RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 23 Oktober 2020 23.10.2020 44:40
Die Gemeenskap van die Bo-Kaap is woedend, en eis antwoorde, nadat ‘n jong vrou op YouTube beweer dat sy as kind verkrag is deur haar oupa en sy broer. ‘n Nuwe veldbrand het gisteraand uitgebreek in die Noord-Kaap tussen Boshoff en Kimberley, en een van die boere wat help om die stryd aan te pak, praat oor dié vreesaanjaende ervaring. Geweldsmisdaad is volgens die Instituut vir Rasseverhudinge bes...
Spektrum 22 Oktober 2020 22.10.2020 50:48
Hulp stroom reeds in van heinde en verre vir boere in die Vrystaat en Noord-Kaap wat deur die verwoestende veldbrande in die twee provinsies geraak is. Ons spits ons toe op die diere-slagoffers van die brand, met 'n veearts van die Vrystaat, wat sê hy’t lanklaas so ‘n wreedaardige gesig aanskou. AgriSA het die Nasionale Tesourie genader om in te gryp om die volhoubaarheid van die Landbank te verse...
Spektrum 21 Oktober 2020 21.10.2020 44:55
Die eerste spertyd vir belastingopgawes is 22 Oktober. Boere in die Vrystaat beraam die skade nadat veldbrande verwoesting in groot dele van die provinsie asook die Noord-Kaap gesaai het. Die Inniebos-fees in Mpumalanga word gekanselleer.
Spektrum 20 Oktober 2020 20.10.2020 48:33
Die afdanking van personeel by die SAUK word weer eens die sentrale besprekingspunt by die parlementêre oorsigkomitee. Geneeskundiges waarsku dat mense wat beginselbesware teen entstowwe het, die stryd teen Covid-19 kan saboteer. 'n Boervrou van Clocolan in die Oos-Vrystaat vertel van haar ervaring met 'n plaasaanval.
Spektrum 19 Oktober 2020 19.10.2020 46:54
Die Universiteit Stellenbosch verwerp die DA se bewering dat die rektor, prof. Wim de Villiers, glo 'n neerhalende houding teenoor Afrikaanse moedertaalonderrig by die instelling inslaan. Die Universiteit van Kaapstad en die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg begin binnekort met kliniese toetse om te bepaal of die inenting teen masels, Duitse masels en pampoentjies, bekend as MMR,...
Spektrum 16 Oktober 2020 16.10.2020 44:58
Pastoor Timothy Omotoso sal waarskynlik vandag uitvind of hy borgtog sal kry. Honderde betogers is buite die Senekal Landdroshof, waar die twee verdagtes vir die moord op Brendin Horner verskyn. Vrystaat Landbou het vooraf sy lede gevra om nie vandag na Senekal te gaan nie. Europese lande het weer streng inperkingsmaatreëls ingestel - ons praat met 'n Suid-Afrikaner wat in Spanje woon.
Spektrum 15 Oktober 2020 15.10.2020 44:56
'n Pastoor van die Jesus Dominion International Church getuig in die borgtogaansoek van Timothy Omotoso. Reaksie op 'n hofuitspraak oor Eskom se onderbreking van kragtoevoer. AgriSA sê alle rolspelers moet môre se verrigtinge in Senekal met respek en waardigheid benader. 'n Laerskoolonderwyser van Nigel word 80 en werk steeds.
Spektrum 14 Oktober 2020 14.10.2020 48:25
Die Minister van Sport verloor sy geduld met Krieket Suid-Afrika. Handelstoetstande verbeter. Ons praat met die ontvangers van vanjaar se Neville Alexander-toekennings. En, is 'n tweede vlaag Covid-19 ons voorland?
Spektrum 13 Oktober 2020 13.10.2020 44:13
Die 51-jarigé Andre Pienaar word borgtog geweier in die Senekal Landdroshof. Julius Malema eis die teenwoordigheid van die media wanneer 'n polisiebeampte getuig. Klagtes dat die Teen-bende-eenheid in die Wes-Kaap hulle magte misbruik. En die jongste nuus oor die verringtinge by die Staatskapingskommissie. ** En twee vroue is dood in nòg 'n botsing op die N1 in die Karoo.
Spektrum 12 Oktober 2020 12.10.2020 43:55
Die DA lê strafregtelike klagte teen die EFF-leier oor omstrede inskrywings op sosiale media. Die president verwys in sy weeklikse brief na plaasmoorde. En die Nobelprys vir Ekonomie word aangekondig.
Spektrum 9 Oktober 2020 09.10.2020 49:42
Die VN se Wêreldvoedselprogram is die ontvanger van die Nobel-vredesprys. Die Gautengse LUR vir gesondheid, Bandile Masuku, is uit sy pos verwyder. Die hofaansoek van die Openbare Beskermer teen die Parlement is van die hand gewys.'n Kenner sê jy moenie drank drink of enige dwelmmiddels gebruik terwyl jy van die huis af werk nie, want jy kan steeds afgedank word daaroor.
Spektrum 8 Oktober 2020 08.10.2020 49:21
Die traumatoloog, dr. Tessa van Wijk, sê depressie is nie altyd 'n siekte wat deur die samelewing met die nodige sensitiwiteit hanteer word, wat lyers van die siekte verdien nie.; Die politieke ontleder, Harald Pakendorff sê die gebeure in Senekal is 'n uitvloeisel van 'n veel dieper probleem is Suid-Afrika.; Ons ontleed die Amerikaanse verkiesingsdebat tussen Mike Pence en Kamala Harris.; en die...
Spektrum 7 Oktober 2020 07.10.2020 48:07
Die Nasionale Vervolgingsgesag het in die parlement verskyn oor sy jaarverslag vir die 2019/20 boekjaar. Ons bring vir jou die jongste oor die COSATU- en SAFTU-optogte wat in verskeie hoofsentra in die land gehou word. 'n Kenner sê die Senekalprotes was 'n keerpunt in Suid-Afrika. En die Nobelpryswenner vir Chemie is bekendgemaak.
Spektrum 6 Oktober 2020 06.10.2020 49:36
Twee verdagtes het vlugtig in die landdroshof op Senekal in die Vrystaat verskyn in verband met die moord op die 21-jarige, Brendin Horner. 'n Aantal boere en lede van die gemeenskap het by die hof saamgetrek in protes teen plaasmoorde. Minder mense het tydens die inperking aansoek gedoen om lenings.
Spektrum 5 Oktober 2020 05.10.2020 54:23
Twee verdagtes verskyn môre in die landdroshof op Senekal in verband met die moord op 'n jong plaasbestuurder. 'n Voormalige kabinetsminister sê wetgewing om skenkings aan politiek partye bekend te maak, moet nóú in werking tree. Die prys van petrol en diesel sal om middernag môreaand daal. Twee jagluiperds is vanoggend vrygelaat in die Rietvlei Natuurreservaat in Pretoria. Die Amerikaanse preside...
Spektrum 2 Oktober 2020 02.10.2020 54:30
Gevaarligte flikker oor die moontlike verspreiding van waninligting as 'n teenreaksie teen die Valke se optrede teen korrupsie. Kiesersregistrasie word hierdie naweek gehou vir swoat eenhonderd tussenverkiesings wat op 11 November sal plaasvind. En ons praat met landbou-organisasies oor die besluit om vyfhonderdduisend hektaar staatsgrond beskikbaar te stel vir landboudoeleindes.
Spektrum 1 Oktober 2020 01.10.2020 45:28
'n ANC hoë kry borgtog nadat hy in die hof verskyn het oor Bosasa-geld. 'n Ontleder deel sy mening oor of ander topamptenare ook binnekort in hegtenis geneem sal word. Ouers in Gauteng ontvang van vandag af SMS'e oor die uitslag van hulle aansoeke om skooltoelating.
Spektrum 30 September 2020 30.09.2020 55:51
Reaksie op gister se skok-werkloosheidstatistiek kring uit. Regskenners is skepties oor oudpresident Jacob Zuma se jongste strategie om nie voor die Zondo-kommissie te verskyn nie. En die polisiewaghond OPOD gaan 'n paar ou sake heropen, maar daar word vrae oor die doeltreffendheid van die instelling gevra.
Spektrum 29 September 2020 29.09.2020 40:56
Twee komma twee miljoen werksgeleenthede het in die tweede kwartaal van die jaar in Suid-Afrika verlore gegaan. Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat gaan 'n aantal onopgeloste sake heropen. Ons vind uit watter impak die Springbokke se beperkte oefengeleenthede kan hê op hulle wedstrydspel en -fiksheid.
Spektrum 28 September 2020 28.09.2020 50:14
Die president se besluit om die minister van verdediging te straf met 3 maande sonder betaling lok wyd reaksie uit. Ouers in Gauteng het slegs sewe dae om graad-1 en graad-8 plasings vir volgende jaar te aanvaar. 'n Koor stemme klink op teen planne om ministers in die kabinet te vra om besnoeiings aan hulle begrotings te maak vir SAL. Ons hoor hoe die Covid-19-raad ontbind is, en dat lede per e-po...
Spektrum 25 September 2020 25.09.2020 48:37
Die EFF in Tshwane vra dat die administrateur in die hoofstad vervang word, 'n debat woed oor weermaglede se betrokkenheid by interne party-politieke kwessies en NEDLAC is vol planne om Eskom te herstruktureer maar daar is bitter min spesifieke planne en kenners is skepties. Die 39-jarige oud-rugbyspeler Zane Killian het intussen vanoggend in die landdroshof verskyn in verband met die moord op die...
Spektrum 24 September 2020 24.09.2020 56:18
Ons doen in-diepte verslag oor ontvoering en mensehandel, die Jacob-Zuma stigting vaar uit teen adjunk-regter Raymond Zondo, nadat die oud-president oor die vingers getik is en die Nasionale Kruger Wildtuin waarsku dat dagbesoekers sonder besprekings weggewys kan word die langnaweek.
Spektrum 23 September 2020 23.09.2020 41:54
Die premier van die Vrystaat waarsku teen 'n menshandelsindikaat in die provinsie; Intussen sê die polisie dat boodskappe oor kinder-ontvoerings wat op sosiale media gedeel word, vals nuus is; Ons kry die jongste oor die Nathaniel Julies saak; en vra of die polisie voldoende opleiding kry om hulle werk reg te doen.....
Spektrum 22 September 2020 22.09.2020 49:59
Emosies het gister hooggeloop by 'n vergadering tussen die Minister van Polisie, boere en plaaswerkers in KwaZulu-Natal. NUMSA sê die regering is onverantwoordelik om geld aan die SAL te gee, sonder 'n befondsingmodel. En die Khoisan-organisasie, DAK, nader die Menseregtekommissie oor 'n tekening van die Khoisan wat op 'n boks wyn verskyn.
Spektrum 21 September 2020 21.09.2020 52:19
'n Vermoorde dokter en sy kollega het onlangs vir beskerming gevra - ons vind meer uit oor die dreigemente wat hulle die afgelope tyd gekry het.....Die Regering sê hy sal geld gee om die herstrukturering van die SAL te befonds - maar is dit die regte besluit?; en Adjunkhoofregter Raymond Zondo sit sy voet neer en sê oudpresident Jacob Zuma moet in November voor die kommissie van ondersoek na staat...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.