RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 4 Mei 2021 04.05.2021 52:13
ANC-president Cyril Ramaphosa konsolideer glo sy magsposisie binne die party, maar daar is tekens dat leiers wat van korrupsie beskuldig word, hulle dalk sal verset. Nog uiteenlopende reaksie op die hoëvlak paneel se verslag oor luiperds, leeus, olifante en renosters. Slaggate rig nie net skade aan voertuie nie, dit kan ook lewens eis.
Spektrum 3 Mei 2021 03.05.2021 53:37
Verskeie vername voormalige MK-lede sê die voormalige ANC-leier van Noordwes, Supra Mahumapelo, word onregverdig behandel. 'n Video van 'n mislukte aanval op 'n sekuriteitsvoertuig in Pretoria maak wêreldwyd opslae. Nuwe voorgestelde regulasies oor onder meer geblikte leeujag word verwelkom, maar skep glo ook verwarring en ongelukkigheid.
Spektrum 30 April 2021 30.04.2021 47:14
Die ANC se twee promimente opsystaanrebelle trek heelwat aandag. President Cyril Ramaphosa kry lof vir sy besluit om voor die Zondokomissie te verskyn. En Dag Zero sluip nader vir inwoners van Gqeberha in die Oos-Kaap.
Spektrum 29 April 2021 29.04.2021 49:55
Die voormalige premier van Noordwes, Supra Mahumapelo, is vir vyf jaar deur die party geskors. Dis egter onduidelik of hy die skorsing sal aanvaar of betwis. Ons praat met Vrystaat Landbou oor planne om die onwettige instroming van Lesothoburgers oor die grens in die Klaarwatergebied in die kiem te smoor. RSG se stasiehoof, Magdaleen Krüger, tree af na 32 jaar by die SAUK.
Spektrum 28 April 2021 28.04.2021 55:44
President Cyril Ramaphosa verskyn vir die eerste keer voor die Staatskapingskommissie. Die registrasievereistes van die 24 Kubaanse ingenieurs word vandag op hoëvlak bespreek. Die regering vra die publiek se insette oor salarisonderhandelings in die staatsdiens.
Spektrum 27 April 2021 27.04.2021 54:33
President Cyril Ramaphosa lewer sy Vryheidsdagtoespraak in Botshabelo in die Vrystaat, waar inwoners ook dreig om 'n stokkie te steek voor vandag se vieringe. Die uitbetaling van enige geld uit die Departement van Toerisme se ekwiteitsfonds is deur die hof belet. Die DA sê die regering moet oop kaarte speel oor die KARPOWER kragskepe. President Ramaphosa verskyn more voor die Staatskapingskommissi...
Spektrum 26 April 2021 26.04.2021 57:00
Gesondheidswerkers word eersdaags weer met die Johnson & Johnson-entstof ingeënt. Regsaksie word ingestel teen die regering oor die Kubaanse ingenieurs wat na die land se waterstelsels gaan kyk. 'n Brandbestrydingsmaatskappy sê die Charlotte Maxeke-hospitaal het nie 'n brandplan gehad nie. Suid-Afrikaanse missieltegnologie beland in Saoedi-Arabië se hande.
Spektrum 23 April 2021 23.04.2021 51:19
SAAI en NEASA onderteken 'n vennootskapsooreenkoms om boere met arbeidskwessies by te staan. Die Lugverkeer- en Navigasiediens oorweeg afleggings weens erge finansiële probleme. 'n Groep boere stap van die Oos-Kaap af na die Uniegebou in Pretoria om bewustheid oor plaasmoorde te skep.
Spektrum 22 April 2021 22.04.2021 50:49
Die ANC in Noordwes skors die voormalige premier en huidige voorsitter van die party in die provinsie, Supra Mahumapelo. Ons hoor of Wêreld-aardedag hoegenaamd trefkrag het. Kritiek teen die regterpresident van die Wes-Kaap, John Hlophe, wat deelneem aan onderhoude vir hooggeregshofposisies, ten spyte daarvan dat hy skuldig bevind is aan wangedrag.
Spektrum 21 April 2021 21.04.2021 51:34
Vrae word gevra oor die gebruik van Kubaanse ingenieurs om waterstelsels te herstel. Opruimingswerk is in Kaapstad onderweg nadat die brand onder beheer gebring is. Intussen is wilde diere wat van die vlamme af weggevlug het, in woongebiede opgemerk. Die wapenvervaardiger Denel beloof glo om werknemers se salarisse vir April te betaal.
Spektrum 20 April 2021 20.04.2021 56:39
Weerstoestande is vandag gunstig vir die brandbestrydingspogings in Kaapstad. Die parlement se oorsigrol kom weer onder bespreking ná sy versuim om staatskaping te keer. Rand Water sê die staking môre deur lede van SANWU sal nie waterverskaffing beïnvloed nie. En ons onthou RSG-omroeper Ian Wessels wat gister oorlede is.
Spektrum 19 April 2021 19.04.2021 56:02
Een verdagte is in hegtenis geneem in verband met die brande in Kaapstad. Ons het die jongste nuus oor die brandbestrydingspogings. Vier mans verskyn in die landdroshof in Piet Retief in verband met 'n skietery op 'n plaas verlede week. Die Sisonke-inentingsveldtog word hervat.
Spektrum 16 April 2021 16.04.2021 50:37
Wat steek agter die ANC se sekretarisgeneraal se vergaderings met voormalige ANC leiers oor sy moontlike skorsing? Ons vind meer uit oor die skorsing van die DA se Wes-Kaapse partyleier, Bonginkosi Madikizela. Die nuwe hoofveldwagter van die Krugerwildtuin deel haar planne met ons. Die kollig val weer op boeliegedrag.
Spektrum 15 April 2021 15.04.2021 52:22
EFF leier Julius Malema se rol in onderhoude by die Regterlike Dienstekommissie word bevraagteken. Die gemeenskap van Piet Retief vra vir kalmte ná 'n geweldadige voorval op 'n plaas in die gebied. Ons kyk na die nuwe bevelstruktuur van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag.
Spektrum 14 April 2021 14.04.2021 56:10
Johnson & Johson inentings in Suid-Afrika word vir eers gestaak. Handelstoestande verbeter. Die omstrede Ace Magashule wek opnuut opspraak. Al hoe meer aasvoëls word vir tradisionele medisyne gebruik.
Spektrum 13 April 2021 13.04.2021 41:55
Vrae oor die regering se ooreenkomste met farmaseutiese maatskappye vir die verkryging van miljoene dosisse entstof. Blind SA gaan hof toe oor kopiereg-wetgewing. Ramadaan begin om middernag.
Spektrum 12 April 2021 12.04.2021 51:17
Hewige reaksie ná die moord op 'n boer wat voorheen in 'n plaasaanval verlam is. Gerda Steyn laat spat 'n 25-jaar oue marathon-rekord. Vandag, presies 60 jaar gelede, het 'n Rus die eerste mens geword wat 'n suksesvolle rit na die ruimte onderneem het.
Spektrum 9 April 2021 09.04.2021 52:27
'n Vierde springkaanplaag is besig om uit te broei in die Noord-Kaap. Kiesers trek hulle kruisies in die presidentsverkiesing in Djibouti. Die Inklusiewe Samelewingsinstituut stel 'n gemengde kiesstelsel vir die land voor, wat weer vir kiesafdelings voorsiening sal maak. Die DAK-Netwerk hou 'n protesaksie op die hoofkampus van die Universiteit Stellenbosch teen dié instelling se taalbeleid, wat hu...
Spektrum 8 April 2021 08.04.2021 53:11
Die name van parlementslede wat op die ad hoc-komitee sal dien oor die lot van die Openbare Beskermer, is bekendgemaak. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns sê dit is kommerwekkend dat Afrikaans se waarde klaarblyklik deur die Universiteit Stellenbosch gering geskat word. Egipte en Soedan blameer Ethiopië vir die voortslepende dooiepunt in samesprekings oor die bou van die Renaissanc...
Spektrum 7 April 2021 07.04.2021 51:59
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het die afgelope boekjaar meer geld ingesamel as wat hulle verwag het. Dokters mag Ivermektien nou op eie diskresie voorskryf ingevolge 'n bevel van die hof - ons kry duidelikheid oor die saak en hoe dit jou raak. Die plaaslike lugvaartbedryf trek nog swaar weens die Covid19-pandemie. Die Verkiesingskommissie werk hard aan reëlings vir vanjaar se plaaslike regerin...
Spektrum 6 April 2021 06.04.2021 54:40
Die UDM vra dat 'n tussentydse regering oorneem by die ANC weens dreigende onrus. Nog 'n minister word daarvan beskuldig dat hulle omkoopgeld aanvaar het. Ons kyk na die Paasnaweek se verkeerstatistiek. Ekonomiese groeivooruitsigte tuis en wêreldwyd bly positief.
Spektrum 5 April 2021 05.04.2021 55:45
'n Boer van Trichardt in Mpumalanga skenk grond aan die gemeenskap van Holfontein, wat jare lank onwettig op die plaas woon. Die Two Oceans Akwarium vra dat inwoners aan die Kaapse kus op die uitkyk moet wees vir seeskilpaaie, wat moontlik kan uitspoel op die strande. Die stryd oor dienslewering tussen die Kgetlengrivier plaaslike munisipaliteit en besorgde inwoners draai weer in die hof.
Spektrum 1 April 2021 01.04.2021 48:05
Die ouditeurgeneraal se verslag word as sorgwekkend beskryf. Ons kyk na die vernaamste newe-effekte van Eskom se voorgenome tariefverhoging van 15%. Die Khoisan Tradisionele Leierskapswet tree vandag in werking.
Spektrum 31 Maart 2021 31.03.2021 45:53
Die Amerikaanse regering verklaar die ISIS-ektremistegroep in Mosambiek as 'n buitelandse terroriste-organisasie. Ons kry reaksie en praat in die algemeen oor hoe die konflik die streek raak. Verkeersowerhede gaan hommeltuie, supervinnige voertuie en lyfkameras inspan om wet en orde oor die langnaweek te handhaaf.
Spektrum 30 Maart 2021 30.03.2021 48:19
Daar was 'n geringe toename in indiensneming in die laaste kwartaal van 2020. Spanne in die Kaapstad hawe en Waterkant is besig om duisende dooie visse uit die hawe te verwyder.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.