RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 29 Maart 2021 29.03.2021 47:34
President Cyril Ramaphosa word by die Staatskapingskommissie daarvan beskudig dat hy met Eskom se interne sake ingemeng het. Die Verenigde Nasies se konvensie op Migrerende Spesies sê dit is duidliker as ooit dat daar strenger maatreëls moet wees om olifante te beskerm. Die beraad van die ANC se nasionale uitvoerende komitee ontaard in wanorde en besluiteloosheid.
Spektrum 26 Maart 2021 26.03.2021 47:44
Oudpresident Jacob Zuma kap terug nadat die Zondo-kommissie die Konstitusionele Hof vra om hom tot twee jaar tronkstraf te vonnis. Ons praat hieroor met 'n voormalige regter van die Konstitusionele Hof, en ook oor die woordetwis tussen adjunkhoofregter Raymond Zondo en advokaat Dali Mpofu. 'n Watertandraaisel hang oor tekens van olifante op Dyer-eiland in Gansbaai.
Spektrum 25 Maart 2021 25.03.2021 46:34
Die Konstitusionele Hof moet beslis of oudpresident Jacob Zuma tronkstraf opgelê moet word. Die ontslape MK-veteraan, Cecyl Esau, kry 'n spesiale provinsiale begrafnis. Prof. Salim Abdool Karim tree uit as medevoorsitter van die ministeriële Covid-19-advieskomitee. Plaasaanvalle in Noordwes neem skerp toe.
Spektrum 24 Maart 2021 24.03.2021 46:09
Verbruikersprysinflasie sak terug tot onder die Reserwebank se inflasieteiken. Navorsing wys Eskom en SASOL voldoen nie aan die Parys Klimaatsooreenkoms nie. Ons praat met 'n regskenner oor die woelinge by die Zondo-kommissie. Vandag is Wêreld TB-bewusmakingsdag.
Spektrum 23 Maart 2021 23.03.2021 46:06
Ons praat met 'n bokslegende oor die afsterwe van Jimmy Abbot. Die parlementêre ad hoc-komitee begin met sittings oor grondonteiening sonder vergoeding. Die Defend-Our-Democracy-veldtog vra dat Suid-Afrikaners oranje dra wanneer oudpresident Zuma se saak Donderdag in die hooggeregshof aangehoor word.
Spektrum 21 Maart 2021 22.03.2021 45:04
Die ANC in Noordwes is gereed om 'n provinsiale verkiesingskonferensie te hou. UNISA begin Vrydag met virtuele lesings. Opposisiepartye kritiseer die vertragings met die restourasie van die Bloemfontein Stadsaal. Op Internasionale Waterdag fokus ons op watersekerheid in Suid-Afrika.
Spektrum 19 Maart 2021 19.03.2021 48:21
Kommer oor die stadige pas waarteen Covid-19-inentings plaasvind. Die Voortrekkermonument, die Erfenisstigting en die FAK het 'n samewerkingsooreenkoms gesluit. Sitrusuitvoere sal na verwagting vir die derde agtereenvolgende jaar 'n rekordvlak haal. Kragskepe sal teen volgende jaar aan die kragnetwerk gekoppel wees.
Spektrum 18 Maart 2021 18.03.2021 50:53
Daar is 'n tydelike tekort aan tamaties in Suid-Afrika. Die onlangse reën het groot skade aan die rosyntjie-oes aangerig. Koning Goodwill Zwelithini word by 'n gedenkdiens vereer. Die Fugard-teater in Kaapstad het sy deure permanent gesluit.
Spektrum 17 Maart 2021 17.03.2021 47:20
Boere en 'n taxi-vereniging sluit paaie in en om Ficksburg in die Vrystaat. Daar gaan na olie, helium en aardgas gesoek word in die Oos-Vrystaat en Kwazulu-Natal. Nuwe Bybelse geskrifte en ander artefakte is by die Dooie See gevind.
Spektrum 16 Maart 2021 16.03.2021 47:45
Boere in die Wes-Kaap verwag 'n bogemiddelde appel- en peeroes. Verskeie rolspelers sal binnekort mondelinge voorleggings aan die parlement lewer oor grondonteiening sonder vergoeding. Meer as 100 munisipaliteite landswyd funksioneer met ongefinansierde begrotings. Die jongste Afrimat konstruksieindeks is bekendgestel.
Spektrum 15 Maart 2021 15.03.2021 45:27
Studente betoog by verskeie tersiêre instellings oor befondsingskwessies. Duduzane Zuma wil die volgende president van Suid-Afrika wees. Die WNNR bevind dat daar in 2020 meer as 850 uur se beurtkrag was. Vandag 'n jaar gelede het die regering 'n ramptoestand in die land afgekondig, weens die Covid-19-pandemie.
Spektrum 12 Maart 2021 12.03.2021 46:45
Medelye stroom in ná die dood van Zoeloe-koning Goodwil Zwelethini. Studente betoog steeds oor studentegelde en toelatingsfooie. Politieke rolspelers loop deesdae oudpresident Jacob Zuma se drumpel deur by sy woning in Nkandla - ons vra wat al die besoeke beteken.
Spektrum 11 Maart 2021 11.03.2021 51:26
Die skietdood van Mthokozisi Ntumba aan die hand van die polisie word ondersoek. Die Universiteit van die Witwatersrand dat die kwessie van studentebefondsing, landwyd 'n groot probleem is. Ons vra waarom die polisie steeds hardhandig optree teen studente-betogers. 'n Nuwe maatskappy word bekendgestel wat dorpe sal help om selfonderhoudend te wees.
Spektrum 10 Maart 2021 10.03.2021 46:57
Wits-Universiteit se studente-finansiering onder die vergrootglas. Vrystaat Landbou moedig inwoners aan om eise in te stel by die Padongelukkefonds. 'n Universiteit in Amerika kry hond se gedagtes.
Spektrum 9 Maart 2021 09.03.2021 49:46
SANEF is bekommerd oor die beweerde spioenasie op joernaliste. Nog 'n uitbreking van varkpes in Noordwes. Die onderwyser wie se dood deur 'n slaggaat veroorsaak is, se vriendin praat. 'n K1ouefront gaan swaar reën en sterk wind na die Kaap bring.
Spektrum 8 Maart 2021 08.03.2021 50:25
'n Getuie voor die Staatskapingskommissie oorleef 'n sluipmoordaanval. 'n Hewige ANC-bekgeveg woed op sosiale media oor die Openbare Beskermer. Optrede word beplan ná nóg 'n sterfte op die Oos-Vrystaat se vrot paaie.
Spektrum 5 Maart 2021 05.03.2021 48:00
Hoofregter Mogoeng Mogoeng is weer in die nuus oor sy Israel-uitlatings. Sal hy om verskoning vra noudat hy opdrag gegee is om dit te doen? Trillian Capital het glo gespog dat hulle die regering se kontantkrane wyd kan oopdraai. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê daar is geen konflik van belange nie nadat hulle geld van Steinhoff aanvaar het om die ondersoek na Markus Jooste en kie te voltooi. Die...
Spektrum 4 Maart 2021 04.03.2021 51:43
Politieke partye vra dat die regering dringend 'n spesialiseenheid teen plaasaanvalle op die been bring. 'n Onbekende aantal krokodille word steeds van 'n kommersiële krokodilplaas die Breëriviervallei vermis. Die Weermag-unie reageer op die opdrag dat mediese personeel in die Weermag nie die Covid-19-entstof mag kry nie. Kom daar nog 'n vuurwapenamnestieperiode?
Spektrum 3 Maart 2021 03.03.2021 48:00
President Cyril Ramaphosa kan nie in hierdie stadium gedwing word om op die voormalige Eskombaas, Brian Molefe, se aantygings te reageer nie. Staatsdiensvakbonde vra groot salarisverhogings. Ses kinderboeke van die gewilde Dr. Seuss word verban.
Spektrum 2 Maart 2021 02.03.2021 47:35
Staatsdiensvakbonde vra groot salarisverhogings. Die voorgestelde nuwe grondhof ontlok uiteenlopende reaksie. Die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro is skepties oor Port Elizabeth se nuwe naam.
Spektrum 1 Maart 2021 01.03.2021 52:43
Die DA-leier beskryf koerantberigte dat hy bereid is om saam met die ANC te werk, as misleidend. Vooruitsigte vir die heropening van die Lily-myn in Mpumalanga word vir eers op die lange baan geskuif. Minstens 18 mense is die afgelope naweek doodgeskiet en sowat 'n duisend in hegtenis geneem tydens betogings in Mianmar in Suid-Oos Asië.
Spektrum 26 Februarie 2021 26.02.2021 46:19
Die land se swak waterinfrastruktuur kom onder die vergrootglas, en die nasionale departement van waterwese en sanitasie reageer op die waterprobleme in die Vaalrivier. Die DA in Kimberley sê daar is vooruitgang met hulle waterprobleme, en die Menseregtekommissie ondersoek rioolstorting in damme en riviere in Pretoria. Rolspelers in die onderwysbedryf is verheug dat onderwysers van April af ingeën...
Spektrum 25 Februarie 2021 25.02.2021 40:20
Die landbou-, onderwys- en toerismesektore sê hulle sê oor die begroting. ‘n Kenner meen die benadering tot wiskunde- en wetenskaponderrig in Suid-Afrika moet drasties verander. Die DA sê die jongste renosterstroperystatistiek is skokkend. Ons praat oor die ringnekpapegaai, 'n gunsteling troeteldier wat nou inheemse voëlspesies in Suid-Afrika bedreig. Die FAK het 'n interessante projek op kerkplei...
Spektrum 24 Februarie 2021 24.02.2021 48:24
Die DA sê die burgemeester van Metsimaholo-munisipaliteit in Sasolburg moet verwyder word. Verskeie Oos-Kaapse stede en dorpe kry nuwe name. Nog 'n getuie weier om voor die Staatskapingskommissie te getuig. Ekonome gee hulle verwagtinge vir vandag se begrotingsrede.
Spektrum 23 Februarie 2021 23.02.2021 46:22
Suid-Afrikaanse se werkloosheidskoers styg. Reynhardt Buys van Port Elizabeth is die nasionale toppresteerder in die 2020 matriekeindeksamen. Die Departement van Arbeid het aanpassings van die nuwe inkomstedrumpel gepubliseer. Die SAUK maak sy 2019/20 jaarverslag bekend.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.