RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 04.05.2020

Baie Suid-Afrikaners kon nie wag om wegneemetes te bestel na die staat van inperking Vrydag na vlak 4 verlaag is nie, en die omstrede mediapersoonlikheid Gareth Cliff kritiseer die regering se voorgesette inperkingsmaatreels.

Spektrum 01.05.2020

In die program: Solidariteit gaan Konstitusionele Hof toe oor die toerisme hulpverleningsfonds.; Die minister van Omgewingsake word gevra om lugbesoedeling by Kendal kragstasie te stop.; Die polisie en weermag is getaak om vlak 4 inperkingsregulasies toe te pas.; en die Standard Bank Innibos Kunstefees is uitgestel.

Spektrum 30.04.2020

In die volgende uur...Die DA vaar uit teen die regering se vlak 4 inperkingsregulasies. Edcon wil in vrywillige sakeredding geplaas word. Wynuitvoere hervat môre en 'n groot daling in die brandstofprys word verwag.

Spektrum 29.04.2020

In die program: Die SAOU sê die veiligheid van leerlinge moet die belangrikste fokus wees, wanneer skole weer heropen.; Vakbonde en S.A.L sluit waarskynlik binnekort 'n ooreenkoms.; Ons ondersoek die ekonomiese implikasies van die inperkingsvlak vier.; en 'n Asteroïde beweeg binnekort naby die aarde verby.

Spektrum 28.04.2020

In die program Moodys voorspel dat die Suid-Afrikaanse ekonomie vanjaar gaan inkrimp. Boere in die Vrystaat word deur wetstoepassers gedreig en geteister en die DA versoek dat vlak vier van die grendelstaat gewysig moet word.

Spektrum 27.04.2020

In vanmiddag se program.. FEDSAS sê ouers moet aanhou om skoolfondse te betaal. Die SAOU loof die minister van basiese onderwys vir haar pogings om die skooljaar te red. Haarkapers versoek dat die inperkingsvlak vir die hervat van hul dienste, hersien moet word en Solidariteit versoek die president se ingryping oor die kriteria vir toerisme hulpverligting.

Spektrum 24.04.2020

In die volgende uur...AMCU gaan voort met regsstappe teen die departement van Minerale Hulpbronne en Energie. Die opheffing van die verbod op sigaretverkope word wyd verwelkom. 'n Voertuigbestuurder van die Wes-Kaapse Bloeddiens toets positief vir Covid-19 en politieke partye verwelkom die geleidelike opheffing van inperkingsmaatreëls.

Spektrum 23.04.2020

In die program... Wildbedryf SA sê dit is steeds veilig om wildsvleis te eet. Die wynbedryf oorweeg regstappe oor die verbod op wynuitvoere. Misdaad neem skerp af gedurende die inperkingstydperk en werknemers in die tekstielbedryf het hulle eerste betalings van die werkloosheids-versekeringsfonds ontvang.

Spektrum 22.04.2020

In die volgende uur.... Die Vryheidsfront Plus spreek sy kommer uit oor die ontplooing van duisende weermaglede. Die Werkloosheidsversekeringsfonds sloer met uitbelatings aan werknemers in die tekstielbedryf. 2000 aasvoëls in in Guinee-Bissau vergitig en verskeie seemeeue is langs die Wes-Kus gered.

Spektrum 21.04.2020

In vandag se program.. Ons praat met 'n infeksie-siekte spesialis oor Suid-Afrika se jongste COVID-19 syfers. Groot skommelinge in ru-olie pryse. Hoe gemaak met versekering as jy nie nou 'n inkomste het nie. En, dis nog onseker of die wêreld se grootste ultra-marathon vanjaar gaan plaasvind.

Spektrum 20.04.2020

In vanmiddag se program... Verskeie universiteite begin die tweede kwartaal aanlyn. Die Oos-Kaapse regering besoek plase om veiligheidsmaatreëls te monitor. Die hofsaak oor die Transnet-pensioenfonds word uitgestel na Junie. En MyPlayers versoek dat rugby-spelers toegelaat moet word om hul kontrakte binne 60 dae te kanselleer. .

Spektrum 17.04.2020

Die Sjinese ekonomie het in die eerste drie maande van die jaar gekrimp. Die Nasionale Raad Teen Rook sê die verbod op sigarette is nie ligtelik geneem nie. AMCU vra die regering om eenvormige veiligheidsregulasies vir myne te bepaal, en daar is 'n beduidende afname in bendegeweld landwyd.

Spektrum 16.04.2020

In die program.... 'n Kenner sê jy moet steeds onderhoud betaal al kan jy nie jou kinders tydens die grendelstaat sien nie. Die AA voorspel 'n reuse daling in die petrolprys vir Mei. Kommer oor die impak van die grendeltydperk op arm gemeenskappe en tersiêre instellings het begin met 'n projek om meer ventilators te vervaardig.

Spektrum 15.04.2020

In die Program: Die plundering van verskeie kos -en drankwinkels op die Kaapse Vlakte word veroordeel. Wits universiteit gaan oorskakel na 'n afstand- aanlynonderrigstelsel. Die afkeuring van bykomende finansiering beteken die einde van die Suid-Afrikaanse Lugdiens en aktiviste groepe wil elke dag kos aan 'n duisend kinders op die Kaapse Vlakte verskaf.

Spektrum 14.04.2020

Die aansienlike verlaging van rentekoerse met 'n honderd basispunte word uit sekere oorde verwelkom; hoërskoolleerlinge sê tuisonderrig soos wat nou landwyd plaasvind verg baie selfdissipline; en die Covid-19 pandemie het die lewe op die Delheim-landgoed onherroeplik verander.

Spektrum 13.04.2020

Die Vryemarkstigting meen die grendelstaat in Suid-Afrika kos die land reeds meer as 10 miljard rand per dag; China se^ Amerika sit agter bewerings dat die oorsterse moondheid teen mense uit Afrika diskrimineer; en brandstofpryse is in die weegskaal na 'n oorverhaling hier plaaslik maar ook 'n internasionale ooreenkoms om olieproduksie te verminder.

Spektrum 09.04.2020

In die program...I FNB sê Covid 19 het reeds 'n impak op die eiendomsmark. Die datums vir die uitbetaling van maatskaplike toelaes het verander. Die burgemeester van die Mtjhabeng-munisipaliteit word geskors en dokters van Limpopo wat hardhandig deur regering in kwarentyn geplaas is, na hulle positief vir COVID-19 getoets het, praat oor hulle ervaring.

Spektrum 08.04.2020

In die program... Afriforum wil hof toe oor finansiele hulpverlening in die toerismebedryf. Sommige ouers is bekommerd oor die betaling van skoolgeld en wynboere word weer toegelaat om hul produkte uit te voer.

Spektrum 07.04.2020

In die Program... 'n Versoek dat maatskaplike toelaes vir kinders met 500 rand vermeerder word. Vinpro vra die regering om die uitvoerverbod op wyn te verslap. TLU SA sê sukkelende kommersiële boere moet ook finansiele bystand van die regering ontvang en Denel wil honderde ventilators vervaardig.

Spektrum 06.04.2020

In die program... Toetsing en sifting vir die coronavirus het op verskeie plekke in die land begin. Die AA sê daar is motoriste wat die padreëls verontagsaam tydens die inperkingstyd. Old Mutual Versekering stel 'n plan bekend om sy kliënte finansieel by te staan.

Spektrum 03.04.2020

In die program: Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging nader die hof na twee dokters in Limpopo deur die regering gedwing is om in 'n hospitaal opgeneem te word, na hulle in self-isolasie was. Die regering waarsku teen 'n vals gevoel van veiligheid na die eerste week van die inperking verby is. "n Ontleder deel sy mening oor die besluite wat ministers op individuele vlak neem oor die Covid19-regul...

Spektrum 02.04.2020

In die Program:Ons kyk na die impak van die Covid19-pandemie op jou polisse en of hulle sal uitbetaal indien jy die virus opdoen, of erger. Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die impak van die Corona-virus op die sosio-ekonomiese toestande van Suid-Afrikaners, sal nog lank voortduur. Hoe het die Wes-Kaap dit reggekry om die verbod op die verkoop van tabk, op te hef, en waarom? En vakbonde is wo...

Spektrum 01.04.2020

In vanmiddag se program.. 'n Kenner praat oor die jongste tendens van plaaslike COVID 19-infeksies.. Fitch gee vyf Suid-Afrikaanse banke 'n verdere Rommelstatus afgradering - ons praat met 'n ekonoom. Swart renoster populasies in Suid-Afrika neem stadig maar seker weer toe. En rokers wag in spanning om te hoor of hul twak weer vrylik beskikbaar gaan wees.

Spektrum 31.03.2020

In die program: President Cyril Ramaphosa se reaksie op die Covid19-pandemie word positief deur Suid-Afrikaners beskou.... Daar is egter ontevredenheid oor die manier waarop die polisie en die Weermag, die inperking afdwing op inwoners. Die Nasionale Weermagvakbond sê soldate wat hulle wangedra in die tydperk moet gedissiplineer word....

Spektrum 30.03.2020

die program:Die rand reageer op Moody's se afgradering...ons praat met 'n ekonoom.. Die weermag gaan sy reserwemag ontplooi...'n kenner verduidelik wat dit behels.. En wetenskaplikes waarsku dat die onwettige handel in wilde diere gestop moet word om pandemies te verhoed.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.