RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 19 September 2022 19.09.2022 50:39
Die jongste van die staatsbegrafnisdiens van Koningin Elizabeth II. Beurtkrag het 'n groot impak op besighede - ons praat met 'n ekonoom. Koue en nat weer oor groot dele van die land.
Spektrum 16 September 2022 16.09.2022 49:42
Die eienaars van die diamantmyn op Jagersfontein bevestig dat hy alle mediese koste sal dra ná die slikdamtragedie. Vakbonde vergader vandag met sy lede oor die SAUK se jongste salarisaanbod. Gewapende mans ontvoer 50 inwoners van 'n dorp in Nigerië.
Spektrum 15 September 2022 15.09.2022 52:14
In 'n verrassende skuif word daar besluit om die wanfunksionele stadsraad van die Lichtenburg-gebaseerde Ditsobotla-munisipaliteit te ontbind. President Cyril Ramaphosa vetrek na Amerika vir sameprekings met president Joe Biden. 'n Beraad oor immigrante en die mites oor hierdie inwoners word in die vooruitsig gestel.
Spektrum 14 September 2022 14.09.2022 50:31
President Ramaphosa vlieg binnekort na die Withuis op uitnodiging van president Biden. Verskeie hooggeplaaste gesondheidsrolspelers onttrek aan die SA Tuberkulose-konferensie in Durban. Beter waterinfrastruktuur moet in die Wes-Kaap geskep word omdat dié provinsie 'n warmer, droeër klimaat gaan hê weens klimaatsverandering.
Spektrum 13 September 2022 13.09.2022 49:51
Eskom verhoog beurtkrag tot fase vier. 'n Kenner ontleed Eskom se kapasiteit. Gift of the Givers beskryf die trauma wat hulle in Jagersfontein se slikdamramp beleef. Suid-Afrika se bierbedryf het rekordverkope in die post-Covid-19-periode.
Spektrum 12 September 2022 12.09.2022 48:45
Die konstruksiesektor wys tekens van herstel in die tweede kwartaal. Ons kry die jongste oor president Ramaphosa se besoek aan Jagersfontein ná die myndam-tragedie. Ons saai uit by die Augrabies-waterval Nasionale Park in die Noord-Kaap as deel van Nasionale Parke Week.
Spektrum 9 September 2022 09.09.2022 46:21
Koningin Elizabeth II se dood word wêreldwyd betreur. Ons kry reaksie van Suid-Afrikaners in Engeland, en vind meer uit oor wat nou vir die Britse monargie voorlê. Opposisie-partye spreek hulle misnoë uit nadat die Reserwebank die president nóg tyd gee om te antwoord op bewerings dat hy die wet op buitelandse valuta oortree het.
Spektrum 8 September 2022 08.09.2022 51:15
Die verbod op die vervoer van vee opgehef. COVID het wêreldwyd geletterheidvlakke benadeel Eskom sê hy is verjeug oor die betaling van R30 miljoen rand deur die Eskom pensioenfonds as deel van 'n hofuitspraak oor pensioen wat aan Brian Molefe uitbetaal is.
Spektrum 7 September 2022 07.09.2022 53:58
Daar is onsekerheid oor hoe bek-en-klou-seer vleispryse en kleinboere sal raak. Parlementslede is die josie in nadat hoofregter Raymond Zondo sê hulle kan nie met die stryd teen staatskaping vertrou word nie. Die Internasionale Atoomenergie-agentskap beveel aan dat alle militêre magte van die Zaporitsia-kernkragsentrale onttrek word.
Spektrum 6 September 2022 06.09.2022 52:29
Die DA betoog teen die minister van polisie, Bheki Cele, maar 'n kenner sê Cele is dalk nie so slegte polisieminister nie. Visregte vir kleinskaalvissers word heropen. Die Valke maak gereed vir nog 'n rondte arrestasies in die staatskapingsage.
Spektrum 5 September 2022 05.09.2022 50:21
Britte sal vandag weet wie hulle nuwe Eerste Minister is. Ons hoor wat dit vir Suid-Afrika kan beteken. In Suid-Afrika is daar ook strominge dwarsoor die politieke spektrum wat tot nuwe premiers en burgemeesters kan lei. Verskeie regeringsdepartemente en wetstoepassingagentskappe span saam met 'n omstrede projek om mense met "onverklaarbare rykdom" te vervolg.
Spektrum 2 September 2022 02.09.2022 49:32
Suid-Afrikaners kry ná 24 jaar nuwe rybewyse. Joe Biden trek sy bokshandskoene aan. Tegnologie word ingespan om wiskunde makliker te maak om te leer.
Spektrum 1 September 2022 01.09.2022 46:27
Ons bespreek die hofuitspraak oor eksplorasie langs die Wildekus. Die Speaker van die Johannesburg Metro word uit die kussings gelig. Die Bloutrein gaan weer loop.
Spektrum 31 Augustus 2022 31.08.2022 51:40
Misdaadstatistiek is misleidend, sê 'n kenner, maar intussen leer Suid-Afrikaners om hulleself te beskerm. Toonnaels in jou boerewors? Ontspan, dit is net koljandersaadjies... 'n Koffietafelboek oor pleegouers en weeskinders het pas verskyn.
Spektrum 30 Augustus 2022 30.08.2022 48:31
Die polisie word beskuldig van die sekondêre teistering van agt bendeverkragtingslagoffers verlede maand by West Village in Krugersdorp. Maatskaplike werkers betoog en eis werk van die regering. Die laaste lid van 'n stam in die Amasone sterf.
Spektrum 29 Augustus 2022 29.08.2022 51:24
Het die skeidsregter Saterdag die Springbokke in die stryd teen die Wallabies laat sneuwel? Dis waaroor luisteraars wonder. Transnet hoës in die hof weens die lokomotief-tenderkorrupsie. NASA lanseer vandag 'n reusagtige vuurpyl na die maan.
Spektrum 26 Augustus 2022 26.08.2022 52:44
Korrupsie vier hoogty in skole. Die toekoms van miljoene Ethiopiërs is in die weegskaal met rebellegroepe wat glo humanitêre voorrade buit. Ons praat met 'n kenner oor die burgeroorlog in Ethiopië, wat ná 'n brose vrede weer opgevlam het. Die eerste Afrikaanse dramareeks op die stroomkanaal, Netflix, begin vandag.
Spektrum 25 Augustus 2022 25.08.2022 49:10
Die "Kill the Boer"-saak teen die EFF is in die Johannesburgse Hooggeregshof met koste van die hand gewys. Die DA en die EFF versoek dat die LUR vir Gesondheid in Limpopo se kop rol. Op Internasionale Tweedehandse Kleredag kyk ons na die stand van dié bedryf.
Spektrum 24 Augustus 2022 24.08.2022 53:08
Eskom beplan om die kragtoevoer na die Tshwane Metro af te sny weens wanbetaling. 'n Tuberkulose-spoedtoets sal dalk binnekort in Suid-Afrika beskikbaar wees. Die oorlog tussen Rusland en Oekraïne woed reeds ses maande lank.
Spektrum 23 Augustus 2022 23.08.2022 54:29
Die fluitjieblaser oor staatskaping, Vytjie Mentor, sterf. Verskeie strande in die Ethekwini-metrogebied gesluit weens hoë vlakke van E.coli in die water. Die Pan-Afrika parlement versoek politieke partye in Angola om seker te maak dat die verkiesing môre vreedsaam verloop.
Spektrum 22 Augustus 2022 22.08.2022 50:57
Daar is 'n afname in voorvalle van veediefstal. President Cyril Ramaphosa loop deur onder hewige kritiek ná 'n duur vlug na die DRK. Vrese word al groter vir 'n moontlikr kernkragramp by die Zaporizhzhia-aanleg in Oekraïne.
Spektrum 19 Augustus 2022 19.08.2022 55:39
'n Vyfde persoon word met aappokke gediagnoseer. 'n Hoëvlakleier van die DA sê daar word te veel aandag op swart leiers in die party gevestig. Argeologiese skatte asook gru-vondse word deur die ernstige droogte in die noordelike halfrond blootgelê.
Spektrum 18 Augustus 2022 18.08.2022 51:26
Operasie Dudula gee die minister van verdediging 'n week om op hulle eise oor misdaadbekamping te reageer. Wie is Operasie Dudula? Is daar plek vir so 'n groep in ons demokratiese bestel? Opposisiepartye smee kragte saam om die president in 'n staat van beskuldiging te plaas. Al hoe meer misdadigers gebruik outomatiese vuurwapens om misdaad te pleeg. 'n Slagoffer van die bendegeweld by 'n ou myn n...
Spektrum 17 Augustus 2022 17.08.2022 48:23
Die Landbank ontken aantygings dat hy boelietaktiek gebruik teen kliënte wat nie hulle lenings terugbetaal nie. Suid-Afrikaanse huishoudings is R1,2-biljoen armer in die tweede kwartaal van die jaar. Huldeblyke stroom in vir die Countrysanger Jason Bradley, wat oorlede is in die ouderdom van 39.
Spektrum 16 Augustus 2022 16.08.2022 49:21
Die gemeenskap van Delft op die Kaapse Vlakte vra dat meer wetstoepassers in dié gebied ontplooi word om bendegeweld te stuit. Motoriste kan nog 'n daling in die brandstofprys verwag. 'n Verbod is op die verskuiwing van beeste ingestel om die verspreiding van bek-en-klouseer te beperk.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.