RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 30 November 2021 30.11.2021

Gemengde reaksie stroom steeds in oor moontlike verpligte Covid-19-inentings. 'n Arbeidsreg-kenner sê jy kán afgedank word as jy weier om die inenting te kry. Daar is slegs een polisiehelikopter in Gauteng wat diensbaar en operasioneel is. Brandstofpryse skiet om middernag die hoogte in. Twee mense is vasgetrek na 'n gewelddadige plaasaanval in Bothaville in die Vrystaat.

Spektrum 29 November 2021 29.11.2021

'n Bruin sprinkaanplaag tref die Noord-Kaap. Nog universiteite keur verpligte Covid-19-inentings vir studente en personeel goed. Die plaaslike toerismebedryf verloor talle besprekings nadat verskeie lande reisbeperkings op Suid-Afrikaners ingestel het.

Spektrum 26 November 2021 26.11.2021

Die regering sal spoedig moet besluit of hy strenger inperkingsmaatreëls gaan instel voor die feestyd. Ons kry reaksie op voorgestelde wysigingswetsontwerp oor vuurwapens wat teruggetrek is. Shell stel sy kant oor die seismiese toetse wat aan die Wildekus van KwaZulu-Natal gedoen word. ‘n Kenner meen die Openbare Beskermer se ondersoek na onafhanklike kragprodusente is sinneloos. Ons vind meer uit...

Spektrum 25 November 2021 25.11.2021

Die 16 Dae-veldtog van Geen Geweld teen Vroue- en Kinders is vanoggend van stapel gestuur. Munisipaliteite in Noordwes is steeds onder administrasie - het die verkiesing enige verandering meegebring in die provinsie? Suid-Afrika stuur af op 'n vierde vlaag Covid-19-infeksies. Mense word aangemoedig om ingeënt te word te midde van 'n nuwe variant van Covid-19 wat in Suid-Afrika aangemeld is. Nuwe n...

Spektrum 24 November 2021 24.11.2021

Die drie nuwe burgemeesters van die grootse metro’s in Gauteng praat met ons oor hulle planne vir dié munisipaliteite. Noodspanne in George maak gereed vir nog reën in die streek. Al hoe meer pikkewynkuikens het weens die voelgrieppandemie versorging nodig. Al hoe meer dooie robbe spoel op Wes-Kaapse en Oos-Kaapse strande uit. Ons vra ook waarom dit so lank neem om die oorsaak van die sterftes te...

Spektrum 23 November 2021 23.11.2021

Opruimingswerk gaan voort in George ná gister se oorstromings. Ons kry reaksie van die DA oor hulle oorwinning in sleutelmetros. Ons vra ook hoe die nuwe Metros bestuur gaan word. Die saak oor die toekenning van mediese parool aan oudpresident Jacob Zuma draai in die hof. Verbruikers wil munt slaan uit sogenaamde Swartvrydag-winskopies - 'n kenner gee raad oor hoe om jou finansies verantwoordelik...

Spektrum 22 November 2021 22.11.2021

Politieke partye het min tyd oor om koalisiegesprekke af te handel. Verskeie raadsvergaderings vind vandag plaas om nuwe burgemeesters te verkies. Suid-Afrikaners word gemaan om gesondheidsmaatreëls na te kom om Covid-infeksies te voorkom. Verskeie paaie, skole, huise en sakeondernemings in George in die Wes-Kaap is onder water. Die Toyota-span se voorbereidings vir die Dakar 2020 verloop vlot.

'Die gekonkel by Eskom se Tutuka-kragstasie is verstommend' 19.11.2021

Die Tutuka-kragstasie in Standerton, Mpumalanga, was nog onlangs een van Eskom se mees betroubare stasies. Lede van die media is egter gister genooi om besoek aan die kragstasie af te lê. Een van Netwerk24 se energieskrywers, Antoinette Slabbert, praat oor wat sy daar gesien het..

Eskom sê daar is nou bewyse van sabotasie 19.11.2021

Eskom se bestuurshoof, André de Ruyter, sê hulle het bewyse van sabotasie gevind by die Lethabo kragstsie in die Vrystaat. Die Valke ondersoek die saak, nadat 'n kragtoring buite die stasie se pote afgesny is. Intussen word geen beurtkrag oor die naweek, of volgende week verwag nie. Dis nou indien daar geen ernstige voorvalle van sabotasie of ongelukkige is nie. De Ruyter was gister s...

Spektrum 19 November 2021 19.11.2021

Eskom ondersoek voorvalle van sabotasie by sy kragstasies. Die tweede kwartaallikse verslag waarin politieke partye skenkings moet verklaar, is pas bekend gemaak. Nuwe navorsing wys dat daar minder Afrikaanse skole is. Dit is internasionale mannedag - die tema vanjaar is beter verhoudings tussen mans en vroue. Die Bokke en die Rose pak mekaar môre op Twickenham - sal ons 'n herhaling sien van 2019...

Duisende Suid-Afrikaners staan seismiese opnames teen 18.11.2021

Meer as 'n honderdduisend mense het reeds 'n petisie onderteken, wat eis dat 'n beplande seismiese opname aan die Oos-Kaapse kus gestop word. Die opname, wat plaasvind oor 'n grond-oppervlak van 6-duisend hektaar, probeer bepaal of petroleum en gas in die Transkei-omgewing ontgin kan word. Nóg 'n projek wat 'n groter gebied dek, word boonop in 'n ander gebied beplan. Die nie-regeringsorgani...

Spektrum 18 November 2021 18.11.2021

Vier kandidate is op die kortlys vir die hoofregterspos, maar dié keer word die proses anders hanteer. Eskom ondersoek 'n reeks ongelukke en verdagte voorvalle by sy kragstasies. Ons kyk na die jongste politieke koalisies en probleme wat in munisipaliteite kop uitsteek. Die helfte van die land se staatsondernemings het verlede jaar verliese getoon. Die SAUK het verskeie planne om operasionele en f...

Afrikaanse Wikipedia wil dieper spore trap 17.11.2021

Afrikaanse Wikipedia is dié jaar 20 jaar oud. Die platform het boonop reeds 'n honderd en een duisend artikels gepubliseer, wat dit die grootste Afrika-taal op Wikipedia in Suid-Afrika maak. Dié aanlyn ensiklopedie word beskou as een van die bydraende faktore tot die ontwikkeling en voortbestaan van Afrikaans, veral as akademiese taal. Die platform se bestuurspan het boonop planne om...

Wees gereed, AARTO-wetgewing word reeds toegepas 17.11.2021

Die agentskap vir padverkeersoortredings versoek maatskappye om die implementering van die nuwe AARTO-wetgewing ernstig op te neem. Fase twee word reeds ge-implementeer, en as maatskappye nie gereed is hiervoor nie, kan dit tot groot skade lei. Die organisasie Upskill Academy werk saam met die regering om opleiding te bied oor die risiko's van swak voorbereiding, maar ook die voordele verbonde aan...

Spektrum 17 November 2021 17.11.2021

Donker tye wag weer op Suid-Afrikaners. Gemeenskappe help om die Jukskeirivier skoon te maak. ‘n Chirurg vertel hoe hy 'n papegaai se nuwe titaansnawel vasgeheg het. Ons fokus op spoorvervoer in Suid-Afrika en waarom dit onderbenut word. Barbie kry 'n Suid-Afrikaanse verfraaiing.

Pretoria-staaltjies op die stad se 166e verjaarsdag 16.11.2021

Het jy al gewonder wie voor die voortrekkers in die Pretoria-gebied gewoon het, en hoekom daar vandag so baie Jakarandas in die stad is? Kom luister saam na Professor Anton van Vollenhoven se interessante staaltjies oor die Jakarandstad, op haar 166e verjaarsdag. 

Spektrum 16 November 2021 16.11.2021

Ons ontleed die gebeure wat gelei het tot 'n skietery in Muldersdrift - wat het skeefgeloop en wat moet ons daaruit leer? Mejuffrou SA se deelname aan die Mejuffrou Heelal skoonheidskompetisie in Israel lok gemengde reaksie uit. Pretoria vier vandag sy 166e verjaarsdag. Die Menseregtekommissie se sittings oor die onrus in Julie in KwaZulu-Natal gaan voort in Umhlanga. Ons kry die jongste nuus oor...

Spektrum 15 November 2021 15.11.2021

Die Menseregtekommissie begin met sy ondersoek na die onluste wat in Julie in KwaZulu-Natal en Gauteng plaasgevind het. Talle mense reageer op die regering se Vooma Covid-19-inentingsveldtog die afgelope naweek. Druk gesprekke oor koalisies in stadsrade vind vandag plaas. Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging gaan 'n formele klag by die Konfederasie van Afrika-sokker en die wêreldsokkerbeheerliggaa...

FW de Klerk was 'n oop man, wat kritiek kon verduur 12.11.2021

" 'n Oop man, wat kritiek kon verduur en gesprek aangemoedig het..." Só onthou dr Franklin Sonn, 'n struggle-held en voormalige ambassadeur, sy verhouding met wyle oud-president FW de Klerk.  Foto: therep.co.za  

Vrae bly onbeantwoord na FW de Klerk se dood 12.11.2021

 "Wat ons wou weet van De Klerk, is hoeveel hy geweet het van die beplande moord op my pa-hulle, en hoekom hy niks gesê het en gedoen het om daardie moorde te verhoed nie." Só het Lukhanyo Calata gereageer op die dood van die laaste apartheidspresident, FW de Klerk. Sy pa, Fort, was deel van die sogenaamde 'Cradock-4' wat in 1985, na bewering deur die veiligheidspolisie vermoor i...

Spektrum 12 November 2021 12.11.2021

Oudpresident FW de Klerk se laaste boodskap en nalatenskap lok gemengde reaksie uit. Die Springbokke slyp hulle tande vir môre se kragmeting teen Skotland. Inwoners van Houtbaai naby Kaapstad groet Mister Brown, die gewild rob wat hulle dekades lank geselskap gehou het. Die seun van een van die Cradock 4 sê die antwoorde op verskeie van sy vrae gaan saam met oudpresident FW de Klerk na die graf. C...

Spektrum 11 November 2021 11.11.2021

Die ontvoerde Moti-broers is na drie weke in die vroeë oggendure met hulle ouers herenig. Ons praat met 'n sielkundige oor die hantering van traumatiese gevalle soos dié. MTN is bekommerd oor diefstal by sy selfoontorings. Beurtkrag is aangepas na fase 2 en word teen môreoggend vyfuur opgeskort. Luisteraars vertel wat hulle wil hoor in die mediumtermynbegrotingsrede. Drie maatskappye in Johannesbu...

Dit ís moontlik om in harmonie met die natuur te boer 10.11.2021

Die kwessie van alternatiewe boerderypraktyke is opnuut by die COP26-klimaatberaad bespreek. Dit kom te midde van 'n wêreldwye tekort aan kunsmis en chemikaliese produkte. Volgende jaar se beraad gaan boonop die klem plaas op die landbousektor se rol in klimaatsverandering. Rolspelers waarsku intussen dat die oorgang na meer omgewingsvriendelike maniere van boer, nie oornag kan gebeur nie. I...

Spektrum 10 November 2021 10.11.2021

Die ACDP wil die inenting van kinders teen Covid stopsit. 'n Kenner waarsku dat misdaad sal floreer weens beurtkrag. Alternatiewe boerderypraktyke kan meer omgewingsvriendelik wees. Twee Kaapse strande is steeds gesluit weens 'n rioollekkasie. 'n Jong skrywer wen 'n Suid-Afrikaanse literêre toekenning.

Spektrum 9 November 2021 09.11.2021

Die ANC sê hy is nie haastig om koalisie-regerings te vorm nie. Menseregte-organisasies sê beter beskerming vir fluitjieblasers is nie onderhandelbaar nie. Die mediumtermynbegroting word Donderdag gelewer - wat kan ons verwag? Laerskoolleerders in Langa op die Kaapse Vlakte het nou toegang tot gevorderde aanlyn-geletterdheidsprogramme. Inwoners van Lichtenburg in Noordwes sit ná ses dae steeds son...

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.