RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 10 Julie 2020 10.07.2020

'n Ekonoom spreek sy agterdog uit oor die ANC se Ekonomiese transformasie dokument; Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Beroepshigiene verduidelik hoe Covid19 moontlik in die lug versprei kan word; Ons kry die jongste oor die impak van die koue front op die Wes-Kaap; en die minister van gesondheid ontken dat die Oos Kaap se motorfiets ambulanse, deur hulle goedgekeur is......

Spektrum 9 Julie 2020 09.07.2020

Eskom waarsku van die moontlikheid dat beurtkrag vandag toegepas kan word; Ons kry die jongste oor die aanvalle op vragmotors vanoggend in die Wes-Kaap; Ons kyk ook na van die bewerings wat gemaak is deur vragmotorbestuurders dat meer buitelanders as drywers aangestel word; 'n Brand woed buite beheer in die Du Toitskloofberg langs die N1 naby Worcester in die Boland; en Siya Kolisi is deur Rugby W...

Spektrum 8 Julie 2020 08.07.2020

Die pa van 'n graad sewe meisie wat na bewering by Bulwer in die KwaZulu-Natalse Middellande verkrag is, vra 'n swaar vonnis vir die verdagte; van die wereld se voorste denkers - soos Margaret Atwood en Noam Chomsky - spreek hulle uit teen 'n sogenaamde smoringskultuur wat debat ondermyn; en omgewingsbewustes is beswaard oor die klassifisering van bedreigte diersoorte as "lewende hawe".

Spektrum 7 Julie 2020 07.07.2020

Die vragmotor-onrus kring landwyd uit, kleuterskole hetvat hulle werksaamhede en amateur reptielfoto's op sosiale media dra by tot die kennis van die wetenskap.

Spektrum 6 Julie 2020 06.07.2020

Plaasaanvalle neem skerp toe, en dagsorgsentrums en kleuterskole kan onmiddellik heropen.

Spektrum 3 Julie 2020 03.07.2020

Die Menseregtekommissie in die Wes-Kaap ondersoek klagtes oor polisiewreedheid in Khayelisha; Dit is môre presies honderd dae sedert die begin van die grendelstaat - het die ergering genoeg gedoen om ons te beskerm; en leerlinge in grade R, 6 en 11 gaan Maandag terug skool toe - ons kyk na die impak hiervan en vra of dit 'n wyse besluit is

Spektrum 2 Julie 2020 02.07.2020

Die Noord-Gautengse Hooggeregshof hoor op die oomblik 'n dringende saak aan wat moet bepaal dat maaltye aan meer as 9-miljoen leerders verskaf moet word; die ANC sê dat hy die moontlikheid ondersoek om 'n basiese inkomstetoelaag in te stel; en ons praat met die Kaapstad metro oor die skorsing van vier wetstoepassingsbeamptes na 'n voorval gister in Khayelitsha

Spektrum 1 Julie 2020 01.07.2020

In die program.... Agri SA veroordeel die aanvalle op boerderygemeenskappe. Nuwe simptome is bygevoeg tot die lys vir Covid-19-simptome. Beperkte treindienste het vanoggend hervat en ons praat met 'n kenner oor die verskynsel, pandemie vemoeiendheid.

Spektrum 30 Junie 2020 30.06.2020

In die volgende uur... Die minister van gesondheid sê Gauteng gaan binnekort die episentrum van Covid-19 gevalle wees. Ekonomiese groei het in die eerste kwartaal van 2020 gekrimp en Nampo oesdag sal vir die eerste keer virtueel aangebied word.

Spektrum 29 Junie 2020 29.06.2020

In die program... Restaurante en casino's maak hul deure vir die publiek oop onder streng veiligheidsmaatreëls. Taxioperateurs laai hul voertuie tot volle kapasiteit, terwyl pendelaars nie 'n ander keuse het nie en TLU SA sê aanvalle op plase is weer aan die toeneem.

Spektrum 26 Junie 2020 26.06.2020

In die Program Moody's is nie oortuig dat Suid-Afrika teen 2023 sy skuldvlakke sal stabiliseer nie. Ouers ondervind probleme met Gauteng se aanlyn skooltoelating stelsel. Ons praat met die ontwikkelaar van die voetpomp met handreiniger en sy pa en die grondwetlikheid van die Wet op Rampbestuur word in die hof getoets.

Spektrum 25 Junie 2020 25.06.2020

In die program... Helen Zille se jongste twiets word na die DA se federale regskommissie verwys. Die dieseltekort is besig om boere se landboubedrywighede in die wiele te ry. Daar is gemengde reaksie op Tito Mboweni se hersiende begrotingsrede en nog 'n kunstefees word digitaal aangebied.

Spektrum 24 Junie 2020 24.06.2020

** Vandag, 25 jaar gelede, het die Springbokke geskiedenis gemaak...ons praat met kaptein Francois Pienaar, en omroeper Heinrich Marnitz. ** En CROWD 1 sê hy verwelkom die Reserwebank se ondersoek, sodat die land kan sien dat hulle NIE 'n piramiede skema is nie.

Spektrum 23 Junie 2020 23.06.2020

** Transnet skik ná 9 jaar met pensionarisse... ** Werkloosheid neem toe - ons praat met 'n ekonoom.. ** En die bevestigde Covid-19 gevalle in Suid-Afrika steek die 100-duisend kerf verby - ons praat met 'n infeksie-spesialis.

Spektrum 22 Junie 2020 22.06.2020

** Stakende taxi-operateurs word met rubberkoeëls uiteen gejaag, ** 'n Beleggings-kenner waarsku teen 'n geldmaak-skema wat bekendes betrek... ** En, wat gaan die Minister van Finansies in sy noodbegroting bekendmaak? Ons praat met 'n ekonoom.

Spektrum 19 Junie 2020 19.06.2020

Die Gautengse polisie soek na drie verdagtes na die moord op beweerde zama zamas; Die hofsaak om 'n skikkingsooreenkoms tussen Transnet en Transnet pensioenarisse 'n bevel te maak, het die week plaasgevind - ons vind uit wat nou gebeur; 'n Kenner sê geslagsgebaseerde geweld, is 'n diepgewortelde kwessie, wat wetenskaplik opgelos moet word; kommer heers oor die groot aantal mense in Suid-Afrika wat...

Spektrum 18 Junie 2020 18.06.2020

Restaurante en haarkappers verwelkom die verslapping van die inperkingsregulasies wat hulle ook nou toelaat om hulle besighede te bedryf; die Nasionale Seereddinginstituut red 'n walvis suid van Kommetjie in die Wes-Kaap; en die gewilde Britse sangeres van die Tweede Wereldoorlog, Vera Lynn, sterf op die ouderdom van 103.

Spektrum 17 Junie 2020 17.06.2020

In die program Die departement van Omgewingsake, Visserye en Bosbou bewillig een miljoen rand vir jeug-omgewingsprojekte. Die Verenigde Nasies se raad op menseregte gaan na verwagting later vandag 'n dringende debat oor rassisme en polisiebrutaliteit hou. En ons berig oor vroegoggend-arrestasies in verband met die VBS-bankskandaal.

Spektrum 16 Junie 2020 16.06.2020

Die jeug sê daar is baie uitdagings waarmee hulle te doen het; die Gautengse polisie het 'n verdagte in hegtenis geneem in verband met die moord op 'n 42-jarige vrou van Eersterus in Pretoria; en brandstofpryse styg na verwagting weer volgende maand.

Spektrum 15 Junie 2020 15.06.2020

Die ANC en die EFF stem saam dat die munisipale verkiesing van volgende jaar dalk tot 2024 uitgestel word; Werkers by DisChem staak glo en beweer die winkelketting gee nie vir hulle gesondheid om nie; En die Solar Orbiter-ruimtetuig van die Europese Ruimteagentskap vlieg vir die eerste keer verby die son.

Spektrum 12 Junie 2020 12.06.2020

Groot ontevredenheid oor beweerde ongerymdhede wat betalingsvakansies by banke betref. Die verkiesingskommissie se kommisaris, Sy Mamabolo, sê hulle gaan dadelik aan die werk spring om veranderinge aan die kieswet aan te bring. Die burgerregte-organisasie, Afriforum, stuur 'n klagskrif aan die VN oor die regering se hantering van die pandemie.

Spektrum 11 Junie 2020 11.06.2020

Die EFF spreek hom skerp uit teen geweld teen vroue en kinders, by die begrafnis van die 28-jarige Tshegofatso Pule, wat aan 'n boom opgehang is. Die konstitusionele hof bepaal dat dit ongrondwetlik is vir onafhanklike kandidate om hulle nie verkiesbaar te stel in die verkiesings nie, maar kenners is skepties en waarsku teen 'n gebrek aan stabilitieit in die politieke lanskap. Hiermee saam hoor on...

Spektrum 10 Junie 2020 10.06.2020

Die onderwysvakbond Eusa verloor sy hofaansoek om skole te laat sluit weens die Covid19-pandemie; Ons kry ook reaksie op die beslissing; Die tabakvereniging, Fita vra vandag in die Hooggeregshof in Pretoria dat die verbod op die verkoop van takbakprodukte opgehef word; en Suid-Afrika se betrokkenheid by die destydse moord van Olof Palme kon nie bevestig word nie....

Spektrum 9 Junie 2020 09.06.2020

Die Suid-Afrikaanse nasionale weermag verskuif sy fokus van wetstoepassing na hulp verlening; Bibberkoue weer word vir groot dele van die land voorspel.... Die regering sê Suid-Afrikaners moet 'n ernstige gedragsverandering ondergaan met betrekking tot die gebruik van alkohol; en Hooggeregshofregters in Pretoria hoor vandag die aansoek van die Fair Trade Independent Tobacco-vereniging aan. Hulle v...

Spektrum 8 Junie 2020 08.06.2020

Die EFF hou vandag betogings voor die Amerikaanse ambassades in Johannesburg, Pretoria en Kaapstad, in solidariteit met die Black-Lives-Matter veldtog; Ons kry terugvoer oor hoe die eerste dag van skool vir Graad Sewe en Twaalf leerders verloop het; en hoor hoe baie skole werklik gereed is vir die nuwe manier van klasgee.....

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.