RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 15 Augustus 2022 15.08.2022

Burgerregte-organisasies dreig met regsoptrede teen die Parlement oor die wysiging van die Kieswet. Terwyl nog 'n kouefront op pad is na die Wes-Kaap, wek die ondergemiddelde reënval in dié provinsie kommer onder boere. Die polisievakbond, POPCRU, is gereed om te staak oor 'n loongeskil.

Spektrum 12 Augustus 2022 12.08.2022

Die Valke glo hulle het 'n sterk saak teen die 20 verdagtes wat vasgetrek is in verband met die onluste in Julie 2021. Families van die Enyobeni-slagoffers vergader agter geslote deure oor die nadoodse verslag. 'n Ondersoek is begin nadat die karkasse van meer as 'n honderd diere in die Nasionale Kruger Wildtuin gevind is.

Spektrum 11 Augustus 2022 11.08.2022

Namibië se verbod op die invoer van Suid-Afrikaanse vleisprodukte bly vir eers van krag. 'n Boran-bees behaal 'n rekordprys op 'n veiling. Suid-Afrika het vyf medaljes by die onder-20 Wêreld Atletiekkampioenskap ingepalm.

Spektrum 10 Augustus 2022 10.08.2022

KwaZulu-Natal se nuwe premier gaan dadelik aan die werk spring. Seeskilpaaie in Amerika gee 'n aanduiding van hoe klimaatsverandering ons tref. Nuwe inligting oor die litigasieproses vir slagoffers van die Marikana-tragedie word bekendgemaak. Hongaarse lugstrome bring geluk vir Suid-Afrikaanse vlieëniers.

Spektrum 9 Augustus 2022 09.08.2022

Vrese dat grootskaalse geweld weer kan uitbreek in Suid-Afrika noop die regering om die Weermag op bystand te plaas. In Amerika trek 'n geskiedkundige klopjag op Donald Trump se Florida-woning baie aandag.

Spektrum 8 Augustus 2022 08.08.2022

Slaggate landwyd word as deel van 'n nuwe veldtog herstel. Daar is egter vrae oor waarom die private sektor hierby betrek word. Ons delf dieper in die onwettige mynbou-probleem. 'n Baba-kameelperd op die drumpel van die dood, staan nou op sy eie vier pote. Atlete moet nie net fisies sterk wees nie, maar ook geestelik. 'n Kenner deel sy ervaring om atlete slaggereed te kry vir die Statebondspele.

Spektrum 5 Augustus 2022 05.08.2022

Stilte heers in Kagiso... vir eers. Lesotho vra dat hulle burgers wat in Suid-Afrika in hegtenis geneem is, uitgelewer moet word. Dit kan nog lank wees voor die Guptas aan Suid-Afrika uitgelewer word. 'n Oudgimnas help Siele op Wiele om gesond te leef. Pienk, wit en oranje - dis amper tyd vir Namakwaland se blomme om hulle kleure te wys.

Spektrum 4 Augustus 2022 04.08.2022

Opposisiepartye in die parlement wil president Cyril Ramaphosa verantwoordbaar hou vir wat op sy plaas Phala Phala gebeur het. Die regering oorweeg glo om die staatspensioenfonds te gebruik om Eskom se skuld te delg. Inwoners van Kagiso aan die Gautengse Wesrand betoog teen onwettige mynbedrywighede. Human Rights Watch beskuldig die regering van Sri Lanka daarvan dat hy noodmaatreëls misbruik om a...

Spektrum 3 Augustus 2022 03.08.2022

Die Vryheidsfront Plus herinner die Minister van Polisie, Bheki Cele, weer aan die ontsaglike agterstand in DNS-toetse. Die jongste nuus oor die sowat 80 verdagtes wat na aanleiding van die verkragtings en onwettige mynbedrywighede in Krugersdorp, in die hof verskyn. Jong Suid-Afrikaners presteer by die o/20 Wêreld Atletiekkampioenskap in Colombië, Suid-Amerika. Rusland beskryf Nancy Pelosi se bes...

Spektrum 2 Augustus 2022 02.08.2022

Daar is dalk vanaand 'n veel groter as verwagte brandstofprysverlaging. Goedkoper hoender vir Suid-Afrikaners, maar die plaaslike bedryf is nie ingenome daarmee nie. Suid-Afrika is by die Statebondspele in die vyfde plek op die medaljetabel, met 12 medaljes tot dusver.

Spektrum 1 Augustus 2022 01.08.2022

Ons praat met die burgemeester van die Ekhuruleni-metro oor vanoggend se betoging in Tembisa. Chemiese kastrasie word as strafmaatreël vir verkragters voorgestel - is dit haalbaar? Twaalf Suid-Afrikaanse cheetahs word in Indië hervestig - 'n eerste-van-sy-soort-gebeurtenis.

Spektrum 29 Julie 2022 29.07.2022

Die ANC se langverwagte nasionale beleidskonferensie begin. Die regering het 'n dispuut by die Wêreldhandelsorganisasie verklaar oor die Europese Unie se nuwe maatreël vir die kouesterilisasie van Suid-Afrikaanse sitrus. Die veiligheid van veldwagters is weer onder die soeklig.

Spektrum 28 Julie 2022 28.07.2022

Die metaalwerkersvakbond Numsa gaan voort met sy kongres in weerwil van litigasie en skerp interne meningsverskille. Die Verenigde Nasies ontken dat hy betogers in die DRK doodgeskiet het. Inwoners van Gugulethu op die Kaapse Vlakte word in basiese misdaadtoneel-vaardighede opgelei.

Spektrum 27 Julie 2022 27.07.2022

Het jy geweet daar is iets soos Oer-Afrikaans? Die wêreld is op die randjie van 'n ekonomiese resessie. Ons vind uit hoe die huidige ekonomiese verknorsing troeteldiere raak. 'n Hupstoot vir openbare vervoer in Kaapstad met die hervatting van sommige Metroraildienste. 'n Landwye toename in transitorooftogte. Dekades se vordering in vroueregte uitgewis ná die Taliban se oorname van Afghanistan.

Spektrum 26 Julie 2022 26.07.2022

Die Regterlike Dienstekommissie gaan aanbeveel dat regter John Hlophe geskors word. Uiteenlopende reaksie op president Ramaphosa se kragplan. Die kwessie van ongedokumenteerde plaaswerkers is onder die soeklig. 'n Toename in transitorooftogte regoor die land. Opposisiepartye sê die parlement móét die diefstal op president Ramaphosa se wildsplaas ondersoek om 'n herhaling van die Nkandla-skandaal t...

Spektrum 25 Julie 2022 25.07.2022

'n Ekonoom verduidelik die voor- en nadele van 'n petrolprys wat nie gereguleer word nie. 'n Veldtog in Johannesburg se woonbuurte om bendegeweld uit te roei. Tukkies begin die semester met 'n veldtog om arm studente te help.

Spektrum 22 Julie 2022 22.07.2022

Oudpresident Thabo Mbeki waarsku dat korrupsie en wetteloosheid tot grootskaalse onrus kan lei. Die prys van petrol mag dalk in Augustus daal. Rusland het besluit om sy militêre fokus te verskuif, wat aanvanklik op die ooste en suide van Oekraïne gemik was.

Spektrum 21 Julie 2022 21.07.2022

Die vakbond, Solidariteit, gaan Eskom met kundige tegniese personeel help. Ses verdagtes in die Babita Deokaran-moordsaak verskyn môre in die hof. Deokaran was 'n sleutelgetuie in 'n saak van tenderbedrog vir persoonlike beskermingstoerusting. Die Johannesburg Metro waarsku: moenie self die stad se elektrisiteitsinfrastruktuur probeer herstel nie!

Spektrum 20 Julie 2022 20.07.2022

Die NVG se tyd om 'n uitleweringsversoek vir die Gupta-broers uit te reik, raak al hoe minder. Die Reserwebank bevestig dat regulasies vir kriptogeldeenhede opgestel gaan word. 'n Geskiedkundige styging in die inflasiekoers.

Spektrum 19 Julie 2022 19.07.2022

Energiekenners reageer op die moontlikheid van nog 'n kragtarief vir Suid-Afrikaanse verbruikers. Akademici bring hulde aan die ontslape joernalis, skrywer en digter, Don Mattera. Ons vind meer uit oor die nuwe sterrestelsel wat langs die Melkweg ontdek is.

Spektrum 18 Julie 2022 18.07.2022

Die ANC kondig 'n weeklange tydperk van rou aan ná die dood van die party se adjunksekretaris-generaal, Jessie Duarte. Ivan Pillay getuig vandag oor die geskorste Openbare Beskermer. Ons skakel oor na Suzanne Paxton en die res van ons kollegas in Krugersdorp as deel van ons regstreekse Mandeladag-uitsending.

Spektrum 15 Julie 2022 15.07.2022

Nog geen in hegtenisnemings ná die massa-skietvoorval by 'n taverne in KwaNomzamo in KwaZulu-Natal nie. Die drukgroep, Action Society, vra die parlement om die minister van polisie, Bheki Cele, uit sy pos te verwyder. Sommige Wes-Kaapse skole het wiskunde en wetenskap uitfasseer - ons praat met 'n onderwyskenner oor die implikasies hiervan. Mosselbaai speel gasheer vir die Tuinroete Internasionale...

Spektrum 14 Julie 2022 14.07.2022

Die regering stel nuwe regulasies voor vir die ontgunning van skaliegas. 'n Ooreenkoms vir die veilige vervoer van Oekraïense voedselprodukte deur die Swartsee, sal teen volgende week onderteken word. Afriforum vra motoriste om deel te word van sy hofsaak teen departement van vervoer oor die geldigheid van rybewyse.

Spektrum 13 Julie 2022 13.07.2022

'n Argeoloog deel sy vreugde nadat 'n bajonet uit die tweede Anglo-Boereoorlog gevind is. Na byna 'n kwarteeu tree dr. Blade Nzimande uit as leier van die SAKP. 'n Noodtoestand word in Sri Lanka verklaar nadat betogings momentum optel. Maande na die oorstromings in KwaZulu-Natal, woon duisende mense steeds in gemeenskapsale. As jy van die huis af werk, spits jou ore - ons kry raad oor jou regte en...

Spektrum 12 Julie 2022 12.07.2022

Die Gun Owners Association of South Africa sê die debat oor die wapenwet is misplaas. Twee ANC-lede wat voorheen weens korrupsie uit hulle poste verwyder is, kry leierskapsposisies. Aanlyndienste van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens word ontwrig weens 'n staking. Die eerste foto’s van oeroue sterrestelsels word deur NASA bekendgestel. SANPARKE sê daar is nie te veel olifante in die Krugerwildtuin...

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.