RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 27.03.2020 38:09
In die Program Suid-Afrika teken sy eerste twee COVID-19 sterftes aan in die Wes-Kaap en ons hoor of Suid-Afrikaners gehoor gee aan die inperkingsregulasies.'n Oud-onderwyseres van Vorentoe Hoërskool vertel hoe lede van haar netbalspan destyds dood is in die Westdene busramp.
Spektrum 26.03.2020 48:42
In die program :Suid-Afrika het, volgens die jongste inligting, 709 COVID-19 gevalle. Niemand is dood nie en twaalf mense het reeds herstel. Intussen is 'n ernstige beroep op Suid-Afrikaners gemaak voordat 21 dae van afsondering afskop en die owerheid in Limpopo waarsku dat diegene wat uit die stede vlug, die gevreesde COVID-19 virus na die provinsie versprei. Maar inowers vlug steeds uit stedelik...
Spektrum 25.03.2020 47:15
In die program ... Daar is steeds heelwat onduidelikheid oor presies wat die land se inperkings-regulasies behels - 'n Ontleder verduidelik waarom die proses so lank vat.. Sommige van die land hoofroetes is besiger as gewoonlik soos mense na hul huise terugkeer voor die drie weke van afsondering begin.... Ons kry 'n oorsig van die situasie Suid-Afrika kan moontlik binnekort self toetse vir die COV...
Spektrum 24.03.2020 46:39
In die program...Ministers van die nasionale bevelsraad gee duidelikheid oor die regering se ingryping in verskeie sektore na 'n nasionale afsondering van drie weke aangekondig is..... Ons vra ook wat werknemers en werkgewers se regte en verantwoordelikhede is tydens die tydperk.... en Kuberkenners beweer dat 'n nuwe regerings-webtuiste wat geskep is om kleinsakeondernemings te help, deur kuberkra...
Spektrum 23.03.2020 50:52
In die program.... Die kredietgraderingsagentskap, Standerd and Poor voorspel dat die wêreld ekonomie in 'n resessie beweeg weens die Covid-19 pandemie. Standerd Bank bied 'n drie maande lening-betalings ruskans aan verbruikers. Ons praat met een van die eerste pasiënte in Suid-Afrika wat met die Covid 19-virus gediagnoseer is. En Taiwan stel maatreëls in plek om die Covid 19 pandemie te bestuur.
Spektrum 20.03.2020 43:42
DIe volledige Spektrum program vir Vrydag 20 Maart.
Spektrum 17.03.2020 40:16
Spektrum :17 Maart 2020 Die MSC plesierskepe het alle Suid-Afrikaanse reise onmiddelik opgeskort... Paniekaankope neem toe na 'n nasionale ramp verklaar is oor die Covid 19 pandemie. Intussen het die Kaapse metro 'n taakspan saamgestel om maatreëls teen die virus te implementeer en Santaco beplan om higiëne by taxi staanplekke en binne taxi's te verbeter.
Spektrum 16.03.2020 48:44
SPEKTRUM 16 Maart : In die program Die Moslem-raad kondig maatreëls aan om hul lidmate teen Covid-19 te beskerm. Daar word ook voorsorgmaatreëls by plaaslike teaters geimplementeer om fliekgangers teen die virus te beskerm Intussen is alle skole in ons buurland Namibië gesluit, na twee bevestigde gevalle van die coronavirus. En 'n brand in die Tafelberg omgewing in Kaapstad is nou onder beheer.
Spektrum 13.03.2020 40:29
Regstreekse uitsending vanaf die Woordfees op Stellenbosch.
Spektrum 12.03.2020 40:56
Regstreekse uitsending vanaf die Woordfees op Stellenbosch.
Spektrum 11.03.2020 44:15
Regstreekse uitsending vanaf die Woordfees op Stellenbosch.
Spektrum 10.03.2020 50:05
Regstreekse uitsending vanaf die Woordfees op Stellenbosch.
Spektrum 09.03.2020 50:30
Regstreekse uitsending vanaf die Woordfees op Stellenbosch.
Spektrum 02.03.2020 4:34
Versekeringskenners en kubersekerheid spesialiste maan maatskappye om hulself teen kuber aanvalle te beskerm. Maatskappye soos Ferrari was al slagoffers van kuberaanvalle wat tot groot finansiele skade gelei het. Wynand van Vuuren, 'n kenner in die kwessie van King Price Versekering sê hy is verbaas oor die feit dat daar nog maatskappye is wat nie dink kubersekerheid is 'n belangrike kwessie nie.
Spektrum 26.02.2020 35:35
Suzanne Paxton en drie kenners - 'n ekonoom van Rebalance Fondsbestuurders, Dr Chris Harmse, 'n ekonoom van Galileo Capital, Theo Voster en ekonoom en belastingkenner van Mazarz, Louwrens Basson - ontleed die minister van Finansies, Tito Mboweni, se 2020-begroting.
Spektrum 24.02.2020 4:30
In China neem infrastruktuur in die stryd teen die Covid-19-virus toe, met 14 tydelike hospitale in Wuhan wat sowat 8-duisend-700 pasiënte behandel. 'n Maatskappy het sy vervaardiging van maskers vermeerder tot 'n duisend per minuut. Intussen het Lizelle van Dyk, 'n Suid-Afrikaner wat 'n maand lank al in Wuhan vasgekeer is, haar ervaring met Justin Kennerley gedeel.
Spektrum 24.02.2020 4:21
'n Verklaring deur 'n groep wat hulleself "besorgde Suid-Afrikaners" noem het die lig die naweek gesien. In die veklaring herbevestig die groep die idee dat apartheid 'n misdaad teen die mensdom was. Suzanne Paxton het met die met die sameroeper van die groep, Dawie Jacobs, en ook 'n vroeëre ambassadeur en diplomaat, gepraat.
Spektrum 19.02.2020 3:39
Suid-Afrikaners probeer nog tot verhaal kom ná die debat oor die staatsrede onverwags 'n nuwe wending geneem het. Bewerings van geweld teenoor vroue is heen en weer geslinger wat tot chaos gelei het. Die prokureur, skrywer en aktivis vir vroueregte, Bettina Wyngaardt, sê in die konteks is geweld teenoor vroue bloot as 'n politieke speelbal gebruik.
Spektrum 07.02.2020 2:51
Mejuffrou Heelal 2019, Zozibini Tunzi, land môre in Suid-Afrika vir die eerste keer sedert sy verlede jaar in Las Vegas, Amerika, gekroon is. Sy gaan haar boodskap van self-aanvaarding met Suid-Afrika, en in besonder haar tuisdorp in die Oos-Kaap, deel. Marlinee Fouche het meer besonderhede.
Spektrum 06.02.2020 4:45
Die Amerikaanse rolprentster, vervaardiger, regisseur en skrywer, Kirk Douglas is dood in die ouderdom van 103. Hy is beskou as die laaste van Hollywood se oorspronklike ikone, en was deel van die sogenaamde "Hollywood Tien". Die groep het gepoog om rasse-diskriminasie in Hollywood teen te werk. Die rolprent ressensent, Leon van Nierop, het aan Marlinee Fouche gesê dis byna onmoontlik om sy suksev...
Spektrum 03.02.2020 4:16
Die voedsel- en landbou organisasie van die Verenigde Nasies waarsku dat die sprinkaanplaag in Oos-Afrika tot 'n humanitêre krisis kan lei. Lande wat hierdeur geraak word, sluit in Somalië en Suid-Sudan, waar voedselsekuriteit reeds in die weegskaal hang.
Spektrum 30.01.2020 3:05
Die Europese Parlement het die voorwaardes vir Brexit gisteraand in Brussel, goedgekeur met 'n oorweldigende meerderheid van 612 stemme, teen 49. Wanneer die Britte die EU môre verlaat, begin die oorgangsfase.
Spektrum 30.01.2020 5:07
Die Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, sê hy wil graag toesien dat geen motoris sy mond aan alkohol sit, voordat hy agter die stuurwiel inskuif nie. Mbalula wil wetgewing wysig om die alkoholbeperking na 0% te verlaag. Mbalula wil toesien dat wetgewing in die verband, reeds later vanjaar van krag sal wees. Die besturende direkteur van driving.co.za, Rob Handfield-Jones, twyfel egter of dit 'n w...
Spektrum 30.01.2020 4:37
Die beeldmateriaal van die vrou wat vlermuis sop eet wat nou die rondte doen, het reeds vroeg Desember gebeur. Die Chinese regering het vir meer as 'n maand oor die coronavirus wat in Wuhan kop uit gesteek het, stil gebly. Sowat 300 duisend inwoners van Wuhan het destyds uit die stad gevlug. Marietta Kruger het met 'n voormalige RSG omroeper wat tans daar skoolhou, Christelle van Tonder gepraat.
Spektrum 30.01.2020 2:08
Die Nasionale Dieregesondheidsforum sê die manier hoe Suid-Afrikaanse rooivleisprodusente handel dryf, gaan moet verander in die lig van die jongste bek-en-klouseer uitbreking. Die forum sê boere moet meer waaksaam wees, wanneer hulle handel dryf in vee. Dit volg op politieke partye se kritiek teen die regering oor die hantering van die uitbreking.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.