RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 17 Augustus 2021 17.08.2021 55:26
Nuwe parlementere reëls word bespreek om ministers vas te vat wat nie hulle werk doen nie. Die Aspen farmaseutiese maatskappy beantwoord vrae oor Covid-entstowwe wat hier vervaardig word, maar na Europa gestuur word. Die ontplooiing van soldate in die binneland word verleng. Ons ondersoek berigte dat mense weens die Covid-19-entstof gesterf het.
Spektrum 16 Augustus 2021 16.08.2021 55:33
Die negende herdenking van die Marikana-tragedie vind vandag plaas. Vakbonde sê geregtigheid vir die slagoffers sal nooit geskied nie. Ons kyk na hoe die gebeure ons nege jaar later op verskeie vlakke steeds raak. Eskom sê hy beplan geen beurtkrag ná die ontploffing by Medupi. Die Afrikaanse Taalraad sê Maties se tweede konsep op sy hersiene taalbeleid het steeds leemtes.
Spektrum 13 Augustus 2021 13.08.2021 56:48
Nege miljoen dosisse Covid-19-entstof is al in Suid-Afrika toegedien. Ons kry reaksie op die bewerings dat Jacob Zuma se sogenaamde private weermag betrokke was by die onrus 'n maand gelede. Die Staatskapingskommissie het byna sy werk voltooi - wat kry ons vir die R1-miljard wat daarop spandeer is?
Spektrum 12 Augustus 2021 12.08.2021 53:03
President Cyril Ramaphosa sê die Guptas het sedert 2011 toegang tot die staat geniet. 'n Ontleder gee insig oor die president se getuienis voor die Zondo-kommissie. Waarom is nog geen baasbrein agter tralies ná die onrus in die land 'n maand gelede nie? Die WWF sê die verslag oor klimaatsverandering se boodskap is duidelik: tree nou op!
Spektrum 11 Augustus 2021 11.08.2021 28:58
President Ramaphosa getuig voor die Zondo-kommissie. Hoekom is opposisiepartye so ontevrede met die ANC se keuse vir Speaker? 'n Intensiewe koue front word môre verwag in die Oos- en Wes-Kaap, wat teen Vrydag uitbrei na KwaZulu-Natal.
Spektrum 10 Augustus 2021 10.08.2021 49:38
Die jongste oor die veldbrande in die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes. Ligflitse word vir die eerste keer vanaf 'n gravitasiekolk waargeneem. 'n Groot prys vir 'n appelbier van Ceres.
Spektrum 9 Augustus 2021 09.08.2021 50:53
Amnestie Internasionaal sê swak dienslewering benadeel veral vroue en kinders. Die jongste verslag oor klimaatsverandering word bekendgemaak. Mediese kenners weerlê mites oor Covid. Behalwe vir 2 vroue, het Suid-Afrika se 185 atlete maar flou gevaar by die Olimpiese Spele in Tokio.
Spektrum 6 Augustus 2021 06.08.2021 52:34
Dit gons nog oor die veranderings wat aan die kabinet gemaak is - ons plaas die fokus op die nuwe ministers van finansies en verdediging. Kommers heers oor die staatsveiligheidsportefeulje wat in die presidentskantoor gesetel is. Die regering gee duidelikheid oor hoeveel die ontplooiing van Suid-Afrikaanse troepe na Mosambiek gaan kos. As jy styf is nadat jy geoefen het, kan rooibostee jou spiere...
Spektrum 5 Augustus 2021 05.08.2021 46:24
Aanwysings van kandidate vir die plaaslike verkiesing gaan voort - wie mag hulself as 'n kandidaat beskikbaar stel? Ons ondersoek die besluitnemingsproses binne die ANC voor 'n kabinetsverandering plaasvind. Die onderwysersvakbond NAPTOSA is ongelukkig met oorvol klasse by skole. Watter struikelblokke kan die Zuma-regspan nog inspan om sy verhoor te vertraag?
Spektrum 4 Augustus 2021 04.08.2021 48:12
Die minister van Polisie, Bheki Cele, beantwoord vrae oor die polisie se traagheid, grondwetlike verantwoordelikheid en die gebeure in Phoenix in Durban. Daar word al hoe meer oor 'n kabinetskommeling bespiegel - die jongste naam in die hoed is dié van die Olimpiese swemmer, Roland Schoeman. Sowat 14,000 wetenskaplikes vra opnuut dat dringende stappe gedoen word om klimaatsverandering die stryd aa...
Spektrum 3 Augustus 2021 03.08.2021 51:05
'n Hoëvlak-afvaardiging van die DA het gebiede in KwaZulu-Natal besoek wat deur die onlangse onluste geraak is. Die Suid-Afrikaanse swemsensasie Tatjana Schoenmaker keer terug na 'n heldeontvangs. Ons praat met haar pa René oor haar prestasies. Ons kyk na die SAUK se plan om werknemers se kommunikasie te monitor: is dit wettig of nie?
Spektrum 2 Augustus 2021 02.08.2021 48:58
Die seun van die minister van gesondheid, Dedani Mkhize, en die spesiale ondersoekeenheid kruis swaarde nadat die eenheid hom by korrupsiebedrywighede betrek. Drie gevalle van hondsdolheid word aan die Wesrand bevestig.
Spektrum 30 Julie 2021 30.07.2021 53:15
President Cyril Ramaphos ontken gerugte dat 'n kabinetskommeling op hande is. Daar is opnuut oproepe dat mense hulle moet laat inent teen Covid-19. Suid-Afrika vier Sondag vir die eerste keer Mariene Bewaringsgebiede-dag.
Spektrum 29 Julie 2021 29.07.2021 47:11
Owerhede is besig met omgewingsimpakstudies in die Ethikweni munisipaliteit nadat gifstowwe plaaslike riviere beland het. Ons kry reaksie op die hofbeslissing dat daar wysigings aan die reëls nodig is om die hoof van 'n Artikel-9-instelling te verwyder. Die Charlotte Maxeke hospitaal in Johannesburg sal eers oor twee jaar weer ten volle operasioneel wees. Suid-Afrikaners mag binnekort 'n deel van...
Spektrum 28 Julie 2021 28.07.2021 54:26
Suid-Afrikaners sal vir die eerste keer in meer as 'n jaar weer pos na Australië kan stuur. Die kunstesektor hoop vir finansiële verligting van die regering. Daar is 'n tekort aan doodskiste. Ons praat met kenners oor die impak van die kuberaanval op Transnet se IT-stelsel.
Spektrum 27 Julie 2021 27.07.2021 54:06
Die vlak van die Kougadam in Patensie styg. Verskeie vakbonde onderteken die salarisooreenkoms vir staatsdienswerkers. Rolspelers verwelkom die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement se veldtog om werkers in die landbou sektor teen Covid-19 in te ent. 'n Aandklok-reël is in Tunisië ingestel.
Spektrum 26 Julie 2021 26.07.2021 52:47
Skole heropen vir die derde kwartaal. Meer as 10% van die bevolking is reeds teen Covid-19 ingeënt. Al hoe meer mense vra dat president Cyril Ramaphosa sy kabinet moet skommel. Mango gaan in sakeredding geplaas word.
Spektrum 23 Julie 2021 23.07.2021 48:30
Rassespanning loop hoog in Phoenix, noord van Durban, waar minstens 35 mense dood is tydens verlede week se onluste. Die Menseregtekommissie lê besoek af aan die gebied - ons hoor hoe hulle daar wil ingryp. Die waarnemende Minister van Gesondheid sê die hoeveelheid nuwe Covid-19-gevalle wat aangemeld word, is besig om af te plat.
Spektrum 22 Julie 2021 22.07.2021 47:57
'n Basiese inkomstetoelaag van sowat R1,270 per maand word oorweeg om die ekonomie weer op dreef te kry, maar ekonome waarsku dat die helfte van die land dan van toelaes afhanklik sal wees. Die organisasie, Accountability Now, en die DA maak planne bekend oor hulle pogings om te vra dat 'n nuwe hoofstuk 9-instelling gestig word. 'n Grondwetkenner waarsku dat die uitstel van die verkiesing 'n gevaa...
Spektrum 21 Julie 2021 21.07.2021 49:02
Politieke partye reageer op die Moseneke-aanbeveling dat die plaaslike verkiesings uitgestel word. Hulde aan die akteur Lieb Bester. Die Bok-span vir Saterdag se toets teen die Britse en Ierse Leeus is bekend.
Spektrum 20 Julie 2021 20.07.2021 47:50
Ons praat met 'n politieke ontleder oor die Zuma-korrupsieverhoor en uitspraak oor die sogenaamde CR17-miljoene. Suid-Afrika se Covid-inentings steek die vyfmiljoen kerf verby. Hulp van oraloor na KwaZulu-Natal ná die gewelddadige betogings.
Spektrum 19 Julie 2021 19.07.2021 46:15
Die jongste oor Jacob Zuma se hofbetoë. Hulde aan 'n RSG-aanbieder. Ivermektien as behandeling vir Covid is in die spervuur. Groot koue is op pad.
Spektrum 16 Julie 2021 16.07.2021 46:19
President Cyril Ramaphosa sê hulle is op die spoor van diegene wat daarvan verdink word dat hulle die land probeer destabiliseer het, en sê Suid-Afrikaners het bewys dat hulle nié vir verdeeldheid staan nie. Die ontleder, Max du Preez, sê die president kan nie alleen vir die regering se swak reaksie op die situasie beskuldig word nie, want “hy sit met ministers wat werklikwaar onbeholpe is.” Die k...
Spektrum 15 Julie 2021 15.07.2021 47:33
Planne is aan die gang om 25,000 weermaglede te ontplooi, maar presies hoe sal dit werk, en wat moet geprioritiseer word? Boere word daarteen gewaarsku om skerppunt-ammunisie teen ortreders te gebruik. Gauteng se regering bly bekommerd oor die impak wat die geweld en wetteloosheid van die afgelope week op dienslewering in die provinsie het. Die department van bosbou, visserye en omgewingsake het v...
Spektrum 14 Julie 2021 14.07.2021 52:29
Honger en armoede word as redes gegee vir die onluste in KZN en Gauteng - 'n sosioloog meen die probleem lê veel dieper. Gemeenskappe staan saam om mekaar te beskerm en te help te midde van waarskuwings vir inwoners om nie die reg in eie hande te neem nie.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.