RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 2 Mei 2022 02.05.2022

Die EFF wil sy eie vakbond-vereniging stig. Motoriste verwag 'n daling in die petrolprys, maar die prys van diesel styg skerp. Kaapstad sê sy brand- en reddingsdienste het die afgelope jaar op 22 000 noodoproepe gereageer.

Spektrum 29 April 2022 29.04.2022

Die verdedigingsadvokaat in die Senzo Meyiwa-moordsaak, Malesela Teffo, verskyn in die Hillbrow-landdroshof weens minagting van die hof ná sy opspraakwekkende rrestasie gister. Die vierde deel van die Zondo-kommissie se verslag oor staatskaping is vandag aan president Cyril Ramaphosa oorhandig. Die regering belowe dat Suid-Afrika se digitale migrasie teen einde Junie afgehandel sal wees. Wetenskap...

Spektrum 28 April 2022 28.04.2022

Die SAUK kry 'n nuwe hoof van nuus en aktuele sake, maar sal Moshoeshoe Monare se ervaring in drukmedia genoeg wees vir die openbare uitsaaier? Die ANC wil die privaatsektor by staatsondernemings betrek. Die produsenteprysindeks stug in Maart. Die St. Lucia Meer se mond sal nie in die toekoms sonder behoorlike navorsing oopgestoot word nie. Palestynse argeoloë is opgewonde nadat 'n kopbeeld 'n Kan...

Spektrum 27 April 2022 27.04.2022

'n Optog ter ondersteuning van die moontlike afstigting van die Wes-Kaap. Die ANC ontbind sy Vroueliga. Die boerderygemeenskap van Kirkwood in die Oos-Kaap vra vir meer polisiehulpbronne.

Spektrum 26 April 2022 26.04.2022

Munisipaliteite in Gauteng is op die rand van ineenstorting, met twee wat onder administrasie geplaas is. Die Menseregtekommissie gaan die stand van dienslewering in die Vrystaat ondersoek. 'n Groot toename in die getal buitelandse toeriste wat die land besoek. Twitter aanvaar Elon Musk se aanbod om dié platform te koop.

Spektrum 25 April 2022 25.04.2022

'n Versoek vir 'n naspeurbaarheidstelsel in die veebedrywe. Die Openbare Beskermer nader weer die hof om die parlementêre proses om haar te verwyder, te keer. Graeme Smith is vrygespreek van alle aantygings van rassisme teen hom.

Spektrum 22 April 2022 22.04.2022

Inwoners van Johannesburg begin om self munisipale kragbokse teen kabeldiewe te beveilig. 'n Kabinetskommeling in die Wes-Kaap. Die ambassadeur van Oekraïne in Suid-Afrika gee meer besonderhede oor die telefoongesprek tussen presidente Cyril Ramaphosa en Wolodimir Zelenski.

Spektrum 21 April 2022 21.04.2022

Ons hoor hoe gemeenskappe toenemend saamstaan teen kabelkleptomane. Op die politieke nuusfront is die vordering van die DA-regering in Johannesburg en Pretoria onder die soeklig. Bykans drieduisend nuwe Covid-19-gevalle is die afgelope 24-uur aangemeld - is daar rede tot kommer? Die land se damvlakke staan gesamentlik op 96,3%. Siviele dagvaardings vir skuld neem met 5% af.

Spektrum 20 April 2022 20.04.2022

Gereelde beurtkrag knou klein sakeondernemings se groeipotensiaal. Beurtrkag kan moontlik na Fase-3 afgeskaal word. 'n Studie bevind dat daar steeds ongelykheid bestaan tussen mans en vroue in die regsberoep. Kosinflasie het effens teruggesak.

Spektrum 19 April 2022 19.04.2022

'n Kenner verduidelik wat die nasionale rampstoestand behels. Die Reserwebank het vandag 100 jaar gelede die eerste keer banknote uitgereik. Die toerismebedryf se inkomste uit verblyf het in Februarie aansienlik toegeneem.

Spektrum 18 April 2022 18.04.2022

Weerstoestande belemmer steeds soek-en-reddingsoperasies in KwaZulu-Natal. Die Bulle het nog 'n beker gewen om in sy trofeekas te sit. Meer hulpbronne word benodig om die sprinkaanplaag in die Oos-Kaap te stuit. Vee-afslaers in Limpopo sê hulle doen alles in hulle vermoë om die uitbreking van bek-en-klouseer te bekamp.

Spektrum 14 April 2022 14.04.2022

KwaZulu-Natal begin met opruimingswerk, ná wat beskryf word as die grootste natuurramp ooit om die provinsie te tref. Elders, soos in die township Umlazi, was daar egter gevalle van plundery. Talle krokodille ontsnap vanaf 'n plaas in Tongaat weens die oorstromings. En van een waterramp na 'n ander: môre is dit 120 jaar sedert die die luukse passasiersskip, Titanic, gesink het.

Spektrum 13 April 2022 13.04.2022

KwaZulu-Natal is tot 'n rampgebied verklaar. Twee nuwe subvariante van Omicron is in Suid-Afrika geïdentifiseer. Eskom voorspel tot 100 dae van beurtkrag hierdie winter. 'n Kenner verduidelik waarom daar 'n volgehoue tekort aan opwekkingskapasiteit is. SADEK gaan die ingrypingsmag in Mosambiek afskaal. Faksiegevegte binne die ANC knou dienslewering in Rustenburg.

Spektrum 12 April 2022 12.04.2022

Die tafeldruif-bedryf verwag 'n rekordoes. Swaar reën saai groot verwoesting in KwaZulu-Natal. Sri Lanka beleef sy ergste ekonomiese krisis in dekades.

Spektrum 11 April 2022 11.04.2022

Die jongste Groendruppel-verslag dui daarop dat die land se rioolstelsels in 'n swak toestand is. Die regering hou vol dat die Nasionale Gesondheidsversekeringsplan in 2026 in werking sal tree. 'n Tweestryd woed vir die amp van Franse president.

Spektrum 8 April 2022 08.04.2022

Sneeu op die berge, en reën oor groot dele van land dié naweek. Teen watter prys kom Suid-Afrika se buitestemming-standpunt by die VN? Die nasionale regering neem die bestuur van Mangaung oor.

Spektrum 7 April 2022 07.04.2022

'n Sestienjarige seun is in verband met die moord op 'n sewejarige kind van Ladismith in die Klein Karoo in hegtenis geneem. Kanadese wat ondraaglike sielkundige pyn ervaar, sal in die toekoms die dood as 'n mediese opsie kan kies. Hoe bang moet ons vir die nuwe Omicron-variant in China wees? Die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, sê geweld teen buitelanders in...

Spektrum 6 April 2022 06.04.2022

Agri SA sê die swak toestand van paaie bring landbouproduksie in gedrang. Die WGO sê bykans elke mens op aarde word aan lugbesoedeling blootgestel. Inwoners aan die KwaZulu-Natalse Suidkus word aangeraai om hulle honde teen hondsdolheid in te ent.

Spektrum 5 April 2022 05.04.2022

China plaas 'n vebod op die invoer van Suid-Afrikaanse wol. Onderhoude het begin om twee vakante regtersposte in die Konstitusionele Hof te vul. Die poskantoor benodig 'n reddingsboei van die regering.

Spektrum 4 April 2022 04.04.2022

Pakistan is in 'n politieke krisis gedompel nadat die parlement ontbind is. Die ANC beslis oor Bathabile Dlamini se lot. Die Weerdiens waarsku oor oorstromings in vyf provinsies.

Spektrum 1 April 2022 01.04.2022

President Cyril Ramaphosa hou vol dat die Julie-2021-onluste beplan is. Die regering het aangekondig dat die heffing op brandstof met R1.50 verminder sal word. Nuusaktualiteit trek aanstaande week 'n splinternuwe baadjie aan. Ons vra hoe die privaatsektor kan floreer in 'n Suid-Afrika wat neig na 'n welsynstaat.

Spektrum 31 Maart 2022 31.03.2022

Kritiek teen die besluit om 'n student vyf jaar tronk toe te stuur nadat sy geld uitgegee het wat verkeerdelik deur NSFAS aan haar oorbetaal is. Die uittredende polisiekommissaris, Kehla Sithole, gooi wal oor die Julie-2021-onluste, veral wat die intelligensiediens betref. Op Corruption Wwatch se tiende verjaarsdag vra ons hoekom fluitjieblasers bestempel word as die hartklop in die stryd teen kor...

Spektrum 30 Maart 2022 30.03.2022

Jy het slegs 48 uur tyd om kommentaar te lewer op die voorgestelde regulasies oor die bestuur van die Covid-19-pandemie. Die grasietydperk vir vervalle bestuuurslisensies verstryk môre - daar is egter steeds geen oplossing vir die agterstand nie. En hoe gemaak as jy steeds nie 'n nuwe lisensie kon kry nie? Die gevierde fotojoernalis, Rashid Lombard, se omvattende argief kry 'n nuwe tuiste. Alle oë...

Spektrum 29 Maart 2022 29.03.2022

Die werkloosheidsyfer hou aan styg. Hernieude kommer dat korrupsie op munisipale vlak dienslewering belemmer. Suid-Afrika staan bakhand in die buiteland en vra vir nog beleggings. Sal jy jou motor moet inruil vir 'n perd? Ons kyk na aanstaande maand se verwagte brandstofpryse.

Spektrum 28 Maart 2022 28.03.2022

Twee langverwagte mosies van wantroue word vandeesweek in die parlement gedebatteer. Die migrasieproses na digitale uitsendings moet vandeesweek voltooi wees - sal die oorskakeling suksesvol wees? 'n Grap is 'n grap, maar jy spot nie met 'n ander man se vrou nie. Die kwessie van vergoeding vir vrouesportsterre is in die kollig. Ons kry die jongste nuus oor die naweek se tussenverkiesings in Zimbab...

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.