RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 10 September 2021 10.09.2021 54:48
Die aantal nuwe Covid-19-gevalle het die afgelope week 'n afwaartse neiging getoon. Slegs drie partye het individuele skenkings aan die OVK verklaar - ons kry duidelikheid oor hoe die proses werk en wat verklaar moet word. Het die einde van die ANC se RET-faksie aangebreek, of gaan hulle soos die feniksvoël uit die as verrys?
Spektrum 9 September 2021 09.09.2021 50:51
Ons kry regsmening oor dié uitlating van die nasionale kommissaris van Korrektiewe Dienste oor oudpresident Jacob Zuma se mediese parool. Die Poskantoor betaal glo nie sy werknemers se mediesefondsbydraes nie. 'n Erg beseerde seeskilpad kry 'n kans op 'n nuwe lewe.
Spektrum 8 September 2021 08.09.2021 52:39
Begunstigdes van die Distrik Ses hervestigingsproses is steeds in die donker oor wanneer hulle na hulle ou woonbuurt sal kan terugkeer. Die konstruksiebedryf toon tekens van herstel. Verwarring heers oor die voorgestelde gewysigde tariewe vir die hernuwing van voertuig- en bestuurslisensies. 'n Gesondheidsorgkenner sê die inperkingsmaatreëls moet hersien word.
SA Nasionale parke week is uitgestel tot November 08.09.2021 0:52
Sanparke het Nasionale Parke Week, wat tradisioneel in September plaasvind, uitgestel na November. Die woordvoerder van SANPARKE, Reynold Thlakuli sê die besluit is geneem weens die heersende pandemie.
DA wil hê ondersoek na speaker in die parlement oor afpersing moet voortgaan 08.09.2021 0:40
Die DA wil hê dat die ondersoek na die Speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, oor afpersing, hervat moet word. Dit nadat die fluitjiebaser wat die saak aanvanklik aan die groot klok gehang het aangedui het dat hulle WEL sal saamwerk met die parlement oor die kwessie. Die fluitjieblaser het deur middel van Bantu Holomisa destyds beweer dat Mapisa-Nqakula hulle b...
Nuwe nasionale park vir die Oos-Kaap beplan... 07.09.2021 3:05
Sanparke het planne aangekondig vir 'n nuwe nasionale park, wat in die Oos-Kaap geleë sal wees. Die Kaapse Grasveld Nasionale Park sal in samewerking met die Wêreld Natuurlewe Fonds ontwikkel word. Dié park van sowat 30 duisend hektaar sal Naudenek-pas, berge van die Oos-Kaap wat aan Lesotho grens, en die Oos-Kaapse Drakensberg strategiese waterbron, insluit. Die koördineerd...
Spektrum 7 September 2021 07.09.2021 49:56
Twee politieke partye oorweeg regstappe teen die Onafhanklike Verkiesingskommissie oor die heropening van die registrasieproses vir kandidate. Sanparke wil 'n nuwe nasionale park in die Oos-Kaap vestig. Die Wêreld Natuurlewefonds sê die ware koste van besoedeling is groter as die totale bruto binnelandse produk van Indië.
Spektrum 6 September 2021 06.09.2021 55:48
Daar is uiteenlopende reaksie van politieke partye op die mediese parool van oudpresident Jacob Zuma. Inwoners van Venterspost sal tot minstens 15 September sonder kragtoevoer wees. Die WNNR sê daar is 'n beduidende afname in nuwe Covid-19-infeksies. Die Raad van Trustees van die Liliesleaf-gedenkwaardigheid in Sandton sê die besluit om die deure te sluit, is eensydig geneem.
Spektrum 3 September 2021 03.09.2021 57:50
President Cyril Ramaphosa verskaf antwoorde in die Nasionale Vergadering in sy kwartaallikse vraag-en-antwoordsessie. Die Wes-Kaapse regering sê die provinsie is verby die piek van die derde vlaag. Ons kry reaksie op die besluit deur Discovery dat sy werknemers teen Covid-9 ingeënt moet word.
DA dreig met hof as regering nie sê oor chemiese middels nie 02.09.2021 3:20
Die DA in Kwa-Zulu Natal oorweeg regsoptrede om die provinsiale regering en United Phosphorus Limited (UPL) te dwing om oop kaarte te speel oor presies watter chemiese stowwe in die omgewing gestort is na die brand by die UPL stoor in Cornubia. Die stoor is tydens die onrus meer as 'n maand gelede deur betogers aan die brand gesteek. Chemiese middels het in naby gelee waterbronne beland en a...
Vrou gee oorlede man se instrumente aan trekklavier-man 02.09.2021 3:25
Spektrum het vroeër die week met die trekklavier-man, Lukas de Preez gepraat nadat hy minstens 12 hospitale in die Wes-Kaap besoek het, en daar musiek gemaak het vir pasiënte. Hy het landwyd harte gesteel met die musiek wat hy vir sy vrou, Marinda gespeel het toe sy in die hospitaal opgeneem is met Covid-19. Na haar dood het hy besluit om 'n boodskap van hoop deur musiek te bring. Die Co...
Spektrum 2 September 2021 02.09.2021 49:53
Ons kry reaksie op die besluit om die voormalige premier van Noordwes, Supra Mahumapelo, se skorsing terug te trek. Die konsepbelastingwet maak vergunning vir mense wat van die huis af werk. Ons kry reaksie op die uitslae van die opname oor die elektrisiteit-, gas- en waterbedryf van 2019.
Spektrum 1 September 2021 01.09.2021 52:27
Hewige reaksie oor die tydelike terugtrek van die groenskrif oor die pensioenplan. Kommer oor die groot aantal amptenare wat onwettig met die staat sake doen. Nog medaljes vir Suid-Afrika by die Paralimpiese Spele.
Spektrum 31 Augustus 2021 31.08.2021 55:23
Moet skool- en tersiêre opleiding verleng word? Ons praat met 'n kenner. 'n Bekende fluitspeler vermom haarself om haar gesteelde instrument terug te kry. Gemengde brandstofprysnuus vir motoriste. 'n Vrou skenk haar oorlede man se trekklavier ná Lukas du Preez se storie van hoop.
Spektrum 30 Augustus 2021 30.08.2021 52:25
Vrae oor inkonsekwente optrede teen regeringslui. Ons praat met 'n politieke ontleder. Oproepe dat elke maand Vrouemaand moet wees. Ons praat met Lukas du Preez, die trekklavierman wat ná sy vrou se dood, ander Covid-pasiënte bemoedig met sy musiek.
Trekklavier-man versprei hoop deur musiek 30.08.2021 6:00
Nadat hy mintens twaalf hospitale in die Wes-Kaap besoek het met sy boodskap van hoop, gaan die trekklavier-man, Lukas du Preez, nou tyd maak vir sy eie helingsproses. Du Preez se vrou, Marinda, is twee weke gelede dood aan Covid-19. Hy het gereeld voor haar hospitaalvenster op sy trekklavier musiek gemaak om haar aan te moedig, en het na haar dood besluit dis die beste manier om hulde te bring aa...
Spektrum 27 Augustus 2021 27.08.2021 49:06
Sewe verdagtes word vasgetrek in verband met die sluipmoordaanval op Babita Deokaran. Motoriste word weer uitstel gegee om hulle bestuurderslisensies te hernu. Die ANC en UDM wend hulle na die Kieshof oor registrasieprobleme vir kandidate in die komende plaaslike verkiesing. NERSA het 'n voorstel oor kernkragopwekking goedgekeur - ons kry duidelikheid oor wat dit vir die land beteken.
Spektrum 26 Augustus 2021 26.08.2021 51:15
Kringtelevisiekameras was glo afgeskakel tydens 'n sluipmoordaanval vandeesweek op 'n fluitjieblaser. Inwoners is bekommerd oor die impak van nog 'n chemiese brand in Durban. Jongmense moedig mekaar aan om die Covid-19-inenting te kry.
Suid-Afrikaner blink uit tydens paralimpiese spele 25.08.2021 3:05
Een van die deelnemers wat by vanjaar se paralimpiese spele uitgeblink het, is Irmgard Bensusan. Sy is in Suid-Afrika gebore en getoeë, maar sy het Duitsland verteenwoordig in die vroue 100 meter en 200 meter. Sy het haar leuse, "ek sal hulle wys," met Marlinée Fouché gedeel na die openingseremonie. Hierna het sy twee silwer medaljes losgehardloop. Foto: Verskaf
Spektrum 25 Augustus 2021 25.08.2021 51:58
Skerp vrae word gevra oor die polisie se agterstand met DNS-toetse. Soldate in KwaZulu-Natal ly honger. Daar is 'n beduidende toename in vals begrafniseise.
Spektrum 24 Augustus 2021 24.08.2021 55:01
Sowat 48,000 kandidate en meer as 110 politieke partye registreer vir die munisipale verkiesings. Nog 'n geval van dieremishandeling - die keer op 'n leeuplaas in die Vrystaat. Die Paralimpiese Spele begin in Tokio.
Spektrum 23 Augustus 2021 23.08.2021 54:17
Vandag is die laaste dag vir politieke partye om kandidaatlyste by die Verkiesingskommissie in te dien. Die polisie is op 'n hoë gereedheidsgrondslag om enige beplande onluste te kan hanteer. Vragmotorbestuurders sê intussen hulle wil nie 'n herhaling van Julie se onluste sien nie. 'n Infeksiekenner meen 'n vierde golf van Covid-19 is onafwendbaar, al word mense ingeënt.
Spektrum 20 Augustus 2021 20.08.2021 52:53
Eskom sê hy moet na ander kragopwekkingsmetodes as steenkool begin kyk, maar wie sal uiteindelik daarvoor moet betaal? Die Verkiesingskommissie sê dit is nie moontlik om teen 1 November vanjaar 'n vry, regverdig en veilige verkiesing te hou nie. Ons skyn die kollig op 'n kwessie wat min mense van weet - die stropery van reuse rogvisse.
Spektrum 19 Augustus 2021 19.08.2021 48:36
Hewige reaksie volg op 'n voorstel dat Suid-Afrikaners nóg geld aan 'n regeringsfonds moet betaal. Ons kyk na die voor- en nadele hiervan. Die kongste statistiek oor jong meisies in Gauteng wat geboorte skenk, skok. Agtien gebiede in Kwazulu-Natal is onder kwarantyn geplaas weens die uitbreek van bek-en-klouseer. Die Parlement is tans besig met die proses om die Nasionale Vergadering se nuwe Speak...
Spektrum 18 Augustus 2021 18.08.2021 55:39
Die jaar-op-jaar verbruikersinflasiekoers daal tot 4,6%. Gautengse motoriste met agterstallige rybewyse sukkel om afsprake te kry om hulle lisensies teen einde Augustus te hernu. Die departement van gesondheid sê hy was nie bewus daarvan dat Suid-Afrika en die VSA meer vir entstof betaal as die Europese Unie nie.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.