RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 6 Junie 2022 06.06.2022

Die publiek het tot die 15de Junie kans om kommentaar te lewer op die voorgestelde wysigings aan die Skolewet. Verdeeldheid oor of die minister van polisie afgedank moet word of nie, oor die hoë misdaadsyfers. Die Russiese president, Vladimir Putin, het die Weste gewaarsku teen inmenging by die oorlog in Oekraïne.

Spektrum 3 Junie 2022 03.06.2022

Drukgroepe en politici eis daadwerklike optrede ná die bekendstelling van die misdaadstatistiek. Ons hou jou op hoogte van waar wateronderbrekings in Gauteng verwag kan word. En na 70 jaar op die troon, is die Britse koniningin se humorsin op ons radar.

Spektrum 2 Junie 2022 02.06.2022

Is daar lig aan die einde van die beurtkrag-tonnel? Die ANC kry slae in gister se tussenverkiesings – sal hulle ook steun verloor in die algemene verkiesing in 2024? Ons vra of die president ook slae sal kry noudat aanklagte van ontvoering, geldwassery en regsverydeling teen hom ondersoek word. Die familie van die krieketspeler, Mondli Khumalo, is gereed om na Engeland te vertrek om by hom te wees...

Spektrum 1 Junie 2022 01.06.2022

Jou slimfoon is die sleutel tot veiliger paaie… dis nou as jy die brandstof kan bekostig om op die paaie te kan ry. Die landbousektor vra vir ingryping in die dieselrabatstelsel. Die VSA sal Oekraïne van nog gevorderde vuurpylstelsels en ammunisie voorsien.

Spektrum 31 Mei 2022 31.05.2022

Volgens die jongste werkloosheidsyfer is daar tans meer as sewe miljoen werklose mense in die land. Dis Wêreld Geen Tabakdag. Ons vind uit watter effek tabak op die omgewing het. 'n Voormalige Suid-Afrikaanse onder-19 krieketspeler is in 'n koma in die Verenigde Koninkryk nadat hy aangerand is.

Spektrum 30 Mei 2022 30.05.2022

Die land wag in spanning op die aankondiging van die jongste brandstofprys. Satawu vra dat die hele Transnet-raad aanspreeklik gehou word vir wanbestuur. Ons praat met die oud-Bok Gurthro Steenkamp oor sy span La Rochelle se Europese sege.

Spektrum 27 Mei 2022 27.05.2022

Nóg 'n nederlaag in die hof vir Jacob Zuma. Die Taalmonument-debat raak warm. 'n Nuwe spesie fynbos is ontdek.

Spektrum 26 Mei 2022 26.05.2022

Die Minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, sê die Minister van Finansies sal binnekort terugvoering gee oor watter stappe gedoen kan word oor stygende brandstofpryse. SANParke verwelkom die lang tronkstraf wat drie renosterstropers in die Skukuza-landdroshof gekry het. Spanning is aan die oplaai oor 'n verwagte Dag Zero vir water in Gqeberha.

Spektrum 25 Mei 2022 25.05.2022

Die Weermag is in erge finansiële moeilikheid. Werknemers van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens staak. 'n Massa-skietvoorval in Amerika eis 21 lewens.

Spektrum 24 Mei 2022 24.05.2022

Die bekende ekonoom Mike Schüssler sterf. President Cyril Ramaphosa vergader met die Duitse kanselier, Olaf Scholz. 'n Versoek dat die regering die brandstofheffings moet skrap.

Spektrum 23 Mei 2022 23.05.2022

Eskom ry wipplank met beurtkragfases, maar hoe lank sal dit nog aanhou? Ons hou jou op hoogte van die tweede sarsie oorstromings in Kwazulu-Natal, terwyk die weerdiens waarsku teen nog ontwrigtende reën in die provinsie. 'n Spaanse wetsontwerp poog om vroue drie dae per maand menstruasieverlof te gee. Ons praat met die wêreld se beste wynbrandewynmaker. Ons hoor wat by Johannesburg se energieindab...

Spektrum 20 Mei 2022 20.05.2022

Nat, bibberweer word vir groot dele van die land voorspel. Die Instituut vir Rasseverhoudinge reageer op die Matie-voorval. 'n Boervrou kweek tamaties in die Suid-Vrystaat, ondanks 'n ongustige klimaat.

Spektrum 19 Mei 2022 19.05.2022

Groot ontevredenheid oor die regering se voorgestelde plan om 'n vlagmonument op te rig. Die sagtevrugtemark bars uit sy nate in weerwil van verskeie uitdagings. Die gereelde uitbreking van bek-en klouseer is onder die soeklig. Ons fokus op die belangrikheid van digitalisering in die landboubedryf.

Spektrum 18 Mei 2022 18.05.2022

Die jongste inflasiekoers word bekendgemaak. Twee vakbonde maak gereed vir volgende week se staking by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Eskom verloor jaarliks miljarde rand weens kabeldiefstal. Die Wes-Kaap ondervind ‘n ernstige bloedtekort.

Spektrum 17 Mei 2022 17.05.2022

Die Menseregtekommissie reageer op die beweerde rassevoorval by die Universiteit Stellenbosch. Kommer oor voorspellings van 'n reuse brandstofprysstyging in Junie. Die Minister van Landbou, Thoko Didiza, beskryf die NAMPO-Oesdag as 'n nasionale en internasionale hoogtepunt. Die Proteaspan wat in Junie na Indië toer, word aangekondig.

Spektrum 16 Mei 2022 16.05.2022

Eskom kondig Fase 4 beurtkrag aan vir vandag en môre, en blameer druk op die kragnetwerk vir gebrekkige opwekkingskapasiteit. Bendegeweld eis nog drie mense op die Kaapse Vlakte. Ons span by die 2022 NAMPO-oesfees in die Vrystaat bring vir ons die jongste oor die gebeure daar.

Spektrum 13 Mei 2022 13.05.2022

Kan Finland se aansluiting by NAVO die oorlog in Oekraïne eskaleer? Toenemende ligbesoedeling benadeel migrerende voëlspesies. 'n Kenner verduidelik wat die waarneming van 'n gravitasiekolk betekenisvol maak. Ons ontleed die kuberaanval op Dischem.

Spektrum 12 Mei 2022 12.05.2022

Die taalbeleidraamwerk vir openbare hoëronderwysinstellings moet ingevolge 'n regsmening gewysig word. Is die ANC meer bekommerd or kandidaatlyste as om lewens te verbeter? Lugmagrekrute sleep die Weermag hof toe omdat hulle ontslaan is vir die gebruik van dagga. 'n Koelkop passasier word onverwags ‘n vlieënier.

Spektrum 11 Mei 2022 11.05.2022

Die Internasionale Arbeidsorganisasie van die Verenigde Nasies stem in om Solidariteit se klag oor die Suid-Afrikaanse regering se rassebeleid aan te hoor. In Sri Lanka is daar onluste oor kragonderbrekings en stygende pryse, en die polisie kry opdrag om op plunderaars los te brand. 'n Groep van Oekraïne is vanjaar se gunsteling by die Eurovision-kompetisie, wat in Turyn in Italië plaasvind.

Spektrum 10 Mei 2022 10.05.2022

Krieket Suid-Afrika het alle klagtes, insluitend dié van rassismse, teen afrigter Mark Boucher laat vaar. Eskom implementeer weer Fase 2 beurtkrag. Die Franse president, Emmanuel Macron, stel 'n parallelle liggaam voor vir voornemende EU-lidlande soos Oekraïne.

Spektrum 9 Mei 2022 09.05.2022

Die Russiese president, Wladimir Poetin, het tydens die Oorwinningsdagparade op die Rooi Plein in Moskou, gesê die "spesiale militêre operasie" in Oekraïne was nodig, omdat die Weste beplan het om Rusland binne te val. Geskille in die Oos-Kaapse ANC dwing president Cyril Ramaphosa om sy toespraak tot vanaand uit te stel. Herstel in die sakesektor vind wel plaas, maar teen 'n stadige pas. Kaapstad...

Spektrum 6 Mei 2022 06.05.2022

Suid-Afrika groet 'n geliefde sanger - Adam Barnard is vanoggend oorlede. Suid-Afrikaners staan saam met Russe wat betoog teen die oorlog in Oekraïne. Inwoners van Zimbabwe maak gereed om Maandag die land tot stilstand te bring. Veeboere in Mpumalanga voel uitgelewer aan voortslepende veediefstal. Swart en Bruin Suid-Afrikaners wat nooit behoorlik vir hulle deelname aan die Eerste Wêreldoorlog ver...

Spektrum 5 Mei 2022 05.05.2022

Dis vandag die laaste dag om rybewyse te hernu, wat tydens die grasietydperk verval het. Die Federale Reserweraad van Amerika het sy grootste rentekoersverhoging in meer as 20 jaar aangekondig. Die publiek word gevra om seeskilpaaie wat op Wes-Kaapse strande uitspoel, te red.

Spektrum 4 Mei 2022 04.05.2022

Eskom verduidelik hoekom beurtkrag glo nou weer nodig is. Hellings, rommel en indringerplante word as risikofaktore in KwaZulu-Natal geidentifiseer na verlede maand se rampspoedige oorstromings. Die bekende ekonoom Dawie Roodt is in Rusland, en kan nie terugkeer na Suid-Afrika nie.

Spektrum 3 Mei 2022 03.05.2022

Inwoners van Durban soek steeds na hulle naasbetaandes in die puin wat die oorstromings agtergelaat het. Die petrolprys daal soos verwag, maar die prys van diesel styg skerp. Die Moslem-gemeenskap vier vandag Eid.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.