RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 27 Maart 2023 27.03.2023

Die ontsnapping van 'n reeksverkragter laat vrae onstaan oor hoe hy weggekom het en wie hom gehelp het. Die veelpartykoalisie in Tshwane beraam planne om die Speaker uit die kussings te lig. Die ontbondeling van Eskom is steeds op die kaarte.

Spektrum 24 Maart 2023 24.03.2023

Die polisie in KwaZulu-Natal ontken dat hulle sukkel om taxiverwante geweld te bekamp. Uganda se jongste wetgewing teen homoseksualiteit word wêreldwyd veroordeel. Netbal Suid-Afrika is gereed om 'n onvergeetlike wêreldbekertoernooi aan te bied.

Spektrum 23 Maart 2023 23.03.2023

Sakeliga wil hê die Tesourie moet ingryp by die diensleweringskrisis in die Ditsobotla-munisipaliteit. Die parlement gaan nie die Phala Phala-gebeure ondersoek nie. 'n Ondersoek deur ENACT lê korrupsie by die Kruger Wildtuin bloot.

Spektrum 22 Maart 2023 22.03.2023

Joernaliste van regoor die land betoog by die hof waar Jacob Zuma se private vervolgingsaak teen Karen Maugham en die aanklaer Billy Downer aangehoor word. Die minister van elektrisiteit, Kgosientso Ramokgopa, sit sy besoek aan kragstasies voort - vandag kom Thuthuka in Mpumalanga aan die beurt. Die Verenigde Nasies vergader vir die eerste keer in 46 jaar oor die wêreldwye waterkrisis.

Spektrum 21 Maart 2023 21.03.2023

Die Verenigde Nasies se jongste verslag waarsku oor ’n vinnig kwynende geleentheid om klimaatsverandering te keer. Die Menseregtekommissie het sy hande vol op Menseregtedag. 'n Duitse brouery stel kitsbier bekend.

Spektrum 20 Maart 2023 20.03.2023

Die polisie het landwyd op meer as 24 000 motorbande beslag gelê in optredes teen betogers. Die aantal betogers wat in hegtenis geneem is, neem ook toe. In 'n ander optrede het die UDM en Action SA saam met ander organisasies die hof genader om beurtkrag ongrondwetlik te verklaar. 'n Amerikaans-geleide militêre mag het Irak vandag 20 jaar gelede binnegeval.

Spektrum 17 Maart 2023 17.03.2023

Die UDM-leier vaar uit teen president Cyril Ramaphosa se hantering van die EFF se beplande, nasionale wegbly-aksie. 'n Lid van die Afrika Moslem Agentskap vertel van 'n notaboek wat sy in die puin gevind het ná Sirië en Turkye se verwoestende aardbewings. In Frankryk vaar mense opnuut die strate in oor omstrede pensioenwetgewing.

Spektrum 16 Maart 2023 16.03.2023

Drie kandidate ding mee vir die toppos in die DA. Groothandelverkope het in Januarie ingekrimp. Die Konstitusionele Hof beslis dat boere waterregte mag oordra en verkoop.

Spektrum 15 Maart 2023 15.03.2023

Afrikaanse studente se menseregte is wel geskend weens die Stellenbosch Universiteit se taalbeleid. Die Vrystaatse premier bring jonger bloed in om provinsiale probleme te pak. Advokaat Busisiwe Mkhwebane is besig met haar getuienis voor die parlementêre artikel 194-komitee.

Spektrum 14 Maart 2023 14.03.2023

Die veelpartykoalisie in Tshwane wil hof toe nadat hulle stemme vir die nuwe Speaker nie getel is nie. Navorsing wys die land is ekonomies diep in die moeilikheid. Ons kry nuwe besonderhede oor die Aukus- verdedigingsooreenkoms.

Spektrum 13 Maart 2023 13.03.2023

Die Arbeidshof steek 'n stokkie voor Nehawu se staking. Woede oor inmenging by die aanstelling van die SAUK-raad. Die Oscars vermaak en verras.

Spektrum 10 Maart 2023 10.03.2023

Opposisiepartye krap kop oor die Tshwane-burgemeester se sekwestrasiedokumente. Stakende studente sê universiteite se verblyfkoste is te hoog - ons ondersoek die geldigheid van die bewerings. Die vonke spat tussen twee sustervakbonde.

Spektrum 9 Maart 2023 09.03.2023

'n Kredietagentskap gradeer Suid-Afrika af. Nog geen uitsluitsel oor Gauteng se e-tolstelsel nie. Die Proteas slaan vinnig toe teen die Windies.

Spektrum 8 Maart 2023 08.03.2023

'n Opname wys vroue oorweeg meer soorte werksgeleenthede, wat meer werk kan skep. Die minister van elektrisiteit gaan met die banksektor vergader om die aankoop van sonkragpanele meer bekostigbaar vir huishoudings te maak. Navorsing deur Vrystaat Landbou dui daarop dat beurtkrag bydra tot meer misdaad op plase.

Spektrum 7 Maart 2023 07.03.2023

Die Minister van Elektrisiteit beplan om direk met kragstasiebestuurders saam te werk om die kragkrisis op te los. 'n Imbizo oor misdaadvoorkoming word in Westbury, Johannesburg, gehou. Suid-Afrika se Bruto Binnelandse Produk het in die laaste kwartaal van 2022 met 1,3% gedaal.

Spektrum 6 Maart 2023 06.03.2023

'n Uitbreking van masels is in die Noord-Kaap aangemeld. Die vakbondfederasie SAFTU gaan strafregtelike klagte teen André de Ruyter by die polisie indien. Suid-Afrikaners sal oor 'n paar uur uitvind wie die Minister van Elektrisiteit is wat moet help om die kragkrisis op te los.

Spektrum 3 Maart 2023 03.03.2023

Die helfte van die wêreldbevolking kan teen 2035 oorgewig wees. Die Wes-Kaapse regering beplan om 750 megawatt se hernubare krag teen 2025 te verkry. Studentebetogings by universiteite in Johannesburg duur voort.

Spektrum 2 Maart 2023 02.03.2023

Polisieminister Cele besoek 'n bendegeteisterde gebied in Johannesburg. Die hooggeregshof verklaar 'n belastingbesluit vir skole as ongrondwetlik. ‘n Prokureur het met 'n strategie vorendag gekom om verbruikers van onregmatige onkoste uit tyddeel, gesamentlike eienaarskapskemas en aandeleblokskemabedrywe te bevry. Die Windies slag die Proteas.

Spektrum 1 Maart 2023 01.03.2023

Eskom vier vandag sy 100ste bestaansjaar. Ons kyk na die kragreus se ontstaan en ontwikkeling tot op hede. Die EFF is vanjaar tien jaar oud. Ons kyk na hulle ledegetalle en prestasies oor die afgelope vyf jaar. Amptelike syfers wys 'n afname in plaasaanvalle, hoewel dit nie altyd akkuraat is nie.

Spektrum 28 Februarie 2023 28.02.2023

Oplossings word gesoek vir die oormaat steenkoolvragmotors op die N2 in KwaZulu-Natal. Duisende staatsdienswerkers beplan om volgende week te staak vir hoër salarisse. Miljoene mense sukkel al hoe meer om inkopies te bekostig.

Spektrum 27 Februarie 2023 27.02.2023

President Cyril Ramaphosa sê dit is nie die plig van die nasionale regering om elektrisiteitsvoorsiening te bewerkstellig nie. Verwag 'n styging in brandstofpryse aanstaande maand. Onvolhoubare fases beurtkrag noop die land se sakesektor om voor te berei vir 'n totale ineenstorting van die nasionale kragnetwerk.

Spektrum 24 Februarie 2023 24.02.2023

Die ANC eis dat die voormalige Eskombaas sy bewerings van korrupsie in die hof staaf. Intussen word hy versoek om bewyse van korrupsie by die polisie aan te meld. Sikloon Freddy peil op Madagaskar en dele van Suid-Afrika af.

Spektrum 23 Februarie 2023 23.02.2023

Die begrotingsrede bring volgens een ontleder, min hoop. Te midde van negatiwiteit oor die begrotingsrede sien 'n landbouekonoom steeds 'n silwer randjie. Die Eskom-baas onthul skokkende besonderhede oor misdaad by die kragverskaffer - hoe baie daarvan kan ons glo?

Spektrum 22 Februarie 2023 22.02.2023

Die koalisieregering benoem die DA se Cilliers Brink as die uitvoerende burgemeester van die Tshwane-metro. Suid-Afrikaners hoop dat die begrotingsrede verligting bring. 'n Rampbestuur-kenner gee begrotingsraad.

Spektrum 21 Februarie 2023 21.02.2023

Kommer oor veediefstal op die Lesotho-grens. 'n Tweede sarsie aardbewings tref Turkye en Sirië. Ons praat met 'n ekonoom oor môre se begrotingsrede.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.