RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 2 Mei 2023 02.05.2023

Die Johannesburgse Metroraad verkies vandag 'n nuwe burgemeester te midde van struwelinge onder koalisievennote. Die Weermag kan dalk op Majola by Port St Johns ontplooi word, maar is dit die oplossing? Intussen stel die Konfederasie van Werknemers in Suid-Afrika voor dat 'n nuwe gemeenskapsvriendelike gesig vir die polisiediens geskep word.

Spektrum 1 April 2023 01.05.2023

'n Nuwe werkersvakbond, Workers Socialist Union of South Africa, word vandag bekend gestel. Ekonome voorspel meer mense sal teen 2030 werkloos wees. Intussen vra COPE dat werkersvakbonde moet saamwerk om toekomstige werksverliese te beperk.

Spektrum 28 April 2023 28.04.2023

'n Suid-Afrikaner sukkel om haar nagmerrie-ervaring in Soedan te verwerk. Eskom se skuld word afgeskryf. Rol op jou moue en knyp toe jou oë... dis tyd vir jou jaarlikse griepinspuiting.

Spektrum 27 April 2023 27.04.2023

President Cyril Ramaphosa spreek die nasie op Vryheidsdag toe in Klerksdorp. Die Springbokkaptein, Siya Kolisi, word môre vereer vir sy inspirerende leierskap en bydrae tot rugby. NASA se Mars Rover, Perseverance, het sy troetelklip verloor. Die groterige klip het sowat 'n jaar gelede in sy wiel vasgesit, en reis sedertdien saam op die planeet.

Spektrum 26 April 2023 26.04.2023

Die presidensie en die ANC krabbel terug, en sê Suid-Afrika bly 'n lid van die Internasionale Strafhof. André de Ruyter weier om die identiteit van die minister wat glo by misdaadbedrywighede by Eskom betrokke is, bekend te maak. Die landbousakekamer, Agbiz, vra die regering om nie dié sektor te misbruik nie.

Spektrum 25 April 2023 25.04.2023

Twee munisipaliteite sal vandag burgemeesters verkies. Die watervlak van Wes-Kaapse damme daal tot 50%. Sabotasie is vermoedelik die rede vir kragonderbrekings in die Nelson Mandelabaai-metro.

Spektrum 24 April 2023 24.04.2023

Die Valke sal hulle sokkies moet optrek as hulle staatskapingsake behoorlik wil vervolg ná die Nulane-hofuitspraak. Die veteraanjoernalis, Freek Robinson, sê hy is verras oor die terugtrek van die Orde van Ikamanga ilwer, wat hy sou ontvang het. Die regering sê 'n plan is in plek om Suid-Afrikaners wat in Soedan vasgekeer is, te ontruim.

Spektrum 21 April 2023 21.04.2023

Die Minister van Polisie, Bheki Cele, en senior polisielui besoek 'n misdaadtoneel in KwaZulu-Natal waar tien mense vanoggend vroeg doodgeskiet is. Pogings om 'n skietstilstand in Soedan te bewerkstellig het vandeesweek misluk. Ons hoor hoe Duitse kokkerotte hulle weg vind in Suid-Afrikaanse huise.

Spektrum 20 April 2023 20.04.2023

'n Tweede werknemer van die veiligheidsmaatskappy, G4S, moet in die hof in Bloemfontein verskyn, en nog arrestasies word verwag sê die minister van Justisie, Ronald Lamola. Hy sê ook dat die kontrak met G4S sal hersien word. Mediese voordele vir aftrede lede van die weermag word ingekort. Gaan dit sneeu of nie? Die weerdiens gee hulle mening.

Spektrum 19 April 2023 19.04.2023

Verbruikersprysinflasie styg effens in Maart. Die DA wys 'n koalisie-aanbod deur die Patriotic Alliance van die hand vir samewerking in die Johannesburg Metro. Meer as die helfte van die hospitale in Soedan se hoofstad gesluit.

Spektrum 18 April 2023 18.04.2023

Nuwe wysigings aan die Kieswet word bekragtig, maar dreigende hofstappe teen sekere apekte daarvan, kan gevolge hê vir die beplanning van volgende jaar se algemene verkiesing. Die SAUK se nuwe raad is uiteindelik aangestel. Ons bring hulde aan 'n voormalige programbestuurder by RSG, Graig-Lee Smith.

Spektrum 17 April 2023 17.04.2023

Nuwe wette oor gelyke indiensneming word wyd gekritiseer omdat dit nie ekonomiese groei sal aanwakker nie. Die ANC glo nie hy sal volgende jaar se verkiesing kan wen nie - 'n ontleder vertel waarom hy so dink. Ons kry 'n duidelike tydlyn oor die paramedikus, Gert van Deventer, se ontvoering en aanhouding in Mali.

Spektrum 14 April 2023 14.04.2023

Die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, erken dat sy departement die bal laat val het wat die Thabo Bester-sage betref. Gemoedere in die parlement het die afgelope week hoog geloop oor die Thabo Bester-sage. Al Jamaha wil alle SABC-joernaliste verkla ná ‘n onderhoud met Johannesburg se burgemeester op Morning Live. 'n 21-jarige lid van Massachusetts se Air National Guard is in hegteni...

Spektrum 13 April 2023 13.04.2023

Ons saai uit by die 5de Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie in Sandton in Johannesburg. Van die gaste sluit in Google se direkteur vir Suid Afrika en die bestuurshoof van Rand Aksepbank. Die veroordeelde moordenaar en reeksverkragter, Thabo Bester, en sy vriendin, dr. Nandipha Magudumana, is terug in die land - en die owerheid sit nie op sy hande nie.

Spektrum 12 April 2023 12.04.2023

'n Verslag wys Suid-Afrika glo die hoofkwartier van perlemoenstropers is. G4S verskyn voor die parlement oor die ontsnapping van Thabo Bester uit die Mangaung-gevangenis. Die regering wil nuwe buitelandse beleggings van miljarde rand na Suid-Afrika lok.

Spektrum 11 April 2023 11.04.2023

Die jongste nuus oor die herstel van die kragtoevoer in Pretoria nadat ses kragmaste omgeval het. Ons vind meer uit oor die Reserwebank se nuwe depositoversekering-liggaam. Thabo Bester se ma praat oor dreigemente wat sy ontvang.

Spektrum 10 April 2023 10.04.2023

Meer vrae ontstaan soos wat inligting oor die berugte misdadiger, Thabo Bester, se ontsnapping na die buiteland bekend word. China omsingel Taiwan, terwyl daar sprake van vrede in Jemen is. As jy op die pad is, hou ons jou op hoogte van die stand van sake op die hoofroetes.

Spektrum 6 April 2023 06.04.2023

Die feit dat president Cyril Ramaphosa die parlement se voorgestelde kandidate vir die SAUK-raad bevraagteken het, kan onwettig wees. Net soos met Eskom, kom Transnet se versluierde finansiële state nou ook onder die loep. 'n Suid-Afrikaanse romantiese komedie vier die terugkeer van plaaslike rolprente na die silwerdoek.

Spektrum 5 April 2023 05.04.2023

Die minister van finansies trek sy besluit voorlopig terug om Eskom vry te stel van sekere bepalings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Die ramptoestand oor die energiekrisis word na verwagting vandag teruggetrek. Huldeblyke stroom in vir die voormalige Springbokafrigter, Ian McIntosh, wat ná 'n stryd met kanker oorlede is.

Spektrum 4 April 2023 04.04.2023

Die Tesourie verdedig verslapte finansiële regulasies by Eskom. Emosies loop hoog by die parlementêre sitting in Kaapstad wat die bevoegdheid van die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, ondersoek. New York se burgemeester rig 'n ernstige waarskuwing aan Donald Trump-ondersteuners voor die oudpresident se hofverskyning later vandag.

Spektrum 3 April 2023 03.04.2023

Die Openbare Beskermer het nie geld om haar regspan te betaal nie. Is die ANC se besoek aan Rusland sy eerste stap om weg te beweeg van die grondwet af? Die gevolge van Eskom se aansoek om kwytskeling van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur te verkry kom onder die soeklig.

Spektrum 31 Maart 2023 31.03.2023

Die paroolraad besluit vandag oor Oscar Pistorius se vrylating. President Cyril Ramaphosa beantwoord weer vrae oor die Phala Phala-debakel in die parlement. Turkye het Finland se aansoek goedgekeur om 'n lid van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie te word.

Spektrum 30 Maart 2023 30.03.2023

Die Departement van Korrektiewe Dienste sê die sogenaamde Facebook-verkragter, Thabo Bester, kon nie ontsnap sonder hulp van die polisie nie. Die veroordeelde moordenaar, Donovan Moodley, is parool geweier, maar die finale besluit oor sy lot lê nou by die minister van justisie. 'n Mosie van wantroue in Ekhuruleni se burgemeester, Tania Cambpell, word na verwagting vandag ingestel.

Spektrum 29 Maart 2023 29.03.2023

Almal van ons moet hand bysit om mense se lewens te verbeter, aldus 'n bekende bankier. Die nuwe burgemeester van die Tshwane Metro vertel hoe hy die stad gaan regruk. Duitsland maak hulle beursie oop om die SKA-projek te ondersteun.

Spektrum 28 Maart 2023 28.03.2023

Belastingbetalers sal waarskynlik nog geld moet opdok voordat beurtkrag opgelos word. 'n Onderwyskenner sê die gehalte van onderwysers het verswak. Luisteraars is boos oor waterkwessies.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.