RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 28 November 2022 28.11.2022

Sowat 50 kilogram kokaïen word in Suid-Afrikaanse lemoene na Brittanje gesmokkel. Eskom se grootbaas, André de Ruyter, bespiegel oor die motiewe agter sabotasie. Ons wonder hoe kras mag 'n mens op sosiale media raak voor daar strafregtelike gevolge is?

Spektrum 25 November 2022 25.11.2022

Die eienaars van die taverne waar 21 jongmense gesterf het, is vandag in die hof. Eenduisend poskaarte gaan na die president gestuur word tydens die 16 Dae van Aktivisme-veldtog teen geslagsgeweld. Ons bespreek môreaand se stryd tussen die Bokke en Engelse.

Spektrum 24 November 2022 24.11.2022

Ekonome verwag dat 'n verdere rentekoersverhoging aangekondig sal word. 'n Bedelaar in Johannesburg kry die geleentheid om 'n lonende loopbaan te bou. Rusland word daarvan beskuldig dat hy die koue noordelike winter as 'n bondgenoot in die oorlog teen Oekraïne gebruik.

Spektrum 23 November 2022 23.11.2022

Verbruikersprysinflasie het in Oktober toegeneem. Sakevertroue in Suid-Afrika daal verder. 'n Hibriede model word voorgestel om Gauteng se e-tolskuld te delg.

Spektrum 22 November 2022 22.11.2022

Sewe vakbonde wat staatsdienswerkers verteenwoordig, volstaan by hulle eis vir 'n salarisverhoging van 10%. 'n Daling in die dieselprys word vir volgende maand voorspel. 'n Verdagte is in hegtenis geneem vir die aanval op 'n City Power-werknemer.

Spektrum 21 November 2022 21.11.2022

Talle pendelaars in Kaapstad is gestrand gelaat weens 'n taxi-staking. John Steenhuisen stel homself beskikbaar vir 'n tweede termyn as DA-leier. Sanral sal die instandhouding van die R31 en ander Noord-Kaapse paaie oorneem.

Spektrum 18 November 2022 18.11.2022

Bendeleiers, geldwassers, dwelmhandelaars en bedrieërs floreer in Suid-Afrika. Is Afrikaans werklik 'n sterwende taal? Ons praat met 'n taalkenner. Reaksie op Rassie Erasmus se skorsing.

Spektrum 17 November 2022 17.11.2022

Die parlement besluit om op 6 Desember 'n spesiale sitting te hou om die Phala Phala-kommittee se bevindinge te bespreek. Die openbare uitsaaier, die SAUK, stel sy langverwagte mediastromingsdiens SABC+ bekend.

Spektrum 16 November 2022 16.11.2022

Vrystaatse boere is bekommerd oor die aanhoudende swaar reën wat hulle plantseisoen kan beïnvloed. Die ANC-strydros, Baleka Mbete, tree uit die politiek. NASA het die maanvuurpyl, Artemis 1, suksesvol gelanseer.

Spektrum 15 November 2022 15.11.2022

Suid-Afrikaners het tussen Januarie en September vanjaar 1 950 uur van beurtkrag ervaar. Reaksie op Suid-Afrika se energie-oorgangsplan. Sitrus- en groenteboere in die Gamtoosvallei in die Oos-Kaap is bekommerd oor waterbronne wat al hoe minder raak.

Spektrum 14 November 2022 14.11.2022

Die ANC se geldsake is so beroerd dat hy nou oorweeg om van sy bates te verkoop. 'n Ondersoek ontbloot dat die Bulgaarse Mafia in Suid-Afrika bedrywig is. Suid-Afrika wil hê die Afrika Unie moet 'n lid van die G20-groepering word.

Spektrum 11 November 2022 11.11.2022

Inwoners van Mitchells Plain vrees moontlike wraakaanvalle ná die moord op 'n bekende bendeleier. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag beplan om 1 500 soldate in die huidige boekjaar af te lê. Daar word gehoop dat 'n woordeboek wat onlangs voltooi is, die erg bedreigde N/uu-taal van uitsterwing kan red.

Spektrum 10 November 2022 10.11.2022

Ons hou jou op hoogte van die staking deur staatsdienswerkers van al nege provinsies. Strafregtelike klagte kom teen die NSFAS-studenteskema nadat miljarde Rand verdwyn. Amerika oorheers die internasionale nuussiklus - 'n ontleder praat oor die jongste middeltermyn-verkiesingsuitslae. Nuwe waarskuwings oor wêreldprobleme wat deur klimaatsverandering vererger sal word.

Spektrum 9 November 2022 09.11.2022

'n Burgemeestersoorwinning vir die DA in Ekhuruleni skep hoop vir die DA se vooruitsigte in die Johannesburg-metro. Ekonoom Jannie Rossouw betreur die Minister van Finansies se jongste uitsprake oor swart bemagtiging. Die bedreigde oewerkonyn word dalk die prooi van 'n onbekende siekte.

Spektrum 8 November 2022 08.11.2022

Die regering laat vaar swartbemagtiging-tendervereistes vir staatsondernemings. Amerikaners gaan na die stembus om nuwe verteenwoordigers in die twee regeringshuise te kies. Die Bokspan vir Saterdag se toets teen Frankryk word aangekondig.

Spektrum 7 November 2022 07.11.2022

Die artikel-89 onafhanklike paneel kenners kan vandag hulle ondersoek voortsit na die Phala Phala-kwessie. Intussen ontken president Ramaphosa alle aantygings teen hom. Kruisverhoor in die Life Esidimeni-ondersoek duur voort. In Cop 27-nuus uit Egipte sê minister Barbara Creecy dat Afrika die ergste onder klimaatsverandering ly. Die George munisipaliteit in die Suid-Kaap kry 'n deurry-kantoor vir...

Spektrum 4 November 2022 04.11.2022

TLU SA spreek kommer uit oor die stygende dieselprys se impak op kommersiële boerdery. Maatskappye ontwikkel innoverende produkte om water spaarsamig te gebruik. Ligte vliegtuie word ingespan in die stryd teen renosterstropery.

Spektrum 3 November 2022 03.11.2022

'n Eenheid by die Kusile-kragstasie kan moontlik vir maande buite werking wees. Ons praat met 'n kenner oor die implikasies hiervan. Daar is politieke chaos in die Mangaung-metro in die Vrystaat. Hoe kan ons geboue so omgewingsvriendelik as moontlik inrig? Van die uitstallers by die Raad vir Groen Geboue in Kaapstad, het 'n hele paar idees.

Spektrum 2 November 2022 02.11.2022

Die wanbetaling vir suikerriet-oeste laat 'n wrang smaak in kwekers se mond. 'n Biologiese opname in die Oos-Kaap lewer talle verassings op. Talle mense is bitter oor Twitter se beoogde befondsingmodel.

Spektrum 1 November 2022 01.11.2022

Die Wes-Kaapse premier, Allen Winde, vra dat die provinsiale polisie-ombud bewerings ondersoek dat daar bande tussen bendelede en top polisiebeamptes is. die kredietgraderingsagentskap, Moody's, se positiewe uitkyk vir Eskom word verwelkom. 'n Nuwe tuiste op land gevind vir die duikboot Johanna van der Merwe.

Spektrum 31 Oktober 2022 31.10.2022

'n Staking in die staatsdiens kan dienslewering ontspoor. Die prys van brandstof, veral diesel, styg skerp, met gevolge vir die ekonomie. Maar moenie enige verligting van die regering verwag nie. Die beraad oor die konflik tussen Tigray en Ethiopië word verleng.

Spektrum 28 Oktober 2022 28.10.2022

Sit ISIS agter 'n dreigende aanval in Sandton? Ons praat met 'n kenner. JoburgPride en Pride of Africa se optogte gaan voort in Sandton. 'n Nasionale plan teen geslagsgeweld het Suid-Afrikaanse vroue gefaal weens swak implementering.

Spektrum 27 Oktober 2022 27.10.2022

Agri SA verwelkom die regering se besluit om meer geld aan Transnet toe te ken. Ons praat met 'n kenner van die Instituut vir Sekerheidstudies oor die waarskuwing oor 'n moontlike terreuraanval in Sandton. Kommer oor beurtkrag se impak op die matriekeindeksamen.

Spektrum 26 Oktober 2022 26.10.2022

Alle oë is op die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, wat later vanmiddag die mediumtermyn-begroting voorlê. Nog 'n DA-burgemeester is in die spervuur nadat die ANC in eKhuruleni 'n mosie van wantroue teen Tania Campbell indien. Verligting by die petrolpomp was van korte duur. Brandstofpryse sal na verwagting aanstaande maand weer styg.

Spektrum 25 Oktober 2022 25.10.2022

Die Hooggeregshof in Johannesburg het beslis dat die verwydering van die voormalige burgemeester, Mpho Phalatse, onwettig en ongrondwetlik was. Vredesamesprekings tussen die Ethiopiese regering en Tigray-rebelle begin in Suid-Afrika. Daar is 'n versoek dat 27 Desember ook vanjaar as 'n openbare vakansiedag verklaar moet word.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.