die afgelope 18 maande by Valsbaai in die Kaapse Skiereiland waargeneem nie. Verlede jaar het die aantal roofvisse van 205 tussen 2010 en 2016, na slegs 50 gedaal, volgens data van die waarnemersprogram, Shark Spotter. Annelene Moses berig

Spektrum 28.08.2019

Werksaamhede by die Universiteit van Limpopo is vandag gestaak weens studentebetogings oor veiligheid, en 'n kursus wat na bewering nie ge-akkrediteer is nie. Spektrum het verneem dat studente, kantoorpersoneel en dosente vyf minunte gegee is om die kampus te verlaat. Die Universiteit self, en die departement van hoër onderwys kon nog nie vir kommentaar bereik word nie, maar ons het by studente ve...

Spektrum 27.08.2019

Die veteraan akteur Tobie Cronje is vereer vir sy lewenslange bydrae wat hy tot die Suid-Afrikaanse silwerdoek gelewer het. Rolprentmaker Katinka Heyns het die “legende”-toekenning by die Silwerskermfees in Kampsbaai aan hom oorhandig. Sy sê Cronje is 'n langerige, skralerige man met 'n langerige skralerige ken wat met toneelspel toor. In sy repliek het hy weer die draak gesteek met die manier waa...

Spektrum 26.08.2019

SANPARKE het hierdie maand vir die eerste keer ooit 'n langtafel vir vroue in bewaring, toerisme en boerdery gehou. Omdat Augustus vrouemaand is het SANPARKE gevoel dit is 'n goeie tyd om in gesprek te tree met vroue oor kwessies wat hulle raak in die sektore. Baie mense hoor die stories oor renoster stropery gevalle in ons parke en op privaat renosters eienaars se persele. Maar wat is die impak o...

Spektrum 22.08.2019

Die Kaapstad Metroraad het regulasies voorgestel wat bepaal dat onbetaamlike gedrag soos vloekery op strande ontoelaatbaar is. Die burgemeesterskomiteelid vir ruimtelike beplanning en omgewing, Marian Nieuwoudt sê die regulasie word nog opgestel en is oop vir openbare insae. Sy sê die doel is om kusgebiede te beskerm en openbare toegang en gedrag op strande te bestuur. Nieuwoudt sê dit is nodig vi...

Spektrum 22.08.2019

Die renosterteler John Hume, besit minstens1 700 wit-renosters. Sy broeipare sorg vir 200 kalfies per jaar. Dit kos hom egter sowat R60 miljoen 'n jaar om hulle teen stropers te beskerm, en sy finansiële bronne is weereens byna opgedroog. Hy't aan Marlinee Fouche gesê hy gaan nou 'n reuse stuk grond naby die Kruger Wildtuin opveil, in 'n desperate poging om sy diere te kan beskerm.

Spektrum 22.08.2019

Die toekoms van 300 mense hang in die weegskaal nadat hulle van 'n plaas in Kraaifontein buite Kaapstad afgesit is. Hulle het tent opgeslaan langs 'n besige pad aangrensend tot die plaas. Dit volg na 'n hofbevel waarna die Kaapse Metro alternatiewe verblyf aangebied het. Annelene Moses doen verslag.

Spektrum 22.08.2019

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is besig om homself van die algemene publiek en media te vervreem deur sy vyandige optrede en is heeltemal te gemaklik met die politieke leiers in die land. Dit is die waarskuwing van verskeie militere kenners wat deelgeneem het aan 'n debat deur die parlementêre komitee van verdediging en militêre veterane. Prof Abel Esterhyse van die militêre akademie van di...

Spektrum 14.08.2019

Dit is nog nie duidelik wat die aanklagte is teen die 23-jarige Chloe Collins van Kraaifontein wat in die Midde-Ooste aangehou word nie. Sy is reeds meer as drie maande lank in aanhouding in Oman. 'n Prokureur en woordvoerder van die Collins-gesin, Simone **Carolissen, sê dit is 'n onmoontlike situasie en dat hulle nie genoeg ondersteuning van die regering kry nie. Annelene Moses berig.

Spektrum 14.08.2019

'n Dapper vrou van die Oos-Kaapse dorp, Colchester langs die Sondagsrivier, het bewys dat een passievolle vrou 'n verskil kan maak in 'n gemeenskap. Ronel van Niekerk is bekend as die "hondevrou", maar sy gee ewe veel om vir mens en dier. Dit is haar doel om te sorg dat al die diere in die naburige informele nedersetting in gesonde toestand moet wees. Veronica Fourie doen verslag.

Spektrum 13.08.2019

'n Groep talentvolle tieners van Ocean View in die Kaapse Skiereiland beoefen verskillende dansvorme as 'n manier om weg te bly van maatskaplike euwels soos bendes en dwelmmisbruik. Die groep staan bekend as Limitless 360 en volgens die stigter, Maruwaan Moses, doen hulle die naam gestand deur kreatiewe maniere te vind om bo hulle omstandighede uit te styg.

Spektrum 12.08.2019

Die departement van Openbare Werke, gaan na verwagting vandag Hoofman Khoisan SA, en sy afvaardiging by die Uniegebou in Pretoria verwyder. Die groep is nou reeds sowat 8 maande lank voor die Uniegebou, met 'n lys eise wat hulle aan president Cyril Ramaphosa oorhandig het, toe hy nog destyds adjunk president was. Hoofman Khoisan SA, sê hulle gaan nerêns heen, totdat hulle ordentlike antwoorde het...

Spektrum 12.08.2019

Die droom om eendag oorsee te kan gaan, kan binnekort bewaarheid word nadat die 63-jarige informele sakevrou, tannie Poppie van As, genooi is om roosterbrood oorsee te gaan bak. Van As wat ook bekend staan as die "Roosterbrood-konginin van die Karoo," bak en verkoop roosterbrood langs die N-1 in Laingsburg in die Wes-Kaap.

Spektrum 12.08.2019

Zephany Nurse, wat in 2015 met haar biologiese familie herenig is nadat dit bekend geword het dat sy as twee-dae oue baba gesteel is, bring môre 'n dringende aansoek in die Hooggeregshof in Pretoria om 'n hofbevel wat haar identiteit beskerm, te lig. Sy bring die aansoek sodat sy haar storie kan vertel in 'n boek wat eersdaags gepubliseer sal word.

Spektrum 09.08.2019

Vroue tussen die ouderdom van 20 en 40 se uitgawes teenoor haar inkomste, is gewoonlik 56 persent meer as mans s'n. Vroue dink ook met hulle harte eerder as met hulle koppe. Dit is volgens 'n studie wat deur 'n skuld-adviseuringsmaatskappy, Debtsafe gedoen is onder sowat 1000 respondente. 28% van vroue in die groep sê hulle spandeer hulle maandelikse inkomste op hulle afhanklikes eerder as om na h...

Spektrum 09.08.2019

Plaasaanvalle in die Oos-Kaap is besig om toe te neem. Dit is luidens statistiek van die LUR vir Veiligheid en Vervoer in antwoord op 'n vraag van 'n DA-lid van die provinsiale Wetgewer, Bobby Stevenson. Die LUR, Weziwe Tikana, het bekend gemaak dat daar 48 plaasaanvalle die afgelope boekjaar was, in vergelyking met die 39 voorvalle in die vorige jaar. Stevenson sê drie jaar gelede het die syfer o...

Spektrum 09.08.2019

Die Wes-Kaapse minister van menslike nedersettings, Tertius Simmers sê munisipaliteite moet agterplaas bewoners se behuisingsbehoeftes prioritiseer. Die Gatvol Capetonian beweging het gister in verskeie gebiede in Kaapstad betoog. Hulle beweer dat die plaaslike regering nie huise aan agterplaas bewoners toeken nie. Minister Simmers sê elke burger het die reg om vreedsaam te betoog.

Spektrum 08.08.2019

Die woordkunstenaar, Danneline Ramsden, beywer haar vir Namakwalandse Afrikaans en die Nama-taal. Ramsden sê sy is baie spyt omdat sy nie op skool reeds die Nama-taal kon aanleer nie, en kan net van die woorde deel maak van 'n Afrikaanse sin. Hierdie vrouemaand gesels Annelene Moses met hierdie borrelende woord-vrou oor waar haar liefde vir inheemse tale gebore is.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.