RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 27 November 2020 27.11.2020

Leerlinge in graad 4 tot 9 se punte kan met tot 5% in drie vakke vermeerder word. 'n Dosent, advokaat Rene Koraan, sê die 16 dae veldtog vir geen geweld teen vroue en kinders moet plaasvind om bewusmaking te skep. Die Appèlhof het die twee mans wat skuldig bevind is van die moord op Matlhomola Mosweu in Coligny in Noordwes, vrygespreek. 'n Verdagte is in hegtenis geneem vir die grusame moord op se...

Spektrum 26 November 2020 26.11.2020

Inwoners van Drie Riviere in Vereeniging is al 20 dae lank sonder elektrisiteit. Aktiviste teen geweld teen vroue en kinders is keelvol vir geykte slagspreuke wat op niks uitloop nie. Die tenderbedrogsaak teen voormalige Korrektiewe Dienste- en Bosasa-amptenare is tot 2021 uitgestel. 'n Kenner sê tegnologiese ontwikkeling, veral in die banksektor, sal Suid-Afrikaners help om hulleself te verryk.

Spektrum 25 November 2020 25.11.2020

Kommer heers oor die toenemende openbare skuldvlakke en die skuldlas op die plaaslike ekonomie. Die Oos- en Wes-Kaap het tans die meeste gevalle van Covid-19 - ons kry die jongste nuus oor die pandemie en hoe dit bestuur word. Die vakbond Nehawu hou môre optogte in al nege provinsies vir die aanstelling van gemeenskapgesondheidswerkers. Die SAUK sê die nuwe struktuur by die openbare uitsaaier kan...

Spektrum 24 November 2020 24.11.2020

Die jaarlikse veldtog, 16 dae van Aktivisme vir geen geweld teen Vroue en Kinders, is vandag bekendgestel. Die VF Plus gaan 'n klag van intimidasie teen Julius Malema by die polisie indien, weens sy uitsprake oor die polisie. Tientalle vragmotors is die afgelope paar dae in groot dele van die land aan die brand gesteek. Koringboere in die Wes-Kaap verwag vanjaar 'n goeie oes.

Spektrum 23 November 2020 23.11.2020

Adjunkhoofregter Raymond Zondo gaan strafregtelike aanklagte teen oudpresident Jacob Zuma lê. Ons kyk ook uit 'n regsoogpunt na wat volgende kan of moet gebeur met Zuma. Ons kry die jongste nuus oor die vergaderings tussen die SAUK-bestuur en vakbonde nadat die herstruktureringsproses by die openbare uitsaaier vasgeval het. Die Nasionale Vervolgingsgesag bevestig dat Ace Magashule se persoonlike a...

Spektrum 20 November 2020 20.11.2020

Die afleggings wat tans by die SAUK plaasvind is die foute van die verlede wat die instansie nou inhaal. Dit is die mening van die afgetrede uitvoerende regisseur van die RSG se nuusaktualiteitsprogramme, Foeta Krige. Hy deel sy mening op Spektrum, en kort daarna vertel ons verslaggewer Heindrich Wyngaard, dat betogers buite die SAUK dieselfde voel. ‘n Grootskaalse soektog is aan die gang nadat ‘n...

Spektrum 19 November 2020 19.11.2020

Na ons onderhoud gister met RSG se stasiebestuurder, Madaleen Krüger, het drognuus soos 'n veldbrand op sosiale media versprei. Baie van die nuus beweer dat hier 'n aanval op Afrikaans geloods word met die afleggingsproses, dat RSG spesifiek geteiken word en dat RSG sy deure gaan sluit. Hierdie is baie ver van die waarheid af, en om sake net weer duidelik te stel aan luisteraars praat ons weer met...

Spektrum 18 November 2020 18.11.2020

Taxi-operateurs ruk op in Pretoria oor die Covid-19-verligtingsfonds. Die SAUK-raad is verdeeld oor die afleggingsproses by die openbare uitsaaier. Oudpresident Zuma sal vanmiddag weet of sy aansoek suksesvol was dat adjunkhoofregter Zondo hom as voorsitter van die Staatkapingskommissie onttrek.

Spektrum 17 November 2020 17.11.2020

'n Kenner bespreek die jongste middel teen die Corona-virus. Boere in KwaZulu-Natal word aangemoedig om hulle beeste in te ent teen Brusellose. Vandag is wêrelddag vir babas wat prematuur gebore word. Die regering kondig planne aan om haai-bewaring te bespoedig.

Spektrum 16 November 2020 16.11.2020

Protesaksie op Henneman teen die moord op 'n boer en sy seun. Adjunkhoofregter Zondo ontken dat hy en oudpresident Zuma 'n persoonlike verhouding het. Kommer dat die Bushiri-egpaar nie deur Malawi uitgelewer gaan word nie. Suid-Afrikaners kan vandeesweek die meeste SANPARK-fasiliteite gratis besoek.

Spektrum 13 November 2020 13.11.2020

Die ANC sekretaris-generaal, Ace Magashule, is borgtog van R200-duisend toegestaan. Sy ondersteuners het buite die hof T-hemde met president Cyril Ramaphosa se gesig daarop, aan die brand gesteek. Ons na die gebeure en wat dit vir die ANC inhou. Die misdaadstatistiek vir die periode tussen Julie en September is bekendgemaak. Raadslede van Krieket Suid-Afrika weier om die tydelike raad te aanvaar.

Spektrum 12 November 2020 12.11.2020

'n Rekordgetal mense in Suid-Afrika is werkloos. Die inperking se regulasies is effe verslap - ons hoor by 'n kenner of dit die regte besluit is. Die regering eis dat ondersoeke na die Steinhoff-saak prioriteit moet geniet. Verskeie mense in Gauteng kla dat hulle nie hulle rybewyse in die provinsie hernu kry nie - ons kyk na die redes hiervoor.

Spektrum 11 November 2020 11.11.2020

Die lasbrief vir die inhegtenisneming van die ANC-leier Ace Magashule het bepaalde politieke implikasies, sê waarnemers. 'n Rekordaantal tussenverkiesings word op een dag gehou. 'n Paddasoort wat eie is aan die KwaZulu-Natalse kus, word weer in sy habitat bekendgestel.

Spektrum 10 November 2020 10.11.2020

'n Nuwe behandeling teen MIV-Vigs. Islamitiese militante het volgens berigte meer as 50 mense in die noorde van Mosambiek onthoof. 'n Nuwe streekslugredery sprei sy vlerke.

Spektrum 9 November 2020 09.11.2020

Suid-Afrikaners in Amerika praat oor die pas afgelope presedentsverkiesing. 'n Betoging by Hoërskool Brackenfell in Kaapstad ontaard in geweld. Die massavrekte van robbe in Walvisbaai het skynbaar nou gestabiliseer.

Spektrum 6 November 2020 06.11.2020

Die voormalige raadsvoorsitter van die S.A.L, Dudu Myeni, weier steeds om vrae by die kommissie van ondersoek na staatskaping te beantwoord. Ons vind uit hoe daar teen haar opgetree kan word nadat sy 'n geheime getuie se naam bekendgemaak het. Die wêreld se fokus is nog op Amerika en die uitslag van die verkiesing - ons kyk na wat ons kan verwag tussen vandag en Maandag.

Spektrum 5 November 2020 05.11.2020

Die matriekeindeksamen het vandag begin met leerders wat die vak Engels geskryf het. 'n Kenner deel haar kommer oor die impak van die inperking op hierdie sleuteleksamens. Die Amerikaanse president Donald Trump en sy opponent, Joe Biden, sê albei dat hulle voorloop in die Amerikaanse presidentsverkiesingstryd. Die voormalige voorsitter van die SAL, Dudu Myeni, het weer daarop aangedring om van haa...

Spektrum 4 November 2020 04.11.2020

Daar word met groot afwagting gewag op die Amerikaanse verkiesingsuitslae, maar intussen maak Donald Trump beskuldigings van kiesbedrog. Uitspraak in die borgaansoek van pastoor Timothy Omotoso. Die jongste GBEI-indeks, wat die algemene gesondheid van die sakeomgewing meet, is pas vrygestel. Dudu Myeni getuig by die staatskapingskommissie.

Spektrum 3 November 2020 03.11.2020

Dis verkiesingsdag in Amerika, en ons praat breedvoerig hieroor met 'n politiek ontleder en 'n ekonoom. Meer as 'n miljoen matriekleerlinge begin Donderdag eindeksamen skryf. Inwoners van Hondeklipbaai in die Noord-Kaap sit glo die afgelope drie weke sonder water. Navorsing wys dat baie mense tans aan sogenaamde Insneezia lei.

Spektrum 2 November 2020 02.11.2020

Reaksie op die DA se virtuele verkiesingskonferensie. Sommige misdaadrekords kan in die nabye toekoms uitgewis word. Nog swaar reën word vir vanmiddag voorspel. Professor Salim Abdul Karim sê mense moet aanhou om Covid-19-veiligheidsmaatreëls na te kom.

Spektrum 30 Oktober 2020 30.10.2020

Sommige opposisiepartye is nie beïndruk met die ANC se plan om mosies van wantroue teen raadslede van die party in vyf munisipaliteite in te stel nie. En 'n Afrikaanse Moslemrolprent word internasionaal bekroon.

Spektrum 29 Oktober 2020 29.10.2020

Opposisiepartye sê hulle is teleurgesteld in die minister van finansies, Tito Mboweni, se mediumtermyn-begroting. Volgens hulle het hy sy beloftes verbreek om die land se skuldlas onder beheer te bring, en om nie weer 'n reddingsboei aan die SAL te gee nie. Die landbou-organisasies, AgriSA en TLUSA, reageer uiteenlopend oor die besluit om R10-miljard aan die Landbank beskikbaar te stel. Die nasion...

Spektrum 28 Oktober 2020 28.10.2020

Sal die Minister van Finansies vanmiddag met sy mediumtermyn-begrotingsrede 'n nekslag aan Suid-Afrikaners toedien? Die Tshwane-metro sal teen volgende week waarskynlik weer 'n burgemeester hê, maar is inwoners se probleme met dienslewering nou verby?

Spektrum 27 Oktober 2020 27.10.2020

Drama in die hof nadat die vyf verdagtes in die Senzo Meyiwa-moordsaak nie om borgtog wou aansoek doen nie. Die minister van polisie dreig met aanklagte van regsverydeling teen diegene wat inligting aan die media sou lek oor hierdie en ander moord-ondersoeke. 'n Polisiekenner gee insig oor die impak van sulke lekkasies op ondersoeke. Die EFF en die ANC is dit eens dat die plaaslike verkiesing van...

Spektrum 26 Oktober 2020 26.10.2020

Ons kyk na politieke partye se verwagting van die mediumtermyn-begroting. Die minister van polisie gee terugvoer oor die Senzo Meyiwa moordondersoek. Verskeie hoëprofiel sake draai in die hof. 'n Doktorsgraadstudent in plantkunde het vir 'n tweede keer 'n plantspesie wat as uitgesterf beskou is, herontdek.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.