RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 11 Julie 2022 11.07.2022 54:43
Speel 'n gebrek aan polisiëring 'n rol in die 21 moorde die naweek in tavernes in Gauteng en KwaZulu-Natal? Ontleders sê intussen bitter min lesse is geleer ná die Julie-onrus. Eskom hoop om Fase Ses-beurtkrag vandeesweek af te weer. Die Proteakolwer, Lizelle Lee, sê sy is klaar met internasionale krieket. Politieke burokrasie is 'n groot struikelblok in die stryd teen renosterstopery.
Spektrum 8 Julie 2022 08.07.2022 52:46
Moet die RET-faksie se dreigemente van landwye optogte indien die president nie bedank nie, ernstig opgeneem word? 'n Jaar ná die gewelddadige onluste in Gauteng en KwaZulu-Natal is daar steeds meer vrae as antwoorde. Sal jou versekering uitbetaal indien iets met jou tydens beurtkrag gebeur?
Spektrum 7 Julie 2022 07.07.2022 53:12
Wat sou gebeur as ons die regering se benadering tot die kragkrisis volg? Solidariteit sê hulle gaan nie wag om uit te vind nie. Nog 'n terugslag vir die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkwebane. Die jongste regulasies oor die hernuwing van vuurwapens is 'n verskuiwing in die polisie se benadering tot dié kwessie. Kommer oor ‘n gebrek aan toerusting en polisielede in Calitzdorp in die Wes-K...
Spektrum 6 Julie 2022 06.07.2022 55:48
’n Simboliese begrafnis vir die slagoffers van die Enyobeni-tragedie. Die polisie soek steeds na verdagtes, wat drie maande gelede by die woning van die Vrystaatse Premier ingebreek het. Twee ministers in die Britse premier, Boris Johnson, se kabinet bedank.
Spektrum 5 Julie 2022 05.07.2022 54:23
Die ANC se NUK stel voor dat 'n nasionale noodtoestand afgekondig word weens die kragkrisis. Die sakeklimaat vir kleiner sakeondernemings het in Junie verbeter. 'n Slang met twee koppe wat in KwaZulu Natal gevind is, het sosiale media aan die gons.
Spektrum 4 Julie 2022 04.07.2022 54:22
Nóg 'n skerp styging in die brandstofprys. Het beurtkrag 'n impak op mense se geestesgesondheid? Inwoners van Parys in die Vrystaat is sedert Vrydag sonder krag.
Spektrum 1 Julie 2022 01.07.2022 47:19
Eskom sê die land se kragstelsel staan níé op die rand van ineenstorting nie. NAVO-lidlande berei hulle voor op die ergste. Ons praat met Jannie du Plessis oor môre se Bok-stryd teen Wallis.
Spektrum 30 Junie 2022 30.06.2022 46:22
'n Emosiebelaaide roudiens word vir die 21 slagoffers van die taverne-tragedie in die Oos-Kaap gehou. 'n Voormalige kampioenbokser sterf in 'n skietvoorval in Oos-Londen. Orania se bestuur reageer op Panyaza Lesufi se uitlatings oor die dorp.
Spektrum 29 Junie 2022 29.06.2022 46:46
Stakende Eskom-werkers begin terugkeer werk toe. Die gesondheidsdepartement vra vir kalmte nadat 'n tweede geval van aappokke bevestig is. Voedselbedrog in Afrika in die kollig. Lede van die LGBTQI-gemeenskap in KwaZulu-Natal sê hulle lewe word deurentyd gereeld bedreig.
Spektrum 28 Junie 2022 28.06.2022 46:51
Fase 6 beurtkrag is 'n sterk moontlikheid vanaand. Die eienaar van die Oos-Londense taverne waar 21 tieners gesterf het, word strafregtelik aangekla.
Spektrum 27 Junie 2022 27.06.2022 47:05
Die Oos-Kaapse Drankraad reageer skerp op die dood van 21 tieners in 'n taverne in Oos-Londen. Die direkteure van vyf Gautengse skole word ondersoek vir beweerde bedrog en wanadministrasie. Mense in Sydney in Australië betoog weer teen klimaatsverandering.
Spektrum 24 Junie 2022 24.06.2022 47:16
Die Hooggeregshof verklaar verskeie artikels van die Nasionale Gesondheidswet as ongrondwetlik. Fase vier beurtkrag word ingestel weens die staking oor lone by Eskom. 'n Dokter meen die vrees oor aappokke is 'n storm in 'n teekoppie. OUTA gooi hulle gewig agter die fluitjieblaser, dr. Tim de Maayer. Die Russiese president, Wladimir Poetin, gebruik die BRICS-beraad om uit te vaar teen Westerse sank...
Spektrum 23 Junie 2022 23.06.2022 48:25
Die Zondo Kommissie sê Cyril Ramaphosa moes homself sterker uitgespreek het teen staatskaping, maar hy wou nie die ANC se openbare beeld beskadig nie. Die Weerdiens sê temperature gaan nog verder daal oor groot dele van die land. Die Europese Unie besluit vandag of Oekraïne 'n kandidaat vir lidmaatskap kan word.
Spektrum 22 Junie 2022 22.06.2022 47:16
Inflasie styg tot die hoogste vlak in vyf jaar. Die ANC in die Vrystaat sê hy is nie gereed om 'n provinsiale verkiesingskonferensie te hou nie. SAFA hou 'n spreekwoordelike geelwortel voor Banyana Banyana se neus. ‘n Aankondiging oor die opheffing van Covid-19-regulasies word binnekort verwag. Dokters vra vir die beskerming van fluitjieblasers in die gesondheidsektor. Die Churchhilldam in die Oos...
Spektrum 21 Junie 2022 21.06.2022 45:16
Die Zondo-kommissie se veelbesproke laaste verslag word eers môre oorhandig. Hoekom vat dit so lank? Verlede week se veelbesproke vragmotorstaking werp vrugte. Inwoners van Soweto dreig om die gebied tot stilstand te bring. Inwoners van Durban kan hulle voorberei op minstens 'n jaar van wateronderbrekings ná die onlangse oorstromings in Kwazulu-Natal. Ons hou jou op hoogte van die Verenigde Nasies...
Spektrum 20 Junie 2022 20.06.2022 44:52
Die ANC in Noordwes se provinsiale konferensie is uitgestel, en verskeie takke eis dat lede van die dispuutresolusie-komitee verwyder moet word. Die Franse president verloor sy volstrekte meerderheid in die parlement, maar wat beteken dit vir ons? Die Regterpresident van die Appèlhof, Mandisa Maya, voer haar onderhoud om die volgende adjunkhoofregter van die land te word. Ons bring jou die jongste...
Spektrum 17 Junie 2022 17.06.2022 47:45
Die DA verwelkom die besluit van die Minister van Kuns en Kultuur, Nathi Mthethwa, om nié Afrikaans uit die naam van die Afrikaanse Taalmonument te haal nie. Die N3-snelweg is vandag stil na gister se vragmotorbetoging op Van Reenenspas in KwaZulu-Natal. Die Menseregtekommissie besoek haweloses in Mogale City aan die Wes-Rand, wat glo deur amptenare van die stadsraad mishandel is.
Spektrum 16 Junie 2022 16.06.2022 50:12
Die waterkrisis in die Nelson Mandela Baai Metro vererger. Die DA-parlementslid Annette Steyn gaan uit die politiek tree. 'n Ondersteuningsgroep in Kimberley help jong mans om stres en geestesgesondheidsprobleme beter te hanteer.
Spektrum 15 Junie 2022 15.06.2022 50:04
Ons kry reaksie op die Appèlhof se uitspraak oor die Covid-tabakverbod. Haweloses in Mogale City se besittings word weer gekonfiskeer. Die debat oor die skrapping van die brandstofheffing woed voort. 'n Algehele toename in misdadige bedrywighede in Gauteng.
Spektrum 14 Junie 2022 14.06.2022 49:36
Die Parlement gaan nie die bewerings van misdadige optrede deur die president ondersoek nie. Die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming sê die regering sal nie veel langer die Basiese Inkomstetoelaag kan bekostig nie. Navorsing wys dat Kaapstad die meeste geboortes in 2019 aangeteken het, maar is dit noodwendig 'n goeie ding?
Spektrum 13 Junie 2022 13.06.2022 52:35
President Cyril Ramaphosa sê die regering sal nie meer vir die beveiliging van ministers se privaatwonings betaal nie. Daar is nog net 'n paar dae oor om kommentaar te lewer op die voorgestelde wysiging aan die Skolewet. Die isiMangaliso Vleilandpark in Kwazulu-Natal beklemtoon die belangrikheid van die begeleide oes van inheemse gras, nadat 'n seeikoei 'n vrou doodgemaak het.
Spektrum 10 Junie 2022 10.06.2022 43:45
Die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, verloor 'n dringende interdikaansoek teen haar skorsing. President Cyril Ramaphosa sou vanoggend op gister se debat oor sy begrotingsrede reageer, maar dit is uitgestel nadat die EFF verrigtinge in die parlement ontwrig het. Ons volg 'n oudsoldaat se tog deur Namibië om die demone van post-traumatiese stres te beveg.
Spektrum 9 Junie 2022 09.06.2022 42:56
Die adjunkpresident sê daar is tans geen rede om president Cyril Ramaphosa te vra om uit te tree nie. Die volhoubaarheid van landbou in Suid-Afrika kom onder bespreking. Wat kan boere in Afrika ons leer oor landbou.
Spektrum 8 Junie 2022 08.06.2022 39:39
Oudpresident Jacob Zuma is gereed om te begin met die proses om Billy Downer privaat te vervolg. Die DA gaan voort met sy stryd om ANC-kaders uit die staatsdiens te verwyder. Die VN sê daar is toenemend bewerings van seksuele geweld deur Russiese soldate in Oekraïine.
Spektrum 7 Junie 2022 07.06.2022 43:22
'n Versoek dat president Cyril Ramaphosa opsy moet staan. Mali se oorgang na 'n burgelike regering sal eers in 2024 gebeur. Die hawe in Oos-Londen word weer gebruik om mielies uit te voer.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.