RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 5 Junie 2020 05.06.2020

In die volgende uur....Die regering word versoek om regulasies vir die heropening van privaat kleuterskole te publiseer. Nu Metro sê daar is nog geen planne vir afleggings nie. Die rand vertoon sterk en die Ndlovu Jeugkoor reis die wêreld vol op 'n spesiale manier om mense te vermaak.

Spektrum 4 Junie 2020 04.06.2020

In die Program: 'n Ekonoom voorspel dat vleispryse onder druk gaan kom. Daar is 'n toename in rooftogte op koerierdienste se voertuie en Equal Education oorweeg regsaksie teen die Departement van Basiese Onderwys indien skool-voedingskemas nie volgende week heringestel word nie.

Spektrum 3 Junie 2020 03.06.2020

** Ons praat met 'n grondwetkenner oor die uitspraak dat die inperkingsregulasies ongrondwetlik en ongeldig is. ** Verwarring oor die vuurwapen amnestieperiode. ** En ons praat met Sandra Prinsloo en Petrovna Metelerkamp oor die afsterwe van Jeanne Goosen.

Spektrum 2 Junie 2020 02.06.2020

** Die onsekerheid oor skole duur voort.... ** Duisende Unisa-studente kon nie eksamen skryf nie ** Motorverkope verbeter, terwyl voertuig-aanlegte her-open... ** En, brandstof-pryse styg om middernag.

Spektrum 1 Junie 2020 01.06.2020

** Die Minister van Onderwys vra om verskoning....ons praat met kenners oor die onderwyssituasie... ** Gewelddadige botings duur voort in die VSA - ons praat met 'n politieke ontleder.

Spektrum 29.05.2020

Goeiemiddag en in vanmiddag se program.... Geen besoeke aan familielede en vriende word op Vlak 3 toegelaat nie. 'n Vakbond beweer 16 onderwysers het Covid-19 onder lede in die Wes-Kaap. Suid-Afrikaners gebruik toenemend selfone om rolprente te vervaardig en die regering word versoek om kleuterskole op vlak 3 van die grendelstaat te heropen.

Spektrum 28.05.2020

In Spektrum : 'n Water kenner meen riool kan help in die stryd teen die Covid-19 pandemie. Vakbonde sê die Noord-Kaapse onderwysdepartement is nie gereed om skole vir leerlinge te heropen nie en die DA sê minstens 'n duisend Suid-Afrikaners is in die buiteland gestrand. .

Spektrum 27.05.2020

'n Vooraanstaande ekonoom sê die Reserwebank het 'n gulde geleentheid verspeel om 'n impak op die ekonomie te maak. Kerke verwelkom die gedeeltelike verslapping van regulasies oor godsdienstige byeenkomste; en die Amerikaanse ruimtevaartmaatskappy, Spacex, lanseer sy eerste bemande tuig.

Spektrum 26.05.2020

In die program... AMCU sê alle mynwerkers moet vir COVID-19 getoets word voordat hulle kan terugkeer na hulle werke toe. 'n Vakbond dreig om die Minister van Basiese Onderwys hof toe te sleep. Die Werkgewersorganisasie vir Haarkappery, Kosmetologie en Skoonheid, gaan voort met hulle hofaansoek om salonne landwyd te heropen.en inperkingsregulasies word in Nederland verslap.

Spektrum 25.05.2020

Die verdere opheffing van Covid 19-beperkings word in die algemeen verwelkom - maar dit word nog deur sommige betreur; en Suid-Afrika raak betrokke by internasionale pogings om 'n enstof teen Covid 19 te vind.

Spektrum 22.05.2020

Talle gastehuise in die Noord-Kaap kan moontlik hul deure sluit.; Vyf metropolisiebeamptes in Johannesburg toets positief vir Covid-19.; Die beheerliggam Fedsas reageer op Gauteng se plan vir die heropening van skole.; Produksiemaatskappye kan nou weer aansoek doen om produksies in die Wes-Kaap te verfilm.; en die ATKV het sy Mediaveertjies in die Kyk-afdeling aangekondig.

Spektrum 21.05.2020

Eskom sê die kragvoorsiener is op koers, die land se eerste vroeggebore baba is dood aan COVID-19 en ons hoor hoe gereed ouers en hul kinders is vir die heropening van skole landwyd. Ons praat ook oor internasionale byedag, die ATKV maak sy wenners in die lees-kategorie bekend en leerlinge wat aanlynonderrig ontvang, word gewaarsku teen kuberkrakers.

Spektrum 20.05.2020

Ons praat met onderwysersunies oor die aankondiging dat skole volgende maand heropen vir Grade 7 en 12; RSG maak skoonskip by die ATKV-Mediaveertjies; en ekonome verwag dat die Rentekoers more verder gesny gaan word......

Spektrum 19.05.2020

Skole se beheerliggame is onsteld oor opdragte dat hulle self diensverskaffers moet aanstel om skole te laat ontsmet; Daar is hoop dat Suid-Afrika selfs vroeer as einde Mei na Vlak Drie van die inperking kan skuif; intussen vra die Orania Beweging dat die Noord-Kaap na Vlak Een van die inperking moet skuif....

Spektrum 18.05.2020

In die volgende uur.... President Cyril Ramaphosa sê landsburgers het die reg om die howe te nader oor die inperking. Die weermag reageer op gerugte dat groot groepe sjinese troepe na bewering in die land is. 1000 Women 1 Voice nader die VN oor die sentralisering van voedselhulp en inry fliekteaters gaan binnekort in Durban opgerig word.

Spektrum 15.05.2020

Die wetlikheid van die Nasionale Koronavirus Bevelsraad word bevraagteken; Ons kry reaksie hierop en vind uit waarom politieke partye die wetlikheid van die Rampbestuurswet in die hof wil toets; Die styging in voorvalle van geslagsgeweld tydens die Covid-19-inperking wek kommer - is die omvang van die probleem nou oopgevlek?; en die regering en die sakereddingspraktisyns van die Suid-Afrikaanse Lu...

Spektrum 14.05.2020

** Die president se toespraak gisteraand is met gemengde reaksie ontvang - ons kyk na waarom dit die geval is; 'n Kenner sê die president moet meer inligting gee oor hoe die regering die Covid19-pandemie bestuur; die VF+ wil die geldigheid van die Nasionale Rampbestuurswet in die hof toets; en die Kgalagadi oorgrenspark vier sy 20ste bestaansjaar

Spektrum 13.05.2020

*** Die polisie sê inligting wat die rondte doen, dat jy in hegtenis geneem sal word of beboet sal word as jy nie 'n makser dra nie, is vals *** Die motor-industrie heropen vandag - maar kan ons die agterstand inhaal? *** Ons vra of dit regtig so belangik is om slegs beperk te word tot die aankoop van sekere kledingstukke *** ... en landsburgers word gewaarsku teen sogenaamde kwaksalwers wat vals...

Spektrum 12.05.2020

Die aansoeke is nou oop vir die werkloosheidstoelaag van R350 wat deur die regering beskikbaar gestel is. Die toelaag sal tussen Mei en Oktober die jaar aan mense betaal word, wat daarvoor kwalifiseer. Om te kwalifiseer moet jy ouer as agtien en werkloos wees, geen inkomste tans ontvang nie, geen ander toelae van die regering ontvang nie, geen ander werkloosheidsversekerings uitbetalings of toelae...

Spektrum 12.05.2020

Die land kan nog net 14 dae finansieel oorleef voor ons bankkrot is - ons praat met 'n ekonoom oor waarom hy so sê; Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap, Sassa, het reeds meer as 750-duisend aansoeke ontvang vir die uitbetaling van die werkloosheidstoelaag van 350 rand. Ons gee ook al die inligting deur wat jy nodig het, om aansoek hiervoor te doen; en grootmaat wynprodusente sê hu...

Spektrum 11.05.2020

Die Departement van Basiese Onderwys vergader met onderwysvakbonde.... Haarkappers gaan hof toe om salonne oop te kry... En, die Hartebrekers-span maak 'n plan om weer episodes op te neem.

Spektrum 08.05.2020

'n Kenner deel sy mening met ons dat die inperkingstyd nie die COVID-19-kurwe help afplat nie; Ons kry reaksie hierop van die Suid-Afrikaanse Mediese vereniging en hoor meer oor hulle werk om die regering by te staan tydens die Covid19-pandemie; Die Tshwane-metro belowe dat dienslewering nie onderbreek sal word, te midde van die voortgesette regstryd oor wie die munisipaliteit moet regeer nie; Ons...

Spektrum 07.05.2020

Die wetsontwerp wat munisipaliteite toelaat om hul eie energie op te wek of aan te koop, is oopgestel vir openbare kommentaar - ons kry reaksie op die voorwaardes wat daaraan gekoppel word; Oudpresident Jacob Zuma en sy seun, Duduzane beweer in 'n video dagboek dat hulle albei in die verlede vergiftig is - Die video lok baie reaksie uit; en die polisie waarsku weer teen die verspreiding van vals n...

Spektrum 06.05.2020

Die kruin van die Covid 19-pandemie in Suid-Afrika word eers in Julie of Augustus verwag en 'n goeie dosis sinisme oor die regering se hantering van die krisis is dalk 'n goeie ding.

Spektrum 05.05.2020

Tagtig wynkelders moet dalk hulle deure sluit as gevolg van die Covid 19-krisis; baie min Suid-Afrikaners het die afsonderingsregulasies benut om op te hou rook; en die Suid-Afrikaanse Kunstenaarsgilde sê kunstenaars ontvang nie die hulp wat die regering belowe het nie.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.