RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 16 Januarie 2023 16.01.2023

Die Hooggeregshof in Johannesburg verhoed oudpresident Jacob Zuma om president Cyril Ramaphosa privaat te vervolg. Daar word toenemend gevra dat Suid-Afrikaners mobiliseer teen die kragkrisis, maar daar is sommiges wat dit bevraagteken. Te midde van dit alles, kanselleer die president sy deelname aan die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos.

Spektrum 13 Januarie 2023 13.01.2023

Suid-Afrikaners is keelvol vir die kragkrisis - ons plaas die kwessie behoorlik onder die soeklig. Die bokswêreld groet ’n legende.

Spektrum 12 Januarie 2023 12.01.2023

Die departement van onderwys wil 'n taakspan stig om aanvalle op tersiêre instellings te bekamp, maar sal dit help? Facebook-plasings van jou kind se eerste skooldag kan ontaard in jou grootste nagmerrie. Indringer-visspesies help hongersnood verlig.

Spektrum 11 Januarie 2023 11.01.2023

Ons vra of Suid-Afrikaners werklik weet hoe diep georganiseerde misdaad in die land gewortel is. Die skaduminister van verdediging praat oor SADEK-weermaglede se onseremoniële verbranding van lyke op 'n brandstapel in Mosambiek. Ons kyk hoe die eerste skooldag van 2023 verloop. Die Wêreld Ekonomiese Forum stel sy risikoverslag bekend in aanloop tot volgende week se beraad in Davos, Switserland. Di...

Spektrum 10 Januarie 2023 10.01.2023

Die DA sê Eskom se André de Ruyter is by die ANC se faksiegevegte betrek, en betaal nou die prys. Die moord op die lyfwag van die visekansellier van die Fort Hare Universiteit dui op 'n nasionale probleem. Misdaad het in die feestyd toegeneem.

Spektrum 9 Januarie 2023 09.01.2023

Beloftes maak skuld, en daar is baie beloftes gemaak by die ANC se 111-de verjaarsdagvieringe. Veiligheidsmaatreëls in Lichtenburg word opgeskerp in aanloop tot die eerste raadsitting van die Ditsobola Plaaslike Munisipaliteit. Daar is 'n nuwe Covid-variant in die land - moet ons bekommerd wees?

Spektrum 23 Desember 2022 23.12.2022

Die familie van die anti-apartheidsaktivis, Imam Abdullah Haron, kry hulle spreekwoordelike dag in die hof. Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, Antonio Guterres, glo dat 'n vredesverdrag tussen Rusland en Oekraïne binne ’n jaar gesluit kan word. Kinders deel hulle wense met Kersvader.

Spektrum 22 Desember 2022 22.12.2022

Cosatu reageer op sy afwesigheid in die ANC se nasionale uitvoerende komitee. Twee mense sterf toe misdadigers 'n bus in Limpopo teiken. Die uitgerekte regsgeding om oudpresident Jacob Zuma uit die tronk te hou, is nog nie verby nie.

Spektrum 21 Desember 2022 21.12.2022

Die ANC sê binnekort wie op sy Nasionale Uitvoerende Komitee sal dien. 'n Russiese vragskip het moontlik AK-47-aanvalsgewere na Suid-Afrika vervoer. Die soektog na 'n nuwe Twitter-baas begin.

Spektrum 20 Desember 2022 20.12.2022

Cyril Ramaphosa se herverkiesing as president van die ANC ontlok uiteenlopende reaksie. Nederland vra om verskoning vir koloniale wandade, spesifiek die slawehandel.

Spektrum 19 Desember 2022 19.12.2022

Cyril Ramaphosa is herverkies as ANC-president. Kritiek teen die ontplooiing van die weermag by kragstasies. Landbou-organisasies maan boere om paraat te bly teen misdadigers tydens feesseisoen.

Spektrum 16 Desember 2022 16.12.2022

Die presidensie verwerp oudpresident Jacob Zuma se poging om Cyril Ramaphosa privaat te laat vervolg. Versoeningsdag én Geloftedag word afsonderlik gevier. Slange word in talle huise in die Boland gevang.

Spektrum 15 Desember 2022 15.12.2022

Is De Ruyter se einde, 'n nuwe begin vir Ramaphosa? Die vakansieverkeer begin toeneem - ons kry die jongste nuus oor die toestande op diehoofroetes. Al is Durban se water- en rioolwerke in 'n haglike toestand, kry sy personeel 'n prestasiebonus.

Spektrum 14 Desember 2022 14.12.2022

Gauteng betaal miljoene Rand vir 'n hospitaal wat nie gebruik word nie. Verlagings in die brandstofprys wink in die nuwe jaar. Ons vind meer uit oor kernfusie en kernfissie.

Spektrum 13 Desember 2022 13.12.2022

Parlementslede debatteer vandag die Artikel 89 verslag oor die Phala Phala-diefstal. Die weerdiens waarsku dat daar steeds vandag plek-plek swaar reën-neerslae kan voorkom. Motoriste word gemaan om dié feesseisoen verantwoordelik te bestuur. 'n Unieke plant blom binnekort vir die eerste keer in meer as vyf jaar.

Spektrum 12 Desember 2022 12.12.2022

Swaar reën vertraag herstelwerk aan kragtoevoer in talle woonbuurte in Johannesburg. Bewerings van bedrog tydens die matriekeksamen word ondersoek. Die Orion-ruimtevaartuig het sy maansending voltooi.

Spektrum 9 Desember 2022 09.12.2022

Is Suid-Afrika op die drumpel van 'n energie-ineenstorting - kenners verskil daaroor. 'n Groot korrupsieberaad vind vandag plaas. Die ANC se Integriteitskommissie sal na verwagting vandag sy verslag oor die Phala Phala-skandaal bekendmaak.

Spektrum 8 Desember 2022 08.12.2022

Kenners waarsku die moontlikheid van Fase 8-beurtkrag moet nié onderskat word nie. Ons kry ander perspektief op Janusz Walus se vrylating op parool. Die Wes-Kaap gee terugvoer oor hulle damvlakke en waterprojekte.

Spektrum 7 Desember 2022 07.12.2022

Omgewingsorganisasies betoog landwyd teen die vernietiging van die oseane. Die SAUK het binnekort 12 nuwe raadslede. Drie dae voor die spertyd, vra die Parlement weer vir uitstel vir die wysiging van die Kieswet.

Spektrum 6 Desember 2022 06.12.2022

Meer as 2 500 kragonderbrekings is in Johannesburg aangemeld ná gister se erge storm. Talle strande langs die Tuinroete is gesluit weens 'n neerslag wat soos oliedruppels lyk.

Spektrum 5 Desember 2022 05.12.2022

Eskom moet meer diesel verbrand om die ligte aan te hou - ons kry duidelikheid oor hoeveel opwekkingseenhede nog buite werking is. Ons vra of president Ramaphosa nie 'n etiese kode oortree het in verband met die reuse bedrag geld wat op sy PhalaPhala plaas gesteel is nie. Openingseremonies vind gelyktydig plaas in Carnarvon in die Noord-Kaap en Murchison in Wes-Australië ter viering van die begin...

Spektrum 2 Desember 2022 02.12.2022

Parlementslede vra duidelikheid oor Dinsdag se Rhamaphala-debat, terwyl die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel in die VSA 'n waarkuwing rig. Strande langs die Tuinroete heropen.

Spektrum 1 Desember 2022 01.12.2022

'n Aantal politieke partye versoek dat president Cyril Ramphosa moet bedank ná die bevindinge van die Artikel 89-paneel. Intussen sal die ANC se nasionale uitvoerende komitee vanaand 'n dringende vergadering oor die Phala Phala-verslag hou. Die hoofstrand by Umhlanga is weer oopgestel vir baaiers.

Spektrum 30 November 2022 30.11.2022

Die artikel 89-paneel, wat moes ondersoek of daar prima facie bewyse is om president Cyril Ramaphosa in 'n staat van beskuldiging te plaas, het vanoggend sy verslag aan die Speaker oorhandig. Inwoners van Seaview in Gqeberha in die Oos-Kaap is verlig nadat hulle gisteraand weens 'n verwoestende brand na veiligheid gebring is. Die koste van 'n voedselmandjie neem met meer as R500 toe.

Spektrum 29 November 2022 29.11.2022

Op die vooraand van die ANC se groot leierskapkonferensie in Desember, is alle oë nou op die Wes-Kaap waar daar nog nie ’n vooraf streekskonferensie gehou is nie. Brittanje se eerste minister, Rishi Sunak, sê hulle moet hulle verhouding met China herbedink. Hoe raak dit Suid-Afrika se verhouding met die VK? Luisteraars voel sterk oor die kwessie van suiwer Afrikaans.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.