RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 17.06.2019 3:04
Afriforum vra die minister van buitelandse sake, Naledi Pandor, om Suid-Afrika se ambassadeur in Denemarke, Zindzi Mandela, terug te roep. Dit volg na 'n reeks twiets wat volgens Afriforum erg verdelend en rassisties is. Izak du Plessis berig.
Spektrum 17.06.2019 1:03
Spektrum kon intussen daarin slaag om kommentaar van Clayson Monyela, woordvoerder van Dirco te kry. Monyela sê hulle gaan eers amptelik op die voorval reageer sodra hulle sekere feite nagegaan het.
Spektrum 12.06.2019 3:39
Die omgewingsbewaringsgroep, Fresh sê hy oorweeg regstappe teen diegene wat die Hennops-rivier wat deur Centurion vloei besoedel. Die rivier vloei tot in Hartebeespoortdam. 'n Groep vrywilligers van FRESH en Impact Adventures het die afgelope week van die bron van die Kaalfontein begin stap en roei al langs die rivier om te bepaal hoe erg die besoedeling is en wie daarvoor verantwoordelik is. Mens...
Spektrum 12.06.2019 3:39
Die omgewingsbewaringsgroep, Fresh, sê hy oorweeg regstappe teen diegene wat die Hennops-rivier wat deur Centurion vloei besoedel. Die rivier vloei tot in Hartebeespoortdam. 'n Groep vrywilligers van Fresh en Impact Adventures het die afgelope week van die bron van die Kaalfontein begin stap en roei al langs die rivier om te bepaal hoe erg die besoedeling is en wie daarvoor verantwoordelik is. Men...
Spektrum 12.06.2019 8:40
Gauteng se LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi, sê die polisie sal Forest High, die skool waar 'n leerling onlangs doodgesteek is, monitor. Lesufi het by Daniël Bakwela se gedenkdiens in Turffontein, Johannesburg, gepraat en leerlinge gevra om nie wraak te soek vir sy dood nie. Die 16-jarige Bakwela is deur 'n medeleerling, Mohamed Mwela, buite die skool doodgesteek. Ons praat nou met Quinton Adams,...
Spektrum 11.06.2019 3:43
Die minister van Omgewingsake, Bosbou en Visserye, Barbara Creesy erken dat daar probleme met die gehalte van die lug in Mpumalanga is. Dit volg na 'n aansoek in die hooggeregshof deur verskeie nie -regeringsorganisasies oor die lugbesoedeling wat deur Eskom en SASOL in die hoëveld gebied veroorsaak word. Creesy sê dat die luggehalte bestuursplan tans hersien word. Bobby Peek van Groundworks, wat...
Spektrum 05.06.2019 2:23
5 Junie is Wêreld Omgewingsdag en die fokus is op lugbesoedeling. Dr Thuli Khumalo, direkteur van lugkwaliteit by die Departement van Omgewingsake sê daar is 'n paar plekke in Suid-Afrika waar die lug nie geskik is vir mense om in te asem nie....
Spektrum 05.06.2019 2:41
Dr Amanda Brand van die Universiteit van Stellenbosch se departement van Wêreldwye gesondheidstudies sê daar moet meer klem gelê word op die gesondheidsimpak van lugbesoedeling op mense in die Suid-Afrika
Spektrum 04.06.2019 3:25
'n Negentienjarige leerling van die Hoërskool Forest High in Turffontein sal môre in die Johannesburgse Landdroshof verskyn op 'n klag van moord op 'n mede-leerling. Die verdagte het na bewering ook tydens die aanval twee ander kinders met dieselfde skerp voorwerp aangeval. Hulle is na mediese behandeling ontslaan. Die waarnemende navorsingsdirekteur aan die Noordwes-universiteit se Potchefstroomk...
Spektrum 03.06.2019 4:11
Twintig nuwe mariene gebiede in Suid Afrikaanse waters is nou beskermde gebiede. Dit nadat die departement van omgewingsake as deel van Operasie Phakisa die gebiede onder die Eksklusiewe Ekonomiese Sones laat registreer en in die staatskoerant gepubliseer het. Gcobani Popose, die direkteur van Oseaan bewarings strategiee by die departement sê hierdie is deel van die regering se bewaringsdoelwitte....
Spektrum 30.05.2019 5:04
Die VN het Luitenant Kolonel Stefan King van 19 Eskader van Hoedspruit,benoem vir die Captain Mbaye Diagne medalje vir uitsonderlike dapperheid. Dit nadat King 'n groep vredesmag soldate in die Kongo uit 'n lokval wat deur rebellegroepe opgestel is, gered het met sy slim en flinke optrede met die Oryx helikopter waarin hy gevlieg het. Die toekenning is die hoogste eer wat 'n vredesmaglid kan ontva...
Spektrum 29.05.2019 3:05
Die Universiteit van Kaapstad bied binnekort die inheemse Khoisan-taal, **Khoekhoegowab, as 'n kort kursus aan. Sowat 40 studente is reeds geregistreer vir die klasse wat op 10 Junie by die Sentrum vir Buitemuurse Studie begin. Die dosent en navorser aan die Universiteit se Departement van Afrika-studies, dr. June Bam-Hutchison, sê die VN het vanjaar verklaar as die "Jaar van die Wêreld se Inheems...
Spektrum 29.05.2019 2:34
Die land se eerste vroue vegvlieënier wat die naweek deelgeneem het aan die verbyvlug oor Loftus Versveld stadion tydens die president se inhuldiging, het mense se verbeelding op sosiale media aangegryp. Majoor Mandisa Mfeka het in die ouderdom van 15 jaar oud besluit dat sy 'n vegvlieënier wou word. Mfeka vertel dat sy en haar ouma langs die draad by die Virginia vliegveld gestaan en kyk het hoe...
Spektrum 28.05.2019 2:43
Die Hooggeregshof in Pretoria het beslis dat die uitsluiting van huiswerkers in die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes ongrondwetlik is. Die Sosio-Ekonomiese Regsinstituut het 'n aansoek ingedien om die Departement van Arbeid te verplig om Artikel 1 van die wet te wysig om huiswerkers in te sluit. Die instituut wil ook hê doeltreffende meganismes moet in plek gestel word, om te ver...
Spektrum 28.05.2019 4:05
Die Minister van Omgewingsake het wetgewing, wat dit moontlik sal maak vir maatskappye soos Eskom en Sasol om dubbel die hoeveelheid swaelsuurgas in die atmosfeer te kan vrylaat, teruggetrek. Die verandering in die wetgewing is ingestel op die 31 Oktober 2018 sonder dat daar insae van die publiek oor die kwessie gekry is. Bobby Peak van Groundworx SA sê die minister het die wetgewing teruggetrek n...
Spektrum 28.05.2019 4:03
'n Vervalle kloktoring wat sowat 'n eeu oud is, is die afgelope week deur 'n boer van die Boland gerestoureer. Pierre-Jeanne Gerber kon die onvermydelike verval van die kloktoring nie meer aanskou nie en het toe self 'n plan gemaak.
Spektrum 24.05.2019 2:48
Die vrugtebedryf in Suid-Afrika sal binne die volgende drie jaar produksie met 10 persent vermeerder. Die bestuurshoof van Fruit SA, Konanani Liphazi het by die afgelope Nampo Oesfees gesê die groei syfers word voorspel ten spyte van al die onsekerheid in die landboubedryf.
Spektrum 23.05.2019 3:31
Jy moet ten minste jou medisyne kabinet een keer per jaar skoonmaak. Dit is die waarskuwing van 'n farmaseutiese maatskappy wat in 'n twitter opname gevind het, dat baie Suid-Afrikaners nie dit nodig vind om hulle medisyne kaste reg te pak nie. Nicole Jennings, woordvoerder van Pharma Dinamics sê daar is verskeie gevare wat in jou hierdie kas skuil as van die produkte dalk al verval het.
Spektrum 16.05.2019 21:38
Die heersende droogte in die land het mense en veral die landbousektor twee keer laat dink oor water gebruik en hoe om water te bespaar, maar hoe gesond is die bron en kan ons water beskou as 'n kommoditeit? Kragvoorsiening is ook in die kollig, met verskeie boere wat soek na 'n plan om hulle plase onafhanklik te maak van die nasionale kragnetwerk, omdat hulle bloot nie meer Eskom se vermoee om kr...
Spektrum 15.05.2019 19:10
'n Strategie om samewerking tussen rolspelers op plase, ten opsigte van veiligheid en sekuriteit en voorvalle wat die landbougemeenskap beinvloed, glad en vinnig te laat verloop, is deur die landbou organisasie TLU SA aan die nasionale polisie kommissaris voorgelê. Kenners waarsku dat boere voorbereid moet wees om in droeë omstandighede te boer, en spreek grondhervormingkwessies wat net nie na 'n...
Spektrum 14.05.2019 3:08
'n 4-jarige Meisie is Sondag op die Weltevrede-leeuplaas naby Heilbron in die Vrystaat tydens 'n toer deur 'n leeuwyfie aangeval. Die kind en haar gesin het die plaas besoek. Volgens berigte het die leeuwyfie deur die heining haar kloue in die dogtertjie se kop ingeslaan en haar kopvel afgeruk. 'n Werknemer by die plaas, Danie Loretz, sê sy word in die hospitaal behandel en haar toestand is besten...
Spektrum 14.05.2019 3:08
'n 4-jarige Meisie is Sondag op die Weltevrede-leeuplaas naby Heilbron in die Vrystaat tydens 'n toer deur 'n leeuwyfie aangeval. Die kind en haar gesin het die plaas besoek. Volgens berigte het die leeuwyfie deur die heining haar kloue in die dogtertjie se kop ingeslaan en haar kopvel afgeruk. 'n Werknemer by die plaas, Danie Loretz, sê sy word in die hospitaal behandel en haar toestand is besten...
Spektrum 14.05.2019 20:55
Varkpes tref die land, ons hoor wat met grondhervorming gaan gebeur na die verkiesing en ons kyk na kwessies wat groei in die landbousektor verhoed.
Spektrum 13.05.2019 3:55
'n Langafstand vragmotorbestuurder van Time Link Cargo is gisteroggend op die N1 naby De Doorns in die Wes-Kaap dood, na 'n reuse klip deur die vragmotor se voorruit gegooi is. Beeldmateriaal is gistermiddag op sosiale media versprei waarop daar gesien kan word hoe die klip van 'n brug af deur die vragmotor se voorruit gegooi word, en hoe die klip die stuurwiel en dan die bestuurder tref. Annelu l...
Spektrum 05.04.2019 1:33
Die Seychelle het onlangs aangekondig dat hy uiteindelik onslae geraak het van die Ringnek parakiet, wat 'n indringer spesie op die eiland is. In Suid-Afrika is die Ringnek Parakiet ook 'n indringer spesies en moet jy 'n permit hê om hom te kan aanhou sê Ben Minnaar die voorsitter van die Pappagaaitelersvereniging van Suider Afrika, PVSA. Minnaar sê hulle is egter veel meer bekommerd oor die getal...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.