RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spektrum 20 Februarie 2023 20.02.2023 50:40
'n Perfekte storm broei in die Noord-Kaap. Reaksie op Suid-Afrika se houding jeens Israel. Fase 6-beurtkrag is onbepaald ons voorland.
Spektrum 17 Februarie 2023 17.02.2023 55:02
Die regering erken dat die stryd teen misdaad misluk. Die mislukking kan gesien word in die moordsyfer vir die derde kwartaal. Die Suid-Afrikaanse vloot demonstreer vandag hoe hy optree teen seerowers.
Spektrum 16 Februarie 2023 16.02.2023 50:05
Die bestuurshoof van Agri SA vertel waarom hy nou al bekendmaak dat hy oor 'n jaar gaan uittree. Verbasing heers oor die aanstelling van die SAUK-hoof as die uitsaaier se tussentydse raadsvoorsitter. Al hoe meer mense spandeer meer geld as wat hulle verdien - ons ontleed die impak hiervan op jou huishoudelike finansiële welstand.
Spektrum 15 Februarie 2023 15.02.2023 52:08
Dis dag twee van opposisiepartye se reaksie op die staatsrede. Vuurwapengeweld bly onder die soeklig. Met die staatsrede agter die rug, begin ekonome praat oor die begrotingsrede aanstaande week.
Spektrum 14 Februarie 2023 14.02.2023 53:09
Gun Free SA sê strenger wapenwetgewing moet ingestel word om skietvoorvalle te verminder. Inwoners van Koster in Noordwes het wéér 'n tekort aan drinkwater. Kritiek teen die Suid-Afrikaanse vloot oor sy deelname aan 'n militêre oefening met Rusland en China.
Spektrum 13 Februarie 2023 13.02.2023 52:16
Die burgemeester van die Tshwane Metro, Randall Williams, bedank. Nog ontwrigtende reën en oorstromings word in Limpopo en Mpumalanga voorspel. Ons fokus op die toekoms van radio.
Spektrum 10 Februarie 2023 10.02.2023 51:39
Ontleders bespiegel dat president Cyril Ramaphosa dalk sy eie kabinet binne die presidensie skep met die nuwe minister van elektrisiteit. Landsburgers het min vertroue dat die regering Ramaphosa se jongste inisiatiewe doeltreffend sal uitvoer. Die kitaarspeler van die Rockets sterf in die ouderdom van 69.
Spektrum 9 Februarie 2023 09.02.2023 51:50
Gift of the Givers verleen hulp aan die vloedslagoffers van Komani in die Oos-Kaap. Produksie in die mynboubedryf het in Desember verlede jaar afgeneem. Kommer oor die lae vlak van bloedvoorraad in die land.
Spektrum 8 Februarie 2023 08.02.2023 54:28
Kan die president môreaand die land oortuig dat hy die kragkrisis sal oplos? Suid-Afrikaners kan vanjaar duurder betaal vir kos. Ons vra waarom ministers agter prokureurs wegkruip wanneer moeilike vrae gevra word.
Spektrum 7 Februarie 2023 07.02.2023 52:56
Die DA-leier lewer wat hy beskou as die ware staatsrede. Die Mineraleraad waarsku dat die kragkrisis mynbouproduksie kan kelder. Die wêreld se eerste kunsmatige intelligensieplatform vir boere word in Suid-Afrika bekendgestel.
Spektrum 6 Februarie 2023 06.02.2023 55:00
'n Suid-Afrikaanse vlugingenieur is dood tydens 'n aanval op ’n Oryx-helikopter in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Dis sewe jaar ná die Lily-myn-tragedie in Mpumalanga, en die oorskot van drie mense is steeds ondergronds vasgekeer. Ons kyk na die moontlikheid van 'n kabinetskommeling, en vooruitsigte vir die staatsrede.
Spektrum 3 Februarie 2023 03.02.2023 54:40
Die ANC beoog om teen die hofuitspraak te appeleer, wat die party dwing om besonderhede van sy kaderontlooiingsprogram bekend te maak. Europese leiers vergader oor die kwessie van Oekraïne se lidmaatskap van die Europese Unie. Die Eskom-raad verduidelik sy planne om beurtkrag af te skaal.
Spektrum 2 Februarie 2023 02.02.2023 50:52
Heelwat ontevredenheid oor Suid-Afrika se voorgestelde borgskap van die internasionale sokkerklub, Tottenham Hotspur. Ekhuruleni-metro se hoofsweep bedank kort voor 'n verwagte mosie van wantroue.
Spektrum 1 Februarie 2023 01.02.2023 51:26
Die minister van water en sanitasie sê sy departement hou samesprekings met Randwater ná watertekorte in Gauteng, Vandag, twee jaar gelede, is die demokratiese bewind in Mianmar omvêr gewerp. Die verskyning van 'n beweerde pedofiel in die hof, plaas die klem opnuut op kinders se kwesbaarheid op die internet.
Spektrum 31 Januarie 2023 31.01.2023 48:01
Die ANC maak 'n magdom beloftes na afloop van die naweek se lekgotla, maar hoe haalbaar is dit? Die regerende party vra boonop vir 'n ramptoestand wat die kragkrisis betref. Die waarskuwingsligte flikker vir die land se waterinfrastruktuur.
Spektrum 30 Januarie 2023 30.01.2023 50:20
Regter Pieter Koen onttrek hom aan oudpresident Jacob Zuma se korrupsieverhoor. Johannesburg se nuwe uitvoerende burgemeester, Thapelo Amad, word ingehuldig. Nóg 'n tier wat uit aanhouding ontsnap in Gauteng, laat die wenkbroue lig.
Spektrum 27 Januarie 2023 27.01.2023 48:39
Die Johannesburg Metro sal spoedig weet wie die stad se nuwe burgemeester is. Die ouditeurgeneraal vra vir streng stappe teen beamptes wat vir finansiële wanpraktyke by die Tshwane Metro verantwoordelik is. Kommuniksievakbonde eis dat die SAUK se raad so gou moontlik aangestel word.
Spektrum 26 Januarie 2023 26.01.2023 52:02
Nóg 'n mosie van wantroue wag op Johannesburg se burgemeester, Mhpo Phalatse. Die Appèlhof sê die SAUK se voormalige bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng, moet steeds 'n bonus van R11,5 miljoen aan die korporasie terugbetaal. Duitsland en Amerika stuur tenks Oekraïne toe.
Spektrum 25 Januarie 2023 25.01.2023 50:41
Die DA se optogte na die ANC se kantore in Johannesburg en Kaapstad is onder die soeklig. Suid-Afrikaners word gewaarsku teen swak sonkragstelsels. 'n Skaars RAU kwagga-vul is onlangs op die Vergelengen Wynplaas in Somersetwes gebore.
Spektrum 24 Januarie 2023 24.01.2023 49:39
Die parlement kry nog tyd om die Kieswet te wysig nadat die hof die sperdatum weer eens uitstel. Professors by die Universiteit van Kaapstad wil strate toe oor salarisverhogings. Die Suid-Afrikaanse wynbedryf maak gereed vir 'n moeilike jaar.
Spektrum 23 Januarie 2023 23.01.2023 49:50
Die Russiese minister van buitelandse is in Suid-Afrika. Die president breek sy stilte oor die kragkrisis by ANC byeenkomste in die Vrystaat en Kwazulu-Natal. Ons hoor wat die kragkenner Ted Blom dink van die jongste woelinge in die energiesektor.
Spektrum 20 Januarie 2023 20.01.2023 52:02
Sewe mense in die Noord-Kaap sterf weens hitte-uitputting. Die matrieks van 2022 word geloof vir hulle uitslae, maar is dit die einde van die wêreld as jy nie vandag die uitslag ontvang het waarvoor jy gehoop het nie? Boere in die Noord-Kaap hou 'n trekkeroptog.
Spektrum 19 Januarie 2023 19.01.2023 50:49
Oudpresident Jacob Zuma is in die hooggeregshof in Johannesburg in ‘n poging om president Cyril Ramaphosa privaat te vervolg. Burgerlike organisasies begin regstappe teen die president en die minister van energie vir die kragkrisis. Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, dreig met ’n inter-regeringsdispuut indien die president nie oop kaarte speel wat Eskom betref nie.
Spektrum 18 Januarie 2023 18.01.2023 52:08
Die Onafhanklike Eksamenraad is in sy noppies met die klas van 2022 se matriekuitslae. Die minister van finansies sê by die WEF in Switserland dat die kragkrisis so gou as 2024 onder beheer kan wees, maar kenners is skepties.
Spektrum 17 Januarie 2023 17.01.2023 53:58
AfriForum sleep Eskom hof toe oor die kragvoorsiener se versuim om inligting oor kontrakte bekend te maak. 'n Afskeidsgeskenk van R900,000 aan 'n bevelvoerder in die weermag, laat die wenkbroue lig. 'n Seeskilpad wat een van haar pote verloor, laat haar nie onderkry nie.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.