RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 7 Oktober 2021 07.10.2021 53:01
NUMSA en Cosatu se lede staak, maar die werkegewersorganisasie, NEASA, sê die stakings het nie veel van 'n impak op werkssaamhede in die bedryf nie. Die SA RooibosRaad sê navorsing wys dat dié tee kan help om depressie te verlig. Die Polisiekommisaris moet verduidelik hoekom hy nie geskors moet word nie.
Groot opwinding oor 'n sub-bevolking van 'n mikro -paddaspesie wat in die Nuwejaarsvleiland op die Kaapse Vlakte ontdek is. 06.10.2021 2:52
Wetenskaplikes is baie opgewonde oor 'n sub-bevolking van die mikro- paddaspesie wat in die Nuwejaarsvleiland op die Kaapse Vlakte ontdek is. Dié amfibiër, wat niks groter as jou duimnael is nie, is hoogsbedreig weens habitatverwoesting. Ross Kettels, die projekbestuurder by die Nuwejaarsvleiland se spesiale bestuursgebied, sê die paddas het teruggekom nadat uitheemse plantspesie...
Spektrum 6 Oktober 2021 06.10.2021 52:07
Die DA en die ANC stamp kop oor verkiesingsplakkate in Kwazulu-Natal. EFF-leier Julius Malema steun die omstrede Wes-Kaapse regterpresident John Hlophe as die nuwe hoofregter. Wat moet ons hiervan maak? Daar is groot opwinding oor 'n subbevolking van 'n mikro paddaspesie wat in die Nuwejaarsvleiland op die Kaapse vlakte ontdek is.
Spektrum 5 Oktober 2021 05.10.2021 53:43
Druk op belanghebbendes van die Life Esidimeni-ondersoek om die verloop van die saak te bespoedig. Suid-Afrikaners se afhanklikheid van sosiale media, veral Whatsapp, word op die proef gestel tydens 'n 6 uur lange onderbreking. Action-SA wil die hof nader omdat sy volle naam nie op die stembriewe verskyn nie.
Spektrum 4 Oktober 2021 04.10.2021 51:53
Die kortlys van die kandidate vir die nuwe hoofregter sal vandag bekendgemaak word - ons hoor wie die voorlopers is. Dertig leeus moes van kant gemaak word ná die brande in die Vrystaat. Vrese dat die vierde vlaag Covid-19-infeksies die land vinniger sal beetpak weens die verkiesing op 1 November.
Spektrum 1 Oktober 2021 01.10.2021 52:51
Politieke partye onderteken die gedragskode vir die komende verkiesings. Ons hoor of die besluit om Vlak 1 van inperkings in te stel, 'n poging is om kiesers te lok. Die Wes Kaapse Departement van Gesondheid sê daar sal die naweek 80 inentingspersele beskikbaar wees as deel van die regering se landwye Vooma Inentingsveldtognaweek wat vandag begin.
Spektrum 30 September 2021 30.09.2021 54:52
Die Openbare Beskermer stop verskeie ondersoeke teen groot name in die regering, insluitend president Cyril Ramaphosa en ministers Pravin Gordhan en Tito Mboweni. Die Departement van Gesondheid reageer op die Spesiale Ondersoekeenheid se verslag wat die voormalige Minister van Gesondheid, dr. Zweli Mkhize, by korrupsie betrek. Die Menseregtekommissie eis daadwerklike optrede om water- en sanitasie...
Groen geboue kan help om klimaatsverandering teen te werk 29.09.2021 5:07
Suid-Afrikaners begin toenemend aanklank vind by die konsep van sogenaamde groen geboue. Die geboue word ontwerp met die welstand van die omgewing as die kern van die projek. Dit behels ondermeer meer effektiewe water- en elektrisiteitsverbruik, asook die vermindering van koolstofdioksied-emmissies. Dis internasionale groengebou-week, en Marlinée Fouché berig dis nie 'n onmoont...
Spektrum 29 September 2021 29.09.2021 54:58
Reaksie op die bevindinge van die Digital Vibes-verslag. NUMSA gaan voort met sy planne om te staak. Die politieke party, Al Jama-ah, sê hy is gereed om in die metrogebiede te lei. Vier politieke partye in Tunisië vorm 'n koalisie om dié land se president uit die kussings te lig.
Spektrum 28 September 2021 28.09.2021 51:27
Statistieke Suid-Afrika maak sy kwartaallikse indiensnemingsyfers bekend vir die tweede kwartaal van die jaar. Op Wêreld Honddolheidsdag is daar 'n hernieude beroep vir die uitroei van dié gevaarlike siekte. Een verandering word aangebring aan die Bokspan vir Saterdag se Rugbykampioenskapswedstryd teen Nieu-Seeland in Queensland.
Spektrum 27 September 2021 27.09.2021 52:09
Suid-Afrika beweeg uit die derde vlaag van die Covid-19-pandemie. Die Sentrum vir Omgewingsregte verwelkom die kabinet se hersiene teikens vir klimaatsverandering. Die Departement van Basiese Onderwys wil duisende assistent-onderwysers in openbare skole aanstel. Die grootste komeet nog, beweeg al hoe nader aan die binnekant van ons sonnestelsel.
Spektrum 24 September 2021 24.09.2021 53:49
Die SAUK wil TV-lisensies skrap ten gunste van 'n TV-heffing. Medisinale plante en kruie word by die Voortrekkermonument geplant om boererate te laat voortleef. Daarmee saam vind ons meer uit oor plante wat die San vir kos gebruik het. Ons vra wat die doel van standbeelde in vandag se samelewing is.
Spektrum 23 September 2021 23.09.2021 51:19
Die DA stel die naweek sy verkiesingshandves bekend. Dit gons behoorlik op sosiale media nadat Lennit Max as die VF+ se burgemeesterskandidaat vir Kaapstad bekendgestel is. Vrystaat Landbou sê almal moet saamstaan en opstaan vir hulle grondwetlike regte.
Spektrum 22 September 2021 22.09.2021 55:10
Ons kry reaksie op die goedkeuring van 'n lisensie aan Karpowership om krag in Suid-Afrika op te wek. Die ANC gee terugvoer oor hulle kandidaatlyste wat gister ingehandig is. Ons vind meer uit oor die konsep van sogenaamde groen geboue. Op Wêreld Renosterdag vra ons hoe groot die stroperyprobleem nog is.
Spektrum 21 September 2021 21.09.2021 51:54
Die jongste nuus oor die voortslepende wapentransaksieverhoor van die gewese president, Jacob Zuma. Brittanje vrees die Covid-19-beta-variant kan versprei indien Suid-Afrikaners in die land toegelaat word. Kommer heers oor verwoestende brande in Noordwes. Suid-Afrikaners sal van November af weer na Amerika kan reis.
Spektrum 20 September 2021 20.09.2021 55:22
Die heropening van die benoemingsproses vir kandidate vir die komende verkiesing is wettig. Ons kry reaksie op dié uitspraak van die Konstitusionele Hof. Die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, sê daar is te veel gapings in die wet wat verhoed dat fluitjieblasers beskerming geniet. Die ANC sê hy sal voor die verkiesing 'n burgermeesterskandidaat vir Johannesburg bekendmaak.
Spektrum 17 September 2021 17.09.2021 54:37
Ons ontleed die betekenis van die Konstitusionele Hof se uitspraak teen Jacob Zuma. Jy kan die naweek registreer om te stem in die plaaslike regeringsverkiesing. Die regering beplan om 'n houermaatskappy te stig om aandele in staatsbeheerde ondernemings te bestuur.
Tegnologie-entoesias neem deel aan internasionale kompetisie 17.09.2021 3:17
'n Plaaslike tegnologie-entoesias, Jonathan Nelson, het onlangs negende plek behaal in 'n internasionale rekenaar-kompetisie. Hy bedryf sy eie Youtube-kanaal wat as Wootdini bekend staan. Justin Kennerley het gaan uitvind presies wat die kompetisie behels......
Spektrum 16 September 2021 16.09.2021 56:03
ANC werkers dreig om nie met voorbereidings vir die plaaslike regeringsverkiesing te help nie. Die DA in Tshwane wil 'n meerderheid stemme wen - ons vind uit hoe hulle dit wil doen. Boedels kan lank neem om afgehandel te word - ons kry raad oor hoe om jou familie finansieel veilig te hou in dié tydperk.
Kenner gee sy mening oor vreemde optrede van Nomia Ndlovu in die hof... 15.09.2021 5:12
Die verhoor van 'n oud-Gautengse polisievrou wat aangekla word van die moord op haar familielede, word in die hoogeregshof in Palm Ridge voortgesit. Nomia Ndlovu word ook aangekla van sameswering om haar suster en vyf kinders te vermoor. Ndlovu het onskuldig gepleit op al 20 aanklagte teen haar. Die staat voer aan dat Ndlovu mense gehuur het om die moorde te pleeg sodat sy die lewensve...
Spektrum 15 September 2021 15.09.2021 53:53
Ons kry reaksie op die aangepaste rooster vir die matriekeindeksamen. 'n Voormalige polisievrou se gedrag in die hof word as dié van 'n reeksmoordenaar beskryf. 'n Nuwe borsbeeld van die Anglo-Boereoorlogheld, generaal Koos Delarey, word onthul.
Ma van seuntjie wat ontvoer is in kapingsdrama in die Wes-Kaap en weer gevind is -vertel haar storie van hoop. 14.09.2021 5:27
Alicia Lamprecht se sewe maande-oue seuntjie, Henco, doen baie goed na hy gister tydens 'n motorkaping ontvoer is. Hy sal vandag deur 'n pediater ondersoek word. Lamprecht het by 'n vriendin in Observatory in Kaapstad gekuier, toe die se hondjie by die erf probeer uithardloop het. Lamprecht was al gereed om te ry, maar het probeer om die hondjie, wat 'n meter van haar motor was, te keer. Die volge...
Spektrum 14 September 2021 14.09.2021 53:47
Die Verkiesingskommissie vertel hoe die komende naweek se kiesersregistrasieproses sal werk. Die ANC sukkel steeds om sy kandidaatlyste te voltooi - sal die party die OVK se spertyd kan haal? 'n Ma vertel van die nagmerrie-kaping waarin haar kind ontvoer is. 'n Onderwysvakbond steun die inenting van kinders teen Covid-19.
Spektrum 13 September 2021 13.09.2021 53:55
'n Besonder grusame plaasaanval in Koster in Noordwes skok en ontstel. Vragmotorbestuurders vra dat 'n Covid-inentingsveldtog ook vir hulle gedoen word. Ons probeer verstaan waarom die vrylating van Jacob Zuma op mediese parool steeds in omstredenheid gehul word.
Afrikaanse Wikipedia bereik mylpaal 10.09.2021 3:56
Die Afrikaanse been van Wikipedia, is die grootste verteenwoordiger van Afrika-tale op dié inligtingsplatform. 'n Besonderse mylpaal is boonop dié week bereik, toe die 100-duisend-kerf wat artikels betref, oorgesteek is. Marlinée Fouché berig die vrywilligers wat hierby betrokke is, poog om aan die inhoud 'n eg-Suid-Afrikaanse geur te gee...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.