RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 14 Augustus 2020 14.08.2020

Vandag word Afrikaanse Taaldag gevier - ons kyk na hoe die taal oor die afgelope 95 jaar verander het; Denel het steeds nie sy werkers se agterstallige salarisse betaal nie; Onwettige grondbesettings in die Tshwane Metro neem toe; en 'n 'n erge riool-probleem in Potchefstroom hou verreikende gevolge in vir die omgewing en inwoners se gesonheid....

Spektrum 13 Augustus 2020 13.08.2020

** Reaksie op Fase 2 beurtkrag... ** Wees veral in die tye versigtig vir vals inligting wat doelbewus versprei word. ** En, beweeg ons binnekort na 'n laer inperkingsvlak? Ons praat met ontleders.

Spektrum 12 Augustus 2020 12.08.2020

'n Onverwagse herstel in die huis-mark.; Die Britse ekonomie is vir die eerste keer in elf jaar in 'n resessie.; 'n Effense verbetering in sakevertroue.; en ons praat met 'n politieke ontleder oor Joe Biden se keuse vir adjunkpresident.

Spektrum 11 Augustus 2020 11.08.2020

Justice for RSA het 'n aansoek in die Konstitusionele Hof gebring, om die tabakverbod op te hef.; Kommer oor die ernstige tekort aan Graad-12 onderwysers.; Statistieke Suid-Afrika het die jongste vervaardiging-syfers bekend gemaak.; en die ANC wil optree teen raadslede wat Olly Mlamleli as die burgemeester van die Mangaung Metro uitgestem het.

Spektrum 10 Augustus 2020 10.08.2020

Solidariteit versoek dat die regering Suid-Afrika dadelik na vlak een van die inperking moet neem.; Hoe word vroue kwessies in die digkuns verwoord? Ons praat met Antjie Krog en Ronelda Kamfer.; en ons het die jongste inligting oor die heropening van kleuterskole.

Spektrum 7 Augustus 2020 07.08.2020

Skokgranate is in Pretoria ingespan teen betogers teen menseregtevergrype in Zimbabwe, korrupsie is onder die vergrootglas, en daar is sprake van die herlewing van die skerpioene, maar gaan dit werk? Die landbou organisasie AgriSA, sê die drankverbod word 'n ekonomiese nagmerrie, ons hoor hoekom die reuk van mannetjies-muskiete kan help om malaria te bestry en die silwerskermfees word vanjaar virt...

Spektrum 6 Augustus 2020 06.08.2020

Verskeie voormalige hooggeplaastes in Eskom, asook die Gupta-familie word deur Eskom gedagvaar; die Minister van Finansies sê daar moet pro-aktief opgetree word teen beweerde korrupsie in tenders vir beskermingsdrag en ons hoor wat in die hof gebeur waar die maatskappy Brittish American Tobacco die verbod op tabakprodukte teenstaan. In die tweede helfte: Byna vyf maande nadat die inperking begin h...

Spektrum 5 Augustus 2020 05.08.2020

** BATSA voer in die Hooggeregshof aan dat die verbod op tabak ongrondwetlik is... ** 'n Ekonoom verduidelik hoekom goud nou meer waardevol is as ooit te vore... ** 'n Ondersoek gevra nadat beskermende toerusting in die Hennopsrivier gevind is.. ** En, die fiksheidsbedryf betoog landwyd teen die sluiting van gimnasiums.

Spektrum 4 Augustus 2020 04.08.2020

In die program... Ingryping van SADEK-leiers word in Zimbabwe versoek na voorvalle van geweld. Die Tesourie sê Ace Magashule se seuns het die korrekte tender prosedure gevolg en die prys van diesel styg skerp in Augustus.

Spektrum 3 Augustus 2020 03.08.2020

** Die polisie se statistiek oor plaasaanvalle en -moorde word bevraagteken.... ** Aanduidings dat die land se Covid-19 verdubbelingskoers afneem. 'n Kenner verduidelik... ** En die matrieks is vandag terug hok toe.

Spektrum 31 Julie 2020 31.07.2020

Bankrooftogte het met 100% afgeneem, maar moorde neem toe.; Die aanstellling van 'n nuwe OPOD hoof is goedgekeur, ten spyte van opposisie partye se teenkanting.; Navorsing toon dat slegs die helfte van Suid-Afrikaners wel maskers dra.; en het jy al ooit gewonder hoe die wêreld lyk uit die perspektief van 'n vlieënde insek?

Spektrum 30 Julie 2020 30.07.2020

In die program...Khusela Diko moet voor die ANC se integriteitskomitee verskyn. Zimbabwe onderteken 'n ooreenkoms met wit kommersiële boere en nuwe regulasies oor openbare skole is steeds nie in die staatskoerant gepubliseer nie.

Spektrum 29 Julie 2020 29.07.2020

Hoofregter Mogoeng Mogoeng dien sy repliek by die Regterlike Gedragskomitee in op bewerings dat hy partydig vir die staat van Israel is. Ons praat met 'n regskenner daaroor; die jagbedryf is geskok oor nuwe regulasies wat jag buite provinsiale grense verbied; en die struggleveteraan Andrew Mlangeni word ter ruste gelê.

Spektrum 28 Julie 2020 28.07.2020

Die lyk van vermoedelik een van die vermiste vroue van Hartswater is vroeg vanoggend na 'n groot soektog gevind; en die 70-miljard rand lening van die Internasionale Monetere Fonds aan Suid-Afrika word in sommige oorde skerp gekritiseer.

Spektrum 27 Julie 2020 27.07.2020

Die Kaapse metro onderspeel vanoggend se ontwrigtende betogings in en om die middestad; 'n plaasvoorman word in Marble Hall, Mpumalanga, in 'n aanval doodgeskiet; en Beijing sluit die Amerikaanse konsulaat in die stad Chengdu - skynbaar as 'n vergeldingsgebaar na Amerika die Chinese konsulaat in Texas toegemaak het.

Spektrum 24 Julie 2020 24.07.2020

In die Program Die Kaapstad Metro sê die onwettige grondbesettings is polities-aangedrewe. Gemengde reaksie op die president se besluit om openbare skole tydelik te sluit. Intussen gaan privaat skole voort met onderrig en 'n verlies van 7 komma 5 miljard Rand word vir die wynbedryf voorspel.

Spektrum 23 Julie 2020 23.07.2020

In die program: Die Mediese Navorsingsraad is bekommerd oor die skielike toename in sterftes as gevolg van natuurlike oorsake. 'n Meningspeiling toon dat 'n groot meerderheid ouers voel skole moet sluit. Eienaars van toerismebestemmings in Hartebeespoort-dam vra dat die bedryf ten volle oop gemaak word en 'n Kenner waarsku dat diabete hulle suikervlakke moet monitor.

Spektrum 22 Julie 2020 22.07.2020

Die laaste oorlewende van die aangeklaagdes in die Rivonia verhoor, Andrew Mlangeni sterf 'n maand en 'n half na sy 95ste verjaardag; Ons praat met een van sy oud-kollegas oor sy lewe en hoe hy as mens was; Ons kry verdere reaksie op die SAUK se besluit om sy afleggingsproses vir eers te staak; en nog 'n seeskilpad vrek weens besoedeling in ons oseane....

Spektrum 21 Julie 2020 21.07.2020

Die Padongelukkefonds het 'n nuwe plan om geld te spaar en beter dienste te lewer, 'n Regskenner deel sy mening oor of die nuwe strategie werklik 'n oplossing sal bied vir die Padongelukkefonds se probleme, en die voormalige hoof van die Staatsveiligheidsagentskap, Arthur Fraser, kan dalk staatsgeheime uitlap voor die Zondo-kommissie - ons kyk na wat die impak hiervan sal wees as dit wel gebeur.

Spektrum 20 Julie 2020 20.07.2020

In die program: Die vakbond Solidariteit vra dat skole oop moet bly. Die ANC sê die heropening van skole moet gepaard gaan met WGO-riglyne en 'n studie oor die risiko van 'n moontlike verlengde rou-proses is pas gepubliseer.

Spektrum 17 Julie 2020 17.07.2020

Die regering het die droogte ramptoestand opgehef - ons kry reaksie van die landbousektor hierop; 'n Energiekenner waarsku dat beurtkrag nog langer met ons gaan wees as wat voorheen verwag is; Ons kry ook reaksie op die aanstelling van Robert McBride as direkteur van die buitelandse tak van die staatsveiligheidsagentskap......

Spektrum 16 Julie 2020 16.07.2020

** Ons kry die jongste oor die SAUK se verskyning vandag voor die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie in verband met beoogde afleggings; Verskeie organisasies waarsku dat die aanstelling van die nuwe OPOD hoof verdag is - ons kyk breedvoerig na die kwessie; Jy kan moontlik strafregtelik vervolg word as jy nie 'n gesigmasker dra nie - ons kyk na of die regering wel die wetgewing kan...

Spektrum 15 Julie 2020 15.07.2020

** Waar gaan die 10,4 miljard rand wat nodig is om die SAL te herstruktureer, vandaan kom? Ons praat met 'n ekonoom.. ** Sekere onderwys-vakbonde vra dat skole sluit.. ** Twyfel of Suid-Afrika gereed is, sou ISIS-terreurgroepe in Mosambiek suidwaarts beweeg.. ** En, welkome reën in die Oos-Kaap.

Spektrum 14 Julie 2020 14.07.2020

Winterstorms tref die Wes-Kaap en swaar sneeuneerslae kom ook voor in die provinsie. Ons kry die jongste oor die omvang van die storms en die skade wat aangerig is; Die winterreen maak die Kaapse damme voller, maar elders in die land het damvlakke gedaal; Dit is ook Haaibewusmakingsdag - kenners waarsku dat Haai spesies onder groot druk is; en nuwe Koolstofbelasting wetgewing kan groot besparings...

Spektrum 13 Julie 2020 13.07.2020

** Ons praat met rampbestuur en 'n voorspeller oor die Kaap van storms... ** 'n Politieke ontleder en 'n ekonoom bespreek die jongste inperkings-regulasies... ** En 'n wyn-bestuurder en wynboer praat oor die impak van die verbod op alkohol-verkope.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.