RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 18 Januarie 2021 18.01.2021 47:12
FEDSAS vra vir meer inligting oor die besluit om die heropening van openbare skole uit te stel. 'n Aankondiging oor die heropening van tersiêre instellings. Ons ontleed die verkiesingsuitslag van die presidentsverkiesing in Uganda. Ons praat oor 'n nuwe Facebook-groep wat simpatie en ondersteuning betoon teenoor almal wat 'n stryd teen die Covid-19-pandemie stry.
Spektrum 15 Januarie 2021 15.01.2021 44:21
Kritiek teen die uitstel van die begin van die nuwe skooljaar tot 15 Februarie. Eskom se voormalige bestuurshoof, Brian Molefe, verskyn voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping. Die burgerregte-organisasie, AfriForum, oorweeg regstappe teen die verbod op die gebruik van Ivermektien as behandeling teen Covid-19.
Spektrum 14 Januarie 2021 14.01.2021 48:52
Die Nasionale Departement van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, en die JB Marks Plaaslike-munisipaliteit in Potchefstroom het hulle tot die hooggeregshof in Mahikeng gewend om 'n uitsettingsbevel te kry. Oor die afgelope twee dae, het grondbesetters sowat 60 huise opgerig in die Mooibank-gebied naby die Landbou Kollege in Potchefstroom. Die Noordwes Plaaslike regering het intusse...
Spektrum 13 Januarie 2021 13.01.2021 46:54
Die voorsitter van die Ministeriële Raadgewende Komitee oor Covid-19, prof. Salim Abdool Karim, sê hy voel hy het die land in die steek gelaat met die ontwikkeling van 'n entstof. Vakbonde by die SAUK beraadslaag oor 'n beplande staking nadat afdankingsbriewe aan sowat 300 werknemers gestuur is.
Spektrum 12 Januarie 2021 12.01.2021 48:14
Daar is twyfel of skole, soos beplan, oor twee weke sal oopmaak. Wêreldleiers vra by 'n beraad in Parys dat onmiddelike stappe gedoen word om biodiversiteit te bewaar. Suid-Afrikaanse dokters ontwikkel 'n beter suurstofapparaat vir Covid19-pasiënte.
Spektrum 11 Januarie 2021 11.01.2021 49:39
Plaaslike owerhede waarsku inwoners teen die gevaar van oorstromings. 'n swem bye in Mpumalanga takel 'n gesin in hulle motor toe. Afriforum beplan hofaansoek om regering te dwing om ook Covid-19-entstowwe aan privaatsektor vir verkope en verspreiding beskikbaar te stel. Suid-Afrikaners is gewaarsku om nie tuisgemaakte alkohol op die swart mark te koop of om gevaarlike chemikalieë in hul tuisgebro...
Spektrum 24 Desember 2020 24.12.2020 49:09
Suid-Afrika word geïsoleer nadat gevalle van Covid-19 uit dié land in Brittanje geïdentifiseer word. Die TransNamib-trein ontspoor in die suide van Namibië. Die kredietgraderingsagentskap, Fitch, het vyf Suid-Afrikaanse banke se kredietvooruitsigte na AA+ opgegradeer.
Spektrum 23 Desember 2020 23.12.2020 49:02
Ons kry reaksie op die beslissing dat strande langs die Tuinroete gesluit moet bly. Suid-Afrika het die deposito aan die Wêreld Gesondheidsorganisasie se COVAX-program betaal, hoewel dit tans net genoeg entstof vir tien persent van die bevolking sal wees. Ons vra of jou versekering sal uitbetaal as jy in 'n ongeluk betrokke is wanneer die aandklokreël van krag is. Die ontslape Arthob Petersen, wat...
Spektrum 22 Desember 2020 22.12.2020 41:09
President Cyril Ramaphosa stel oudregter Siraj Desai as die ombud vir die regspraktyk aan. Die ANC kan dalk steun in volgende jaar se plaaslike verkiesings verloor - ons hoor by 'n ontleder hoekom hy so dink. Inwoners van die Noord-Kaap vertel dat daar groot reën op baie plekke geval het. Navorsers waarsku dat die land beter omgewing-, water- en mynbouwetgewing nodig het om te keer dat varswaterbr...
Spektrum 21 Desember 2020 21.12.2020 45:33
'n Nuwe variant van die Coronavirus wat vinnig versprei, is in die land geïdentifiseer, en die tweede vlaag Covid-19 infeksies word hieraan toegeskryf. Ons hoor by 'n kenner wat ons hiervan kan verwag, en ons berig verder oor die impak van foutiewe gesigmaskers wat aan gesondheidswerkers verskaf is. 'n Onlangse peiling deur die persoonlike geldsakewebwerf, JustMoney, dui daarop dat 'n toenemende a...
Spektrum 18 Desember 2020 18.12.2020 48:12
Bykans 400 SAL-vlieëniers word die lugredery se perseel verbied. Goeie nuus vir hotelle en die wynbedryf. Die DA vra die regering om oop kaarte te speel nadat die spertyd vir die betaling vir 'n coronavirus-entstof wéér misgeloop is. Die KKNK word uitgestel.
Spektrum 17 Desember 2020 17.12.2020 48:54
Die DA sê hy gaan die regering hof toe vat oor die besluit om verskeie strande tydens die feesseisoen te sluit. Afgetrede weermaglede is warm onder die kraag weens leë beloftes oor pensioenverhogings. Die ANC se sekretarisgeneraal, Ace Magashule, is steeks oor die integriteitskommissie se besluit dat hy opsy moet staan.
Spektrum 16 Desember 2020 16.12.2020 48:50
Die president sê in sy Versoeningsdagboodskap dat almal 'n verantwoordelikheid het om 'n nie-rassige, demokratiese samelewing te bou. Die Openbare Beskermer moet volgende jaar op 'n klag van meineed in die hof verskyn. Alle aanduidings is dat brandstofpryse aanstaande maand sal styg. Die land se paaie is reeds gevul met vakansieverkeer.
Spektrum 15 Desember 2020 15.12.2020 1:00:00
Die ANC se integriteitskomitee beveel aan dat die party se sekretarisgeneraal, Ace Magashule, tydelik van sy pos afstand moet doen. Ons kry reaksie hierop, en vra of ons nog sulke optrede teen ander ANC-lede kan verwag. Ons vind uit waarom Wes-Kaapse strande ingevolge die nuwe inperkingsregulasies nie gesluit is nie. Statistieke SA maak die jongste indiensnemingsyfers bekend.
Spektrum 14 Desember 2020 14.12.2020 46:58
'n Gesondheidskenner sê hy verwag nie dat president Cyril Ramaphosa vanaand 'n hernude streng staat van inperking sal aankondig nie. Die regering raai mense wat na die buiteland wil reis vir die feestyd, aan om hulle planne te heroorweeg. Eskom het die afgelope naweek weer beurtkrag ingestel - ons vind uit of die kragverskaffer gereed is vir die feesseisoen. Byna die helfte van die land se proteas...
Spektrum 11 Desember 2020 11.12.2020 47:32
Die wenkbroue lig steeds, en sosiale media is behoorlik aan die gons oor die gebed deur hoofregter Mogoeng Mogoeng, waartydens hy God gevra het om in te tree in die stryd teen die Covid19-pandemie, en om te verseker dat enige valse entstof vernietig sal word. 'n Oudregter waarsku intussen dat aanvegbare stellings deur regters, selfs tydens gebed, gevolge inhou. Gesondheidsdeskundiges waarsku verde...
Spektrum 10 Desember 2020 10.12.2020 48:00
Die Minister van Gesondheid, dr. Zweli Mkhize, sê Suid-Afrika ondervind amptelik sy tweede vlaag van COVID-19-infeksies. Ons het by ‘n kenner gaan hoor wat dit inhou in die onmiddelike stryd teen die virus. Die DA pronk oor sy bydraes in die parlement in 2020, maar wat dink kiesers van die party? Ons praat met 'n ontleder oor gister se tussenverkiesings. Daar is diegene wat meen die nuwe lugredery...
Spektrum 9 Desember 2020 09.12.2020 45:59
Die jongste nuus van die Staatkapingskommissie. SAAI reageer op die Departement van Landelike ontwikkeling se stimuluspakket. Voedselpryse dryf inflasie. 'n Reuse os trek die skaal anderkant 1,3 ton!
Spektrum 8 Desember 2020 08.12.2020 50:23
Die ekonomie tel kop op. Die jongste nuus van die Staatskapingskommissie. Matrieks praat oor die vraestelle wat hulle moet oorskryf. Drukgroepe dring daarop aan dat leeutelery verban word.
Spektrum 7 Desember 2020 07.12.2020 49:09
'n Stimiluspakket vir bestaansboere word aangekondig. Die ANC se NUK stoei oor Ace Magashule se toekoms. 'n Politieke kenner ontleed die situasie. Ons praat met Afriforum oor sy pas uitgereikte verkragtingskrisisverslag.
Spektrum 4 Desember 2020 04.12.2020 44:52
Die ANC se nasionale uitvoerende komitee vergader hierdie naweek. Die South African Local Government Association wat munisipaliteite verteenwoordig, is gister deur pres. Cyril Ramaphosa voor stok gekry. Dit handel oor die swak stand van sake by die land se munisipaliteite. Kenners sê die land se slawegeskiedenis is een van die mees afgeskeepte aspekte van ons geskiedenis. Die Mystic Boer in Bloemf...
Spektrum 3 Desember 2020 03.12.2020 41:44
Die mosie van wantroue teen president Cyril Ramaphosa wat vandag in die parlement aangehoor sou word, is uitgestel nadat die die Hooggeregshof in Kaapstad aangedui het dat die aansoek om die stemmery in die geheim te laat plaasvind, eers in Februarie aangehoor sal word. Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, sê Vlak-1-inperkingsmaatreëls om die Coronavirus te beheer, is voldoende, maar die publ...
Spektrum 2 Desember 2020 02.12.2020 44:31
Die familie van Taliep Petersen soek antwoorde nadat een van sy moordenaars op parool vrygelaat is. Nuwe LUR'e word vir Gauteng aangekondig. Die regering wil 'n skikking met vakbonde bereik oor staatsdienswerkers se salarisverhogings. SANRAL het die kontrak vir invordering van e-tolgeld op Gauteng se hoofpaaie verleng. AgriSA en die Weermag gaan saamwerk om die landbou-ekonomie in die land te verb...
Spektrum 1 Desember 2020 01.12.2020 42:47
Inwoners van Bethal in Mpumalanga is raadop met die watertekorte op die dorp. 'n Hofaansoek om die verlenging van die staat van inperking op te hef. Optogte teen geslagsgebaseerde geweld word in drie stede gehou. Croplife Africa waarsku dat boere op die uitkyk moet wees vir snywurms.
Spektrum 30 November 2020 30.11.2020 43:40
Die DA vra dat die aanstelling van assistentonderwysers uitgestel word. Verskeie beleggers het onttrek aan die oprigting 'n kragstasie in Limpopo. Strenger inperkingsmaatreëls gaan moontlik ingestel word in die Oos-Kaap. Daar is 'n uitbreking van Afrikavarkpes in Gauteng.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.