RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 18 Januarie 2022 18.01.2022 50:01
Die Hooggeregshof gelas dat die matriekuitslae op alle platforms gepubliseer moet word. Nog 'n sluis by die Vaaldam word oopgemaak, terwyl inwoners stroomaf op die oewers van die rivier wonings en besighede ontruim.
Spektrum 17 Januarie 2022 17.01.2022 44:14
Die polisie se begroting word oor die volgende drie jaar met R26-miljard besnoei. 'n ANC-parlementslid wil hê president Cyril Ramaphosa moet weens die beweerde gebruik van openbare fondse vir sy ANC-presidentsveldtog ondersoek word. Afriforum sê die publiseer van matriekuitslae in die media is van belang vir alle Suid-Afrikaners.
Spektrum 14 Januarie 2022 14.01.2022 49:55
Die vermeende parlement-brandstigter, Zandile Mafe, se dringende borgtogaansoek word more in Kaapstad aangehoor. Die regering plaas die stand van die coronaviruspandemie in die kollig. Die Australiese regering steek wéér 'n stokkie voor Novak Djokovic se Ope-deelname. Die Hertog van York, prins Andrew, is van al sy millitêre rolle gestroop. Die polisie ondersoek 'n klag van die kweek van dagga tee...
Spektrum 13 Januarie 2022 13.01.2022 52:16
Die Gautengse Hooggeregshof beslis dat die nasionale AARTO wet en wysigingswet ongrondwetlik is. Die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, word wyd gekritiseer ná 'n ope brief wat beskou word as aanval op die geloofwaardigheid van die land se howe en regters. Daar is egter diegene wat meen sy het die brief nie self geskryf nie. 'n Toegewyde taakmag is deur die Nasionale Vervolgingsgesag op die be...
Spektrum 12 Januarie 2022 12.01.2022 53:18
Die DA sê die ANC se kader-ontplooiingskomitee het staatskaping gefasiliteer. Die nasionale ramptoestandperiode loop binnekort ten einde - is dit tyd om dit amptelik op te hef? Ons kry die jongste nuus oor die springkaanplaag in die Noord-Kaap. Honderde families is ontheem weens fratsvloede in Oos-Londen. Daar is ‘n merkbare afname in padsterftes in die Wes-Kaap. Mali het aangekondig dat hy al sy...
Spektrum 11 Januarie 2022 11.01.2022 50:21
Ons kry die jongste nuus oor die brand by Kleinmond. Die baie reën raak nou 'n probleem in die landbousektor. Die afgelope sewe jaar was die warmste nóg.
Spektrum 10 Januarie 2022 10.01.2022 47:17
Die staat bevestig dat geen van sy geboue ooit verseker word nie. Kenners is bekommerd oor die regering se opdatering van die land se register vir seksuele oortreders. Die Buffalo City Metro in die Oos-Kaap bevestig die dood van vyf mense ná die naweek se oorstromings in die provinsie. Bykans vierduisend hektaar se plantegroei is sover vernietig in 'n brand in die Wes-Kaap se Overbergstreek.
Spektrum 24 Desember 2021 24.12.2021 45:52
Verkeer op die land se hoofroetes neem toe. Die Mathjabeng Munisipaliteit sê watertoevoer is herstel na meeste van die dorpe wat in sy distrik val. Kinders stuur spesiale versoeke aan Kersvader.
Spektrum 23 Desember 2021 23.12.2021 49:33
Die voormalige bedryfshoof van die SAUK, Hlaudi Motsoeneng, mis die spertyd om R11,5 miljoen aan die korporasie terug te betaal. Die ANC-Jeugliga eis stappe teen die direksie van Sedibeng Water. 'n Swart wingerdkundige van die Strand hehaal sy doktorsgraad. Sahpra het goedkeuring verleen vir die toediening van 'n skraagdosis van Johnson & Johnson se Covid-19-entstof. Meer as 100 mense sterf sedert...
Spektrum 22 Desember 2021 22.12.2021 51:30
'n Suid-Afrikaanse soldaat is doodgeskiet in Mosambiek se Cabo Delgado-provinsie. Suid-Afrikaners word gevra om bloed te skenk voor die Kersnaweek. Solidariteit gryp in om werkers by die sukkelende openbare ondernemning, Denel, te help. Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, maak die tussentydse statistieke oor padsterftes bekend. Die adjunkhoofregter, Raymond Zondo, vra vir uitstel om die werk...
Spektrum 21 Desember 2021 21.12.2021 50:27
Oudpresident Jacob Zuma doen aansoek om verlof tot appèl. 'n Bruin sprinkaanplaag tref wéér dele van die Noord-Kaap. Ons kry die jongste nuus oor die grootskaalse kragonderbreking in Kaapstad. Die minister van hoër onderwys, dr. Blade Nzimande, het besluit om die taalbeleidsraamwerk vir tersiêre onderrig onveranderd te laat. Ons vind uit wat vanjaar bo-aan Suid-Afrikaners se speelgoedlys is. Whisk...
Spektrum 20 Desember 2021 20.12.2021 55:21
Ons kry duidelikheid oor die Ministeriële Advieskomitee oor Covid-19 se aanbeveling dat kwarantyn en kontakopsporing opgeskort moet word. Oudpresident Jacob Zuma se appèlaansoek teen die skrapping van sy mediese parool word môre aangehoor. Die Mathjabeng munisipaliteit se burgermeester beloof dat watertoevoer na die munisipaliteit môre herstel sal wees. Nog reën word vir groot dele van die land vo...
Spektrum 17 Desember 2021 17.12.2021 47:36
Al nege provinsies is nou midde 'n vierde vlaag van coronavirusinfeksies. Die voormalige bedryfshoof van die SAUK, Hlaudi Motsoeneng, moet boet vir 'n onwettige geldelike beloning. Bykans al die land se grootste damme is voller vanweë die onlangse goeie reënval. ‘n Peiling oor lewenskoste wys dat dit al hoe duurder word om in Johannesburg te woon. Waarskuwings vir oorstromings in Tshwane. 'n Renos...
Spektrum 16 Desember 2021 16.12.2021 48:27
Suid-Afrika se inperkingsregulasies bly vir eers op Vlak-1. Druk vakansieverkeer word op van die land se hoofroetes ondervind. Henry, Kwazulu-Natal se oudste krokodil, is vandag 'n volle 121 jaar oud! Die regering vra vir kalmte ná 'n hooggeregshofbeslissing dat Jacob Zuma moet terugkeer tronk toe. Die eThekwini-munisipaliteit in KwaZulu-Natal sê hy is bekommerd oor vakansiegangers wat nie maskers...
Spektrum 15 Desember 2021 15.12.2021 49:12
Die Pretoriase Hooggeregshof beslis dat Jacob Zuma se mediese parool onwettig is, en moet teruggaan tronk toe. Die Oos-Kaap kondig aan dat hy ook nou in die vierde golf van die Covid-19-pandemie is. Afrika is amptelik in die vierde vlaag met die meeste virusgevalle sedert verlede jaar. Reddingspogings duur voort by in 'n brandende gebou in Hongkong. SANPARKE vra dat besoekers geduldig moet wees by...
Spektrum 14 Desember 2021 14.12.2021 48:52
Adjunkhoofregter Raymond Zondo gee 'n oorsig oor die stand van die regbank. SAPHRA eis dat die Weermag medisyne terugstuur wat hy van Kuba gekry het om Covid teen te werk. Verkeer na die kus sal van môre af skerp toeneem. Die Hooggeregshof in Pretoria het 'n besluit van Binnelandse Sake omgekeer om nié die vrystellingspermitte van meer as 250,000 Zimbabwiërs in Suid-Afrika te hernu nie. Die AA ver...
Spektrum 13 Desember 2021 13.12.2021 48:39
Gauteng se treinvervoer is op die rand van ineenstorting. 'n Toename in hondsdolheid. Kommer dat die Noord-Kaapse sprinkaanplae op pad is na die Vrystaat. Omgewingsgroepe kap terug na die Minister van Energie wat die Shell-eksplorasie steun.
Spektrum 10 Desember 2021 10.12.2021 45:04
Die regering sê hospitaalopnames het weens Covid-19 met 200% toegeneem. Suid-Afrika se grondwet is vandag 25 jaar gelede onderteken. Die karkas van 'n boggelrugwalvis, wat by Seepunt uitgespoel het, is die see ingesleep om te sink. Ambassadeurs van 16 Afrika-lande vra Amerika om die reisverbod op te hef. Vier vermeende stropers word in Mpumlanga vir renosterstropery vasgetrek.
Spektrum 9 Desember 2021 09.12.2021 48:20
Die Amerikaanse FDA gee toestemming vir AstraZeneca se teenliggaammiddel teen Covid-19. 'n Groot groep pa's hou 'n optog in Pretoria om te eis dat die Kinderwet gewysig word. Die Ahmed Kathrada-stigting begin 'n internasionale veldtog oor die Guptas. 'n Navorser voorspel dat die volgende vlaag van Covid-19 Gauteng teen 16 Desember sal bereik. Amnestie Internasionaal beweer dat Twitter nie genoeg d...
Spektrum 8 Desember 2021 08.12.2021 47:25
SANEF vra vir 'n deursigtigheid tydens die tugproses van die SAUK se nuushoof. Sakevertroue het in November met 2,1 indekspunte gedaal tot 92,8%. Ons praat met 'n ontleder oor President Cyril Ramaphosa se besoek aan vier lande in Wes-Afrika. Die WGO sê daar is geen bewys dat die omikronvariant van Covid-19 bestand is teen entstowwe nie. Die Suid-Afrikaanse Poskantoor maan teen die stuur van sekere...
Spektrum 7 Desember 2021 07.12.2021 43:14
Die 18de Wysigingswetsontwerp van Artikel 25 van die Grondwet vir grondonteiening sonder vergoeding, word vandag ter tafel gelê. Kenners meen die kans dat dit 'n tweederde-meerderheidstem in die parlement sal kry, is klein. Momentum en Unisa se Finansiële Welstandindeks wys dat vroue weens gebrekkige finansies, vasgevang is in ongunstige maatskaplike toestande. Boere in die Leeuwgamka-omgewing in...
Spektrum 6 Desember 2021 06.12.2021 44:53
Die NVG-hoof ontken dat daar probleme by die vervolgingsgesag is nadat die hoof van die onafhanklike ondersoekdirektoraat bedank. Vyf-en-sestig mense word steeds vermis nadat hulle vir R17,000 elk verkoop is. 'n Ethiopiese burger is intussen in Gauteng hegtenis geneem vir mensehandel. Suid-Afrikaners bly vasskop teen Shell se planne om seismiese opnames aan die Oos-Kaap se Wildekus te doen. Die on...
Spektrum 3 Desember 2021 03.12.2021 47:22
Ons kry die jongste nuus oor die blokkades op die N3-snelweg. Ons praat met die burgemeester van die Modimolle-Mookgophong munisipaliteit oor haar toekomsplanne. SA Brouerye maan mense om nie te drink en bestuur nie. Dertig witrenosters vind 'n nuwe tuiste in Rwanda. 'n Olimpiese atleet verruil haar spies vir 'n krieketkolf.
Spektrum 2 Desember 2021 02.12.2021 50:46
Kenners meen die vierde vlaag Covid swiep reeds deur Gauteng - ons vind uit of die syfers dit staaf. Mense verloor al hulle werk omdat hulle nie wil inent nie. Nuwe navorsing wys huishoudings kan hulle skuld beter diens as in die verlede. Pas op wat jy kwytraak op sosiale media. Koekies vir koeëls - ons vra waarom die Weermag 'n rits bakkerye oopmaak.
Spektrum 1 Desember 2021 01.12.2021 49:15
Die werkloosheidsprobleem spook ook by die landbousektor. Aspen hoop dat sy entstof-vervaardigingsooreenkoms met Johnson & Johnson die vasteland ‘n reuse hupstoot sal gee. Vrystaat Landbou maan boere om paraat te wees tydens die feesseisoen. Tagtig persent van onderwyspersoneel is tot dusver ingeënt. Die matriekeksamens is so te sê verby - ons vind hoe dit verloop het.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.