RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 24 Oktober 2022 24.10.2022 50:58
Ons praat met 'n ontleder nadat die president 'n reeks maatreëls teen staatskaping bekend maak. Alkoholmisbruik onder studente is op almal se lippe ná nog 'n urineringsvoorval by die Universiteit Stellenbosch. Die regering se trae reaksie om te verhoed dat Suid-Afrika op die gryslys geplaas word, gaan hom duur te staan kom, waarsku kundiges.
Spektrum 21 Oktober 2022 21.10.2022 44:55
Die Nasionale Vergadering keur die wysigingswetsontwerp oor die Kieswet goed, maar die VF Plus sê dié proses is afgejaag. Die DA sê president Cyril Ramaphosa mibruik belastingbetalers se geld deur 'n weermaghelikopter te gebruik om na ANC byeenkomste te reis. Omgewingsorganisasies waarsku teen hoë Ecoli-vlakke by strande noord van Durban.
Spektrum 20 Oktober 2022 20.10.2022 42:12
Daar is sowat 25 miljoen slaggate op Suid-Afrika se paaie. Reaksie op 'n petisie om pitbull-terriërs as troeteldiere te verban. Hulde aan die skrywer en joernalis Leopolt Scholtz.
Spektrum 19 Oktober 2022 19.10.2022 40:15
Die werwingskriteria vir amptenare in die staatsdiens is onder die soeklig nadat 'n ondersoek bevind het dat meer as tweeduisend senior bestuurders nie die nodige kwalifikasies het nie. Departementshoofde in die Nelson Mandelabaai Metro se Desembervakansie is in die weegskaal weens die agterstand in dienslewering. Ons praat met 'n ontleder oor die invloed van politiekery op basiese dienste en infr...
Spektrum 18 Oktober 2022 18.10.2022 43:29
Die volle ekonomiese impak van beurtkrag word nog nie gevoel nie. Daar is opnuut eise dat borgtogvereistes hersien moet word. 'n Skoolseun kry nuwe skoene.
Spektrum 17 Oktober 2022 17.10.2022 48:34
Transformasie of rassediskriminasie? Dis-Chem kry die wind van voor oor sy indiensnemingsproses. Dis die donkerste jaar nog vir Suid-Afrika. Huldeblyke stroom in ná die afsterwe van Franci Swanepoel.
Spektrum 14 Oktober 2022 14.10.2022 50:28
Matrikulante begin binnekort met die eindeksamen. Daar is steeds groot debat oor die voorstel dat Suid-Afrikaners toegang kry tot 'n gedeelte van hulle aftreegeld. Verkeer joernalistiek in 'n noodtoestand? Ons stel dié vraag aan Max Du Preez en Jacques Pauw. Die grootste Sauvignon Blanc-kompetisie gaan vir die eerste keer ooit in Afrika gehou word.
Spektrum 13 Oktober 2022 13.10.2022 49:43
Kommer oor die gebrek aan polisiehulpbronne om geslagsgeweld in die Wes-Kaap te stuit. Die geestesgesondheid van studente is in die kollig. NASA het dit reggekry om die rigting waarin 'n asteroïde beweeg, te verander. RSG herdenk 85 jaar van Afrikaanse radio, en ons vertel jou meer oor dié vieringe.
Spektrum 12 Oktober 2022 12.10.2022 50:48
Ons plaas die klem op groen geboue, en hoor hoe mens beton met indringerplante en rommel vervaardig. Dave Pepler praat oor sy plan om sy koolstofvoetspoor te verminder.
Spektrum 11 Oktober 2022 11.10.2022 56:12
Die agterstand in DNS-toetsing by die polisie se laboratoriums vergroot, ondanks beloftes om dit uit te wis. Daar is kommer oor die impak van die Transnetstaking op landbou. Studente sukkel om finansieel te oorleef. 'n Party wat ses maande gelede gestig is, wen die verkiesing in Lesotho.
Spektrum 10 Oktober 2022 10.10.2022 47:57
Regstreeks vanaf die Woordfees op Stellenbosch: Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, praat oor sy energieplanne vir die provinsie. Die Transnet-staking kan die ekonomie miljarde rand kos. Verskeie studentekwessies is onder die soeklig.
Spektrum 7 Oktober 2022 07.10.2022 52:35
Vrystaatse boere loop deur onder saaddiewe. Gautengers word beter dienste belowe. Kommer heers oor terreurgroepe wat geld vanuit Suid-Afrika kry.
Spektrum 6 Oktober 2022 06.10.2022 52:04
'n Boer maak 'n plan om sy eie krag op te wek. Gauteng kry vandag 'n nuwe premier - ons vra wat ons van Panyaza Lesufi kan verwag. Ons kry 'n antwoord oor waarom 12 withaaie in Plettenbergbaai opgemerk is.
Spektrum 5 Oktober 2022 05.10.2022 50:51
Kommer oor die veiligheid by die Krugerwildtuin se Numbi-hek. Vandag is Internasionale Onderwysersdag - ons praat met 'n opvoedkundige sielkundige. Die kraaie gaap in groot dele van die land, terwyl reën eers teen die naweek verwag word.
Spektrum 4 Oktober 2022 04.10.2022 49:30
Kommer oor die Vrystaat se waterbesparingsplan in die aanloop tot die tydelike sluiting van die Lesotho Hoogland-waterskema. Die voorslepende kragonderbrekings lei tot lae watervlakke in reservoirs dwarsoor Johannesburg. Voormalige koalisievennote in Johannesburg slinger beskuldigings rond. Ons praat met 'n ontleder oor die toekoms van veelpartyregering
Spektrum 3 Oktober 2022 03.10.2022 49:56
Ons praat met Intercape oor 'n hofbeslissing dat die polisie en LUR wél busse en pendelaars moet beskerm. Die RDK begin vandag met onderhoude vir 20 vakante regtersposte. Groot dele van die land beleef 'n hittegolf.
Spektrum 30 September 2022 30.09.2022 50:35
Die DA werk hard om die burgemeester in Johannesburg in haar stoel te hou. Die president belowe hy sal die aanbevelings van die Zondo-verslag implementeer - moet ons hom glo? Alle oë is vanmiddag op Rusland se Rooiplein.
Spektrum 29 September 2022 29.09.2022 49:13
Die Nasionale Vergadering het die Onteieningswetsontwerp aanvaar, ondanks opposisiepartye se teenkanting. Daar is 'n toename in gevalle van kinkhoes onder kinders. Een in elke agt voëlspesies wêreldwyd staan op die rand van uitsterwing.
Spektrum 28 September 2022 28.09.2022 47:55
Nog 'n damwal in Jagersfontein breek. Kommer oor watertekorte by die Helen Joseph Hospitaal in Johannesburg. Nog 'n daling in brandstofpryse word verwag.
Spektrum 27 September 2022 27.09.2022 49:50
Suid-Afrikaners verkies glo 'n diktator wat dinge gedoen kry bo 'n demokratiese regering. Die polisie hou die eerste van 'n reeks imbizos vir mans teen geslagsmisdaad. Die meteoriet wat die Vredefort-koepel veroorsaak het, was dalk veel groter as wat aanvanklik gedink is.
Spektrum 26 September 2022 26.09.2022 48:35
'n 73-jarige Nkosazana Dlamini-Zuma gee haar steun aan jong leiers in die ANC. Bestaansvissers in Saldanha in die Wes-Kaap betoog teen 'n olieboortoring. Die wêreld wag met ingehoue asem om te sien of NASA in staat is om 'n asteroïde se trajek te verander.
Spektrum 23 September 2022 23.09.2022 45:13
Bykomende wetstoepassers is in Manenberg op die Kaapse Vlakte ontplooi ná die moord op vier bendelede. Drie nuwe windplase gaan gebou word om groenenergie teen 2024 aan die kragnetwerk te verskaf. Vroue in Iran betoog en verbrand hulle hijabs ná die dood van 'n jong vrou, wat glo die land se hidjab-wette oortree het.
Spektrum 22 September 2022 22.09.2022 51:22
Vragmotors is in die visier van kritiek ná verlede week se gru-ongeluk waarby 'n vragmotor en 'n bakkie betrokke was. Vandag is Wêreld-renosterdag en alle pogings om die dier uit die geskiedenisboeke te hou, het min opgelewer. Die Presidentsbeker-gholftoernooi begin in Amerika, maar teen die agtergrond van 'n politieke toutrekkery tussen die PGA en LIV.
Spektrum 21 September 2022 21.09.2022 53:01
Die ramp in Jagersfontein kring uit. Beurtkrag kom die sakewêreld duur te staan. Die verbruikersprysindeks daal effens.
Spektrum 20 September 2022 20.09.2022 53:57
Rampbestuurspanne in KwaZulu-Natal is gereed vir ontwrigtende reën, hael, stormsterk wind en donderstorms. Rioollekkasies in KwaZulu-Natal hou verreikende gevolge in. Gebiede rondom pikkewynkolonies word gesluit vir kommersiële visvang.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.