RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 25 Maart 2022 25.03.2022

'n Hofstryd broei oor nuwe tenderwetgewing. Nuwe navorsing wys hoe verskille in die spoed van klank op Mars, dit moeilik sal maak om ‘n gesprek te voer. 'n Pa kry tronkstraf oor onbetaalde onderhoud. Mense kan nou aansoek doen om erkenning as Khoisan-gemeenskappe.

Spektrum 24 Maart 2022 24.03.2022

Die vierde Beleggingskonferensie wil nog meer buitelandse beleggings lok. Honderde miljoene Rand vloei na Kuba vir weermagopleiding. Sarkasme en die gerol van oë in die werkplek kan jou moontlik jou werk kos. Die vroue krieketspan is een stap nader aan Wêreldbekerglorie. As deel van Waterweek ondersoek ons die Gamtoosvallei se waterprobleme.

Spektrum 23 Maart 2022 23.03.2022

Die trane rol ná adjunkpresident David Mabuza se besoek aan Distrik Ses in Kaapstad. Suid-Afrika se vredesresolusie oor Oekraïne by die Verenigde Nasies laat die wenkbroue lig omdat dit nie Rusland veroordeel nie. Amnestie Internasionaal is nie tevrede met die trant van boodskappe wat vandeesweek deur veral die regering oor Menseregtedag uitgestuur is nie. Inflasie bly onveranderd, maar rentekoers...

Spektrum 22 Maart 2022 22.03.2022

Die aandag word op Wereld Waterdag op brougroen alge in besoedelde water gevestig; 'n Suid-Afrikaner wat pas uit Rusland teruggekeer het vertel van sy ervaring; en die kredietburo Transunion kan 'n boete van tot tien miljoen rand kry na kuberkrakers toegang tot mense se persoonlike inligting gekry het.

Spektrum 21 Maart 2022 21.03.2022

Rusland rig 'n ultimatum aan Oekraïne oor die hawestad Marioepol, maar dié land sê hulle sal tot die laaste aanhou veg. Menseregtedag begin met nog 'n noodlottige skietery in Khayelitsha in Kaapstad. Politieke partye fokus die aandag op Menseregtedag op armoede en die gebrek aan dienslewering.

Spektrum 18 Maart 2022 18.03.2022

Son- en windkragprojekte, eerder as 'n kragskip, sou reeds kon bydra tot die land se energievereistes – ja, dis 'n jaar sedert die Karpowership-kontrakte toegeken is. Telekommunikasiereuse steek die hand diep in die sak om breëbandspektrum te bekom. Menslike foute by die Koeberg-kragstasie dompel die land amper weer in die donker. Die president sal "binne dae" die land toespreek oor die Covid-maat...

Spektrum 17 Maart 2022 17.03.2022

Nog 'n leier los die DA. Pretoria spog met vyf jagluiperdwelpies. Marizanne Kapp die Kiwis op die krieketveld! Sir Rod Stewart (of is dit nou sir Road Stewart) sit hand by om slaggate te vul. Die Mededingingskommissie wil 'n einde bring aan groot maatskappye se oorheersing van verskeie sektore.

Spektrum 16 Maart 2022 16.03.2022

Die Oos-Kaapse Onderwysdepartement moet alle uitstaande leermateriaal voor die einde van die maand by skole aflewer. Suid-Afrika kan dalk sy eie olie begin vervaardig. Die parlementêre proses om die Openbare Beskermer te verwyder gaan voort. Nog 'n hofsaak dreig oor die verlenging van die ramptoestand. Oekraïne se president, Wolodimir Zelenski, sê vredesamesprekings met Rusland vorder flink. 'n Sk...

Spektrum 15 Maart 2022 15.03.2022

Advokaat Dali Mpofu word berispe vir sy gedrag tydens die ondersoek na staatskaping. Die regering verleng wéér die nasionale ramptoestand. Die weerdiens voorspel hewige reënbuie oor groot dele van die land. 'n Nuwe verslag verbind die ANC met toenemende onstabiliteit in Suid-Afrika. SADEK-magte in Mosambiek sit die stryd teen terreur voort. Afgevaardigdes van onder meer Pole en die Tsjeggiese Repu...

Spektrum 14 Maart 2022 14.03.2022

Die Burgerlugvaartowerheid en Comair werk hard om vlugte te hervat. Die Voertuigsektor Personeelvereniging wil betrek word by die samestelling van die brandstofheffing. Die DA stel 'n amnestietydperk voor vir ongedokumenteerde buitelanders in die land.

Spektrum 11 Maart 2022 11.03.2022

Slinkse misdadigers hou buurtwagte in Gauteng besig. Burgerregtegroepe vra dat die regering die migrasieproses na digitale televisie uitstel. Rusland nader Suid-Afrika om as bemiddelaar in die konflik tussen Rusland en Oekraïne op te tree. 'n Waarskuwing deur versekeraars oor die installering van alternatiewe kragtoerusting. 'n Storm van 'n ander aard saai verwoesting in die Noord-Kaap.

Spektrum 10 Maart 2022 10.03.2022

Suid-Afrikaners is die josie in oor die voormalige minster van maatskaplike dienste, Bathabile Dlamini, se vals getuienis. Maar, wat is meineed? En hoe sal sy daarvoor gestraf kan word? Die newe-effekte van die Covid-19-inenting kry opnuut aandag. 'n Geskiedkundige vonds laat historici sprakeloos. Harde woorde val by die CITES-vergadering oor ivoorhandel. Die Suid-Afrikaanse Subtropiese Kwekersver...

Spektrum 9 Maart 2022 09.03.2022

Eskom sit jou ligter vir langer af. Boere is bekommerd oor die moontlike ontwrigting van die verspreidingsketting. Woede oor 'n oormaat huiswerk vir leerders kry momentum. Ons hou jou op hoogte van die jongste verwikkelinge in Oekraïne, en hoe dit jou kan raak. Daar is opnuut oproepe dat die grasietydperk vir bestuurderslisensies verleng moet word tot ná einde Maart. Gauteng fokus op ekonomiese he...

Spektrum 8 Maart 2022 08.03.2022

Internetdienste vir almal? Die veilingsproses vir breëbandspektrum begin vandag. Omkoopgeld of geen geld - jong dokters in Gauteng kry swaar. 'n Suid-Afrikaanse vrou sit hand by om mens en dier in Oekraïne te red. Beurtkrag tot vyfuur Saterdagoggend. Die nasionale sensusopname neem langer as wat verwag is.

Spektrum 7 Maart 2022 07.03.2022

Stede in Oekraïne word steeds deur mortiere en geskut gebombardeer. Brandstof- en kospryse styg weens die konflik - die goeie nuus is dat daar nie 'n tekort aan kos verwag word nie. Basta met maskers en die inperking eis Suid-Afrikaners. Die stryd is aan oor die regte naam van die Tyranousourus Rex. Udo Carelse berig dat die krieketlegende, Shane Warne, 'n staatsbegrafnis sal kry.

Spektrum 4 Maart 2022 04.03.2022

Verskeie stede in Oekraïne lê in puin. Rusland word van kernterreur beskuldig ná 'n aanval op 'n kernaanleg. Multichoice en SANEF reageer intussen op die feit dat daar wêreldwyd geen toegang is tot die Russiese TV-nuuskanaal, Russia Today. Inwoners van Aberdeen, Nieu-Bethesda en Klipplaat word gevra om hulle drinkwater te kook voor hulle dit gebruik. Op Wêreld Vetsugdag waarsku die Wêreld Gesondhe...

Spektrum 3 Maart 2022 03.03.2022

Die president van Oekraïne, Wolodimir Zelenski, ontken gerugte dat hy nie in die land is nie. Op eie bodem maak Afriforum skokonthullings oor plaasmoordtendense en die vervolging van oortreders. Na aanleiding van die derde staatskapingsverslag, sê die DA die ANC is 'n misdaadsindikaat. Ons vra of Suid-Afrika op die herstelkoers is, na aanleiding van die afgelope tyd se lae aantal Ccovid-19-gevalle...

Spektrum 2 Maart 2022 02.03.2022

Koster in Noordwes is al vier weke lank sonder water, en dit dryf mense na trane. Die Amerikaanse president, Joe Biden, dreig met strenger optrede teen Rusland. Ons praat met Oekraïne se ambassadeur in Suid-Afrika oor die jongste verwikkelinge.

Spektrum 1 Maart 2022 01.03.2022

Ons het die jongste nuus uit Oekraïne, onder meer reaksie op voorvalle van beweerde rassisme teen vlugtelinge. Die minister van arbeid, Thulas Nxesi, stel wetgewing voor wat sekere werksgeleenthede slegs vir Suid-Afrikaners reserveer. Navorsing wys dat walvisse wêreldwyd maerder word en minder kalf, heel moontlik weens klimaatsverandering. Dis Menseregte-bewusmakingsmaan - ons praat met die suster...

Spektrum 28 Februarie 2022 28.02.2022

Die konflik tussen Rusland en Oekraïne bly op die voorgrond. Ons hou jou op hoogte van die jongste nuus en bied heelwat reaksie op die situasie. Die Vrystaatse premier lewer haar provinsiale rede, maar gaan dit 'n gejaag na wind wees? Ons vra 'n kenner. 'n Brandstofprysskok wag op Suid-Afrikaners. Suid-Afrika is in 'n goeie posisie om 'n eerste toetsreeksnederlaag teen Nieu-Seeland te vermy. 'n Su...

Spektrum 25 Februarie 2022 25.02.2022

Rusval se inval van Oekraïne het 'n beduidende impak op die wêreldekonomie. As lid van die BRICS-ekonomiese gemeenskap vra ons: hoe moet Suid-Afrika reageer op dié konflik? Besnoeiings aan die weermag se begroting ry die onderhoud van kritiese infrastruktuur in die wiele. ‘n Nuwe kankernavorsingsinstituut, spesifiek vir pasiënte in sub-Sahara Afrika, beloof om behandeling aan meer kankerlyers te b...

Spektrum 24 Februarie 2022 24.02.2022

Rusland se president, Vladimir Poetin, waarsku teen inmenging van ander lande nadat missiele op stede in Oekraïne afgevuur is. 'n Petisie wat eis dat rasseklassifikasie van regerings- en ander dokumentasie verwyder word, word vandag in die Parlement aangehoor. Die hof lewer vandag uitspraak oor of seismiese opnames aan die Weskus kan voortgaan of nie. Is huishoudings gereed om oor te skuif na digi...

Spektrum 23 Februarie 2022 23.02.2022

Women on Farms vra dat 'n welvaartbelasting op die rykste een persent van Suid-Afrikaners ingestel word. Ekonome gee hulle verwagtinge van die begrotingsrede. Die land se eerste omvattende register van kleinskaalse boere is bekendgestel. Die parlementêre proses om die Openbare Beskermer uit haar amp te verwyder, duur voort. Die vraag na plastiek in Afrika sal teen 2060 na verwagting met 365% toene...

20220222 Palindroom 22.02.2022

Sosiale media is aan die gons oor die datum wat vandag 'n palindroom is. 20220222, maar wat is 'n Palindroom? Die hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr Willem Botha verduidelik hier....    

Spektrum 22 Februarie 2022 22.02.2022

Die gehalte van kraanwater in die Nelson Mandelabaai Metro is moontlik nie veilig vir menslike gebruik nie. Die swak toestand van paaie in die Vrystaat bedreig voedselsekerheid. Statistiek oor padongelukke- en sterftes sal voortaan maandeliks bekendgestel word. Die Konstitusionele Hof hoor Janus Walusz se appèlaansoek aan om op parool vrygelaat te word. Die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley...

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.