RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 8 Junie 2021 08.06.2021

Die AARTO-wetgewing sal moontlik nie in Julie geïmplementeer word nie. Die Kouga-munisipaliteit het die Oos-Kaapse regering versoek dat die munisipale gebied as 'n rampgebied verklaar word. Die DA in Tshwane is volgens gerugte besig om uitmekaar te skeur - ons kyk na of daar waarheid hierin steek. G7-lande wil 'n wêreldwye korporatiewe belastingheffing instel om belastingontduiking deur maatskappy...

Spektrum 7 Junie 2021 07.06.2021

As alles volgens plan verloop, sal onderwysers van Woensdag af ingeënt word teen Covid-19. Huldeblyke stroom in ná die dood van die legendariese aktrise, Shaleen Surtie-Richards. Zweli Mkhize het glo die ANC se Integriteitskommissie genader oor die Digital Vibes-korrupsieskandaal. Ons vra wat ons volgende kan verwag in die saak.

Spektrum 4 Junie 2021 04.06.2021

Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, se belsuit om nié voor die parlementêre komitee oor gesondheid te verskyn nie, word gekritiseer. Hoewel die Junie-eksamen amptelik afgestel is, gaan verskeie skole voort met dié eksamen. Byeboere vra vir daadwerklike optrede teen misdadigers te midde van reuse verliese weens vandalisme en diefstal.

Spektrum 3 Junie 2021 03.06.2021

Terwyl Suid-Afrika sy hoogste Covid-19-infeksiekoers in vier maande aanteken, neem frustrasie toe oor die naskoolse verspreiding van Covid-19. Ons het reaksie op Eskom se besluit om te onttrek aan loononderhandelinge. Inwoners van White City naby Kimberley is keelvol vir riool wat in hulle huise instroom. Ons hoor hoe die landbousektor sy skoene kan volstaan ná 'n buitengewone suksesvolle jaar. Di...

Spektrum 2 Junie 2021 02.06.2021

Die Spesiale Ondersoekeenheid gee terugvoer oor sy ondersoek na die verkryging van Covid-19 persoonlike beskermende toerusting. Dit blyk die einde van die pad te wees vir die Wes-Kaapse speurhoof, generaal-majoor Jeremy Vearey. Ons kyk na die impak wat sy afdanking kan hê. Eerwaarde Courtney Sampson het vir twee dekades lank verkiesings gereël in die Wes-Kaap. Ons praat met hom oor sy loopbaan. Di...

Spektrum 1 Junie 2021 01.06.2021

Daar is steeds onduidelikheid oor sommige aspekte van die Covid-inentings - 'n kenner gee raad. Landbou-organisasies is bekommerd oor verskeie elemente van die wetsontwerp oor grondonteiening. Sommige lede van die Pan-Afrika Parlement het hulle tot fisiese geweld gewend in die stryd om nuwe leiers te verkies. Ons kyk na die gebeure en die moontlike impak daarvan.

Spektrum 31 Mei 2021 31.05.2021

Ons kry reaksie van bekommerde ouers in die Noord-Kaap oor die aankondiging dat alle graad R tot graad 7-leerders van 26 Julie af weer normaal skool gaan bywoon. 'n Nasionale taakspan van toegewyde speurders is saamgestel om transitorooftogte te bestry. Ons praat met die restaurantbedryf oor hoe eetplekke aangepas en verander het sedert die begin van die pandemie. Nog twee distriksmunisipaliteite...

Spektrum 28 Mei 2021 28.05.2021

Beie mense kry Covid-inentings sonder om afsprake te maak - ons kyk na hoe dit die verspreiding van die entstowwe raak. Ons kry reaksie op die Nasionale Vergadering se spesiale debat oor boeliegedrag in skole. 'n Debat word tans in die Nasionale Vergadering gehou om die 25ste herdenking van die aanvaarding van die Grondwet in Mei 1996 te bespreek.

Spektrum 27 Mei 2021 27.05.2021

Gaan die omstrede e-tolstelsel in Gauteng geskrap word of nie? Leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap vergader in Mosambiek om moontlike militêre ingryping in die noorde van die land te bespreek - ons kyk na wat die moontlike opsies is. Sedibeng-water beplan om van sy operasionele en onderhoudsdienste op te skort - 'n hofsaak dreig nou oor die beplande opskortings. Twee ontleders...

Spektrum 26 Mei 2021 26.05.2021

Die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, ontken dat hy persoonlik gebaat het by verdagte transaksies met die kommunikasiemaatskappy Digital Vibes. Die sweefklub van Harrismith in die Vrystaat gaan na 'n ander dorp verhuis ná gewelddadige onluste vroeër vandeesweek. Oudpresident Jacob Zuma en die wapenvervaardiger Thales verskyn in die hof in Pietermaritzburg op korrupsie-aanklagte.

Spektrum 25 Mei 2021 25.05.2021

'n Misdaadklag sal na verwagting teen die voormalige raadsvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Dudu Myeni, gelê word nadat sy versuim het om voor die Staatskapingskommissie te verskyn. Landbou-organisasies sê die vuurwapenkonsepwetgewing is irrasioneel.

Spektrum 24 Mei 2021 24.05.2021

Die debat oor vuurwapenbesit betree 'n nuwe dimensie. Die ANC se nasionale bestuurskomitee beredeneer vandag oor die toekoms van die geskorste sekretarisgeneraal, Ace Magashule.

Spektrum 21 Mei 2021 21.05.2021

Die DA verloor nog 'n prominente lid van sy kabinet - ons vra wat die impak hiervan op die party kan wees. 'n Herrie het ontstaan oor beweerde renosterstropery in die Krugerwildtuin. 'n Bekende ontleder het die Covid-19-inenting ontvang - hy deel sy ervaring met ons. Die opskorting van kontaksport in skole lok hewige reaksie uit.

Spektrum 20 Mei 2021 20.05.2021

Verpleegsters word glo aangesê om nie enige newe-effekte van die Covid-19-entstof aan te meld nie. Tog sê 'n kenner dat daar betreklik min ernstige newe-effekte is. Daar was 'n paar verrassings in die uitslae van gister se tussenverkiesings, veral in Gauteng. 'n Kenner meen dit is nou tyd om die gebruik van rubberkoeëls te staak.

Spektrum 19 Mei 2021 19.05.2021

Oproepe dat die Oos-Kaap as droogterampgebied verklaar word. Verbruikersprysinflasie styg. Landbou vra vir 'n plan teen die onwettige jag met honde.

Spektrum 18 Mei 2021 18.05.2021

'n Veiligheidswag wat 'n tiener doodgeskiet het toe hy 'n waarskuwingskoot tydens betogings afgevuur het, verskyn in die landdroshof in Bloemfontein. 'n Landbou-ekonoom sê debatte oor die impak van rooivleisproduksie op die omgewing moenie onderskat word nie. Die lugvaartbestuur-afdeling van die wapenvervaardiger, Denel, het aangekondig dat werknemers vandeesmaand slegs tussen 10% en 75% van hulle...

Spektrum 17 Mei 2021 17.05.2021

Die saak teen oudpresident Jacob Zuma en die Franse maatskappy, Thales, is in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg tot 26 Mei uitgestel. Die ontslape Springbokheld Chester Williams word vanaand in 'n Varsitybeker-kragmeting onthou. Vyf miljoen senior burgers moet in Fase 2 ingeënt word. SANPARKE oorweeg leuenverklikkertoetse vir sy personeel.

Spektrum 14 Mei 2021 14.05.2021

Die regering sê hy is gereed vir Fase Twee van die inentingsprogram - is dit egter waar? Ons vind uit waarom baie mense steeds huiwerig is om die Covid-19-entstof te ontvang. 'n Nuwe organisasie wat die misbruik van pensioenfondse sal beveg, is pas gestig. Die kwartaallikse misdaadstatistiek word bekendgemaak.

Spektrum 13 Mei 2021 13.05.2021

Daar is steeds onsekerheid oor of die Covid-19-inentingsprogram sy teikens kan bereik. Nog regsaksie kom teen die departement van water oor die Kubaanse ingenieurs. Heelparty wapenstelsels in die Lugmag en elders is buite werking weens die verval van Denel. Oudpresident Jacob Zuma se korrupsieverhoor is op die hofrol vir Maandag, al het hy nie 'n regsverteenwoordiger nie - sal die saak kan voortga...

Spektrum 12 Mei 2021 12.05.2021

Die regters wat op die Seriti-kommissie gedien het gaan ondersoek word, weens klagtes van wangedrag. Stakende werknemers van die Namibiese Uitsaaikorporasie het vandag 'n optog na dié land se parlement gehou. Die minister van polisie, Bheki Cele, vra om verskoning vir die vertraging van DNS-toetse by die polisiediens se forensiese laboratoriums. Ontevrede ANC-lede in die Dr. Kenneth Kaunda-streek...

Spektrum 11 Mei 2021 11.05.2021

Onderhandelinge oor salarisverhogings in die staatsdiens duur voort. Twee polisielede van Klerksdorp is ontslaan nadat hulle hulle afdelingshoof valslik van rassisme beskuldig het. Die drukgroep, Action Society, versoek dat die nasionale register van seksoortreders openbaar gemaak moet word. 'n Nuwe brug oor die Zambesi-rivier kan handel tussen Botswana en Zambië bevorder.

Spektrum 10 Mei 2021 10.05.2021

Die Minister van Gesondheid, dr. Zweli Mkhize, sê die Vrystaat ondervind 'n derde vlaag van Covid-19-infeksies. Suid-Soedan se president het die land se parlement ontbind. Boere in die Oos-Kaap sê hoewel hulle die afgelope naweek se reën verwelkom, is veel meer nodig om weer op die been te kom. Die Universiteit van die Vrystaat gaan 'n Akademie vir veeltaligheid stig.

Spektrum 7 Mei 2021 07.05.2021

Inwoners in die Struisbaai-gebied aan die Kaapse suidkus is besig met opruimingswerk na gister se stormskade. Die ANC se spesiale nasionale uitvoerende komitee-vergadering vind die naweek plaas - ons kyk na die doel van die vergadering en wat ons kan verwag. Intussen het die ANC Jeugliga die binnegevegte in die party veroordeel. Daar is opnuut vrese dat 'n derde golf Covid-19-gevalle binnekort del...

Spektrum 6 Mei 2021 06.05.2021

Ace Magashule se skorsing en sy daaropvolgende optrede, kom onder die loep. Hewige storms het oorstromings veroorsaak in Struisbaai en naburige gebiede. Die bestuurder van 'n sekuriteitsvoertuig wat onlangs aangeval is, kry nou doodsdreigemente. Hoe hanteer ons die Covid-19-krisis in Indië op 'n diplomatieke manier om ons eie burgers te beskerm?

Spektrum 5 Mei 2021 05.05.2021

Die opsystaan-beginsel in die ANC verg al hoe slimmer voetwerk van sommige top leiers in die party. Die DA beskryf die burgemeester van Johannesburg, Geoffrey Makhubo, se openingsrede as 'n verbeeldingsvlug. Ongure stormweer word in die Wes-Kaap verwag.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.