RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 22 Februarie 2021 22.02.2021

Meer as 15,000 gesondheidswerkers is reeds met d-e Covid-19 entstof ingeënt. Kunstenaars versoek die regering om teaters te heropen. Daar is groot afwagting op die 2020 matriekeindeksamen se uitslae. 'n Suid-Afrikaner vertel uit Texas in die VSA van die koue wat dié staat getref het.

Spektrum 19 Februarie 2021 19.02.2021

Die jongste misdaadstatistiek wys 'n toename in moord en verkragting. Onlangse studies wys dat die Pfizer-BioNTech-entstof doeltreffend is in die voorkoming van ernstige vorms van Covid-19. Die multimiljoen randse asbesdakoudit-korrupsiesaak is na die hooggeregshof in Bloemfontein oorgeplaas. 'n Slaagsyfer van 98,07% vir matriekleerlinge in private skole.

Spektrum 18 Februarie 2021 18.02.2021

Die DA sê swak infrastruktuur veroorsaak waterprobleme in Kimberley. Intussen is daar daagliks klagtes van inwoners van die Ugu Distriksmunisipaliteit oor die feit dat die krane droog is. 'n Navorsingstudie deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens wys dat baie meer Suid-Afrikaners reeds Covid-19 gehad het as wat die amptelike statistiek aandui. 'n Sprinkaanplaag is steeds besig om groot skade...

Spektrum 17 Februarie 2021 17.02.2021

Suid-Afrika se inentingsproses teen Covid-19 het begin. Die Suid-Afrikaanse Mensregtekommissie het sy bevindinge oor die stort van rou riool in die Vaalrivier, bekend gestel. Die departement van omgewingsake ondersoek die sterk swaelreuk wat oor gedeeltes van Gauteng hang. Die hof bekragtig 'n skikkingsooreenkoms tussen Eskom en Nersa oor die styging van kragtariewe.

Spektrum 16 Februarie 2021 16.02.2021

Nog 'n styging in die brandstofprys word voorspel. Eskom sê daar sal van April af minder beurtkrag wees. Fase 1 proewe van 'n nuwe Covid-19-entstof begin vandeesmaand by die Universiteit van Kaapstad. Die Dierebeskermingsvereniging in Swellendam red 'n vrou van 'n agtpotige onwelkom gas.

Spektrum 15 Februarie 2021 15.02.2021

Skole heropen landwyd. Daar is 'n uitbreking van Ebola in Guinee. Oudpresident Jacob Zuma het besluit om nie voor die Staatskapingskommissie te verskyn nie. Umalusi het die bekendmaking van die 2020 matriekuitslae goedgekeur.

Spektrum 12 Februarie 2021 12.02.2021

Verskeie rolspelers in die landbougemeenskap sê hulle is nie tevrede met die president se staatsrede nie. Die besturende direksielid van die teaterbystandsfonds, Liz Meiring, sê die uitvoerende kunste is nie vir die president 'n prioritieit nie. Renosterstropery het in 2020 met 33% afgeneem. En die kortlyste vir sekere kategorieë van die Oscarbenoemings is bekendgemaak.

Spektrum 11 Februarie 2021 11.02.2021

Die Vaaldam se sluise word oopgemaak. Grootskaalse korrupsie lê die omgewingsbewaringsdepartement- en liggame in KwaZulu-Natal lam. Die ANC in die Tshwane Metro het strafregtelike klagte gelê teen twee DA-raadslede. Wetenskaplikes het 'n nuwe subspesie verkleurmannetjie ontdek.

Spektrum 10 Februarie 2021 10.02.2021

Die landbousektor is geskok dat loonverhogings deurgedruk word in swak ekonomiese tye. Die regering oorweeg dit om die AstraZeneca-entstof uit te ruil of te verkoop. Ons bespreek die Staatsrede wat môreaand plaasvind. Nedbank ontken bewerings van betrokkenheid by staatskaping.

Spektrum 9 Februarie 2021 09.02.2021

Vrae hang nog in die lug oor die vervaldatum van die AstraZeneca-entstof wat Suid-Afrika aangekoop het. Skole heropen volgende week vir die meerderheid leerders - FEDSAS sê hulle is al lankal gereed hiervoor. Baie van die land se grootste damme het reeds die 100% vlak verbygesteek.

Spektrum 8 Februarie 2021 08.02.2021

Ons kry reaksie op die regering se besluit om die beskikbaarstelling van die AstraZeneca-entstof tydelik te staak. Ons praat met kenners oor watter opsies daar is wat betref die gebruik van ander Covid-19-entstowwe. Suid Afrika se werkloosheidskoers word al groter - wat beteken dit in die langtermyn?

Spektrum 5 Februarie 2021 05.02.2021

Eskom sê hy is genoodsaak om opwekkingseenhede af te skakel, gedeeltelik weens nat steenkool. Die EFF-leier, Julius Malema, sê sy besoek aan die voormalige president, Jacob Zuma, op Nkandla in KwaZulu-Natal is in die land se belang. Graan SA sê die 2021 Nampo-oesdag word beplan vir Augustus by Bothaville in die Vrystaat. Ons vind meer uit van die nuutgestigde Fonds teen Geslagsgebaseerde Geweld, e...

Spektrum 4 Februarie 2021 04.02.2021

Ontleders kritiseer die ANC omdat die party nie optree teen Jacob Zuma nie. Ons kry reaksie op bewerings op sosiale media dat oudpresident PW Botha, nes Zuma, nie voor 'n kommissie van ondersoek wou verskyn nie. 'n Suid-Afrikaner in Wes-Australië vertel van hulle ervaring van 'n verwoestende brand wat daar woed.

Spektrum 3 Februarie 2021 03.02.2021

Die BBC in Brittanje onthul menseregtevergrype wat die Chinese owerhede na bewering teen die Moslem Uighur-gemeenskap pleeg, maar 'n kenner sê die bewerings word dalk oordryf. Adjunk-hoofregter Raymond Zondo se voorneme om oudpresident Jacob Zuma strafregtelik aan te kla, word verwelkom. Daar is net 'n week oor vir die publiek om kommentaar te lewer op die onteieningswetsontwerp. Die organisasie t...

Spektrum 2 Februarie 2021 02.02.2021

Daar is kommer dat Covid-19-entstowwe dalk in die hande van boewe kan beland Die prys van brandstof skiet die hoogte in. Die verslapping van die drankverbod en aandklokreël word verwelkom.

Spektrum 1 Februarie 2021 01.02.2021

'n Verslag van die waghondorganisasie, Corruption Watch, dui op korrupsie met die tydelike werkgewer/werknemer hulpskema wat tydens die Covid-19-pandemie ingestel is Oudpresident Jacob Zuma sê hy sal eerder tronk toe gaan as om weer voor die Staatskapingskommissie te verskyn. Mianmar in Suid-Oos Asië is op 'n mespunt ná 'n oënskynlike militêre staatsgreep en die arrestasie van verskeie regeringsle...

Spektrum 29 Januarie 2021 29.01.2021

Dokters is woedend oor SAHPRA se regulasies oor die menslike gebruik van Ivermektien, maar die reguleringsowerheid verdedig sy besluit. Ons hoor wat by die Zondo-kommissie gebeur. Die Boer-teater weier om die handoek in te gooi weens inperkingsregulasies. Die metaalwerkersunie, Numsa, en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kajuitpersoneel, SACCA, se dringende aansoek in die Arbeidshof teen SAL se n...

Spektrum 28 Januarie 2021 28.01.2021

Suid-Afrika se plek op die korrupsie-persepsie-indeks bly onveranderd, maar korrupsiewaghonde waarsku teen korrupsie-kultuur. Die hooggeregshof bepaal dat die voormalige presdident, Jacob Zuma, voor die kommissie van ondersoek na staatskaping moet verskyn. Afriforum hou by sy voorneme om die hooggeregshof te nader oor die beskikbaarheid van Ivermektien vir menslike gebruik. Die munisipaliteit van...

Spektrum 27 Januarie 2021 27.01.2021

Nóg wydverspreide reën is op pad. Noord-Kaapse veeboere gevra om hulle vee teen slenkdalkoors in te ent. Die nuusagentskap A.N.A bevestig dat hulle betaling van die Staatsveiligheidsagentskap ontvang het.

Spektrum 26 Januarie 2021 26.01.2021

Storm Eloise se skade word bereken. 'n Kenner verduidelik hoe die Amerikaanse reisverbod Suid-Afrikaners raak. En, 143 satelliete word die ruimte ingestuur.

Spektrum 25 Januarie 2021 25.01.2021

'n Klimatoloog praat oor Storm Eloise se impak, wat later vandeesweek nóg reën oor die sentrale dele van die land gaan veroorsaak. Laingsburg se vloedslagoffers word 40 jaar later onthou. 'n Taxidiens slegs vir vroue trek die aandag op die Kaapse Vlakte.

Spektrum 22 Januarie 2021 22.01.2021

Huldeblyke stroom steeds in na die dood van die minister in die presidensie, Jackson Mthembu. Ons praat met 'n oud-LP en een van ons parlementêre verslaggewers om te hoor hoe hulle hom onthou. Gedeeltes van die Kruger Nasionale Wildtuin word gesluit in die aanloop tot die tropiese storm, Eloise. Familielede van ouetehuisinwoners word gevra om eerder besoeke uit te stel weens 'n toename in Covid-ge...

Spektrum 21 Januarie 2021 21.01.2021

Die voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur aan Amerika, Ebrahim Rasool, vergelyk president Joe Biden se inhuldiging met dié van sy demokratiese voorganger, Barack Obama. Ons kyk ook wat Biden se eerste uitvoerende bevele behels. Navorsers aan die Universiteit van Pretoria, glo dat hulle 'n chemiese verbinding ontdek het wat kan help om malaria uit te wis. Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur...

Spektrum 20 Januarie 2021 20.01.2021

Vakbonde gaan vanmiddag 'n griefskrif aan die regering oorhandig oor beplande afleggings by die SAUK. Verbruikersprysinflasie het in Desember verlede jaar op 'n jaargrondslag gedaal. Vrystaat Landbou versoek die regering om toe te sien dat polisiestasies volledig toegerus word, sodat boerderygemeenskappe minder aan hulleself uitgelewer is. Kamala Harris word vandag as Amerika se eerste vroue visep...

Spektrum 19 Januarie 2021 19.01.2021

Die vakbond, CWU, beplan 'n staking oor afleggings by die SAUK. Wetenskaplikes sê daar is geen aanduiding dat die nuwe variant van die coronavirus 'n ernstiger infeksie veroorsaak nie. Boere moet op die uitkyk wees vir die herfskommandowurm wat groot skade aan sorghum-, mielie- en suikermielie-aanplantings kan aanrig. Ons ondersoek die impak van die jongste drankverbod op die wynbedryf.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.