RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 18 September 2020 18.09.2020

'n Senior bestuurder van die Tshwane Metro is geskors. Sakereddingspraktisyns vergader met die Suid-Afrikaanse Lugdiens se krediteure. Die naamsverandering proses van die Port Elizabeth lughawe duur voort. En passasiersskepe kan weer reise onderneem.

Spektrum 17 September 2020 17.09.2020

Die Departement van Basiese Onderwys het die slaagvereistes vir leerlinge in grade 10 en 11 hersien. Die verkoop van gedeeltes van die Edcon-groep aan Retailability is gefinaliseer. George Bizos word ter ruste gelê. Japan het 'n nuwe Eerste Minister. En 'n dokumentêr fokus op die rol van die LGBTQi-gemeenskap tydens die Fees Must Fall-beweging.

Spektrum 16 September 2020 16.09.2020

Kommer oor die groot aantal plaasaanvalle. Oproepe vir 'n kommissie wat grondhervorming ondersoek. Die jongste kleinhandelsyfers is bekend. En vandag is Wêreld Osoonlaagdag.

Spektrum 15 September 2020 15.09.2020

Die nasionale ramptoestand is vandag ses maande gelede afgekondig toe die COVID-19-pandemie in Suid-Afrika toegeslaan het. Is daar lewe op ons buurplaneet? En, die ANC erken skuld oor die Zimbabwe-vlug.

Spektrum 14 September 2020 14.09.2020

Begrafnisondernemers begin vandag staak. Gemengde reaksie op die nuus dat minder ervare nasieners ingespan gaan word. Ons praat met 'n politieke ontleder oor die Zimbabwe vliegtuig-herrie. En, dis herwinningsweek.

Spektrum 11 September 2020 11.09.2020

Ons praat met'n politieke ontlederoor die uitkoms van die kabinetsvergadering, veral oor die EFF se onlnagse optrede, die goedkeuring van die oprig van nuwe landboukolleges en die totstandkoming van 'n presidensiële klimaatsverandering koordineringskommissie. Die nasionale sekretaris van die Suid Afrikaanse nasionale weermag Unie, sê die regering is die land 'n verduideliking verskuldig oor die AN...

Spektrum 10 September 2020 10.09.2020

Huldeblyke stroom in na die dood van advokaat George Bizos, en die oud-politikus Roelf Meyer vertel hoekom Bizos so lief was vir die Beeld. Op 'n politieke noot waarsku die joernalis en ontleder Max du Preez, dat die EFF se gewelddadige betogings,'n toets is vir die land se demokrasie wat ons nie kan dop nie. 'n Verslag van die Wêreld Natuurlewe Fonds, The Living Planet Report, toon dat die gemidd...

Spektrum 9 September 2020 09.09.2020

Clicks winkels se deure is vandag gesluit.; Tien mense is in hegtenis geneem vir die beskadiging van eiendom by Clicks winkels.; Bloemwater is in groot finansiële moeilikheid omdat munisipaliteite nie hulle rekeninge betaal nie.; en die Britse premier, Boris Johnson, sê 'n nuwe handelsooreenkoms met die EU moet teen die 15de Oktober bereik word.

Spektrum 8 September 2020 08.09.2020

'n Media- en bemarkingsanalis, Chris Broodryk, skryf die Clicks voorval toe aan 'n gebrek aan oorsig.; Suid-Afrika se Bruto Binnelande Produk het aansienlik in die tweede kwartaal gekrimp.; Die Covid-19 dodetal steek die 15-duisend kerf verby.; en die voormalige mejuffrou Doof SA, Chantal Pretorius sê die dra van maskers maak die lewe vir gehoorgestremdes moeilik.

Spektrum 7 September 2020 07.09.2020

Die EFF eis dat alle Clicks-winkels vir vyf dae hul deure sluit.; Die bestuur van Clicks gaan optree teen die personeellede wat verantwoordelik is vir die haaradvertensie.; Die eerste fiksie-rolprent oor die destydse uitsettings in Distrik Ses, word binnekort aan Suid-Afrikaanse gehore bekend gestel.; en reaksie op die DA se beleidskonferensie besluite.

Spektrum 4 September 2020 04.09.2020

Twee Eskom kragstasiebestuurders is geskors oor beurtkrag.; 'n Kundige sê die regering moet opleiding aan klein- en medium sakeondernemings verskaf.; 'n Dokumentêre film oor feeverhale wat die omgewing kan red.; Vanjaar gaan geen matriekafskeidsgeleenthede by skole gehou word nie.; en 'n bewaringsekoloog wil vasstel of die luise op die Asiese Olifant, dieselfde spesie is as die wat op olifante in...

Spektrum 3 September 2020 03.09.2020

Blind SA sê die regering slaan nie ag op hulle klagtes oor die swak diens wat gesig-gestremdes van die polisie af kry nie.; Standard Bank se hoof van makro-ekonomiese navorsing, Dr Elna Moolman, sê die beurtkrag het 'n negatiewe impak op die reeds sukkelende ekonomie.; en die DA reageer op John Moodey se aantygings.

Spektrum 2 September 2020 02.09.2020

Die Instituut vir Rasseverhoudinge vra dat Krieket Suid-Afrika se lidmaatskap ondersoek word.; Wetenskaplikes by die Universiteit van Meksiko het 'n nuwe manier ontdek om koraalriwwe te red.; John Moodey het as leier van die DA in Gauteng bedank.; en die SAUK se afleggingsproses gaan langer neem as wat aanvanklik verwag is.

Spektrum 1 September 2020 01.09.2020

Fase 2 beurtkrag is ingestel tot tienuur vanaand. SA Childcare sê meer subsidies is nodig om kleuterskole in minder gegoede gebiede by te staan. Die Suid-Afrikaanse sangeres, Belinda Davids, is deur na die halfeindronde van Britain's Got Talent. En buitelandse boere wie se grond destyds deur die regering in Zimbabwe onteien is, kan aansoek doen dat dié plase aan hulle terug besorg word.

Spektrum 31 Augustus 2020 31.08.2020

Twee polisiebeamptes van Eldorado Park sal vandag in die hof verskyn in verband met die dood van 'n 16-jarige seun. Die ANC sal later vanmiddag 'n mediakonferensie hou oor sy afgelope NUK-vergadering. Ons praat met 'n ekonoom oor die rand se beste vertoning in drie weke. En talle skole het 'n aangepaste dagstelsel ingestel om die blootstelling aan Covid-19 te beperk.

Spektrum 28 Augustus 2020 28.08.2020

Die minister van polisie, Bheki Cele, lê besoek af aan Eldoradopark in Johannesburg, waar die 16-Jarige Nathaniel Julies na bewering deur die polisie doodgeskiet is. Die kwessie plaas die soeklig weer op polisiegeweld. Ons praat met 'n kenner hieroor en ons hoor by die menseregtekommissie hoe hulle betrokke gaan raak. Op 'n ligter noot, ondersoek ons sogenaamde 'siek geboue'- wat daanra verwys dat...

Spektrum 27 Augustus 2020 27.08.2020

President Ramaphosa is geskeduleer om vanmiddag vrae te beantwoord in die Nasionale Vergadering. Dit volg na die kabinet se vergadering waarin korrupsie en dronk bestuur skerp veroordeel is; Ons bespreek die korrupsie-probleem en vra waarom die president oënskynlik magteloos is om enigiets daaraan te doen; Die polisie se gespesialiseerder moord en diefstal eenhede word heropen; en die voormalige i...

Spektrum 26 Augustus 2020 26.08.2020

** Verbruikers-inflasie styg...ons praat met 'n ekonoom. ** En is dit die staat se verantwoordelikheid om te verseker dat landsburgers hulle nie vergryp aan drank nie?

Spektrum 25 Augustus 2020 25.08.2020

NEHAWU se beplande staking vandag is uitgestel; Oudminister Trevor Manuel sê die regering is gebreek; Ons vra ook waarom Manuel nou so openlik praat oor die kwessies; en goeie nuus vir boere - beleggings in die landbousektor neem toe.

Spektrum 24 Augustus 2020 24.08.2020

** Leerders van sekere grade is vandag vir die eerste keer in maande terug hok toe... ** 'n Sielkundige gee raad aan die wat swaartrek onder die Covid-maatreëls... ** Die president roskam die minister van Finansies, en korruptes in die ANC. Ons praat met 'n politieke ontleder. ** Naasbestaandes van die 51 mense wat in Nieu-Seeland afgemaai is, praat oor hul pyn...... ** En, die Republikeinse Konve...

Spektrum 21 Augustus 2020 21.08.2020

Die kredietburo, Experian, is geinfiltreer en die kontakbesonderhede van verskeie banke se kliënte, is uitgelek; die organisasie teen belasting misbruik sê die heraanstelling van Zandile Gumede is 'n klap in die gesig van Suid-Afrikaners en die aantal kinders wat deur treine getrap word, omdat hulle op treinspore speel, neem landwyd toe. In die tweede helfte van die program: Landbou-organisasies i...

Spektrum 20 Augustus 2020 20.08.2020

'n Verpleegster in 'n hoësorgeenheid smeek mense om steeds versigtig vir Covid19 te wees...al is die land nou op 'n meer toeskietlike vlak van inperking; kommer is aan die toeneem onder beleggers - en pensioenarisse - oor die regerende ANC se skynbaar onduidelike planne met pensioenfondse; en vandag is Wêreld Muskietdag.

Spektrum 19 Augustus 2020 19.08.2020

Die Menseregtekommissie doen 'n ommeswaai en onderneem om boodskappe op sosiale media ter ondersteuning van plaasaanvalle te ondersoek - dit is na die DA 'n klagte hieroor ingedien het; in Vietnam word meer as 'n mijoen katte jaarliks geslag en geeet; en handelstoestande verbeter effens.

Spektrum 18 Augustus 2020 18.08.2020

Die Instituut vir Rasseverhoudinge stel sy ekonomiese herstelplan vir Suid-Afrika bekend; en Wits-universiteit toets 'n tweede entstof teen Covid19 - die keer 'n middel uit Amerika.

Spektrum 17 Augustus 2020 17.08.2020

Daar is opspraakwekkende nuwe verwikkelinge in 'n vermeende reeksmoordsaak aan die Kwazulu-Natalse Suidkus; en die Vryheidsfront Plus wil hê die Wet op Rampbestuur moet gewysig word.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.