RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Strande in Australië oopgestel ná haaiaanval 21.02.2022 3:13
Strande in Australië, wat gesluit is na die onlangse haaiaanval in Little Bay, is weer oopgestel. Die owerheid sê hulle doen alles in hulle vermoë om mense te waarsku van haai-aktiwiteit by strande, sodat mense weer met 'n geruste hart kan swem. Dit, nadat die 35-jarige Simon Nellist, verlede week deur 'n haai aangeval is.
Spektrum 21 Februarie 2022 21.02.2022 53:53
Die geskorste sekretarisgeneraal van die ANC, Ace Magashule, se korrupsieverhoor sal op 10 Junie aangehoor word. Hy sê dis 'n mors van tyd, terwyl kenners die gesloer van die saak kritiseer. In sy provinsiale rede, sê die Gautengse premier, David Makhura, die Covid-19-pandemie en die bestuur daarvan is 'n bewys dat geen krisis te groot is om aan te pak nie. Die minister van polisie, Bh...
Spektrum 18 Februarie 2022 18.02.2022 53:31
Die jongste misdaadstatistiek word bekendgemaak - 'n toename in moord, en afname in verkragting is in die laaste drie maande van 2021 aangeteken. Ekonome deel hulle verwagtinge van die begrotingsrede. 'n Styging in brandstofpryse word verwag. Die voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging sê sy is gedwing om te bedank. Meer polisielede word opgelei om sake van geweld teen vro...
Spektrum 17 Februarie 2022 17.02.2022 53:29
Die ANC vorm 'n verdegingslinie om president Ramaphosa. Ons ontleed SKOOR se hantering van die Ramaphosa-kwessie. Slegs boere mag die R30-pad naby Bothaville gebruik nadat herstelwerk begin het. 'n Pleidooi om nie die brandstofheffing te verhoog nie. Herstelwerk aan die Charlotte Maxeke Hospitaal in Johannesburg sal na raming eers volgende jaar voltooi wees.
Spektrum 16 Februarie 2022 16.02.2022 53:16
Die nasionale kommisaris van polisie, Kehla Sithole, sê hy het nie met die leier van die EFF saamgesweer om die minister van polisie, Bheki Cele, uit sy pos te verwyder nie. Suid-Afrikaners kan veel meer as net brandstoftekorte ervaar as Shell en BP sy raffinadirye aan die einde van die maand sluit. Kaapstad het tenders uitgereik om minstens 300 Megawatt se hernubare energie te bekom. Oudpresident...
Spektrum 15 Februarie 2022 15.02.2022 53:24
Rassespanning by Hoërskool Jan Viljoen in Randfontein is op 'n mespunt - ons vra hoekom dié voorvalle steeds kop uitsteek by skole. Die weermag moet ingryp weens watertekorte in die Vrystaat. Die voormalige minister van gesondheid, Zweli Mkhize, het na bewering R6-miljoen van die Werkloosheidversekeringsfonds ontvang op ‘n verdagte wyse. Die DA stel 'n mosie van wantroue in teen die hele kabinet -...
Spektrum 14 Februarie 2022 14.02.2022 50:44
'n Onafhanklike spesialisspan is aangestel om die brand by die Parlementsgebou te ondersoek. Ons stel ondersoek in na berigte oor die SAUK se beweerde finansiële penarie. Rolspelers in die onderwys waarsku teen politieke inmenging by skole. - Die ramptoestand word opgehef, maar wat gebeur met die dra van maskers? Johannesburg volg Tshwane se voorbeeld om skuld in te vorder. Ons bespreek die presid...
Spektrum 11 Februarie 2022 11.02.2022 53:30
Daar is uiteenlopende reaksie op die staatsrede. Ons kry reaksie op die regering se plan om burokratiese rompslomp uit te skakel en werkskepping aan die privaatsektor oor te laat. Probleme by plaaslike olieraffinaderye kom onder die soeklig. 'n Elektriese motor jaag die son van Suid-Afrika na Namibië. Suid-Afrika voer meer brandstof in as wat plaaslik vervaardig word. SpaceX se ruimteplanne is 'n...
Spektrum 10 Februarie 2022 10.02.2022 54:19
Die Tshwane Metro is op die oorlogspad teen onbetaalde rekeninge. Daar word baie verwag, en nié verwag, van die president se staatsrede. 'n Plaaslike slimfoon-vervaardiger kom nie die mas op nie. Hoe gemaak as jou bestuurslisensie verval het, en jy is 'n botsing betrokke? Europese wetenskaplikes ontwikkel praktiese kernfusie.
Spektrum 9 Februarie 2022 09.02.2022 54:14
Advokaat Dali Mpofu kap terug na kritiek oor verlede week se onderhoude vir hoofregter. Daar word verwag dat werkreservering in die staatsrede ter sprake sal wees, maar sommige ekonome waarsku teen dié soort beleid. Die meeste damme loop oor, terwyl reën tot in April voorspel word.
Spektrum 8 Februarie 2022 08.02.2022 54:11
Landsburgers voel misdaad behoort meer aandag te kry tydens die staatsrede. Die EFF sê Afriforum se hofsaak oor haatspraak teen dié politieke party is 'n mors van tyd. Renosterstropery neem af in staatswildtuine, maar neem toe op privaatwildplase. Die Franse president, Emmanuel Macron, vergader met die president van Oekraïne, Wolodimir Zelenski, oor vrese vir 'n inval deur Rusland.
Spektrum 7 Februarie 2022 07.02.2022 53:30
Skok en ontsteltenis volg na die grumoord op 'n jong seun van Klawer in die Wes-Kaap. Die Regterlike Dienskommissie word gekritiseer vir die wyse waarop hy 'n nuwe hoofregterkandidaat gekies het. Die rugbyveteraan, Corrie Pypers, spog met sy turksvyoes ná die goeie reën. 'n Groep vissermanne wat buite die hooggeregshof in Kaapstad betoog, sê hulle is nie geraadpleeg oor 'n seismiese opname wat aan...
Spektrum 4 Februarie 2022 04.02.2022 50:28
Prosedure is nie gevolg in van die onderhoude vir die hoofregterspos nie - ons vind uit hoe dit bestuur word. Inwoners van Koster kry nog 'n kans om beheer te neem van hulle watersuiweringsaanleg. Die Inkomstediens verloor miljarde rand in 'n belastingsbedrogspul. Kinders keer Maandag voltyds skool toe - ons vra hoe jy jou kind skoolfiks kan kry. Brittanje se stygende energiepryse is 'n bitter pil...
Spektrum 3 Februarie 2022 03.02.2022 47:11
Een… twee… drie… Die vierde nasionale sensus is in volle swang. Eskom kan steeds nie die ligte aanhou nie. Ons vra of die Weermag al die Covid-medisyne na Kuba teruggestuur het, of nie. Regter Dunstan Mlambo sê in sy onderhoud vir hoofregter, dat beperkte begrotings 'n nadelige impak op die regstelsel het. Edelmetale in motoronderdele lok misdadigers. Wilde perde en vloedwaters meng nie - ons vind...
Spektrum 2 Februarie 2022 02.02.2022 52:46
Eskom kondig Fase 2-beurtkrag tot Maandag aan. AfriForum sê hy is bekommerd oor die druk op Magalies Water en Bloem Water ná die besluit om Sedibeng Water te ontbind. Statistieke Suid-Afrika sê jy hoef nie veldwerkers vir vanjaar se sensusopname in jou huis toe te laat nie. Ná dae se uiterste warm weerstoestande, moet Wes-Kaapenaars gereed maak vir 'n kouefront. Boere in Warmbad en Nylstroom sê di...
Spektrum 1 Februarie 2022 01.02.2022 52:37
Die Wes-Kaapse Premier, Alan Winde, sê daar heers vrees onder slagoffers van seksuele teistering in die werkplek. Die burgerregteorganisasie, Afriforum, ontmoedig mense om die rassekategorie op vanjaar se sensusvorm te kies. Wat gebeur as 'n trooster getroos moet word? 'n Dominee vertel hoe die Covid-pandemie hom geraak het. Die tweede deel van die verslag oor die ondersoek na staatskaping word va...
Spektrum 31 Januarie 2022 31.01.2022 52:48
Oudpresident Jacob Zuma doen aansoek om verlof tot appèl teen 'n uitspraak van regter Pieter Koen. President Cyril Ramaphosa onderteken nuwe wetgewing oor geslagsgebaseerde geweld. Die SA Bloeddiens waarsku dat die land se bloedvoorraad 'n kritieke laagtepunt bereik het. Kry jou gereed - brandstofpryse sal na verwagting in Februarie wéér drasties styg. Die Kaapstad Metro stuur 'n streng waarskuwin...
Spektrum 28 Januarie 2022 28.01.2022 48:36
Die Johannesburg Metro se raadvergadering word vir 'n derde keer ontwrig. Eskom is bekommerd oor die verlies aan talle hoogs geskoolde en ervare werknemers. Almal kan nou aansoek doen om in die Weermag se spesiale magte opgeneem te word. Skoleplasings in drie provinsies is nog nie afgehandel nie. Die DA doen oorsigbesoek in die Vrystaat - ons vind uit wat dit behels en hoe inwoners betrokke kan ra...
Spektrum 27 Januarie 2022 27.01.2022 50:40
Die OB gaan ondersoek instel na ernstige bewerings teen president Cyril Ramaphosa. Eskom sê hy maak vordering in sy pogings om 'n stabiele kragnetwerk te handhaaf. Siya Kolisi is die SA Rugbyspeler van die Jaar vir 2021. Nuwe data wys ouer, wit motors in die meerderheid noodlottige ongelukke betrokke is. 'n Jong Suid-Afrikaanse bokser gaan die rol van Gerrie Coetzee in 'n internasionale rolprent v...
Spektrum 26 Januarie 2022 26.01.2022 39:38
'n Arbeidsregkenner reageer op 'n vrou wat haar saak by die KBVA verloor het omdat sy nie teen Covid ingeënt is nie. 'n Ekonoom waarsku dat baie matrieks sal sukkel om werk te kry. Nóg 'n snikhete naweek lê vir die Kaap voor.
Spektrum 25 Januarie 2022 25.01.2022 46:12
Kenners meen die vyfde Covid-vlaag sal Suid-Afrika in Mei tref. Omgewingsgroepe probeer eksplorasie aan die Weskus stuit. Krieketskeidsregter Marais Erasmus praat oor twee gesogte mylpale. Die jongste nuus van die Australiese Tennis-ope.
Spektrum 24 Januarie 2022 24.01.2022 46:19
Graanprodukte se pryse kan styg weens oormatige reën. Opposisiepartye vra duidelikheid oor die skorsing van die Wes-Kaapse Minister van Gemeenskapsveiligheid. Die jongste nuus oor die brande in die Wes-Kaap.
Spektrum 21 Januarie 2022 21.01.2022 47:04
Ons kry reaksie op die Wêreldbank se lening van meer as R11-miljard rand aan Suid-Afrika. Die ruimte sal in die volgende dekade baie besiger raak. ANC personeel is ontevrede met die gebrek aan aksie oor hulle agterstallige salarisse. ‘n Beplande tugverhoor teen die Proteaafrigter, Mark Boucher, laat die wenkbroue lig. Uiterste warm weer in die Kaap kan tot verwoestende veldbrande lei.
Spektrum 20 Januarie 2022 20.01.2022 46:06
Die matriekuitslae word vanaand verwag. Intussen is die toppresteerders vanoggend vereer. Onstabiliteit in die Johannesburgse metroraad voorspel niks goeds vir rade wat deur koalisies regeer word nie. KwaZulu-Natal is die afgelope twee maande swaar getref deur natuurrampe. 'n Wynmaker praat met ons oor die impak van Covid en die konstante reën op hulle produksie. Die Wêreld Ekonomiese Forum se Int...
Spektrum 19 Januarie 2022 19.01.2022 48:58
'n Suid-Afrikaner is in Nieu-Seeland tot 13 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die molestering en seksuele aanranding van 'n minderjarige meisie. Die weerdiens waarsku dat ontwrigtende reën vandag oor groot dele van die land verwag word. Die gemiddelde nasionale damvlak het gestyg van 92,3% verlede week na 94,7%. Die verbruikersprykindeks het in Desember tot 5,9% gestyg.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.