RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 8 November 2021 08.11.2021

Mango sal waarskynlik nie in Desember vlugte hervat nie. Gesprekke tussen politieke partye oor moontlike koalisies in munisipaliteite duur voort. Die toerismebedryf sukkel steeds om op dreef te kom. Hewige reën word vir verskeie provinsies voorspel. Die regsgeveg tussen die DA, die Speaker van die Nasionale Vergadering en die Openbare Beskermer word in die Konstitusionele Hof voortgesit.

Spektrum 5 November 2021 05.11.2021

Die meeste Metrorade en munisipaliteite landwyd sal deur koalisies bestuur moet word. Ons kyk na die voor- en nadele hiervan. Ons vind uit hoe politieke partye met mekaar onderhandel om koalisies te vorm. 'n Nuwe klimaatsooreenkoms blyk baie meer bereikbaar te wees as die Parys Klimaatsooreenkoms. ‘n Belangrike wetswysiging in die stryd teen misdaad, word goedgekeur. ‘n Oudparlementslid deel sy in...

Spektrum 4 November 2021 04.11.2021

Die plaaslike verkiesing is verby - ons vra hoe baie tyd partye nou het om hulle sake in orde te kry. Ons kyk ook na watter munisipale kwessies eerste aandag moet kry. Voorspellings van 'n vierde vlaag van Covid-19-gevalle doen die rondte. Daar is vrae oor waar die geld vandaan kom vir die energiehulppakket wat aan Suid-Afrika belowe is. Sowat 200 dooie robbe is aan die Weskus gevind.

Spektrum 3 November 2021 03.11.2021

Die OVK het reeds 67% van die stemme landwyd verwerk. Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing gee insig oor kiesers se ervaring van die verkiesing. Die kwessie van koalisieregerings is nou een van die groot besprekingspunte. 'n Nuwe Energieraad van Suid-Afrika is gister gestig - ons vind meer uit oor die raad en wat hulle doelwitte is.

Spektrum 2 November 2021 02.11.2021

Politieke partye deel hulle indrukke oor die voorlopige uitslae van die plaaslike regeringsverkiesing. Orania het sy eie verkiesing gister gehou - ons vind meer uit hoe en waarom hulle dit doen. Ons vind uit waarom die brandstofprys om middernag skerp styg.

Spektrum 1 November 2021 01.11.2021

Ons skakel oor na ons joernaliste regoor die land om te hoor hoe die stemproses vorder. Stemgeregtigdes wat vanaand om 9-uur nog in 'n tou staan, sal mag stem. Ons praat met politieke ontleders oor stemdag. Die konstruksiebedryf is onder geweldige druk.

Spektrum 29 Oktober 2021 29.10.2021

Spesiale stemmme vir die plaaslike verkiesing vind môre en Sondag plaas - ons vind uit hoe die proses werk en wat jy moet weet. Vyf-en-twintig nuwe wind- en sonkragprojekte is goedgekeur. Al hoe meer mense keer terug na die kantoor - kan jy gedwing word om in te ent om jou kollegas te beskerm? Dit reen in die Noord-Kaap - is dit genoeg om die droogte te breek? Ontvoerings in Suid-Afrika kom meer g...

Spektrum 28 Oktober 2021 28.10.2021

Die NSFAS-skema open aansoeke vir die 2022 akademiese jaar. Eskom pas beurtkrag toe om die ligte op stemdag te laat brand. Die ANC sê beurtkrag gooi koue water op hulle verkiesingsbeloftes - ons vra hoe groot impak dit op kiesers sal hê. Reënbuie in die Karoo bring verligting vir boere. Die omstrede Tembisa Tienling-storie het 'n nuwe wending geneem - 'n mediakenner deel sy mening oor die jongste...

Spektrum 27 Oktober 2021 27.10.2021

Ons ondersoek die herrie oor 'n kniebuig-direktief van Krieket Suid-Afrika, en vra of die besluit die regte een was. Die modernisering van die mynboubedryf in afwagting van die vierde nywerheidsrewolusie kom onder die loep. Skole is bekommerd dat matrikulante nie eksamenfiks is nie - hoe kan dit die finale uitslae beïnvloed? Ons kry reaksie op bewerings van 'n tekort aan ervare ingenieurs by die K...

Spektrum 25 Oktober 2021 26.10.2021

Eskom gee die jongste inligting oor beurtkrag. Die WNNR ontwikkel 'n kontaklose vingerafdrukaftaster.

Spektrum 26 Oktober 2021 26.10.2021

Oudpresident Jacob Zuma se pleit dat advokaat Billy Downer hom aan die wapenkorrupsieverhoor onttrek, is van die hand gewys. Ons kry die jongste nuus oor die padsluitings wat deur stakende vragmotorbestuurders veroorsaak word. Ongelukkigheid heers oor verlaagde kreefkwotas. Matrieks begin môre met die eindeksamen. Die Proteas pak die Windies in die T20-krieketwêreldbeker.

Oz die renoster gaan vir 'n skandering 22.10.2021

Die "Care for Wild Rhino"- plek van veiligheid en die Universiteit van Pretoria se veeartseny-wetenskap fakulteit in Onderstepoort, het die afgelope week baanbrekerswerk gedoen in die behandeling van renosters. 'n Wit renoster genaamd OZ was baie siek. Sy versorgers kon net nie vasstel wat verkeerd is nie en geen behandeling wou werk nie. Die eienaar van "Care for Wild Rhino", waar Oz aangehou wor...

Spektrum 22 Oktober 2021 22.10.2021

Die Moti-seuns se ontvoerders het glo nog nie kontak gemaak met die gesin nie. 'n Kenner gee insig oor ontvoerders se tipiese modus operandi. Agri SA vra die regering om die brandstofprys te dereguleer. Vir die eerste keer ooit ondergaan 'n jong renoster 'n MRI-skandering. Die regering maak sy verwagtinge bekend vir die COP26-klimaatsberaad.

Spektrum 21 Oktober 2021 21.10.2021

Vier vermiste kinders van Polokwane is nog soek. ACSA lei 'n reuseverlies weens die pandemie, hoewel dit nie onverwags is nie. 'n Sielkundige deel haar mening oor jong kinders wat self mediese besluite mag neem. Oudpresident Jacob Zuma dien 'n klagte in teen advokaat Billy Downer. Ayoba! Scrabble stel 'n spesiale Suid-Afrikaanse weergawe bekend! Ons vind meer uit oor die reuse heliumveld wat in di...

Spektrum 20 Oktober 2021 20.10.2021

Nuwe maatreels sal geld by stembusse om mense veilig te hou teen Covid-19. Tieners kan hulle laat inent sonder hulle ouers se toestemming. 'n Drywende sonpaneelprojek word in die Kaap op die proef gestel.

Spektrum 19 Oktober 2021 19.10.2021

'n Verhoging in die brandstofprys aanstaande maand kan katastrofies wees. Lede van die Umzivumbu Reserwemag wag glo steeds vir vergoeding ná hulle Julie-ontplooiing. Ons ontleed die verkiesingsbeloftes van die GOOD-party.

Spektrum 18 Oktober 2021 18.10.2021

'n Hofbevel is uitgereik om taxigeweld in Johannesburg te verhoed. Kinders van 12 jaar en ouer sal van Woensdag af teen Covid-19 ingeënt kan word. Skole in Eswatini is onbepaald gesluit ná die jongste reeks betogings in dié land. Die departement van plaaslike regering en omgewingsake in die Wes-Kaap het die publiek gevra om nie dooie seevoëls wat hulle dalk mag teekom, op te tel nie.

Spektrum 15 Oktober 2021 15.10.2021

Kinders tussen 12 en 17 word binnekort ingeënt word. Die DA veg verbete om beheer oor die Oudtshoorn-munisipaliteit terug te neem. 'n RSG omroeper word vereer vir sy bydrae tot die behoud van Countrymusiek.

Spektrum 14 Oktober 2021 14.10.2021

Minstens vier onwettige mynwerkers is vasgekeer in 'n diamantmyn in die Noord-Kaap. Dit laat opnuut vrae ontstaan oor veiligheid by myne wat in onbruik staan. Verskeie sake-ondernemings het nie vanoggend hulle deure geopen ná die geweld, wat gister in Korsten in Gqeberha uitgebreek het nie. Die Vryheidsfront Plus hou voet by stuk dat regstellende aksie nie werk soos dit moet nie.

Spektrum 13 Oktober 2021 13.10.2021

City Power in Johannesburg het 'n nuwe kragverskaffingskontrak met die Kelvin-kragstasie beding om beurtkrag in die Metro hok te slaan. Die burgerlike organisasie, CapeXit, het 'n amptelike klag by die Verkiesingskommissie ingedien teen die Cape Independence Party. Dié party gebruik die afkorting CAPEXIT op sy stembriewe in die Wes-Kaap. Ná 'n eksklusiewe onderhoud met die ACDP, vra ons watter rol...

Kgetleng storie vervolg.... 12.10.2021

Die Kgetleng Rivier Munisipalteit, bedien Koster, Derby en Swartruggens in Noordwes. In Swartruggens sukkel inwoners egter deurlopend met dienslewering. Die Elandsrivier wat in die Lindleyspoortdam invloei, se water was op 'n stadium so vuil dat dit nie vir menslike gerbuik geskik was nie. Die Waterpompe wat die water na die dorp versprei, is ook konstant stukkend. 'n Plaaslike inwoner Wilhelm Roc...

Inwoners van Koster in Noordwes weer hof toe oor water 12.10.2021

Inwoners van Koster in Noordwes hoop dat die hof in die provinsie, die waterkrisis in die Kgetleng-munisipaliteit vir eens en vir altyd kan bylê. Die inwoners sukkel weer met behoorlike riooldienste, en waterverskaffing. Dit nadat besorgde inwoners die watersuiweringsaanleg in 2020 van die munisipaliteit teruggevat, en herstel het. Die  inwoners het toe aangevoer dat die munisipaliteit...

Spektrum 12 Oktober 2021 12.10.2021

Ons kry reaksie op president Cyril Ramaphsa se stelling dat die land na groen energie moet beweeg om te verhoed dat ons vir steenkoolkragopwekking beboet word. Die inonwers van Koster, wat die waterkrisis by die Kgetleng-munisipaliteit self aanpak, gaan deelneem aan die plaaslike regeringsverkiesing. Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sluit by ons aan ná sy besoek aan verskeie polisiestasies in d...

Spektrum 11 Oktober 2021 11.10.2021

Sakevertroue verbeter en huislenings neem drasties toe. Covid-19 veroorsaak dat mense nie dokter toe gaan nie - met erge gevolge. Die soms omstrede Mogoeng Mogoeng tree vandag uit as hoofregter.

Spektrum 8 Oktober 2021 08.10.2021

Volgens die regering het duisende mense reeds hulle digitale inentingsertifikate ontvang. Ten spyte van klagtes dat die stelsel nie werk nie, sê die regering die proses is blitsvinnig. Politieke partye reageer op die skorsing van Polisiekommisaris Kehla Sitole. Die voormalige Wes-Kaapse kommissaris Lennit Max deel sy mening. 'n Omgewingsbeawaringsbeampte van Noordwes, en die eienaar van 'n sekurit...

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.