RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 13 Julie 2021 13.07.2021 55:24
Politieke partye is ontevrede met die reaksie van die regering op die plundertogte in dele van die land. Die Weermag gee duidelikheid oor presies wat hulle rol gaan wees om die geweld te stop. Ons vra: Is die minister van polisie meer Bheki as binnegoed? Die Amerikaanse ruimte-agentskap gaan fynbos in die Wes-Kaap begin monitor.
Spektrum 12 Julie 2021 12.07.2021 53:34
Jacob Zuma wend hom vandag tot die hoogte hof om sy tronkstraf omgekeer te kry, terwyl onluste in sy naam in dele van die land voortwoed. Ysweer en storms teister die Kaap, en is op pad binneland toe. Restaurante voel die knyp, in weerwil van die geringe verligting wat president Cyril Ramaphosa gisteraand aangekondig het.
Spektrum 9 Julie 2021 09.07.2021 53:01
Gauteng se Covid-19-verspreidingskoers neem af, maar kommer oor ander provinsies neem toe. Te midde van stygende Covid-19-gevalle, sterf Johannesburg se uitvoerende burgemeester, Geoff Makhubo nadat hy met die siekte gehospitaliseer is. Die ANC se sektretarisgeneraal, Ace Magashule, bly geskors, maar wat van oudpresident Jacob Zuma se ANC-status? Daar is heelwat vrae oor die skorsing van die hoof...
Spektrum 8 Julie 2021 08.07.2021 54:26
Oudpresident Jacob Zuma is agter tralies - die leiers van die DA en die VF+ gee hulle mening hieroor. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag begin vandag sy inentingsveldtog vir soldate by die Waterklooflugmagbasis in Pretoria. Die jongste National Income Dynamics Coronavirus Rapid Mobile-studie wys die grootste struikelblok in die stryd teen die pandemie, is die feit dat daar nie ingeënt word oor...
Spektrum 7 Julie 2021 07.07.2021 51:09
Korttermyn-versekeraars vaar baie goed. Die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum begin met massa-inentings. Julie is Spaarmaand, en kenners waarsku dat dit nou belangriker as ooit is om te spaar. En, ons het die jongste nuus van Wimbledon af.
Spektrum 6 Julie 2021 06.07.2021 56:00
Ons kyk na wat ons kan verwag van oudpresident Jacob Zuma se aansoek om sy inhegtenisneming af te weer. Die saak word vandag en môre in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg aangehoor. Die ANC gee opdrag dat daar opgetree moet word teen diegene wat geweld in Nkandla aangehits het. RandWater is besig met herstelwerk aan die Palmiet-pompstasie ná 'n ontploffing daar die afgelope naweek.
Spektrum 5 Julie 2021 05.07.2021 53:42
Vrae hang nog in die lug oor waarom die polisie nie opgetree het nie teen Zuma-ondersteuners wat inperkingsmaatreëls oortree het. Ons kry reaksie op die verduideliking wat die minister van polisie gee vir hulle gebrek aan optrede. Nuwe data wys dat Covid-19-entstowwe meer effektief is teen die DeltaPlus-variant.
Spektrum 2 Julie 2021 02.07.2021 51:21
Mense wat voorheen besmet is met die Alpha en Beta variante van die Covid-19-virus kan steeds met die Delta Plus variant besmet word. Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte verduidelik waarom dit so lank neem om uitslag te gee oor Russies en Sjinese entstowwe. Gerugte doen die rondte dat Jacob Zuma die hooggeregshof wil nader om uit die tronk te bly. Die waarnemende minist...
Spektrum 1 Julie 2021 01.07.2021 53:32
Die Konstitusionele Hof bevind dat president Cyril Ramaphosa nie die parlement mislei het oor die CR17-fondse nie. Ons kry reaksie op die uitspraak, en vra of dit die saak versterk om die Openbare Beskermer uit haar pos te verwyder. Die Zondo-kommissie sal sy werk moet afhandel sonder die getuienis van oudpresident Jacob Zuma of die Guptas - ons vra wat die impak hiervan op die finale verslag sal...
Spektrum 30 Junie 2021 30.06.2021 53:32
Die Reserwebank vier vandag sy 100ste bestaansjaar. Sommige mense vra dat die plaaslike verkiesings uitgestel moet word - wat sou die implikasies hiervan wees? Oudpresident Zuma moet homself teen Sondag oorhandig aan die polisie - wat gebeur sodra hy dit doen? Vinpro vra 'n hofinterdik aan om wyn te verkoop in die Wes-Kaap.
Spektrum 29 Junie 2021 29.06.2021 53:41
'n Regskenner beantwoord die vraag: Sal oudpresident Jacob Zuma wel tronk toe gaan nadat hy skuldig bevind is aan minagting van die hof? Wat weet ons van die Delta Plus-variant van die Covid-19-virus? Navorsing oor die impak van die Wet op die Beheer van Vuurwapens op misdaad, is uiteindelik bekendgestel. Ons kry reaksie op die jongste kwartaalikse indiensnemingsyfers.
Spektrum 28 Junie 2021 28.06.2021 53:36
Die EFF word aangekla van die oortreding van die Wet op Rampbestuur. Rolspelers in die drankbedryf dreitg om ook die Covid-regulasies verontagsaam. Alle skole moet vir die Junie-skoolvakansie teen Vrydag gesluit wees - hoe raak dit die res van die skooljaar? Nog aasvoëls word in Botswana vergiftig.
Spektrum 25 Junie 2021 25.06.2021 52:45
Die waarnemende minister van gesondheid, Mammoloko Kubayi-Ngubane, sê mense bo 50 kan van Julie af registreer om entstof te ontvang. Ons wy 'n groot gedeelte van die program aan die jongste bevindinge oor die oor die inentingsproses. Daar is kommer oor 'n toename in politieke moorde in die aanloop tot Oktober se plaaslike verkiesings. Die publiek het nog tot 3 Julie kans om voorstelle in te dien o...
Spektrum 24 Junie 2021 24.06.2021 51:08
Die polisie en SANPARKE is op soek na 'n verdagte voertuig wat moontlik verbind kan word met die brande in Kaapstad vroeër vanjaar. Vrystaat Landbou sê die polisie neem plaasaanvalle nie ernstig op nie. SADC sê terreur in Mosambiek die stryd aan met die ontplooiing van die streek se bystandsmagte. Die department van omgewingsake het ‘n Turkse kragskip-maatskappy se aansoek vir 'n permit van die ha...
Spektrum 23 Junie 2021 23.06.2021 53:59
Die proses om onderwysers in al die provinsies teen Covid-19 in te ent, het vanoggend begin. Verbruikersprysinflasie het in Mei gestyg, te midde van waarskuwings dat munisipale finansies verswak. Twee partye stem nie saam met die finale verslag oor die ingryping om sekere provinsiale departemente van Noordwes onder administrasie te plaas nie - ons vind by hulle uit wat hulle besware is.
Spektrum 22 Junie 2021 22.06.2021 56:32
Ses-en-negentig persent van nuwe Covid-19 gevalle kom tans in Gauteng voor. Die Gautengse bevelsraad vergader vandag oor moontlike strenger inperkings - ons vra wat ons moontlik kan verwag. Onderwysers word van more af ingeënt, maar wat van kleuterskoolpersoneel? Die Wes-Kaap loop deur onder, nie een nie, maar twee kouefronte!
Spektrum 21 Junie 2021 21.06.2021 52:44
Suid-Afrikaners moet hulleself nou meer as ooit tevore beskerm teen Covid-19. Onderwysers sal van Woensdag af ingeënt kan word - ons kyk na hoe die proses sal werk. Die nuwe plekname in die Oos-Kaap is hier om te bly nadat die besware daarteen verwerp is. Daar is 'n klaarblyklike toename in aanvalle op polisielede vir hulle vuurwapens.
Spektrum 18 Junie 2021 18.06.2021 53:45
Die Departement van Gesondheid sê bykans 2 miljoen Suid-Afrikaners is reeds teen Covid-19 ingeënt. Die Wes-Kaap is in die greep van 'n derde vlaag van Covid-19-infeksies. Die polisie in Mpumalanga ondersoek die moord op 'n beweerde baasbrein agter renosterstroperysindikate. En die Rand het effens verswak ná die aankondiging deur die Amerikaanse Federale Reserwebank dat hy dalk vroeër as voorspel r...
Spektrum 17 Junie 2021 17.06.2021 48:48
Die Sol Plaatjie Munisipaliteit word beboet vir sy onvermoë om belangrike waterpompe te herstel. Gauteng se inwoners word aangemoedig om hulle te laat inent, selfs al het hulle nie SMS'e ontvang om afsprake te bevestig nie. 'n Man sterf nadat hy deur 'n tier aangeval is by die Seaview Predator Park in Gqeberha. Ons kry reaksie op die langverwagte ontmoeting tussen die Amerikaanse en Russiese presi...
Spektrum 16 Junie 2021 16.06.2021 52:59
President Cyril Ramaphosa se fokus op Jeugdag is om werksgeleenthede vir jongmense te skep. Ons kry reaksie op die nuus en kyk na waarom die jeugwerkloosheid syfer so hoog is. Sakevertroue in die landbousektor het 'n algehele hoogtepunt bereik. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum is omgekrap oor die swak beriggewing oor die geboorte van 'n tienling in Gauteng.
Spektrum 15 Junie 2021 15.06.2021 50:15
Verdere stappe kom om die regering aanspreeklik te hou vir die vertraagde en onvoldoende inentingsproses. Die proses om die Wet op Rampbestuur aan te pas, vorder goed. Mense stroom na Ladysmith in KwaZulu-Natal op soek na diamante - ons vra of die blink klippies wel daar kan voorkom.
Spektrum 14 Junie 2021 14.06.2021 50:42
Twee miljoen dossise Johnson & Johnson entstof moet vernietig word - hoe sal dit alle lande se inentingsveldtogte raak? Vrae hang nog in die lug oor die transaksie waarin die Suid-Afrikaanse Lugdiens aan 'n konsortium verkoop is. Verskeie munisipaliteite in Noordwes loop die risiko om onder provinsiale administrasie geplaas te word. Verskeie partye maak vandag voorleggings aan die Menseregtekommis...
Spektrum 11 Junie 2021 11.06.2021 53:50
SAL kry 'n nuwe vennoot. Lof ná president Ramaphosa se aankondiging dat maatskappye baie meer krag mag opwek.
Spektrum 10 Junie 2021 10.06.2021 55:50
President Cyril Ramaphosa kondig maniere aan om ekonomiese groei te verbeter, insluitend maniere om die impak van beurtkrag te minimaliseer. Nooddienste in Gauteng ontvang toenemend oproepe van mense wat beseer word - en beurtkrag kry die skuld. Die Verenigde Arabiese Emirate onderteken 'n uitleweringsooreenkoms met Suid-Afrika. Die DA, Sakeliga en die Vryemarkstigting sê hulle gaan grondonteienin...
Spektrum 9 Junie 2021 09.06.2021 55:21
Ons kyk na die besluit en impak daarvan om die minister van gesondheid op spesiale verlof te plaas. Die Johnson&Johnson-entstof is steeds nie as veilig vir gebruik verklaar nie. Voëlgriep is by drie plase in die Vrystaat aangemeld. Die Verkiesingskommissie stel vandag amptelik die Plaaslike Regeringsverkiesing bekend.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.